• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.808 Referaatopsomming

Die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname: ’n Terugblik op 23 jaar

Authors:

M. Marais1 A. Swart1 Affiliations:

1Biosystematics:

Nematology Unit, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa

Correspondence to:

M. Marais Email:

[email protected] Postal address:

ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa How to cite this abstract:

Marais, M. & Swart, A., 2013, ‘Die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname: ’n Terugblik op 23 jaar’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#808, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.808 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

The South African Plant-Parasitic Nematode Survey: A snap shot of the last 23 years.

The Nematology Unit of the Plant Protection Research Institute founded the South African Plant-Parasitic Nematode Survey (SAPPNS) in 1987. The aim was to make a comprehensive assessment of the nematode biodiversity resources of South Africa. The main objectives of the SAPPNS were to make an inventory of all the plant-parasitic nematodes of South Africa, to study the biogeography of these plant-parasitic nematodes, to establish an electronic database of these plant-parasitic nematodes at the NCN and to compile distribution maps of each economically important plant-parasitic nematode species.

Die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname (SAPPNO) is 23 jaar gelede in 1987 deur die Nematologie Eenheid van die Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming geloods. Die doelstellings van die projek was om ’n inventaris van die plant nematodes van Suid-Afrika te maak, om die biogeografie van hierdie nematode te bestudeer, om ’n elektroniese databasis by die Navorsinginstituut vir Plantbeskerming in Pretoria te vestig en om ook verspreidingskaarte van die plantparasitiese nematodes te kan trek. Die eerste rekord van ’n sitrusboord naby Rustenburg is gedurende November 1987 in ’n DBASE III databasis ingelees. Die data wat tydens daardie eerste fase van die projek ingelees is, was die reeds-gepubliseerde nematologiese data, inligting vervat in die Nasionale Versameling van Nematodes en data geskenk deur verskeie Suid-Afrikaanse nematoloë. Die tweede fase het daaruit bestaan dat opnames in sekere areas onderneem is. Die land is in kwart-graad blokke verdeel en monsters is geneem by elke gewas wat in die gebied verbou is. Daar is monsters in die onbewerkte areas soos vleie, duine en inheemse bosse geneem en monsters van grasperke, tuine en sportvelde het weer verstedeliking verteenwoordig. Met bogenoemde werkswyse is opnames van die nematodes in onder andere, die Sandveld, Douglas, Benede Oranjerivier, Tzaneen en Hluhluwe areas onderneem, waaruit ook publikasies verskyn het oor die nematodes wat in van ons nasionale parke en natuurreservate soos in die Tsitsikamma Nasionale Park, Witsand en Swartberg Natuurreservate voorkom. Die derde fase behels die opneem van roetine diagnostiese data in die databasis. Die SAPPNO was altyd ’n lokaliteitsgedrewe program om vas te stel watter nematodes waar en by watter plante voorkom.

Sedert 2006 is die SAPPNO-databasis nou ’n module van die webgebaseerde Nematode Sisteem wat ook die Nasionale Versameling van Nematodes in elektroniese formaat insluit. Omrede die inligting vervat in die SAPPNO-databasis en ook die Nasionale Versameling van Nematodes maklik toeganklik is kan ons as voorbeeld die volgende van die nematode fauna van Suid-Afrika sê: dat Helicotylenchus brevis op enkel uitsondering na net in die Woud Bioom voorkom; ’n aantal van die nematodes wat in die Fynbos en Woud biome voorkom, word as endemies tot hierdie areas beskou; agt van die nege Trichodorus spesies wat in Suid-Afrlka voorkom is endemies tot Suid- Afrika en dat daar op die oomblik slegs by een lokaliteit meer as een Trichodorus spesies voorkom:

’n taamlike groot groep nematodes is waargeneem in gronde met ’n klei-inhoud van meer as 60%, hierdie nematodes sluit Discocriconemella spp., Helicotylenchus spp., Longidorus laevicapitatus, Meloidogyne spp., Paralongidorus spp., Paratrichodorus spp., Pratylenchus spp., Pratylenchus zeae, Rotylenchulus clavicaudatus, Rotylenchus spp., Rotylenchus unisexus, Scutellonema spp., Scucellonema truncatum, Xiphinema spp., Xiphinema elongatum, Xiphinema mampara en Xiphinema umobae in;

Meloidogyne arenaria, Meloidogyne hapla, Meloidogyne incognita en Meloidogyne javanica is die vier mees algemene knopwortelaalwurm-spesies in Suid-Afrika en kom in onderskeidelik 0.4%, 1.7%, 5.0% en 7.4% van die rekords voor. Hierdie vier spesies is van seevlak tot by 1800 m bo seevlak aangemeld. Dan is daar groot areas van die Suid-Afrika en veral van die Nama- en Sukkulente Karoo waarvan ons geen kennis van die nematode fauna het nie.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Die maatreels word nou deur Suid-Afrika nie aileen by SANAE toe- gepas nie maar ook by Marioneiland wat buite die grens van die Antarktiese Verdrag val.. By SANAE was alles nie altyd

Om dus omvorming van die gevangenisstelsel te bewerkstellig, moet ondersoek ingestel word na die volgende vier vraagstukke: • Hoe sien ’n vervlegting van die sentrale idees van

DIE R.S.A., gebou in Japan in opdrag van die Suid·Afrikaanse Regering, het in Januarie 1962 sy eerste reis na die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie se basis in Koningin

Voor- beelde van inhoude wat om hierdie rede weggelaat kan word, is die volgende: 4.1.1 Historiese agtergrond Alhoewel die historiese agtergrond tot die ontwikkeling van die

Sosiale Netwerk Analise bied die kennis, vaardighede en tegnieke om navorsers of onderwyserleiers gereeld van relevante, betroubare inligting te voorsien om hulle betyds in staat te

SATNT / SAJST 2022; 411 139 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Ontwikkeling van ‘n model vir die voorspelling van kweekhuisgasvrystellings vir Suid-Afrikaanse bedrywe

‘n Tipiese voorbeeld is die volgende spotprent, wat op 22 November 1933 in Die Burger verskyn het, op ‘n tydstip toe Hertzog se deel van die Nasionale Party besig was om met Smuts se

Die hoof doe I en -taak van die Politieke Argief is die versameling en bewaring van private dokumente met betrekking tot die politieke geskie- denis van Suid-Afrika in 'n neutrale,