God met ons!
Die aanspraak op Goddelike steun in ’n konfliksituasie volgens die Ou Testament
H R Balzer
Lutherse Teologiese Seminarie, P retoria
A bstract
G od with us! T he claim o f divine support in a situation o f conflict, seen from an O ld T estam ent perspective Political discussions referring to O ld T estam ent texts in o rd e r to claim divine su p p o rt for o n e’s views, and dis
qualify opposing opinions as being in conflict w ith the G od o f th e B ible, are h erm en eu tically b ased on a n a logies betw een a revealed G od, H is rep resen tativ es o r laws, and eth ical o r political principles. A synchronic investigation o f relev an t O ld T estam en t passages fully denies and opposes this herm eneutic approach, which is based on an isolation o f principles o r norm s - w ith no re g a rd to th e only re le v a n t a c tu a l r e la tio n to G o d h im se lf. A ny p o litic a l id e n tif ic a tio n w ith G o d o r a ss o c ia te d fu n c tio n m u st th e r e fo re be re je c te d as blasphem ous from an O ld T es-tam ent perspective.
IN L E ID E N D E O PM E R K IN G S
D ie k u ltu re le en p o litie k e g esk ied en is van S uid-A frika w ord to t op h ed e sterk beinvloed deu r die C hristelike godsdiens. D ie C hristelike geloof kom vandag nog telk en s te r sp rak e in die verw ikkelinge in ons land. D it geld v eral in geval van konflik tussen verskillende instansies en groeperings. Feitlik geen groep o f politieke party kan dit waag om sonder enige verwysing na die Christelike geloof of die Bybel hulle saak te bered en eer nie.
D ie C hristelike geloof en die Bybel word in ’n konfliksituasie heel dikwels op d ie to n e e l g eb rin g m e t d ie vraag: ‘a a n w ie se k a n t is G o d ’ (vgl bv The road to D amascus 1979:6)? Volgens N iirnberger (1985:26-27, 37) het selfs M aarten L uther
ISSN 0259 9422 = HTS 47/1 (1991) 197
God met ons!
m ense daartoe opgeroep om ‘onreg openlik aan die kaak (te) stel’, m aar eers te sorg
‘d at jy G od aan jou kant het’. So ’n stelling kan m aklik tot die fatale m isverstand lei as sou L u th er in sy politieke etiek funksionele gebruik van G od wou m aak. Kunst (1979:399-401) het op oortuigende wyse oor hierdie saak gehandel.
D ie pogings om die eie saak en posisie as C h ristelik te tip e e r g aan dikw els g e p a a r d m e t d ie g o d s d ie n s tig e d is k w a lifik a sie v a n d ie o p p o n e n te , m e t d ie klaarblyklike doel om hulle aanvaarbaarheid vir ander C hristene te verlaag. D it is trouens nog altyd gebruiklik d a t (politieke) opponente in ’n C hristelike sam elewing m e k a a r as k e tte rs b ra n d m e rk o f selfs van afgodery en ateism e beskuldig. So ’n m isb ru ik van d ie B ybel (n a a m lik om ’n o p p o n e n t as k e tte r te v e rk la a r) w ord gewoonlik w eer as teenargum ent aangevoer téén die ketterverklaring.
In die m oderne tyd het d aar egter ’n nuwe dim ensie bygekom: die misbruik van die Bybel w ord ’n legitiem e gebruik. D ie algem ene w aarheid van G od se w oord is nie m eer die belangrikste nie, m aar die funksionele gebruik d aarv an is w el. D ie Bybel en die C hristelike geloof w ord onm iddellik aangew end om die eie standpunt te onderbou. D it m oet dien as stutw erk vir ’n ideologic o f filosofie. D eist (1987:28) h e t m e t b e tre k k in g to t d ie M arx istiese te o lo g ie d it soos volg g estel: ‘M arxist p h ilo so p h y b eco m e s th e o v errid in g d o c trin e o r tru th a b o u t re a lity ....’ H ierd ie
‘leg itiem e’ g eb ru ik van die Bybel lei to t ’n so o rt heilige oorlog w at in in ten siteit dram atics kan tocnccm . D ie verw ocstcndc gevolge van so ’n stryd is voor die hand liggend. Die Tw eede W êreldoorlog is ’n voorbeeld daarvan w aar elke volk hulle in
’n m in d cre o f m e e rd c rc m a te op G o d b e ro e p h e t. D u itsc so ld a te h e t selfs die inskripsie G ott m it uns op hulle gordels gedra. D a a r is n atu u rlik ook ’n b e ro e p gedoen op an d er w aardes soos die dcm okrasie of die Rettung des Abendlandes. D ie feit bly, dit is baie ed ele r om te e n vertccnw oordigers van ‘die b o se ’ te veg as om m aar n e t te e n a n d e r m ense te veg! ’n M oderne vo o rb eeld hiervan is die Kairos- dokum ent w at sy politieke opponente as servants o f the devil tipeer. H ierdie vyand- m itologie is ’n nuwe soort satanologiesc dualism e w at m et term e soos system, people, oppressor en oppressed to t uitdrukking gebring word. N olan (1988:84-86) gee ook indrukw ckkcnde voorbeelde van hoc C hristene m ekaar toetakel. D ie politieke op
p o n en t w ord o n d er an d ere as monster, dem on, fetish en Antichrist gctituleer. Elke ontm oeting o f gesprek word daarm ec by voorbaat fcitlik onm oontlik gem aak; o f dit v ercis m instens b aie p a sto ra le toegew ings a a n d ie k a n t van die duiwel! H ierd ie identifikasie van konkreet-m enslike m et abstrakte opponente word onder m eer deur G aybba (1985:182-184) gekritiseer. (’n V erdere bespreking van die probleem vind ons by C roatto 1981:30.)
198 H TS 47/1 (1991)
H R B a te r
H E R M E N E U T IE S E A SPEK TE
U it die voorafgaande is dit duidelik d at die Bybel vir poiitieke konflikte diensbaar gem aak w ord. V eral uit verwysings na die O u T estam en t (w at tro u en s nie net as p asifistiese d o k u m en t beskou kan w ord nie) kry ’n m ens die indruk, d a t G od ‘in d ien s s ta a n ’ te n b a te van e e n o f a n d e r p o iitiek e m ikpunt. So ’n stan d p u n t w ord v an d ag d e u r bykans al die k erk e in S uid-A frika gehuldig. D ie ou konfessionele strydpunte het inderdaad voor ’n nuwe soort ‘beiydenis’ gewyk. (D it word som s ten o n reg te ‘ekum enies’ genoem , om dat dit in w erklikheid aan poiitieke ‘belydenisse’
gebonde is.)
D eist (1987:28) het sulke ideologiese veronderstellings in die Bybelse herm e- n e u tie k ra a k g e tip e e r: ‘W ithin th is fram ew o rk o n e can em ploy any exegetical m ethod, as long as it is functional.’ O ns onderskeiding van poiitieke en godsdiens- tige te rre in e is n a tu u rlik v reem d aa n die O u T e sta m e n t. D a a ro o r skryf R avasi (1984:5): ‘T h e B ible discloses two ideological th re a ts: desacralizing politics and depoliticing religion.’
D ie gevolg is dat enige konflik a priori ’n eksegetiese dim ensie het w at onver- mydelik direk o f indirek aan elke teologiese navorsingsveld raak. G een teoloog kan voorkom dat sy w erk uiteindelik ook polities gein terp reteer en in die poiitieke arena funksioneel aangew end word nie. Tog is dit nie die taak van die O u-T estam entiese w etenskap om polities-ideologiese debatte te voer nie. Ravasi (1985:7) h et die saak reg b e o o rd e e l to e hy geskryf het: ‘T hough in tim ately b o u n d to g e th e r, faith and politics a re b o th au to n o m o u s. N o p o litical system can claim to be o u r u ltim ate salv atio n .’ M aar in so v erre as w at d a a r b e ro e p e op die O u T e sta m e n t g edoen w ord, is die w etenskap van die eksegese d it nie n e t te e n o o r die a n d e r teologiese v akgebiede nie, m aar veral te e n o o r die C hristelike k erk e verskuldig om d aard ie interpretasies van die Ou T estam ent krities in oënskou te neem .
In die genoem de konflikte word d aar ook steeds geskikte h erm eneutiese m eto- d es o n td e k om d ie gesag v an die S k rif vir eie d o elstellin g s d ie n s b a a r te m aak.
M otlhabi (1987:6) het hierdie herm eneutiese vereiste vir elke teologie beklem toon:
‘Ju st as th e re can be no theology w ithout an understanding o f the w ord G od, there can be no L iberation Theology w ithout the Bible, which is the prim ary source o f the W ord o f G od.’ H ierm ee stem ons in beginsel saam.
D ie herm eneutiese benaderings is eg ter uiteenlopend van aard. D ie m aklikste d aarv an is n atu u rlik die b e ro e p op feitelik e Bybelse ‘m a te ria a l’. D ie eenvoudige
‘eklektiese’ gebruik van enkele Bybelwoorde of kort een h ed e uit die O u T estam ent in nuw e e n v re e m d e sa m eh an g e o f v e rb a n d e is e g te r a g te rh a a l. S u lk e ‘saam - voegings’ h e t elke teologiese en filosofiese grondslag verloor, selfs in die geval van
’n m eganiese teo rie van verbale inspirasie (vgl H eyns 1978:18-24). Trouens, indien
H TS 47/1 (1991) 199
God met ons!
die gebruik van Bybelw oorde in die Bybel self nie in ag geneem w ord nie, lei dit onverm ydelik tot m isbruik van Bybelse gesag. T ereg sê V illa-V icencio (1981:49):
‘T he Bible is open and vulnerable to be appropriated for various causes and to be used for the enhancem ent of any political ideology.’
D it is e g ter nie voldoende oni eenvoudig vas te stel wat die Bybel aangaande b e p a a ld e tem as sê nie. O ns m e e t veral ev alu eer hoe die Bybel d a ard ie inhoude aanbied. S onder ’n gebalanseerde oorweging van beide die m ateriele sowel as die m etodologiese dim ensie, sal geen verantw oordelike toepassing van Bybelse tekste m oontlik wees nie. H ierm ee sal die m eeste teoloe ook in beginsel saam stem .
D ie vraagstuk vereis ’n eenvoudige en algem ene verstaan b are benad erin g m et betrekking tot die O u T estam ent: H oe m oet ons vasstel wie se kant G od nou regtig kies, o f wie veg aan die kant van G od en wie doen dit nie? Is d aar enige riglyne ten opsigte van inhoude en m etodes? D ie gevaar van ’n foutiew e m etodologiese ge
b ruik van sek ere elem en te in die O u T estam en t w ord, soos reeds gesê, algem een e rk en - hoofsaaklik natuurlik, om die verteenw oordiger van die ‘a n d er kant’ daar- voor te blam eer.
V ir die do il van hierdie artikel sluit dit per definitionem die bespreking van die konflikte tussen volgelinge van verskillende godsdienste uit, w ant dat G od wel sy eie gesag teen o o r ander gode handhaaf, kan as vanselfsprekend veronderstel word. Ons bespreking handel dus nie oor contra gentiles nie, m aar e erd er oor Deus contra deo\
O m h ie r d ie v r a a g s tu k te k a n b e s p r e e k m o e t o n s in d ie e e r s t e p le k d ie herm en eu tiese verbintenisse nagaan w at telkens tussen Bybelse u itsprake aan die een kant en politieke standpunte aan die ander kant gelê word.
T en eerste word dikwels (in bykans elke dogm atiese ontw erp) ’n analogie tussen G o d se ‘eien sk ap p e’ of goddelike a ttrib u te en die eie po litiek e stan d p u n t getrek.
Die eie posisies kan gevolglik m et dié van G od vergelyk of selfs geidentifiseer word.
D ie tertium com parationis w ord in so ’n geval m eerendeels uit ons eie tyd afgelei.
H ierdie eienskappe van G od, soos byvoorbeeld ‘regverdigheid’ en verskillende sim- p a tie ë o f a n tip a tië van G od soos hulle in die Bybel a a n g e d u i w ord, k an op ’n eklektiese en spekulatiew e m anier maklik uit verskillende O u-T estam entiese tekste a fg elei w ord. D ie b e la n g rik ste te o re tie s e g ro n d slag vir h ie rd ie m e to d e is die teo lo g iese beskouing w at b erus op die kw alifikasie van d ie Bybel as Selbstoffen- barung van G od. D it veronderstel dat die Ou T estam ent inligting oor die wese en k arak ter van G od wou bem iddel. D it kan uiteindelik tot ’n G rieks-Platoniese begrip van G od en sy “w ese’ teruggevoer word, soos onder m eer deur Konig (1975:2) opge- m erk. H ierdie teo retiese vooronderstellings is eintlik onverm ydelik, selfs indien ’n m ens die klem op sogenaam de ‘dinam iese’ kw aliteite van G od se d ade plaas en die
‘s ta tie s e ’ e ien sk ap p e gevolglik d e u r iets soos ‘k o n tin u ïte ite ’ o f ‘b e tro u b a a rh e d e ’
200 H TS 47/1 (1991)
H R Baber
vervang. M etodologies m aak die onderskeid tussen G od se Svese’ en sy ‘d ad e’ hier nie saak nie, w ant dit loop uiteindelik uit op ’n eenvoudige soort sillogisme w at soos volg d aar uitsien: D ie (geopenbaarde) G od is goed en staan ongekw alifiseerd aan die kant van die ‘goeie’ (op w aiter wyse ‘goed’ ook al verstaan en gedefinieer word).
O ns verteenw oordig o f w erk vir dieselfde ‘goeie’, gevoiglik is ons aan die kant van G o d /is G od aan ons kant.
O ns kan hierdie m anier om o u to riteit op grond van goddeiike gesag te verkry, die a n a lo g ie -m e to d e noem , w ant d it b e ru s op die v asstellin g van a n a lo ë etiese kw aliteite tussen G od en mens.
H ierdie patroon kan natuurlik in ’n heie aantal verskillende variasies aangebied word. G ew ooniik word dit nie op hierdie abstrakte m anier beskryf nie, m aar min of m eer as vanselfsprekend veronderstel. ’n Belangrike variasie is die identifikasie van eie posisies, nie m et G od nie m aar wel m et dié van Bybelse karakters. Indrukwek- kende voorbeelde vir totaal verskille identifikasies m et die volk Israel is deur Villa- V icencio (1981:48-52) saam gestel. O ngelukkig het hy later vir hom self ’n definisie o o r g o d sd ie n stig e b e v o o rre g tin g o p g estel: ‘T o th e e x te n d , th a t Is ra e l is p oor, d efeated and enslaved she is blessed in a special way by G o d ’ (V illa-V icencio 1981:
57). M aar w at dan van die tye van D aw id, Salom o en die a n d e r g ro o t konings?
D aard ie sosiologiese definisie van die sim patie van G od in haglike om standighede stem e e rd e r m et ’n sekere erkenntnisleitendem Interesse as m et die getuienis van die O u T estam ent ooreen. A rm oede is byvoorbeeld op sigself tog nie ’n godsdienstige kw aliteit nie! Behalw e Israel word ook profete o f selfs Jesus C hristus, w at m in of m eer gei'm iteer m o et word, as nastreefw aardige v o o rb eeld e gebruik, om dat hulle glo G od se ‘siening’ reflekteer.
H ierdie algem ene analogie-m odel sluit logies in dat die o p p o n en te as vyandig te e n o o r G o d se kw aliteite g e tip e e r w ord. Som s w ord aan hulle nog ’n kans vir bero u toegestaan, soms word dit ook eo ipse uitgesluit. Dis m eer ’n geval van styl, hoe die opponente op hulle knieë gedwing sal word: o f hulle vernietig sal w ord (soos in d ie D u itse antisem itism e van 1933 to t 1945) en o f h u lle m o et v e ra n d e r (w at klaarblyklik die konsep van The road to Damascus [1989] is).
B ehalw e hierdie m odel vind ons in politieke argum ente natuurlik ook die ver- wysing na w ette o f verwagtinge van G od in die O u T estam ent w at gehoorsaam m oet word. D it veronderstel nie noodwendig ’n Selbstoffenharung van Deus ipse nie, m aar w el ’n o p enbaring van sy ‘wil’ o f ‘p la n ’. N et soos in die geval van analogieë word d a a r abstraksies gem aak. ’n G o eie v oorbeeld van so ’n abstraksie is dié van Mit- m enschlichkeit w at d eu r B raun ontw ikkel is, asook d ie verskillende genitief-teolo- giee (byvoorbeeld Theologie der H offnung van M oltm ann). H ierin w ord G od min of m eer tot sekere beginsels gereduseer o f G od word selfs deu r die beginsel vervang!
H TS 47/1 (1991) 201
God met ons!
A1 hierdie m etodologiese benaderings poog om G od op ’n sistem atiese wyse te beskryf. A fhangende van definisie kan ’n m ens dan b ep aal a a n wie se k an t G od behoort te wees en wie Hy behoort te verwerp!
N a tu u rlik pas so ’n d efin isie byna v o lm aak in elke stryd. D ie dw aling van h ierd ie m e to d e is nie so deursigtig nie. So is byvoorbeeld g eh o o rsaam h eid , teo- logies g efu n d e e rd e e tiek in m enslike verhoudings, loon en s tra f in d e rd a a d O u- T e sta m e n tie se o n d erw erp e, aso o k u itsp rak e o o r verskillende kw aliteite w at aan G od toegeken word, veral in teenstelling m et die afgode. T rouens, G od is in baie konflikte in die O u T estam en t nie n eu traal nie, m aar kies kant ên b e re d e n e e r dit!
E k stem op hierdie punt saam m et Ravasi (1984:5): ‘A fideistic pan-spiritualism that absorbs politics into faith and ignores au th en tic hum an reality is ultim ately not a biblical ideal.’
A an die an d er kant kry ’n m ens m et sulke algem ene m etodes klaarblyklik geen algem een erkende opiossings van die genoem de problem e nie en m oet d aar eksege- ties wel ew e swak g e fu n d e e rd e a lte rn a tie w e in v erb an d m et ’n b elan g rik e O u- T estam entiese onderw erp toegelaat word. O m hierdie rede vra ons in hierdie arti- kel na die basis en toepasbaarheid van ons eie bekende herm eneutiese benaderings, w at d a a rto e gelei h e t d a t die steun van die G od van die O u T estam en t in ’n stryd to eg eëien w ord o f aan ’n a n d er ontsê word. H oeveel van ons gew one m etodes in die bepaling van die verbintenisse en analogic tussen Bybelse tekste en vandag se p o litiek e konflikte is regtig eksplisiet en k o n k reet in die relevante O u-T estam en- tiese tekste uitgespel of onm iskenbaar aanw esig? W aarop b eru s h ierd ie politieke aansprake wat gebaseer w ord op die O u T estam ent? Is die klaarblyklike onm oont- likheid om die kant w at G od kies in ’n politieke konflik, onm iskenbaar te bewys, die re s u lta a t v an d ie v eelso o rtig h eid v an B ybelse tek ste, o f b e sta a n h ierd ie indruk e e rd e r vanw eë sek ere v o oringenom e houdings en verw agtinge w at ons self in ’n m indere of m eerdere m ate onbewus in die tekste indra?
H ie rd ie m eto d o lo g iese g rondslae vra in ’n sek ere sin ’n n egatiew e m e to d o logiese benadering: W atter voorw aardes m et betrekking tot die steun o f opposisie van G o d se kant, kan regtig en p o sitief in die tek ste g e v e rifie e r w ord? O ns sal gevolglik m o et p ro b e e r om die relevante tekste so n d er sek ere van die vooronder- stellinge w aarop die gew one in terp retasie berus, o n d er die loep te neem . D it geld veral m et betrekking tot goddelike ‘eienskappe’, w aarvan ons hipoteties m oet afsien, w ant die tekste self noem dit in concreto n et binne konkrete relasies tussen G od en m ense. V erd er sal ons die herm eneutiese benadering, w at ons die analogie-m odel genoem het, nie sonder b aie goeie redes kan veronderstel nie. W ord dit eintlik in enige vorm in die O u T estam ent self gebruik? Scriptura scripturam interpresl Son
d er ’n ‘positiwistiese’ benadering is geen gesagvolle Bybelse eksegese m oontlik nie.
202 N T S 47/1 (1991)
H R Baber
N atuurlik is dit vandag geen probleem om die ‘teenstrydighede’ ten opsigte van die politieke kw aliteite van G od binne die O u T estam en t histories-krities op te los nie. O ns kan wel sake sistem atiseer w at vanwee verskillende historiese om standig- hede en herk o m ste nie b ym ekaar h o o rt nie. D it is in h e re n t ’n induktiew e b ena- dering. G evolglik is die b o g en o em d e p o litiek e fun k sio n ele g eb ru ik van die O u T estam ent a priori nie m oontlik nie. O ns kan in so ’n geval hoogstens een teks teen
’n a n d e r a fs p e e l o f v e rs k ille n d e h is to rie s e ‘tip e s ’ o f ‘s ta d ia ’ van d ie p o litie k e kw aliteite van G od definieer. Sodoende word die probleem n et verskuif m aar nie in beginsel v eran d er nie. M aar dié kritiese oo rd eel veronderstel aan die a n d e r kant logies a lre e d s ’n ‘s in c h ro n ie s e ’ b e g rip van B ybelse in h o u d e , w a a ro o r ons m et b etre k k in g to t h ierd ie o n d erw erp glad nie beskik nie! D a a r b e sta a n in d erd aad verskillende Gottesvorstellungen tussen die verskillende Bybelse b oeke en verskil
lende skrywers. M aar voordat ons veronderstel dat in hierdie (en an d er) opsigte die red ak teu rs van die O u T estam en t alm al nalatig was, m oet ons seker m aak d at ons se lf nie m islei w ord d e u r ons eie h e rm e n e u tie se p e rs p e k tie f w at die indruk van h ie rd ie te e n s try d ig h e d e v e ro o rsa a k nie. E lk e h is to rie s-k ritie se m e to d e b e ru s uiteindelik op ons eie verw agtinge van ’n soort hom ogene teks w at nie noodwendig m et dié van die skrywer(s) ooreenstem nie.
M E T O D O L O G IE S E O O R W E G IN G S
D ie g esteld e p ro b le e m vereis ’n (h ip o teties!) sinchroniese b en ad erin g om in die historiese h erm en eu tiese sirkel in te tree. O ns eie vráágstuk vorm die vertrekpunt en is e erd er sistem aties as histories van aard. O ns gaan p ro b eer om teologies na te dink o o r ’n b e p a a ld e e n a b stra k te o n d erw erp w at b u ite die teks, naam lik in die m oderne teologiese gesprek, ontwikkel het. D it is nie van soveel belang van w atter m ateriaal o f Voriage die beroem de ‘laaste red ak teu r’ o f skrywer gebruik gem aak het nie. ‘A g ter’ die gegewe teks soek ons niks nie. D ie fondam ent w aarop elke histo
ries-kritiese oordeel berus, is uiteindelik die herm eneutiese b enadering w at ook die relev an te k ateg o rieë bepaal! O m d at ons hier hipoteties ’n nuw e benad erin g p ro b e e r gebruik, m oet ons die resu ltate van histories-kritiese kom m entare voorlopig ignoreer. D aarm ee is die diachroniese dim ensie nie eo ipse uitgesluit nie, en is die reg (en in sek ere gevalle selfs noodw endigheid) om m et a n d er eksegetiese onder- w erpe vice versa diachronies te begin, nie bestry nie.
M et die oog op die onderw erp sal dié tek ste in die O u T e sta m e n t o ndersoek w ord w aar die steun van G od in ’n situasie van politieke konflik toegeëien o f ontsê w ord. D ie b ed o elin g is v an selfsp rek en d nie om volledige k o m m e n ta a r o o r die tekste te lew er nie.
U TS 47/1 (1991) 203
(jod met ons!
Om b eter te kan vergelyk, sal elke teks in dieselfde volgorde bespreek word wat die volgende aspekte betref:
• Na die identifikasie van ’n bepaalde teks word die posisie en redenasie van dié party telkens beskryf w at volgens die o u teu r uiteindelik verw erp w ord. Is ’n mens aan G od se kant of nie, en hoe kan hy dit w eet of nie w eet nie?
• D aarn a word in teensteiiing m et die ‘verkeerde’ party die aanspraak op G od se steun, w at die v oorkeur van die Bybelse skrywer geniet, b espreek. (In albei gevalle word, indien kontekstueel aangetoon, die kritiek vanuit albei perspek- tiewe teen die aanspraak van die opponente ingesluit.)
• D ie Bybelse gegew ens w ord dan ten slotte bespreek binne die raam w erk van ons p ro b leem stellin g en te e n die a g terg ro n d van die gekose m eto d o lo g iese uitgangspunte.
T er wille van vereenvoudiging sal alle tekste wat ondersoek word, in drie kategorieë of tipes saam gevat word. O ns neem bekende O u-Testam entiese onderw erpe as uit
gangspunte w at soos Gattungen gebruik kan word. (E lke definisie, ook van geves- tigde erk en d e Gattungen, is eindelik niks anders nie as die resu ltaat van bepaalde herm en eu tiese perspektiew e wat telkens nie van die O u T estam en t self nie, m aar van die uitgangspunt van die navorser afkom stig is.) D it sal egter nie die resultate van ons ondersoek beinvloed nie m aar is net ter wille van duidelikheid en om her- haling te voorkom . In die eerste plek bespreek ons die stryd om G od se steun vir a an sp rak e op po litiek e leierskap en voo rreg te, w at in die O u N abye O o ste altyd priesterlike aspekte ingesluit het. In die tw eede plek bespreek ons die vraag na die teologiese basis van kultiese of profetiese godsdienstige handelinge, soos dit onder m eer in die sogenaam de Kultpolentik of die onderskeiding tussen sogenaam de ware en valse profete tot uitdrukking kom. In die derde plek word die onderw erp van die b etroubaarheid van die steun deu r G od vanweë sy nasionale o f historiese verbinte- nisse (byvoorbeeld in die teologie van die sogenaam de D euteronom istiese geskieds- w erk) bespreek. M et hierdie voorlopige groepering as uitgangspunt word die geval
le soos dit in die Bybel voorkom , nagegaan.
D IE ST R Y D O M G O D SE STEU N V IR POLFTIEKE LEIER SK A P
Ons eerste voorbeeld vir die stryd om die teologiese legitimasie van leierskap, is die verhaal van K orag se opstand teen die alleenheerskappy van Moses volgens N um eri 16. N oth (1977:107-108) wys d a a ro p d a t behalw e K orag in sek ere Vorlagen ook D atan en A biram (vers 12-15) as opstandige leiers figureer. O ns beskou hulle hier
204 H TS 47/1 (1991)
H R Baker
net as verteenw oordigers van die rebellie teen Moses e n /o f Aaron.
D ié teks noem goeie en v ersta a n b a re redes vir die p ro tes teen M oses en vir hulle eise cm ’n a an d eel in die politieke mag: V olgens vers 3 is die heiiigheid ’n kenm erk van die heie gem eente, sodat M oses en A aron geen aanspraak vir hulle eie voorregte op grond daarvan kan m aak nie. H ierby m oet die ernstige politieke mis- lukkings van M oses (vers 13-14) onthou word; ja, selfs die besw are oor tirannie (vers 14). D it is opvallend dat K orag die m eerd erh eid van die volk aan sy kant het (vgl vers 2, 19, 41). H ulle p ro testee r ook nadat die reb elle om gekom h et (vers 41-46).
T og b e ru s die a a n sp ra a k van K orag u itein d elik op eie belange w aaraan hy G od diensbaar wil maak.
W at is nou aan die an d er kant M oses en A aron se redes vir hulle godsdienstige aan sp rak e? G een enkele rede word in die teks genoem nie! In plaas daarvan wys hulle op die in isiatief van G od en hoe hulle in ’n spesiale verhouding m et H om staan en wat Hy aan hulle geskenk het as praedestinatio (vers 5). E n volgens Moses (vers 9-11) is dit ook die enigste grond vir die (beperkte) politieke en kultie.se gesag wat K orag en sy m ense self geniet het!
D ie teologies gefundeerde aansprake van K orag sou deur selfstandige politieke aksie (die o pstand) bereik kon word. M oses se gesag hang aan die an d er kant van die ingrype van G od af, m aar hy m oet daarvoor bid. G od m oet M oses se reg deu r ’n sigbare tek en , naam lik die vernietiging van die reb elle bevestig (vers 28-35). In p laas van ’n logiese u iteen settin g van red es vind ons ’n spesiale v erhouding m et God.
In b re ë r teologiese verband dui ons teks daarop dat d aar ’n skerp waarskuwing uitgespreek w ord teen enige iem and wat G od vir sy eie politieke ideale wil m isbruik (al is die ideale ook teologies gefundeer!). Terwyl K orag G od in w erklikheid in sy diens neem , staan M oses om g ek eerd in diens van G od. D ie goddelike steun vir M oses voldoen beslis nie aan die vereistes wat ’n mens van enige teologiese berede- nering o f uiteensetting sou verwag nie. D it vorm eg ter die grondslag w aarop elke aanspraak m oet berus. A nders m oet die G odsoordeel (vers 28-30) w at M oses waag as uiters ongewoon en gevaarlik beskou word.
N et soos N um eri 16 hang ook Dawid se opstand teen Saul volgens 1 Sam uel 18 tot 1 Sam uel 31 van die verhouding m et G od af. (Bew erings d a t G o d volgens die h ele Bybel in beginsel m e e r aan die k an t van die establishm ent o f die revolusie sta a n , b eru s klaarblyklik op die aanw ending van valse k a te g o rie e . K orag sterf, D aw id oorw in - w aar is nou die politiese ‘regverdigheid’ van G o d ?) A lbei oppo- n e n te is d e u r die H e re gesalf. D ie o n d erg an g van Saul e n die v o o ru itg an g van Dawid word prim êr daaraan toegeskryf d at G od self sy keuse v erander het (byvoor- b eeld 1 Sam 15:11; 16:1; 28:6, 15-18; volgens 1 Sam 24:21 w ord Dawid selfs deu r
HTS ^ / 1 (I9 9 t) 205
God met ons!
Saul as koning geproklam eer). D ie sekerheid van steun of verw erping w ord nie uit spesiale politieke o f etiese kw aliteite afgelei nie. In teen d eei, seifs die ‘fo u te’ van Saul, vero o rsaak d eu r ’n ‘bose gees’, staan op G od se rekening (vgl 1 Sam 18:10;
19:9). D a a r is tro u en s, ten spyte van die kultiese fo u te van Saul, w at uitsluitlik betrekking het op sy (kultiese) verhouding m et G od, volgens 1 Sam uel 15:9, 10 geen red e vir die aan sp raak ‘G od m et ons!’ nie. D awid la a t die inisiatief aan G od oor, anders sou die hele storie slegs as die ongeregverdigde opstand van ’n v erraaier en row er te e n die regm atige koning v erstaan kan w ord. U itein d elik het ju is die eie (teo lo g iese) gevolgtrekkings van Saul volgens 1 Sam uel 15:20 to t die verandering van sy verhouding m et G od gelei.
Volgens dié teks kan ons gevolglik sê dat nie teologiese of etiese beginsels nie m aar slegs die verhouding in actu, die steun van G od beslis.
In die v o o rtsettin g van die stryd om D awid se koningskap te e n Is-B oset, die seun van Saul, is die grondslag van die Bybel se m otivering dieselfde: In 2 Sam uel 3:9 word die verraad van A bner teen Is-Boset in sy oorlog teen Dawid deu r G od se e ed van steun aan Dawid gem otiveer, m aar om gekeerd word G od se hulp geensins van iets anders afgelei nie.
N et so berus die oorwinning teen die rebellie van A bsalom uitsluitlik op Dawid se verhouding m et G od en wel soos dit deur G od self bepaal is (2 Sam 15:25). H ier- die fu n d am en tele verhouding lei volgens 2 Sam uel 16:8-12 selfs to t die geduldige a an h o o r van ’n gevaarlike vloek in die naam van die H e re (en m iskien nie sonder goeie historiese rede nie).
Selfs die spioen G usai ken teen o o r die rebellie van A bsalom geen a n d er rede vir die koningskap as die saak van die verkiesing deu r G od en die volk (2 Sam 16:8) nie: D ie p o litiek e stryd is in d erd aad die stryd om G od se steun, o n afhanklik van enige ideologiese o f etiese redes. Soos Saul w ord ook A bsalom u itein d elik d eu r G od self vernietig (2 Sam 18:12; 19:1-9).
In die stryd tussen A donia en Salom o sp reek die regsorde duidelik te n gunste van A d o n ia (1 K on 2:15, 22). V erd er is dit hy w at d ie steun van die volk geniet.
D esnieteenstaande vind die outeur dit voldoende om slegs een rede ten gunste van die reg van Salom o te e n o o r A d o n ia te noem , naam lik die steu n van G od (1 Kon 2:15, 24). W e e r e en s w ord G o d se ste u n en v erw erping nie u it en ig e e tie se of ideologiese beginsel afgelei nie, m aar is sy vrye keuse die prim êre basis vir die ‘kant’
w at Hy kies.
206 H TS 47/1 (I99I)
H R Baber
P R O F E T IE S E EN K U LTIESE H A N D E U N G E N D IE ‘K A N T W A T G O D KIES H ierdie onderw erp word bykans paradigm aties in N um eri 22-24 beskryf w aar Balak poog om G od d eu r m iddel van die profeet B ileam aan sy doel d ien sb aar te m aak.
D ie teks m ag selfs as ’n so o rt opsom m ing van beiangrike ele m e n te van die soge- n aam d e p ro fetiese teologie (w at in die m od ern e teologie van bevryding ’n dom i- nante rol speel, vgl Kairos 1986:23-27) verstaan word.
Balak en Bileam stem saam oor die belangrikheid van die gesag van G od en sy p ro feet (N um 22:6). A an wie se kant staan G od in die verdediging van M oab teen die agressiewe en im perialistiese Israelitiese aanvalle? Balak h et in daardie situasie inderdaad goeie rede om Bileam (teen goeie betaling) te huur (N um 22:17, 18, 37b) en alies in sy verm oë te doen om hom self van G od se huip te verseker, byvoorbeeld deur onder m eer die skepping van die regte kultiese en topografiese om standighede (N um 23:1, 2, 4, 14, 15, 29, 30). B ileam het slegs een red e om dit te w eier: die prim êre verhouding van G od tot Israel, tot hom self en tot M oab laat geen vervloe- king toe nie, m aar alleen seen vir Israel (N um 22:12, 35; 23:12, 26). G od word nóg deur Balak nóg deur Bileam in diens geneem , m aar Hy neem wel B ileam as sy pro
feet in diens. D ie ‘k an t’ wat G od hier kies, is w eer eens nie teologies of ideologies van enige beginsel of goddelike ‘eienskappe’ afgelei of afhanklik nie.
’n V e rd e re g ro ep te k s te , die so g en aam d e p ro fe tie se K ultpolem ik, is te e n ’n an d er soort G odsvertroue en geloof gerig: daarvolgens is die heil van G od deu r die praesentia D ivina in die tem pel teenw oordig en d eu r die kultus b em id d el. D it is trouens maklik om dit te verstaan, w ant op dié wyse bewys Jahw e H orn inderdaad as
’n b etro u b a re G od. M aar dit lei ook m aklik to t ’n so o rt ‘aan stellin g ’ van G od vir m enslike doelw itte. (D it is teologies nie voldoende om dié tekste slegs as ’n soort vaticina ex eventu na die vernietiging van die tem pel in die ja a r 587 te beskou nie.)
Volgens Jerem ia 7:1-15 verseker die opponente van Jerem ia hulleself van G od se steun m et verwysing na die tem pel en die kultus (Jer 7:4, 10). V ers 10 dui egter a a n d a t h u lle te m p e l en e tie k nie van m e k a a r skei nie m aar d ie tem p el feitlik gebruik om vir etiese, sosiale en godsdienstige foute (vers 9) te kom penseer. T een hierdie siening van ’n gew aarborgde kulties-historiese kontinuiteit van die heil in die tem p el tree J e re m ia sterk op en verwys na die k o n tin u iteit (!) van die deurgaans voorw aardelike karak ter van die verhouding m et G od, w aarvan die verbreking selfs tot die verw oesting van die beroem de heiligdom in Silo gelei het (vers 12-15). D eur m iddel van die Botenspruchform el (vers 3) verwys hy na G od as die p rim êre basis van elke relasie.
V ir ons teologiese vraagstuk kan ons d aa ra a n vashou dat die teks wel die inte- grasie van die etiek in die verhouding m et G od beklem toon. T og w ord G od geen- sins as ’n funksie van die etiek in diens geneem nie! Inteendeel, die indiensnem ing
H TS 47/1 (1991) 207
God met ons!
van G od (wat om gekeerd die m ense in sy diens wil neem ) m oet as die godsdienstige fout p a r excellence beskou word.
D ie m ense wat volgens Jesaja 1:11-17 deu r G od veroordeel word, lean wél op belangrike godsdienstige rituele ’n beroep doen: offers en gebede is rite uitgevoer (vers 11-15). D ie ware verhouding m et G od het egter betrekking op die hele lewe, v eral op die etiese asp ek te daarvan. H ierd ie m ense het die verhouding m et G od sélf b ep aal. T een hierdie om kering van die relasie is die p ro fetiese p rotes gerig.
(O ok die gelyksoortige m otief in A m os 5:22-25 is nie net teen ’n swak m oraai nie, m aar veral die eiem atige bepaling van die verhouding m et G od gerig).
V olgens Je re m ia 28 h e t die p ro fe e t G a n a n ja m et ’n b e ro e p op G od in die Botenspruchform el d ie bevryding van die o p p erh eersk ap p y d e u r die B abiloniese vyande voorspel. Je re m ia het saam gestem (vers 6), en albei h et die profesie deur die Z eichenhandlung (vers 10-11) bekragtig. H ulle was albei in oo reen stem m in g m et die politieke denke van die tyd en die geloof in Jahw e die verlosser. Jerem ia w aarsku egter dat ’n profesie van heil alleen op die regte verhouding van ’n profeet m et G od kan berus (vers 9-10). D it is anders in die geval van die voorspelling van onheil. H ier stem die profesie nie m et die eie voorstellings en wense ooreen nie, en is die gevaar dat die profesie vir eie belang aangew end kan word, nie so groot nie.
C ui b o n o l D ié oorweging laat Je re m ia onraad m erk. In vers 12-14 w ord ’n w are profesie van Jahw e (vgl w eer eens die Botenspruchformel, vers 13) alleen op die ver
houding m et G od gegrond: die valse profete is nie ‘gestuur’ nie (vers 15). H ierdie feit, bekragtig deu r die ondergang van G an an ja (vers 16-17), is al w at tel! D it, en nie die inhoud van die voorspelling as sodanig nie, m aak die w oorde van G ananja ’n leu en . V an d e r W oude (1973:13-16) h e t te re g a a n g eto o n d a t die verskil tussen
‘w are’ en ‘valse’ profete nie aan die persoon van die p ro feet gebonde is nie (onder m eer m et verwysing na 1 K on 13). Hy m een dat dit verstandig is om die inhoud van die profetiese w oorde as m aatstaf te beskou, m aar hou d aa ra a n vas dat to t dusver nie ee n enkele kriterium ten voile geldig is nie: ‘D aarm ed e w orden wij gedrongen to t de conclusie dat een aprioristische m aatstaf ter verificatie van een in naam van Jahw e gesproken w oord inderdaad niet b estaan.’ M aar V an der W oude onderskei tussen G od, die p ro feet en die volk e n h a n te e r elk een van dié m in o f m eer onaf- hanklik van die verhouding w aarin die een tot die an d er staan. In ’n beskouing wat funksioneer binne die raam w erk van reele verhoudinge, sal so ’n probleem egter nie bestaan nie.
O ok die stryd tussen w are en valse p ro fete in Esegiël 13 beklem toon die oor- eenkom s van valse p ro fete se w oorde m et hulle ‘eie gedagte’ (vers 2, 3, 17). H ulle v erstaan G od as die G o d van heil (vers 10 en 15; vgl J e r 6:14; 8:11), en hulleself gevolglik as g e sa n te van G o d (E seg 10:6b). D ie b asiese k ritiek te e n die valse
208 U TS 47/1 ( m i )
HRBalzer
profete is w eer eens die kritiek van ’n verkeerde verhouding m et G od: hulle is ‘nie gestuur nie’. D aarom kan hulie w oorde ‘leuens’ genoem word (vers 6, 8, 9, 19). D ie uiteindelike oordeel spreek G od self uit (vers 10-16).
D ie w are p ro feet is nie Vasgevang’ d eu r die boodskap of sy intensies nie m aar d eu r die veriiouding m et G od, soos dit in die Botenspm chform el (vgl Eseg 13:8 en 22:28) en die goddelike bevel to t uitdrukking kom (E seg 13:17). D ie doel van die goddelike aktiw iteit is w eer die tot stand bring van die regte verhouding m et G od (vers 14b, 23b).
D ie p o lem iek in Je re m ia 23:9-40 vlek die posisie van die valse p ro fete oop:
H ulle w oorde stem ooreen m et hulle eie gedagtes (vers 16, 17, 25, 26b). (O m dat die
‘h art’ in H ebreeus veral ’n ‘rasionele’ dim ensie sim boliseer, sluit die vers ideologiese en ander redes nie eksplisiet uit nie.) D ie valse profete kan hulle op drom e beroep (vers 25). D ie bestryding van dié bero ep word w eer eens deur die verhouding m et G od bepaal: die valse profete is ‘nie gestuur nie’ (vers 21, 32). ’n W are profesie sal aan die ander kant bekering tot gevolg hê (vers 22). G od is ook ‘ver weg’ (vers 23).
Dit beteken Hy is outonoom en soew erein sodat ’n m ens nooit in staat sal wees om H orn vir jo u e ie d o elw itte te g eb ru ik nie. E lke bew ering o o r G o d , ju is d ié w at gem aak w ord as grondslag vir verdere gevolgtrekkings, w ord d aarm ee to t ’n leuen oopgevlek (vers 17, 32; m b t die volk vgl vers 26-27). D ie verhouding m et G od, gestig d e u r d ie ‘w o o rd ’ o f ‘d a a d ’ (vers 9, 11, 28, 29) om vat b a ie m e e r as n e t ’n funksie van kom m unikasie. H ierdie feit is deur die valse profete gei'gnoreer. H ulle begin in plaas daarvan by die mense. D aarby het hulle G od a s ’t w are ingespan om hulle etiese foute goed te m aak (vers 11,14, 22).
A1 h ierd ie tek ste kan beskou w ord as ’n waarskuw ing teen die indiensnem ing van G od vir enige ‘kant’ in ’n stryd.
D IE ‘K A N T W A T G O D K IE S E N D IE G E S K IE D E N IS V A N D IE U IT V E R - K O R E V O LK
T en slotte kan G o d sv ertro u e ook b erus op die k o n tin u iteit van die n asio n ale ge- skiedenis van die uitverkore volk, m et a n d er w oorde op ’n gew aarborgde politieke G o d sv erh o u d in g . D ie w aarb o rg van G od se steu n d e u r die k o n tin u ïteit van die n asionale geskiedenis word veral in die sogenoem de D euteronom istiese interpre- tasie van die geskiedenis gekritiseer.
Dit is die geval in I Konings 22 (vgl 2 K ron 18), wat ook die vraagstuk van G od se ‘k an t’ in ’n stryd tussen profete, behandel. D ie oorw eldigende m eerderheid wat bestaan uit 400 profete (1 Kon 22:6, 12) kan tereg van Miga verwag d at hy by hulle m oet aansluit om die heil van Jahw e aan die koning bekend te m aak (vers 13, 15).
H TS 47/1 (1991) 209
God met oos!
H ulle p ra a t nie uit hulle eie nie, m aar is in d erd aad d eu r ’n gees gem sp ireer (vers 22). Miga volg hulle, totdat die koning self aandring op die onafhanklikheid van die profetiese w oord ‘in die naam van Jahw e’. D aaro p reag eer M iga m et iets w at on- m o o n tlik k lin k : G o d h e t a lre e d s die k a n t v an d ie vyande gekies! (D it w ord sem anties ook in vers 23 saam gevat; vgl Balzer 1987:102-104.) D ie gees is nie m eer dié van heil nie, en daaro m m o et hy nou, n ad at die koning op w are profesie aan- gedring h et, onheil p ro fe te e r. H ierd ie u itsp raak w ord e g ter nie b e re d e n e e r nie, sodat die b etro u b aarh eid van Miga volgens vers 25 van die bevestiging d eu r histo- riese ontw ikkelinge afhang.
Die teks laat geen m oontlikheid oop d at G od ‘in diens’ geneem w ord nie. G od stem m et geen sisteem o f ‘kant’ ooreen nie, sodat niem and op H om aanspraak kan m aak nie. M aar Hy neem wel vice versa elke b etrokke m ens (soms onbew us) in sy diens. D ie Deus ipse bly ’n Deus absconditus, soos T errien (1078:470-483) dit vanuit verskillende perspektiew e bered en eer het.
E segiël 33:24, w aarvolgens die inw oners van Jeru salem hulle op die historiese k o n tin u ite it van die belofte aan A b rah am b ero ep , wys dit as ’n o nafhanklike be- roepsbasis van die hand. In hierdie v erband w ord v erd er die val van Jeru salem in die raam w erk van die godsverhouding gein terp reteer (vers 25).
D ie bekende verhaal in A m os 7:10-17 beklem toon die verhouding van G od m et die p ro fe e t so n d er om die inhoud van sy (volgens vers 10b m oontlik noodlottige) uitspraak op die voorgrond te stel.
Volgens Miga 2:6-11 berus die optim ism e van die opponente van die profeet op die vertroue op G od se goedheid (vers 6-7). D ie p ro feet kritiseer hierdie houding m et verwysing na die verbreking van die godsverhouding d eu r die m ens self. H ier w ord e tie k en m o raal wel as d eel van die godsdienstige plig vereis, m aar nie in om gekeerde orde godsdiens as etiese plig nie.
G E V O L G T R E K K IN G
T en slotte kan ons nou die Bybelse gegewens kortliks in die lig van die dogm atiese vraagstuk bespreek.
D ie poging om G od se ‘kant’ in ’n stryd te identifiseer en om op grond daarvan op sy steun ’n b ero ep te doen, verskyn in verskillende tekste in die O u T estam ent.
D ieselfde tekste verhoed ons egter telkens om enige redes, w at staan nog beginsels op te stel w aardeur ons G o d en sy dade sou kon beperk. D ie verhouding m et G od, w aarvan alles inderdaad afhang, is steeds prim êr! D it is die taak van die m ens om d it so te aan v aar en om die eie lewe en d ade daarby aan te pas. E lke poging om G o d op gro n d van enige voorstellings w at ons van H om het, aa n enige ‘k a n t’ te
210 H TS *7/1 (1991)
HRBalzer
plaas, word in die O u T estam ent nie versigtig vermy nie, dit w ord sum m ier verwerp.
G evolglik b eru s die saak van G o d se ‘k an t’ d a a ro p d a t ons in ’n v erhouding m et H om staan en dat Hy ons in sy diens neem in plaas daarvan dat ons H orn gebruik.
D ie ou en m o d ern e m anier om aan sp raak op G od se steun in ’n p o iitiek e of ideologiese stryd te m aak, b e h o o rt gevolglik as godslastering veroordeel te w ord, w ant die w are karak ter van die verhouding tussen G od en m ens w ord daarm ee ver- draai. D ie verhouding tussen G od en m ens is onafhanklik van die aard en inhoud van die aanspraak. D it sluit die etiese kw aliteite van die aansprake m aak, in. D ie analogie-m odel is foutief vanwee die eiem atige identifikasie van G od m et menslike begrippe en intensies. O m G od nog as die G anz Andere selfs op hierdie m anier te p ro b e e r b e p e rk , b e te k e n om ’n m enslike afgod te skep. N iem an d kan te e n o o r C hristelike opponente m et ’n bero ep op die O u T estam ent die aanspraak m aak dat G od aan sy k an t is o f teen die o p p o n en te gekant is nie, w ant G o d la a t nie toe dat enige ‘beginsel’ H om inperk nie. G een ideologiese o f etiese ‘b eeld ’ pas uiteindelik op H o m nie. O m dft in te sien en sodoende die maiestas D ei te resp ek teer, is die enigste korrekte menslike houding.
D ie ideologiese en poiitieke diskussie binne die Christelike kerke is beslis nodig en kan ook v rugbaar w ees. O ns m oet e g ter onthou d a t ons volgens m enslike ver- m oëns m et m ek aa r d e b a tte e r - ook en veral m et die Bybel in die hand. D it is nie m oontlik om enige beginsels of ideologieë oor G od o f sy ‘openbaring’ af te lei nie.
Die O u T estam ent aanvaar in elk geval nie een van daardie abstraksies nie.
Literatuurverwysings
B alzer, H R 1987. Die U mwandlung gdttlicher u nd m enschlicher Verhaltnisse: Z u r S em a n tik der Verbindung des pi. der Wurzel dbr m it der Praposition cl im Alien Testament. M arburg; Diss. theol.
Biblia Hebraica Stuttgartensia 1961171. Stuttgart: D eutsche Bibelgesellschaft.
Boesak, A 1976. Farewell to innocence: A social-ethical study o f black theology and black power. Johannesburg; Ravan.
C ro a tto , J S 1981. Exodus: A herm eneutics o f freedom . N ew Y ork; M aryknoll.
(O rbis.)
D eist, F E 1987. H ow does a M arxist read th e Bible? in D e V illiers, P G R (ed).
Liberation Theology and the Bible, 15-30. P retoria; UNISA.
G aybba, B 1985. T he K airos document: A response. Grace and truth 6,181-193.
Heyns, J A 1978. D ogm atiek Pretoria; N G K erkboekhandel.
K asper, W 1986. D ie T heologie d e r B efreiung aus e u ro p a isc h e r P erspektive, in M etz, J B (H rsg), D ie Theologie der Befreiung: H o ffn u n g oder G efahr fiXr die
H TS 47/1 (1991) 211
God met ons!
Kirche?, 77-98. Dusseldorf: Patmos.
K onig, A 1975. H ier is E k ! Oor God. Gelowig Nagedink, deel 1. P reto ria: N G K erkboekhandel.
K unst, H 1979. Evangelischer Glaube und politische Verantwortung. Martin Luther als politischer Berater seiner Landesherm und seine Teilnahme an den Fragen des ojfentlichen Lebens. Stuttgart: Evangelisches Verlagswerk.
M otlhabi, M B G 1987. L iberation Theology: An introduction, in de Villiers, P G R (ed), Liberation Theology and the Bible, 1-14. Pretoria: UNISA.
Noth, M 1977. Das vierte Buch Mose Numeri. G ottingen: V andenhoek.
Nolan, A 1988. G od in South Africa: The challenge o f the gospel. Cape Town: David Philip.
N iirn b erg er, K 1985. M aarten L u th e r se politieke etiek teen die agtergrond van sy teologiese benadering. Potchefstroom: Instituut vir R eform atoriese Studies.
Ravasi, G 1984. O ld T estam ent political theology. ThD 31,3-7.
Schrey, H P 1969. Entideologisierung als hermeneutisches Problem. Tubingen: M ohr.
T errien, S 1978. The elusive presence: Toward a new biblical theology. San Francisco:
H arp er & Row.
The road to Damascus: Kairos and conversion 1989. Braam fontein: Skotaville.
Villa-Vicencio, C 1981. Israel: A n image o f captivity for contextual theology. Theo- logica Evangelica 14/2, 48-62.
V an d er W oude, A S 1973. W are en valse profetie in Israel, in Berkouw er, G C &
V an der W oude, A S, Wat is waarheid? Waarheid en verifikasie in Kerk en Theo- logie, 13-20. Kam pen: Kok.
Z u u rm o n d , R 1985. Challange to the church: The Kairos docum ent and co m m en taries. G eneva: W orld Council of Churches.
212 H TS f r / I (1991)