• Tidak ada hasil yang ditemukan

Voorwoord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Voorwoord"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Voorwoord

D J C van Wyk

Voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervonnde Kerk van Afrika

In ’n fVoord vooraf tot die verskyning van die eerste nommer van die Hervormde Teologiese Studies in 1943 stei die destydse redaksie dat dit die verwesenliking is van

’n lank gekoesterde begeerte: die behoefte naamlik aan 'n diepere besinning oor teologiese vrae en die begeerte na ’n eie piek om die resultate van wetenskaplike godgeleerde ondersoek van ons professore en predikante te publiseer. Dan stel die redaksie verder die doel wat met die pubiikasie nagestreef sal word: eerstens die bevordering van die studie van die Bybel; vervolgens om kinders van die Hervor- ming te wees: ‘Ons wil ons nie na ’n mens noem nie, selfs nie na Godsmanne soos die groot Hervormers nie. Ons wil kinders wees van die geestesbeweging wat sig van hulle as draers en instrumente bedien het.’ En in die derde plek: om die teologie spesifiek binne die Hervormde Kerk te dien. Verder stel die redaksie dat daar in N T S gasvryheid verleen sal word aan teoloe uit ander kerke wat saam die Bybelse waarheid wil dien en uit die gees van die 1 lervorming wil leef en dink. Van

’n vertoon van geleerdheid sou hulle hulle weerhou. Egte wetenskap moet immers in eenvoudige woorde vir elke verstandige mens verstaanbaar uitgedruk kan word.

In ’n Welkomswoord skryf die destydse skriba van die Kommissie van die Al­

gemene Kerkvergadering. ds T F J Dreyer, dat die Hervormde Teologiese Studies die suiwer Reformatoriese beginsels sal handhaaf, verdedig en ak.sentueer. Hy spreek verder die hoop uit dat H TS ’n bydrae sal lewer tot die uitbou van ’n eie Suid- Afrikaanse teologie. Die rigting wat die teologie inslaan, is van verbasend groot belang nie net vir die kerk nie, maar ook vir land en volk, aangesien die teologie invloed uitoefen op die karakter en sedes van ’n volk, selfs op die staatkunde.

Hoe is hierdie doelwitte uit 1943 oor die afgelope vyftig jaar verwesenlik?

Die assosiasie en koppeling met die Nederduitsch Hervormde Kerk is onverbloemd gehandhaaf. Die Bybels-Reformatoriese teologie is vir die grootste deel van hierdie tydperk eksplisiet bevorder en uitgedra. Maar dit is ’n kritiese vraag of dit vandag nog so is. Waarom is die subtitel naamlik, Vir die bevordering van die Byhels- Reformatoriese teologie in Suid-Afrika sedertdien weggelaat? Dui dit op 'n klemver- skuiwing? .Vlaar ’n klemverskuiwing waarheen? Waarom het ons sku geword vir die oorspronklike subtitel van / / 7 i ?

Nog ’n doelstelling uit 1943 was dat HTS ’n bydrae moes lewer tot die opbou van ’n eie Suid-Afrikaanse teologie. Ons vertrou dat H TS daartoe, hoewel nie ’n breë nie, tog ’n beduidende bydrae gelewer het.

f n s ao/i A 2 (i<m)

(2)

D J C v a n Wyk

Maar wat was ons teologie, soos beoefen in HTS, se invloed op die volks- en staaticundige lewe en ontwiki^eling in Suid-Afriica? Dit is ’n baie kritiese vraag, veral in die lig van die huidige staatkundige ontwikkeling in die land, wat sterk beinvioed is deur reekse triomfe wat die bevrydingsteologie die afgelope jare hier geboekstaaf het. By die verskyning van H T S in 1943 is gasvryheid b eloof aan skrywers en teoloë uit ander kerke en teologiese kringe. Daaraan is uitvoering gegee. Gedurende die eerste twintig jaar van H TS se bestaan vind ons daarin die name van heelwat bekende buitelanders, veral Nederlanders, as skrywers: G van der I>eeuw, J de Zwaan, H W Obbink, Th C Vriezen, J N Bakhuizen van den Brink, W J Aalders, E M Th de Liagre Bohl en J N Sevenster. En daar kom ook die name van heelwat skrywers uit nie-teologiese vakgebiede voor: Jan Ploeger, Hilgard Muller, A P Grove, P J Coertze, R D Coertze, J H Breytenbach, E F W Gey van Pittius, C K Oberholzer, D Pont, Herman Venter, Abel Coetzee, Herman Rex, A N Peiser. Dit is opmerklik dat bydraes uit die buiteland sedert die helfte van die sestigerjare opgedroog het. Drie uitsonderings tot teen 1985 was did van C A Tukker, H H Esser en W H Neuser. Ook H TS weerspieel die situasie van totale isolasie wat die Nederduitsch Hervormde Kerk en sy teologie sedert die sestigerjare beleef het.

Prof Andries van Aarde is in 1985 as redakteur van H TS benoem. Dit is ver- basend dat ’n redakteur vir die eerste keer na veertig jaar benoem is. Tot op did stadium was daar slegs ’n sekretaris van die redaksie. Verder het die redaksielede saam die werk gedoen. Die benoeming van prof Van Aarde het radikale omwente- ling en vernuwing in die gajig van H TS gebring. Binne enkele jare is die isolasie verbreek en H TS het internasionaal staanplek verower. Van die kant van die Kom- missie van die Algem ene Kerkvergadering en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika ’n hartlike gelukwensing aan die redakteur en sy hele redaksie. Hoewel ons nie anders kan en mag as om by hierdie mylpaal skerp krities na die verwesen- liking al dan nie van die gestelde doelwitte uit 1943 te kyk nie, is ons vandag intens dankbaar vir en trots op hierdie teologiese tydskrif uit Hervormde kring. Dank aan die huidige redakteur, maar ook aan almal wat voor hom die werk gedoen het, soms onder uiters onbevredigende omstandighede. Seen toegebid vir die pad vorentoe wat self nie maklik gaan wees nie. Alles moet in die werk gestel word om te voor- kom dat iets van die fantastiese standaard wat bereik is, weer prysgegee moet word.

En ons bly oortuig: die Hervormde Teologiese Studies verdien ’n verdubbeling van sy intekening!

ISSN OZVi 9422 - HTS W // A 2 (IVM)

Referensi

Dokumen terkait

Hier word aandag gegee aan teoloë vir wie daar ’n besondere waardering in die Hervormde Kerk is, naamlik Adrianus van Selms, Jürgen Moltmann en Gerhard Ebeling.. Reformatoriese teologie

Kerk se Algemene Sinode in Port Elizabeth die volgende aanbeveling goedgekeur: Die besondere verhouding tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Nederduitsche Hervormde Kerk van

Dreyer in Van Wyk 1978 argumenteer ook dat daar nie ’n onderskeid in terme van apart-wees tussen die sigbare kerk en onsigbare kerk is nie, maar dat die teenswoordige werklikheid van

Die gespreksmatige aard van die proses in die NG Kerk self én met die NG Kerkfamilie – soos gesien deur die Algemene Sinode van die NG Kerk – is beklemtoon deur uitdrukkings in die

Teen hierdie agtergrond moet die inhoud van die gereformeerde identiteit van die NG Kerk na aanleiding van die reaksie van die Algemene Sinode van 2007 op die verslag van sy taakspan

15 Julie 1909 In die tweede uitgawe van De Hervormer skryf dominee Jac van Belkum in sy ‘Brieven van Oom Sarel’ oor die komende sitting van die Algemene Kerkvergadering en oor die

G O D D EFRO Y EN DIE RUYSCH VAN DUGTEREN-SAAK22 Waar ds HS Bosman die Nederduitsch Hervormde Kerk en Godde­ froy van buite die Kerk aangeval en van leervryheid en geringskat- ting van

DIE HERM ENEUTIESE FUN KSION ERIN G VAN DIE BELYDENIS IN DIE N EDERDUITSCH HERVORM DE KERK Die Nederduitsch Hervormde Kerk stel in artikel I van sy Wet en Bepalings dat hy hom grond op