• Tidak ada hasil yang ditemukan

Voorwoord van die Redakteur

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Voorwoord van die Redakteur"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Voorwoord van die Redakteur

Die filosofie van Immanuel Kant ( 1724-1804) het nie net die na-oorlogse Europese teologie beslissend be"invloed nie, maar ook die denke van die vorige twee geslagte professore in die filosofie aan die Universiteit van Pretoria, C K Oberholzer en P S Drever. Die predikante wat aan die Uni- versiteit van Pretoria opgelei is, het hulle filosofiese skoling van profes- sore C K Oberholzer en P S Dreyer ontvang. Hierdie filosofiese idioom is ondersteun deur die klem wat in die teologiese fakulteit op die dialek- tiese teologie gele is. Hierdie teologie het beslis nie by G W F Hegel aangesluit nie, maar wei by die filosowe Immanuel Kant, Wilhelm Oil- they en Hans-Georg Gadamer asook die teoloog-filosoof, Scpren Kierke- gaard, en ander teoloe soos Karl Barth en Rudolf Bultmann. Die gevolg was dat prof P S Dreyer tereg kon se dat daar aan die Universiteit van Pretoria 'n gemeenskaplike agtergrond, 'n geestesklimaat, afgestemd- heid en gerigtheid was wat die teologiese opleiding nie net tot voordeel gestrek het nie, maar ook noodsaaklik daarvoor was.

In sy Kritik der reinen Vernunft ( 1781) het Kant die logiese posi- tiwisme verwerp en sien hy in dat objekte aan die kennende subjek ver- skyn na· gelang van die vrae wat die subjek self wil vra. Hy onderskei tussen die wetenskaplike (sintuiglike) wereld en die (nie-geobjekti- veerde) wereld waartoe die 'postulate' God, onsterflikheid en vryheid hoort. Hy het onverpoosd daarna gestrewe om die sterrehemel en die mensewereld s6 te orden dat alles hulle onderskeie plek het. So het God 'n plek en ook die kerk en die staat. Mense is egter wesens van 'twee werelde'. As deel van die sintuiglike wereld is die mens aan na- tuurlike kousaliteit en sterflikheid gebonde, maar die mens is vry om die goeie te doen - nie ten einde in die 'onsterflike bedeling' beloon te word nie, maar omdat ons die plig en die vryheid daartoe het om die goeie ter wille van die goeie te doen. In sy Religion innerhalb der Grenzen der blol3en Vernunft ( 1 793) se Kant dat die menslike natuur (vanwee die gebondenheid aan sterflikheid) egter op die handhawing van die self gerig is en dit kom op selfbevrediging neer en nie op die

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

(2)

doen van die goeie ter wille van die goeie nie. Bekering tot die 'nuwe mens' wat vry is om onvoorwaardelik goed te doen, is daarom nood- saaklik. lnderdaad het die 'sedelik-goeie' mens die plig om juis dft te doen. Dit is die keuse om vry te wees van die gebondenheid aan ver- ganklikheid. Die wese van die kerk is om hierdie vryheid van mense te fasiliteer. Maar is die mens waarlik vry? lets wat tradisioneel nie by Kant raakgesien is nie, maar wei deur die filosowe van ons dag wat in die Kantiaanse tradisie staan, is dat daar 'n wending by Kant plaasge- vind het om in die estetiese rede die weg te vind waarlangs vryheid kan verwerklik. Kant beklemtoon die rol van die estetiese rede wat daarop gerig is om die 'goeie' vanuit die primaat van die intelligibele Welt in die sensibile Welt te vervul. Hierdie siening van Kant i::> onder andere uitge- werk in sy Grundlegung zur Metaphysik der Sitten (1785). Prof P S Dreyer lewer derhalwe opnuut 'n belangrike bydrae tot ons verstaan van Kant deur hierdie werk vir die lesers van die Hervormde Teologiese Stu- dies in Afrikaans beskikbaar te maak. Sy vertaling bevestig die statuur van Afrikaans as wetenskapstaal.

Petrus Secundus Dreyer (BA, BD, MA, D Phil, DO) is op 23 No- vember 1921 te Pietersburg gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die einde van 1937 aan die Hoer Jongenskool (Paul Roos-Gimnasium) op Stellenbosch. Hy studeer teologie en filosofie aan die Universiteit van Pretoria en promoveer in sowel die teologie as die filosofie na voor- bereidende doktorale studies in Groningen, Nederland. Hy was sedert 1952 dosent en later professor en hoof van die Departement Wysbe- geerte aan die Universiteit van Pretoria. Prof Dreyer aanvaar emeritaat in 1985. Hy is die skrywer van onder andere die boeke lnleiding in die filosofie van die geskiedenis, Die wysbegeerte van die Grieke en Hoof- strominge van Sedeleer.

Andries G van Aarde

Redakteur: Hervormde Teologiese Supplementum-Reeks

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

Referensi

Dokumen terkait

12 Teologie word ideologie wanneer die premoderne waardesisteme en sosiale sisteme van die wêreld van die Bybel nie in aanmerking geneem word wanneer daar nagedink word oor die huwelik

HOOFSTUK 2 DIE INVLOED VAN SEKERE OMGEWINGSFAKTORE OP DIE ADSORPSIE VAN ATRASIEN DEUR VERSKILLENDE KLEIMINERALE 2.1 InIeiding Die chemiese en fisiese eienskappe van grond word

Hiervolgens moet die mens se eie voorveronderstelling geen rol in die verklaring van die feite speel nie.11 Die vraag is of hierdie gedagte van die empiriese benadering tot feite nie

+ + + ~lhoewel die wildedier-tema hom uitstekend leen vir baie van hierdie toegepaste tegnieke, soos ons by die vorige paar ' kunstenaars duidelik kon sien in die gebruik van lei,

Indien dit die geval is, is dit ’n verdere illustrasie van die karaktertrek “hou nie van ‘die Jode’ nie.” Aan die einde van hierdie toneel lyk die lysie van karaktertrekke wat die

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.833 Referaatopsomming Die invloed van saadbehandelings op die aktiwiteite van α-amilase, lipoksigenase en peroksidase tydens die

Lidmaatassimilasie geskied nie net ter wille van die uitbreiding van die kerk se lidmaatskap nie, maar om mense van verskillende vlakke van betrokkenheid by die lewe van die

Voorwoord D J C van Wyk Voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervonnde Kerk van Afrika In ’n fVoord vooraf tot die verskyning van die