DIE VERHOUDING TUSSEN DIE OU EN NUWE TESTAMENT IN DIE
HERMENEUTIEK
PROF. DR. W. C. VAN WYK
Hierdie artikel is ’n verw erking van ’n voordrag voor die Pretoriase P redikante Broederkring w at gedurende die eerste sem ester van 1971 gehou is. Dit was bedoel as ’n inleiding to t
’n diskussie oor die H erm eneutiek van die Ou Testam ent. Uit hierdie diskussie h et die referate van ds. J. A. Loader oor die hantering van m otiew e in die Ou Testam ent en van ds. A. P. B.
B reytenbach oor die tipologiese uitleg van die Ou T estam ent voortgevloei. U it so ’n opset is dit vanselfsprekend d at dié artikel nie ’n volledige en sistem atiese uiteensetting van die Ou Testa- m entiese H erm eneutiek kan of wil wees nie. ’n Paar tipiese en in die oog springende interpretasiew yses is aangestip en aan die hand van die w erk van ’n verteenw oordiger van die rigting be
handel. Die volgende interpretasies kom onder die soeklig:
1. Die C hristologiese (W. Vischer), 2. Die Eksistensialistiese (R. Bultmann),
3. Die G odsdienshistoriese en „Fröm m igkeitsgeschichtliche” (Fr.
Baum gártel), en
4. Die „Teologiese” (J. Bright).
By al hierdie benaderingsw yse gaan dit wesenlik om die vraag van die verhouding van die Ou en die Nuwe Testam ent.
1. DIE CHRISTOLOGIESE INTERPRETASIE:
Sowel Karl B arth as W ilhelm Vischer het die Ou T estam ent as getuie van Jesu s C hristus interpreteer, hoewel elkeen op sy eie wyse. H iervolgens geld die openbaring van God in die Ou Testam ent vir die kerk, m aar dit is alleen duidelik vanuit die Nuwe Testam ent. Slegs die kerk kan die Ou T estam ent reg lees.
As getuie van die koms van C hristus is die Ou T estam ent van betekenis vir die kerk, en hierdie opvatting w ord ook gesteun deur die siening w a t die Nuwe T estam ent self van die Ou T esta
m ent het. Die Ou T estam ent sien vooruit na die C hristus w at sou kom, en die N uw e T estam ent kyk terug op die C hristus w at gekom het. Die Ou en Nuwe Testam ente getuig afsonderlik van m ekaar en gesam entlik van C hristus.
Hierdie siening is to t sy uiterste konsekw ensie deurgedryf deur W ilhelm V ischer in sy „C hristuszeugnis des A lten T esta
m en ts” (Deel I 1934, Deel II 1942). Die Ou T estam ent sê w at Jesus C hristus is, en die Nuwe T estam ent wie Hy is. C hristus
is die doel en in ’n sekere sin ook die inhoud van die Ou T esta
m ent. As ons Christus nie verstaan soos die Ou Testam ent van Hom getuig nie, sal ons Jesus nie herken en bely as die Christus nie. Dit is nie baie duidelik w at Vischer presies met die C h ristu s- getuienis van die Ou T estam ent bedoel nie. Soms lyk dit of hy bedoel dat Christus die vervulling van die verw agtings van die Ou Testam ent is (I, bl. 36). M aar dit w ord w eer anders as hy op verskillende plekke in die Ou T estam ent Christus in lewends lywe terugvind. Gen. 1 spreek van C hristus w ant Hy is die een w at in die begin by God was (Joh. 1:1-5). Die teken van Kaïn w ys na die kruis en is hernuw e in die teken van die kruis in die Nuwe Testam ent. Hos. 11 wys op die lyding van die Seun van die mens. Die duidelikste voorbeeld van die indra van die Nuwe Testam ent in die Ou Testam ent vind ons in sy bespreking van die stry d van Jakob by die Jabbok: die geheimsinnige figuur m et wie Jakob gew orstel het is onteenseglik Jesus Christus self (I, bl. 153).
Ehud se sw aard w at in die vet buik van die Moabitiese koning w egsak (Rigt. 3), wys op die W oord van God w at skerper is as enige tw eesnydende sw aard. Die beslissing w at Salomo goe ten opsigte van die tw ee vroue w at hulle saak voor hom bring (1 Kon. 3) lei to t die volgende uitleg: Die w are m oedsr van die lewende kind is die w are Israel, en die verband word gelê met M aria en die kind Josef in die tempel. In regverdigheid teenoor Vischer rnoet ons wel wys op die m otief w at hy m et ’n dergelike interpretasie gehad het, w aarm ee ons wel simpatie kan hê al volg ons hom nie in sy interpretasie nie: Hy wou die Ou T esta
m ent bew aar en handhaaf as W oord van God vir die kerk.
Die gevaar is d at die getuienis van die Ou Testam ent nie beluister word in sy eie aard nie, m aar slegs ’n eggo van die Nuwe Testam ent is. Hy m aak geen erns m et die geskiedenis en die Goddelike openbaring nie en verval in grootskaalse allegorie (N. W. Porteous, „Old T estam ent Theology”, in: H. H. Rowley (red.), The Old Testament and Modem Study, Oxford 1956, bl.
339). Dit word bedenklik as elke Ou Testam entiese teks gevra w ord: w at sê dit oor Christus? Die onbuigsam e toepassing van
’n Christologiese m aatstaf kan niks anders as allegorie voortbring nie, w aardeur die tek ste daartoe gebring w ord om iets anders te sê as w at hulle w erklik sê. Die historiese verskil en die inhoude- like andersheid van die tw ee T estam ente w ord glad nie in aan m erking geneem nie. Dit is iets to taal anders om die eenheid van die Ou Testam ent en Nuwe T estam ent vas te hou as om hulle m et m ekaar te identifiseer of saam te smelt. John Bright (The Authority of the Old Testament, London 1967, bl. 92) sê tereg: „The Old T estam ent cannot be appealed to as authoritative in the church, o r praclaim ed w ith authority, unless its plain
meaning is adhered to, and adhered to plainly. Once the plain meaning has been abandoned, control over interpretation is gone and Scripture m ay m ean anything the spirit (and w ho shall say it be the Holy Spirit or the p reacher’s) may see in it. The sky is the limit!”
2.DIE EKSISTENSIALISTIESE INTERPRETASIE:
Hier vind ons ’n ander u iterste in interprestasie. Die ver- naam ste eksponent van die gedagterigting is Rudolf Bultmann.
Hy h et sy gedagtes uiteengesit in „W eissagung und E rfüllung”
in Glauben und V erstehen, II, Tübingen 1952, bl. 162-186 (tans ook afgedruk in die versam elbundel: C. W esterm ann, Problem e alttestam entlicher H erm eneutik, M ünchen 1960). Vir hom getuig die Ou T estam ent van die menslike eksistensie onder die w et. Hy verw erp die Ou T estam ent as boek van profesieë w at in die Nuwe T estam ent sy vervulling vind. Die moderne m etodes van historiese ondersoek h et so ’n opvatting onmoontlik gem aak. As die Nuwe T estam ent ’n voorsegging in die Ou T estam ent vind, w eet ons die Nuwe T estam ent het dit in die Ou T estam ent inge- lees op grond van die vervulling. Die eerste Christene h et dit uit polemiese m otiew e teenoor die Jode en uit apologetiese motiewe teenoor die heidene gedoen. Hulle w ou die argum ent vir die verlossing in C hristus versterk deur na die oudheid van die M essiaanse profesieë te verwys. Bultmann meen sulke argum ente omseil juis die w erklike struikelblok: die dw aasheid van die kruis.
Dit is m aar n et poging om die geloof te beveilig. Die geloof kan egter nie gebruik m aak van historiese getuienisse d at Christus die doel van die profetiese geskiedenis van Israel is nie.
Hy grond sy beskouinge op ’n studie van drie kardinale Bybel- se begrippe: verbond, koningsheerskappy van God en volk van God.
(a) Verbond.
In die historiese w erklikheid is die vervulling van die sede- like eise w at in die verbond gestel word, onm oontlik. Die enkeling as lid van die volk kan nie voldoen aan die voorw aardes van die verbond nie. D aarom kan ’n verbond van God m et ’n volk nie ’n em piries-historiese realiteit wees nie, m aar alleen ’n eskatologiese begrip. O m dat die ou verbond deur Israel verbreek is, sal God in die kom ende heilstyd ’n nuwe verbond sluit. Hierdie nuwe verbond is to t stand gebring deur die dood van Christus.
In hierdie nuw e verbond is d aar nie m eer gebeurtenisse in die volksgeskiedenis nie (soos byvoorbeeld die gebeure by Sinaï), w ant die dood van C hristus roep ’n mens puis uit die volksgemeen- skap uit in ’n gem eenskap sonder w éreldse gebondenheid. D aar
mee het die teenstelling van ’n verbondsvolk to t ander volkere
weggeval. „Der neue Bund ist eine radikal eschatologische Grösse, d.h. eine ausserw eltliche Grösse, und die Zugehörigkeit zu ihm entw eltlicht die Genossen des B undes” (Probleme . . . , bl. 41).
(b) Koningsheerskappy van God.
Soos die koningspsalm s in die Ou T estam ent eskatologiese psalm s geword het, so het die koningsheerskappy van God ’n eskatologiese begrip geword. In die ballingskap is die konings
heerskappy van die toekom s verwag. Van die heerlikheid van die heilstyd was daar toe niks te sien nie. In die verkondiging van Jesus is die koningsheerskappy van God ’n w onder w at van die hem el af in ’n nuwe w êreldtyd inbreek. Al w at oorgebly het was die w oord „die heerskappy van God” en die gedagte aan ’n ge- m eenskap w aarin God se Naam geheilig w ord en sy wil geskied.
M aar hierdie gem eenskap is nie m eer aan die grense van die uit- verkore volk gebonde nie (M att. 8 :llv ., Luk. 10:30-37), en is nie
„innerw eltlich realisierbar” (Probleme, bl. 44) nie. „Die H errschaft G ottes bzw. Christi ist also etw as völlig anderes, als die alttes- tam entliche Prophetie erw artet hatte. Sie ist völlig eschatologisch
— überw eltlich, und der Mensch, der an ihr teilhat, ist gleichsam schon entw eltlicht, so das er, wiewohl noch ,im Fleisch’, doch n icht ,nach dem Fleische’ lebt (2 Kor. 10:3)” (Probleme, bl. 45).
(c) Volk van God.
Hy illustreer aan die gang van die Israelities-Joodse geskie- denis die innerlike teenstrydigheid tu ssen die gedagte van ’n Godsvolk en ’n em pries-historiese volk m et ’n selfstandige staats- bestaan. Die identifikasie van die tw ee is v ir hom ’n illusie. In die N uwe Testam ent is die volk van God, die w are Israel, aanwesig in die Christelike gem eente. Die volk van God is nie m eer ’n em piries-geskiedkundige grootheid nie; die w are Godsvolk as ekklesia is ’n eskatologiese begrip, ’n M ens behoort nie daaraan deur geboorte of volksverbondenheid nie, m aar deur die roepstem van die Evangelie w at jou uit die w éreld uitroep. Hy wys daarop d at die Jode in die Openbaringe selfs uitgeskakel w ord vir die sinagoge van die satan.
Die verhouding tussen die belofte (W eissagung) in die Israeli
ties-Joodse geskiedenis en die vervulling daarvan in die Nuwe T estam ent bestaan alleen „in ihrem inneren W iderspruch, in ihrem S cheitem ” (Probleme, bl. 50). Sowel die gedagte van ’n verbond van God m et ’n volk, as die idee van die konings-heer- skappy van God en van ’n Godsvolk in ’n em piriese volksgemeen- skap blyk onrealiseerbaar. V anuit Bultm ann se opvatting van die eskatologie is daar vir hom dus geen kontinuïteit tussen die geskiedenis van Gods volk in die Ou T estam ent en die nuw e volk
van God in die Nuwe Testam ent nie. „Das Scheitern erw eist die Unmöglichkeit, und deshalb ist das Scheitern die Verheissung.
Fiir den M enschen kann nichts V erheissung sein als das Scheitern seines Weges, als die E rkenntnis der Unmöglichkeit, in seiner innerw eltlichen G eschichte G ottes direkt habhaft zu w erden, seine innerw eltliche G eschichte direkt mit G ottes H andeln zu identifizieren”, (Probleme, bl. 51). God h et die volk van die Ou T estam ent op die w eg van m islukking as belofte („Scheitern als V erheissung”) gelei, m aar hierdie teenstrydigheid is ook eie aan die menslike eksistensie as sodanig: „auf G ott hin geschaffen zu sein, zu G ott gerufen zu sein und doch der w eltlichen G eschichte verhaftet zu sein” (a.w., bl. 52). Deur die geskiedenis van die Ou Testam ent op hierdie wyse te interpreteer, volg ons Paulus se interpretasie van die w et as tugm eester na Christus toe (Gal.
4:24).
’n G root besw aar teen die opvatting van Bultmann is d at hy die antitese van w et en evangelie so ver deurdryf dat hy die Ou T estam ent aan die w et gelykstel. Die diskontinuïteit tussen Ou en Nuwe T estam ent w ord oorbeklem toon, en die Ou T estam ent is van minder belang as dit m aar net ’n pedagogiese funksie h et om mense vir die evangelie voor te berei. As dit aan die hoorder
’n verstaan van sy eksistensie bied, is daar nie ander moontlik- hede as die Ou T estam ent om hierdie funksie te vervul nie? Bult
mann im pliseer dit self as hy daarop wys dat sommige van die geskrifte van die Nuwe Testam ent min van die Ou T estam ent ge
bruik maak. Kortom, Bultmann se benadering toon hoogstens die nuttigheid van die Ou T estam ent vir die prediking, en nie die noodsaaklikheid daarvan nie.
3. DIE „FRÖMMIGKEI1SGESCHICHTLICHE” OF GODSDIENS- HISTORIESE BENADERING.
’n Sekere affiniteit m et die voorafgaande beskouing vertoon die gedagte van Friedrich Baum gártel („Das herm eneutische Pro
blem des Alten T estam ents,” in die reeds genoemde versamel- bundel, bl. 114 vv.).
Die Christen verstaan die Ou Testam ent vanuit „seinem Ergriffensein durch das Evangelium von Jesus C hristus” as ge
tuienis van Jesus C hristus (Probleme, bl. 114). Hy verstaan dit dus vanuit die geloof, en op ’n ander wyse as w at die mens van die Ou T estam ent die w oord van die Ou Testam ent verstaan het.
V anuit hom self is die Ou T estam ent godsdienshistories en „fröm- m igkeitsgeschichtlich”, m aar nie teologies nie, verstaanbaar. Dit bly ’n vreem de w oord u it ’n vreem de godsdiens, w aarvan ons die krag wel kan aanskou, m aar w at ons nie raak nie. Dit het mag gehad oor die O u-Testam entiese mense, „sein V erstehen w ar
aber alttenstam entlich, ausserhalb des Evangeliums und deshalb n icht unser V erstehen d.h. unser Ergriffensein durch das alttesta- m entliche Zeugnis” (a.w., bl. 114). In die evangeliese, dit wil sê Christelik-gelowige verstaan van die Ou T estam ent is die Ou T estam ent te akkom odeer as die O u-Testam entiese, uit destyds en vir destyds, as w oord buite die evangelie. Die Ou Testam ent m oet die oue bly. Die C hristologiese en tipologiese verstaans- w yses is nie geskik nie, w ant dit neem die w oord van die Ou T estam ent nie in sy „S elbstverstándnis” in die evangelie in nie.
Hy betoog verder d at daar duidelik gem aak moet word hoe die Ou-Testam entiese getuienis op die mens van die Ou Testam ent en Nuwe Testam ent tegelyk „w irkende M achtigkeit” het. Die Ou- Testam entiese W oord is wel te v erstaan as evangelie, m aar in sy beperktheid as w oord buite die eintlike evangelie. Die gemeen- skaplike w ortel van die getuienis van die Ou Testam ent en Nuwe T estam ent is die basiese belofte („G rundverheissung”): „Ek is die HERE jou God”, „das Alte T estam ent glaubend harrend auf ihr W ahrw erden, das Neue T estam ent glaubend wissend, dass sie in Jesus Christus w ahr gew orden ist” (a.w., bl. 133).
As w oord buite die evangelie bring die Ou Testam ent vir ons troos, w ant Christus het ons lankal u it dié woorde m et hulle bindinge en begrensdheid weggeneem. Ons kom in die kragveld van die evangelie as ons begryp d at die getuienis van die Ou T estam ent afgehandel is. Ons h et by voorbeeld nie m eer nodig om reg te roep soos die bidder in Ps. 26 nie, w ant God het ons lankal in C hristus ons reg geskenk. Ons hoef nie m eer m et die Ou- Testam entiese vyandspsalm s te yw er vir die triom f van God oor die vyande nie, w an t God se triom f is lankal in die kruis en opstanding van Christus openbaar. Die Ou Testam ent word vir ons ’n blye boodskap terw yl dit ons van ons gebrokenheid voor God oortuig.
Ons w ord dus getroos deur die Ou T estam ent as afgedane W oord. M aar daar is ook ’n heilshistoriese lyn. Vanuit die evangelie is dít die heilsgeskiedeins: „die W oord h et vlees gew ord”. Die Ou-Testam entiese gebeure hoort binne hierdie
„W oord-het-vlees-gew ord”. As heilshistoriese gebeure kan die Ou Testam entiese gebeure n et in soverre begryp w ord as w at dit ons eksistensie voor God „fragw ürdig” m aak en ons in ons be
staan (a.w., bl. 136). By die gebeure in Ou Testam ent en Nuwe T estam ent vind daar ook ’n „inneres G eschehen” plaas. Hierdie innerlike gebeure en die houding van die Ou Testam entiese vrome onder hierdie gebeure m oet ons deur middel van „frömmigkeits- geschichtliche” andersoeke naspeur. Eers w anneer dit gedoen w ord, kan ons vasstel „inw iefem dieses G etroffensein des
alttestam entlichen M enschen unsere eigene Existenz vor Gott anrührt, inw iefem diese G etroffensein unser eigenes Getroffen- sein . . . un ter dem Evangelium ist” (a.w., bl. 136).
In Baum gártel se siening is die Ou Testam ent nie herroep nie, inteendeel, dit w ord noodsaaklik vir die geloof beskou. Hy m aak ook nie die Ou T estam ent los van die Nuwe T estam ent as sou die Ou T estam ent m indere gesag het nie. Hy sien die verhouding tussen die Ou T estam ent en die Nuwe Testam ent nie as een van volkome diskontinuïteit nie. Tog w ord die verskil tussen die Ou T estam ent en Nuwe Testam ent baie sterk beklem toon, w anneer hy die Ou T estam ent sien as getuie van ’n ander godsdiens as die Christelike. H et die Ou Testam ent dan nie ook m aar net ’n pedagogiese funksie nie, en is dit nog noodsaaklik?
4. DIE „TEOLOGIESE” INTERPRETASIE.
John B right h et nie hierdie naam aan sy interpretasiew yse gegee nie en van sy w erkw yse sê hy in sy A uthority of th e Old Testam ent: „the point can b etter be illustrated th an argued” . Hy wil ’n herm eneutiek verm y w at die relevansie van die p re diking in gevaar bring. Hy sien ’n gevaar in die tipologiese metode op grond van die m isbruike w at dit moontlik maak. Dit laat ook nie reg aan die Ou Testam entiese geskiedenis geskied nie.
W at m aak ons m et gedeeltes w aar analogieë tussen Ou T esta
m ent en Nuwe Testam ent nie gesien kan word nie? Sy besw aar teen die sogenaam de H eilsgeschichte en die toepassing van ’n skema van belofte en vervulling is dat die gevaar bestaan d at die prediking verhaal („rehearsal of p ast events”) word, w aarby die hoorders as toeskouers mag staan en alleen inform asie ontvang.
Die prediking van die Ou T estam ent moet die hoorder egter betrek. Hy m oet die geskiedenis van die Ou T estam ent sien as sy geskiedenis, en die beloftes daarvan as sy beloftes. Hy vra die vraag: „Do we stand before the door of the Old T estam ent w ithout a key?” (bl. 197). Hierdie sleutel vind hy in die teologiese stru ktuu r van die tw ee Testam ente. Hy wil nie ’n ander form u
lering bring vir die verhouding tussen die tw ee Testam ente nie, w an t die verhouding is te kompleks. Hy stel dit dan d at die Bybel deur sy teologie spreek en d at die teologie outoriteit meebring.
Ons moet die teologie van ’n bepaalde gedeelte van die Ou Testam ent vasstel en dit opnuut uitdruk vir die mense van ons tyd. Alles geld vir ons, w an t ten spyte van die aard en boodskap van elke gedeelte, of dit na aan die kem boodskap van die Ou Testam ent is of verder, d it reflekteer of gee uitdrukking aan die teologiese stru k tu u r daarvan. „There are no none-theological tex ts in the Bible” (A uthority, bl. 152).
Hy bied verskillende illustrasies vir sy standpunt, ’n Enkele voorbeeld: Dit gaan in Lev. 25 om die grondbesit van die familie in verband met die Jubeljaar. Die teologie w at aan die daar vermelde w et ten grondslag lê is die volgende: Die land behoort aan God, daarom leef ons op die aarde as vreem delinge en by- woners. W at ons het, het God aan ons geleen. As ons besigheids- transaksies doen moet ons dit doen in die vrese van die Here en genadig wees teenoor ons m edebroers as mense w at self genade ontvang het. Die gedeelte is relevant vir die Christen, w ant C hristus se geregtigheid het die w et vervul en ons is gehoor- saam heid verskuldig aan sy gebod van die naasteliefde. Ons kan nie die w et van die Ju b eljaar gehoorsaam nie, m aar ons kan die teologie van die w et aktualiseer.
Die uitleg word bereik langs die w eg van die gram m atikaal- historiese eksegese van die teks. Ons soek die letterlike betekenis van die teks en daarin en d aarag ter die teologiese belang: die t e o l o g i e s e doel van die historiese verhaal, die teologiese oortuiging ag ter die profetiese uitspraak, die w yse w aarop Israel se geloof in God uitgedruk is in ’n bepaalde psalm, w a tte r funks ie dit in die lewe van die individue of die gem eenskap het. M aar om dat die Christen die Ou T estam ent uit die hande van Christus ontvang het, w at die vervulling daarvan is, bring hy die Ou Testam entiese teks na die N uwe Testam ent. W at het die Nuwe Testam ent gedoen m et hierdie aspek van die geloof van die Ou Testam ent in die lig van Christus? Gaan dit om vervulling? Vind ons ’n oom am e, n et so of m et ’n verandering?
Kry dit ’n totaal nuw e betekenis, w ord ’n oordeel daaroor uit- gespreek of word dit herroep? D aar m oet gelet w ord op die
„existential placem ent of the te x t” , die eksegeet „has the task of re-aiming his te x t” (a.w., bl. 212). Die menslike situasie het essensieel dieselfde gebly.
Naas hierdie standpunte is daar vele ander w at basies ver
skillend is of variasies op die bespreekte tem a’s bevat. D aar is selfs uit die kringe van die W êreldraad van Kerke ’n leke- publikasie (van ’n leek op die gebied van die Ou Testam entiese w etenskap, nie vir leke nie!) m et die pretensieuse titel: The indispensable Old Testam ent, deur G. H. W olfensberger. Die w erk bly deurgaans op die sosiale vlak en daarom op die opper
vlakte. Teologiese literatu u r is dit nie en ons het ons in hierdie artikel met w etenskaplik-teologiese literatu u r besig gehou. M aar ook hierdie kuriositeit tesam e m et al die w etenskaplike v eran t
w oorde opvattings toon die toenem ende belangstelling vir die Ou Testam ent, sy verhouding to t die N uwe Testam ent en in die lig hiervan, sy relevansie vir die C hristelike prediking.