DIE TIPOLOGIE AS ’N METODE VAN UITLEG VAN DIE OU TESTAMENT
DS. A. P. B. BREYTENBACH
Die belangstelling in die herm eneutiek van die Ou Testam ent die afgelope p aar dekades h et ook ’n nuwe belangstelling gebring in die tipologie as ’n m oontlike w yse w aarop die Ou T estam ent uitgelê kan word. Die doal van hierdie w erkstuk is om kortliks in te gaan op die vraag of die tipologie of tipologiese eksegese wel ’n aanvaarbare en verantw oorde eksegetiese m etode is, veral dan natuu rlik m et betrekking to t die Ou Testam ent. Dit sou verw aand w ees indien daar nie aan die begin gesê word d at w at hier aangebied w ord, nie die oorspronklike w erk van die skryw er hiervan is nie, m aar wel die menings van verskillende geleerdes, veral W alter Eichrodt.1)
Aan die begin m oet ons eers vasstel w at met tipologie bedoel word. Alhoewel d aar baie uiteenlopende gedagtes hieroor be
staan sou ons tipologie wel die beste as volg kon definieer:
W anneer geskiedkundige feite (naam lik persone, handelinge, gebeurtenisse of instellings) as van God gegewe voorbeelde of tipes van komende, g ro ter en m eer volkome feite opgeneem word, dan h et ons tipologie.2)
Die w oord tipologie is afgelei van die Griekse w oord „tu p o s”.
Die w oord „tup os” het in die eerste plek ’n baie konkrete beteke
nis: W anneer ’n mens byvoorbeeld jou vinger byt, dan is die merk (afdruksel) w a t die tande m aak op die vel ’n „tu p o s” van die tande w at in dié geval dan die „antitupos” is. V erder ontw ikkel dit die betekenisse van „afd ruk ” of „afbeelding” (byvoorbeeld op munt) en „lompe gestalte” . Dit word ook m eer ab strak gebruik in die betekenis van „algem ene vorm ”, „m odel”, „tip e”, of „on- noukeurige uitbeelding” . In die Nuwe Testam ent kom die w oord veral in die m eer ab strak te betekenisse voor.
Ook die w oord (en begrip) „antitupos” kom in die Nuwe T estam ent voor (vgl. byvoorbeeld 1 Petrus 3 vs. 21).
Dit is belangrik om daarop te let dat die „tu p o s” en die
„antitupos” nie in besonderhede ooreenkom , soos byvoorbeeld die afdruk van ’n foto nie. Dit handel hier om min, m aar besonder belangrike analogië tussen tw ee groothede. Die besondere eien- skappe van die „tupos” en die „antitupos” is gewoonlik totaal 1) Vgl. die artikel van Eichrodt: „1st die typologische Exegese sachge-
másse Exegese?” in Problem e alttestam entlicher H erm eneutik, Band II van Theologische Biicherei.
2) R.G.G.
verskillend en w ord dan o ok heeltem al buite rekening gelaat.
W anneer die apostel dan byvoorbeeld in 1 P etrus 3 vs. 20 en 21 die gebeure by die sondvloed (as die „tu p o s”) en die gebeure by die doop (as die „an titup os”) m et m ekaar vergelyk, dan gaan dit daaroor dat God in albei gevalle „deur w ater heen” en belangriker nog „deur die dood heen”3) gered het en nog red. Dit gaan dus, soos hierbo gestel om min, m aar besonder belangrike analogieë,
Tipologie is iets heel anders as allegorie. Alhoewel ons soms tipologie aantref m et allegoriese trek k e en ook allegorie w aarin die tipologie m eespreek en alhoewel die grens tussen tipologie en allegorie in bepaalde gevalle soms moeilik getrek kan word, m oet daar tog tussen hierdie tw ee m etodes van uitleg onderskei word:
Allegorie soek gewoonlik na ’n geestelike betekenis, totaal los van die w erklike gebeure. Die heil is hier ’n tydlose iets, los van geskiedkundige gebeure. Die allegoriese uitleg se resultate kan dan gewoonlik ook nie teruggevind word in die teks w at uitgelê is nie. In die allegorie is kleiner besonderhede dikwels belangrik en dit word deur die eksegeet m et allerlei kunsgrepe só uitgelê d at dit inpas by ’n (vooraf) bepaalde betekenis w at aan die besondere gedeelte gegee wil word. Die beste voorbeeld van
’n allegorie is A ugustinus se uitleg van die gelykenis van die barm hartige Sam aritaan. Hiervolgens is „ ’n sekere m an” w at op pad is, die mens. Die row ers w at hom oorval is die duiwel en sy helpers w at die mens van die ewige lewe beroof. Die priester en Leviet w at verbygaan sonder om die man te help verteenw oordig vir A ugustinus die Ou Testam entiese priesterdom w at nie in staat w as om die gevalle mens te help nie. In die woord Sam aritaan hoor A ugustinus die H ebreeuse w oord „shám ar” w at „bew aar”
beteken. Omdat die Here ons B ew aarder is, is die Sam aritaan dan niem and anders as Jesus C hristus nie. Hy rig die gevalle mens w eer op. Die tw ee pennings is die sakram ente w at aan die kerk toevertrou is, ensovoorts.
Een van die belangrikste kenm erke van die allegorie is dat die resu ltaat van die uitleg totaal uitgelew er is aan die w illekeur van die eksegeet. D aarom is die allegorie vir die huidige hom ile
tiek nie net onaanvaarbaar nie, m aar ook gevaarlik selfs al kom dit ’n paar keer in die Nuwe T estam ent voor (byvoorbeeld G alasiërs 4 vs. 22-26, en ook M arkus 6 vs. 11-20, die uitleg van die gelykenis van die saaier.4) ).
3) Vgl. dr. A. van Selms, Genesis deel I, bis. 109.
4) Vgl. C. H. Dodd, The Parables of the Kingdom, bis. 2-4, 145-147.
Tipologie is egter iets heel anders. Hier gaan dit oor geskied- kundige fakta. Die tipologie sien in die geskiedkundige gebeure
’n afkondiging van die heenw ysing na die heilsgebeure van die nuwe tyd (aiön) deur God Self. In die tyd van die afw agting is daar sekere dinam iese gebeure (handelinge van God) w at in hoofsaak
„tipies” is van God se finale handelinge in die eindtyd. Ons vind die „tupos” as selfstandige gebeure in die tyd van die beloftes en die „antitu p os” in die tyd van die vervulling; vanuit laasge- noemde gesien h et die „tupos” in ’n sekere sin ’n voller en ryker betekenis.
TIPOLOGIE IN DIE BYBEL.
Die Ou Testament:
Alhoewel d aar verskil van mening is by geleerdes, is dit tog redelik seker d at die tipologie se w ortels teruggevind kan w ord in die Ou Testam ent: Die profete Hosea, Jerem ia, Esegiël en D eutero-Jesaja sien in die uittog uit Egipteland ’n „voor-beeld”
van kom ende gebeurtenisse. By die profeet Jesaja geld die g e stalte van Dawid en ook die Sionstradisie as „tipies” . W anneer D eutero-Jesaja oor die cEbed Jahw e praat, dan dien die figuur van Moses as voorbeeld. Dit w as veral die sogenaam de eskatolo
giese profete w at hulle eie om standighede en toekom s herken h et in die vroeë geskiedenisse van die volk Israel.
Die Nuwe Testament:
W anneer d aar in ag geneem word dat die Rabbyne by hul uitleg van ’n skrifgedeelte dit woordeliks, simbolies of tipologies gedoen het, dan verbaas dit ons geensins dat tipologie ook in die Nuwe T estam ent voorkom, veral by die apostel Paulus w at self
’n rabbynse opleiding gehad het nie.
Alle gevalle van tipologie in die Nuwe T estam ent sal nie afsonderlik nagegaan kan w ord nie aangesien só ’n ondernem ing die bestek van hierdie artikel ver sou oorskry. D aarom word slegs die grondtrekke daarvan kortliks aangedui:
Die tipologie is in die Nuwe Testam ent geen uitgew erkte metode van uitleg nie. D aar is selfs geen vaste term inologie om d it aan te dui nie. Dit blyk duidelik uit die feit d at byvoorbeeld die woorde „tu p os” en „antitupos” by verskillende skryw ers heel verskillend gebruik word. Eers by die kerkvaders (soos P astor H erm as) w ord die tipologie ’n vaste m etode van uitleg en selfs dán is daar nog geen vaste terminologie in dié verband nie.
D aar is by die skryw ers van die Nuwe T estam ent w el ’n gem eenskaplike „tipologiese visie” op die Ou Testam entiese gebeure. D it is naam lik dié benaderingswyse d at sekere geskied
kundige feite in die Ou Testam ent (veral dinam iese gebeure) beskou w ord as godgegewe voorbeelde van die g ro ter en m eer
volkome handelinge van God in hulie eie tyd in die persoon en w erk van Jesus C hristus. Die vooronderstelling w aarvan hulle uitgaan is dat die God van die Ou T estam ent die V ader van Jesus Christus is. Jesus van N asaret ís die Christus — dié Een w a t die Ou Testam entiese heilsgeskiedenis voleindig. Hiérin, (die feit dat dit dieselfde God is w at in die geskiedenisse van die Ou Testam ent gehandel en in Jesus C hristus beslissend opgetree het) lê vir die skryw ers van die Nuwe Testam ent die onlosmaak- like verband tussen die Ou Testam ent en hulle eie tyd. Daarom kon húlle w at in die nuw e aiön leef van geval to t geval in die heilsgeskiedenis van die Ou T estam ent „tupoi” van hulle eie heilstyd herken. Hulle h et C hristus (sonder om Hom in die Ou Testam ent „terug te vind” of „in te lees”) beter leer ken en verstaan in die handelinge van God m et die aartsvaders en Israel.
Die Nuwe Testam entiese heil w ord nie in die Ou T estam en
tiese „tupoi” ingedra nie; hulle wil in die eerste plek iets sê oor die tyd van die Nuwe T estam ent en nié oor die Ou T estam ent nie.
Ons m oet begryp d at die Ou Testam ent vir hulle nie n et ’n bewys o f handboek was nie, m aar ’n getuie van die heilsgeskiedenis w at in Christus voleindig is. Die gebeure van die Ou Testam ent was selfstandige gebeure w at vanuit die heilsgebeure rondom Jesus Christus ’n voller en ryker betekenis het.
Daar is egter ook vir hulle in hierdie tipologiese ooreenkom s en betrokkenheid tussen Ou- en Nuwe Testam ent (w at ons sou kon noem) ’n styging. Die tyd van die Nuwe T estam ent is die eindtyd; die volheid van die tyd, daarom is daar ’n styging en is die „antitupoi” in hierdie tyd m eer volkom e as die „tupoi” van vroeër (sonder om daarm ee te kenne te gee dat laasgenoemde onvolkome was). Veral by die apostel Paulus en ook in die brief aan die H ebreërs w ord die „tupos” en „antitupos” uitdruklik teenoor m ekaar gestel en die ooreenkom s, m aar ook die styging aangedui.
V erder is dit belangrik om daarop te le t dat die „antitupoi”
in die Nuwe T estam ent soms ’n positiew e voleinding van die
„tupoi” is. ’n Voorbeeld hiervan is die kindskap van Abraham en die belofte van ’n nageslag w at ’n positiewe voleinding vind in die gem eente van die Nuwe T estam ent as eiendomsvolk van God, In ander gevalle is d aar ’n antitetiese opheffing van die
„tupos” deur die „an titu p os”. V oorbeelde hiervan is Christus w at die „tweede A dam ” genoem w ord en die nuwe verbond w at gestel w ord teenoor die ou verbond by Sinai.
Met die sketsing van hierdie p aar algemene grondtrekke van die tipologie in die Nuwe T estam ent kom ons nou by die vraag:
Is die tipologie ’n toelaatbare herm eneutiese metode vir die huidige eksegetse van die Ou Testam ent?
In die eerste plek is bloot die feit dat tipologie in die Nuwe Testam ent voorkom geen argum ent om dit ook vir ons as ’n toelaatbare m etode in die w etenskaplike eksegese te ag nie.
Daar is baie ander dinge w at in die Nuwe T estam ent voorkom (byvoorbeeld die gedagte d at Dawid die digter van al die Psalms is) w at nie m eer aanvaarbaar is vir die w etenskaplike eksegeet nie. V erder is dit ook belangrik dat ons sal onthou d at die tipologie in die Nuwe T estam ent geen herm eneutiese m etode met vaste prinsipes is nie. As ons so ’n metode van uitleg wil „ont
w ikkel” sou ons die beginsels daarvan moeilik uit die Nuwe Testam ent kon aflei. D aarby beweeg die gevaar w at só wesenlik altyd op die agtergrond van ’n tipologiese m etode van uitleg resloos uitgelew er is aan die w illekeur van die eksegeet) ook altyd op die agtergrond van n ’ tipologiese m etode van uitleg soos ons dit byvoorbeeld by die kerkvaders aantref. Daarom kan ons die tipologie nie as ’n m etode uitw erk w aarm ee elke saak in die hele Ou T estam ent benader kan word nie.
Die tipologie kan egter wel ’n dienende rol speel by ons uitleg van die Ou Testam ent. Ons behoort dieselfde „tipologiese visie”
op die Ou T estam ent te hê as w at die skryw ers van die Nuwe Testam ent gehad het: Die God w at in die Ou T estam ent hande
lend optree is dieselfde God w at in die Nuwe T estam ent (en ook in ons eie lewens) handel. V anuit die nuwe aiön sal die self- standige gebeure van die Ou Testam ent ook vir ons ’n voller en ryker betekenis hê. Ook óns sal C hristus en die V ader beter leer ken w anneer ons die Ou Testam ent w eer goed gaan béstu- deer. Ons m oet dit egter doen sonder om C hristus op allerlei wyses in die Ou T estam ent „in te lees” of „terug te vind.” Dit is veral gevaarlik om persone in die Ou Testam ent as tipes van Christus te wil sien. Ons m oet in ons „tipologiese visie” die oog hê op die dinam iese gebeure in die Ou T estam ent en nie op persone nie.
Skryw er hiervan hoop en vertrou dat hierdie artikel ons w eer opnuut sal laat besef d at daar nie ’n kits-m etode is om elke teks in die Ou T estam ent mee te benader nie; m aar dat dit alleen deur grondige studie (en daarm ee bedoel ons van die H ebreeuse teks) moontlik is om hierdie deel van God se W oord verantw ooordelik uit te lê en toe te pas.