• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1013 Referaatopsomming

Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies

Authors:

Kariska Potgieter1 Reinout Meijboom1 Marianne Cronje2 Affiliations:

1Department of Chemistry, University of Johannesburg, South Africa

2Department of Biochemistry, University of Johannesburg, South Africa

Correspondence to:

Reinout Meijboom Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa How to cite this abstract:

Potgieter, K., Meijboom, R. & Cronje, M., 2014,

‘Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art.

#1013, 1 page. http://

dx.doi.org/10.4102/satnt.

v33i1.1013 Note:

A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27 and 28 October 2012, North- West University, South Africa.

Organising committee:

Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa), Dr Ettienne Snyders (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Dr Cornie G.C.E. van Sittert (School of Physical and Chemical Sciences, North- West University).

Page 1 of 1

The synthesis of silver phosphine phenyl derivatives for the use in cancer studies. Cancer is a growing disease which should be eliminated or cured. Compounds should be synthesized which will target the tumour cells without damaging healthy cells. Silver (I) compounds, namely [Ag(dppe)2]NO3- and [Ag(dppp)2]NO3-, were synthesized and tested on SNO cancer cells. Results showed good anti-cancer activity towards the cancer cells.

Kanker is een van die vele siektes in Suid-Afrika wat vinnig besig is om toe te neem. As gevolg hiervan is wetenskaplikes aan die werk om teenmiddels te verkry wat die kankerselle sal beveg en/of elimineer. Huidige anti-kankerverbindings, soos Cisplatin® het goeie anti-kankeraktiwiteit, maar die newe-effekte is nadelig. Die biochemiese meganisme van Cisplatin® se sitotoksisiteit behels die binding van die teenmiddel aan DNS of nie-DNS-teikens en die daaropvolgende induksie van seldood deur apoptose of nekrose of albei. Induksie van ’n spesifieke seldood is ’n belangrike deel van teenmiddelontwikkeling as gevolg van die feit dat apoptose die voorkeurvorm van seldood is en nie met infeksie gepaard gaan nie. Cisplatin® kan seldood induseer deur apoptose, nekrose of beide, en daarom word Cisplatin® as ’n ongewenste antikankermiddel beskou. ’n Ander nadeel van Cisplatin® is dat dit bind aan DNS of nie-DNS-teikens en daarom veroorsaak dit seldood in enige sel, insluitend gesonde selle. Studies van die metaalgebaseerde aromatiese katioon [Au(I)(dppe)2]+ (waar dppe 1,2-bis[difenielfosfien]-etaan is) het aggressiewe in vitro- anti-kankeraktiwiteit, asook aktiwiteit teen gewasmodelle in muise getoon. Die voorkoms van ernstige hepatotoksisiteit in honde wat veroorsaak is deur ’n anti-mitokondriale aksie, het egter daartoe gelei dat die prekliniese ontwikkeling van die dwelm gestaak is. Daar word beoog om ’n teenmiddel te ontwikkel wat net die kankerselle sal teiken en wat minimale toksisiteit teen gesonde selle sal toon. Daar word voorgestel dat die komplekse [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3- anti-kankeraktiwiteit het en minimale toksisiteit sal veroorsaak in gesonde selle. In hierdie studie is die twee komplekse, naamlik [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3- gesintetiseer en gebruik om die antikankeraktiwiteit in ’n SNO-(slukderm) kanker-sellyn te bepaal. Die twee komplekse is vervaardig deur die ligande, bis-difenielfosfienetaan en bis-difenielfosfienpropaan, in asetoon op te los. Die AgNO3-sout is opgelos in water en onderskeidelik by die oplossings van bis-difenielfosfienetaan en bis-difenielfosfienpropaan gevoeg. Die reaksiemengels is toegelaat om tot droogheid te verdamp, waarna wit kristalle geïsoleer is. Karakterisering sluit in KMR, IR, smeltpuntbepaling, asook elementanalise. Die twee komplekse (opgelos in 1% DMSO), Cisplatin® (apoptose-kontrole) en 1% DMSO – (vervoer kontrole – om te verseker dat DMSO nie seldood veroorsaak nie) is gebruik om die SNO-kankerselle te behandel. Die persentasie seldood, asook die tipe seldood (apoptose of nekrose) is bepaal. ’n Kontrole van onbehandelde selle is ingesluit.

’n AlamarBlueTM-oorlewingstoets is op al die behandelings gedoen. Daar is waargeneem dat beide [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3- met konsentrasies van 5 μM en 10 μM goeie anti-kankeraktiwiteit teenoor SNO-kankerselle toon. Die behandeling van Ag-dppe met die konsentrasie van 5 μM het nie ’n beduidende lewensvatbaarheidsafname teenoor die kontrole getoon nie. Hierdie resultate dui daarop dat sowel [Ag(I)(dppe)2]+NO3- as [Ag(I)(dppp)2]+NO3 effektiewe antikankeraktiwiteit toon.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Copyright: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Referensi

Dokumen terkait

Die slagter, Bastos, het wel meer van ’n geskiedenis aan die een kant en ’n bemoeie- nis met Lea aan die ander kant, maar hy kom nogtans ’n effens lukraak geplante ka- rakter voor wat

Toegepas op die NG Kerk waarin kerkverband beskou word as ’n verband van gemeentes as ecclesiae completae, beteken dit dat die huidige besluit dat ’n tweederde meerderheid van

F J M Potgieter 1954.1 Sommige sal sê dat dit in die Bybel self staan dat dit “deur God ingegee is” en dat dit daarom ’n ander karakter het … Al wat so ’n beskouing blootlê, is die

[Deur leerders aan te moedig om omgewingsvriendelike gewoontes te ontwikkel en ’n lewenstyl wat in harmonie met die omgewing bestaan, sal die kans verbeter dat toekomstige

Nie-kanoniese aminosure, wat bestaan uit ‘n substituentgroep en deur ‘n koolstof-koolstofbinding aan die aminosuurgeraamte geheg word, word gesintetiseer met behulp van jodo-alanien 2

Wanneer die verkondiging van die geloof bely word, kan dit nie anders as dat so ’n belydenis as ’n prestasie en verdienste beskou sal word nie, want die inhoud en voorwerp van hierdie

G aan ons terug in die geskiedenis van ons M oederkerk in die N ederlande, dan kan ons leer dat die regte wat ons vandag a s van­ selfsprekend beskou eers na 'n langdurige, afm attende

Dit is dan wat ’n mens kan weet: die feit dat die NWU die toekenning van ’n gedeelde eerste plek deur PWC vir goeie “university governance” ontvang het, is tog ’n objektiewe