• Tidak ada hasil yang ditemukan

DIE KORT EN HEEL VORM VAN BREYTENBACH SE DIE BOENKUittreksel uit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "DIE KORT EN HEEL VORM VAN BREYTENBACH SE DIE BOENKUittreksel uit"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

Prof. T.T. Cloctc

Depariem eiit Afrikaans-Ncdcrlands

DIE KORT EN HEEL VORM VAN BREYTENBACH SE DIE BOENK

Uittreksel uit Standpunte 146, April 1980, uitgcgee deur Nasionale Boekhandel, Posbus 122, Parow, 7500.

Dát hierdie skynbaar stukkende verhaal ’n heel struktuur het, is nie te betwyfel nie, al sou dit nog meer geraffineerd en anders wees as wat ek hierbo aangedui het. Daar is ratio in die irrasionele. Die vasstelling van ’n logiese struktuur maak die illogiese gedrag van die boenks frappant. Uit is literêr gevv'oon dat

’n saak ook deur sy teendeel in plaas van deur bevestiging, uitgewys vkiord.

Die verhaal demonstreer die verwarde van die boenkgedrag aan sy eie vorm.

Hy projekteer die planloosheid teen sy eie plan. Hy manifesteer die wanorde teen sy eie orde, die bonkige wese deur die geraffineerde vorm. Dit is in 'n geval soos Multatuli se Max Havclaar: ,,Hij was een, vat vol tegenstrijdigheid’ ” binne ’n meervoudig streng ingeraamde vertelling. Bekend is die uitspraak van D.H. Lawrence oor Max Havelaar: ,,it is the greatest mess possible”, waarop die kommentaar van R.P. Meyer in Literature o f the Low Countries is; ,,in spite of its chaotic appearance Max Havelaar is an extraordinarily well control­

led and coherent novel.” ,,Die boenk” is ’n dcrgelike vat vol samehangende teenstrydighede. Die boenks is bv. ,,hyna heilig” in 8 maar epikuries in 16.

Dié teenstrydigheid is komposisioneel ver uit mekaar geplaas in 8 en 16 maar tog op intiem korrelatiewe punte; die cinde van I en II. Die uitmekaarplasing in die fokuspunte stel juis die verband in ’n helder lig. Op ander teenstrydig­

hede kom ek hieronder wecr terug.

Wat die lengte, in hierdie geval die kortlieid van ,,Die boenk” betref, om weer daarna terug te keer: Daar is 'n oormaat aan heelwat dinge in die verhaal:

aan oe, bene, tone, ’n oormatige formaat van die ore, Boschagtig, oormatige gelag.* Ilierdie oorm aat is tccnstrydiglik verbind aan 'n tekort in verskillende

* Elf maal ki cn elf maal ktu Vorgclyk hierdie Iclbare gel;ig met die absurde gctallc in 1. Die feit dat die wyfies en rcuns ewe lank of ewe vcel lag, is ook ’n hccnwysing na die planmatigheid in die planloosheid.

74

(2)

opsigte. ’n Boenk het bv. 3 oé maar ’n bril is nodig. Dit het vyf bene en een en dertig tone maar stewels is nodig. Die oormaat releveer die tekort en om- gekeerd. ’n Belangrike vorm van oormaat is die eksessiewe en deurmekaar gestaltegewing of gedaantewisseling: baie dierlikheid maar ook baie mens- likheid. Die rare is dat die distinktiewe menslikheid éintlik identifiseerbaar is aan toegevoegde dinge wat nie oorspronklik tot die mens likheid eintlik identifiseerbaar is aan toegevoegde dinge wat nie oorspronklik tot die mens behoort nie: stewels en bril, wat ook simptomaties is van hoe die mens deur- gaans in die verhaal sy wese geweld aandoen. Sekere attribute kan tot die mens en dier behoort, ore, stcrt en snork bv., en veral die metaforisering maak dit moontlik dat sekere attribute menslik en dierlik is: gesigte, mae, voete, selfs heilig, wyfie, stert ens. Ons kan in die oorvloedige metamorfose en metafo- risering die volgende <TeHaantP<: ondprql-pi; voM ibornder’ vlermnis’ ent^eP V insek, wurm, gogga, amfibie, hond (vark? bobbejaan? ).

Die boenk is nog die een, nog die ander maar eerder almal saam, ongedefi- nieer in die fyn gedefinieerde struktuur. Daarom onder andere is die boenks ditte, daarom onder andere dra hulle maskers en is hulle gesigloos.

Ilierdie oormatigheid en uitbundigheid, die teenstrydighede en beweeglik- heid nou, vind plaas nie alleen binne ’n gekontroleerde en koherente sisteem nie maar bowendien binne ’n korte. Oorvloed in ’n kompakte vorm. Groot beweeglikheid, groot ore, geluide, ens. in 'n beperkte vorm. Oormatige ge- daantewisseling in ’n matige vorm. Baie vertelde in ’n kort verteUing — ’n soort ekwivalent van Muller se verhouding vertelde tyd en verteltyd. Dit alles.maak die kort vorm manifest en gee daaraan ’n plus. Daardeur word die boenk ’n oorspanne wese. Die oormatige se oormatigheid word binne die matige vorm frappant.

Ten dcrde: Hchalwe die oormatige boenkigheid in ’n kompakte vorm, en behalwe die irrasionele gedragswyse in ’n rasionele vorm, is daar ’n ander belangrike saak: die taalkundige abnormaliteite, die illogiese taalgebruik en absurde taalgebruik selfs. Wat die oormatigheid en die irrasionele gedrags­

wyse van hierbo betref, staan dit in omgckecrde verhouding tot die bondige en rasionele vorm. Wat die taalmanifestasie betref, is daar egter ’n ooreen- stemmende verhouding: Die baie bene, tone en stewels dui op wat ons ge- rieflikheidshalwe kan noem die verskynsel van die onbestendige in die boenklewe. Hulle val rond (sin 5), is onbestendig sowel op aarde as in die lug, in die water en in die borne, en hulle is eintlik nerens tuis nie. Vergelyk

75

(3)

beskrywings van onbestcndigheid in woorde soos vroctel, skommelend, peul, ook opvlcrk, (oor), klim met mocite, klou, trap mocilik vas. Dat daar staan hulle is rustig, is deliberaat onwaar, vcrwant aan die teenspraak dat hulle kraai van die lag maar met doodernstigc gesigte.

In die vierde plek is daar in ,,Die boenk” ook die manifeste van die ontbreken- de. Ons kan alleen van die ontbrekende in ’n literere teks praat as daar inder- daad iets ontbreek wat verwag is, soos die is in Opperman se kwatryn ,,Skui- ling” . Of ons kan van die ontbrekende praat, sonder om lukraak te eis dat dit of dat daar moes gestaan het, as iets so gemanifesteer is, so dáár is, dat mens gedwing w'crd om te vra waar is die ander, waarom is iets onvoliedig gestel? Daar is volop gehoors- of oor-matigheid, orig-heid, volop geluid in

„Die boenk”, tot in die vrecmde titel en benoeming boenk self. Maar daar is soos in Raka 'n opvallende afwesigheid van die taal - ,,the awareness of tlie sign itself”, deur anormalisering, in die teks self, maak mens daarvan bewus dat die taalgebruik by die boenks ontbreek. Die boenks snork, roep, giggel, kraai, skater, en daar is baie menslikheid in die verhaal, m^ar die mccs menslike geluid, die taal, kom nie voor nie. Dit is die mees ontmensliken- de ding in die verhaal.

Daar is nog baie meer in hierdie verhaal, bv. die perspektief. As ons ’n toe- passing wil maak en se: die mens is ’n boenk wat nie op aarde leef soos i dit vir hom bestem is nie maar romantiese vlugte na die wolke ondemeem, ontdekkingsreisiger is in die waters onder die aarde en in die hemele, sy ore uitleen vir ideologiee wat hom in die wolke vervoer, sy taal verloen, ens.

ens., dit wil se as ons se die mens maak dit bont en hy maak die wereld nié sy woning nie, dan moet ons daarby voeg dat álle mcnse nie boenks is nie, want daar is 'n menslike perspektief in die verhaal wat die boenkigheid dophou, en ironiseer en saliriseer. Verder ook nog is daar iets van Raka én Openbaring se „nuw e” mens in ,,Die boenk”. A1 wat ck wil se, is dat ek daarvan bewus is dat daar nog baie meer in hiercfie stuk kortkuns is, wat reeds so vol en gevoeg is. Dit is egte kortkuns.

76

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie werk skenk aandag aan klassieke wysgerige probleme – soos die relasie tussen eenheid en verskeidenheid, universaliteit en 15 ʼn Alternatiewe siening, wat nie aan die agt punte

Hiervolgens moet die mens se eie voorveronderstelling geen rol in die verklaring van die feite speel nie.11 Die vraag is of hierdie gedagte van die empiriese benadering tot feite nie

Wat ons geef is nie 'n geskiedenis van die Afrikaanse ta"al nie; o'er die ontstaan en vmwing van onse taal het ons wat angestip, in " Die Eerste Beginsels van die Afrikaanse /Taal"-mar

Dit is eintlik die wyse waarop die maatskappy hom- self van binne uit tot uitdrukking bring; kritiese teorie beteken dus eintlik dat die samelewing met hom self waardebepalend besig is

By die mens, net soos by alle ander dinge, is dit egter betekenisloos om van 'n verskynsel te praat sonder dat daar iets is w a t verskyn, sodat ons m oet aanvaar dat behalw e

rol speel en juis omdat die spekulatiewe rigting die vraag na vorm en metode as nie behorende tot die objek van die Praktiese Teologie beskou, is dit duidelik dat dit vir hierdie

Ook hier gaan dit nié om die verlossing uit die sonde en van die dood wat Jesus Christus aan die mens as ’n genadegawe, as 'n vrug van sy Kruis en Opstanding bied nie, maar gaan dit om

’n Tweede feit wat die reformatorie in hierdie verband reg raakgesien het, is dat ons nooit aan die perfectum van hierdie praktyk moet gaan tor- ring nie.. Niks wat ons by hierdie