• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die vloek in die boek | LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die vloek in die boek | LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

24 TaalgenooT | herfs 2018 VLOEKSTORIE

Die vloek in die boek

SKRYWERS GESELS OOR DIE SWETSTAAL WAT HUL KARAKTERS GEBRUIK (OF NIE GEBRUIK NIE) EN WANNEER DIT GEREGVERDIG IS ...

S

ommige lesers sal nie eens ’n oog knip nie. Ander sal die boek toeklap. Daar word deesdae in boeke vryliker met ’n geswets omgegaan en daaroor is talle skrywers onboetvaardig. Dis nie

“opgevoed” is; hulle vloek net minder. “Dis interessant dat nie een van die lesers ’n woord gesê het oor die seksuele geweld wat my karakters aangedoen word nie. Wat my die indruk gee dat dit blykbaar oukei is om te lees dat ’n meisie ontvoer, gemartel en verkrag is, solank niemand net in die proses

‘f*k’ sê nie.

“Vloekwoorde is ’n maklike uitweg. Ek verkies dat my karakters sover moontlik eerder sê wat hulle regtig bedoel of voel. Vir my moet vloekwoorde funksioneel wees, anders verloor dit impak en

betekenis. ’n Karakter wat lostrek in

’n toneel is emosioneel, ontsteld of onder stres. ’n Karakter wat dwarsdeur ’n boek vloek, kan netso wel glad nie vloek nie, want jy lees later net bo-oor dit.

“Die truuk is om dit

geloofwaardig te hou. Om net ’n spul vloekwoorde in ’n speurder se dialoog te druk gaan dit nie op magiese wyse geloofwaardig maak nie, net soos wat ’n klomp slang nie skielik ’n tienerkarakter soos ’n regte tiener gaan laat klink nie.”

Fiktiewe funksionaliteit

“Nee, die skrywer mag nie in ’n boek vloek nie,” sê Hans du Plessis, skrywer van onder meer Die Griekwapsalms.

“Die karakters mag en die húlle wat vloek nie, is hul verweer,

dis hul karakters! Ander weerhou hulle weer van vuil taal; sommige nogal met moeite.

Die krimi-skrywer Henk Breytenbach meen ’n oormatige gevloek wek die indruk van

aandagtrekkery om opsetlik te skok.

“Daar is karakters wat soos matrose vloek vir

geloofwaardigheid,” sê hy.

“Ek ken ’n hele paar

polisiemanne wat vir seker nie gaan skreeu ‘O, gonna, vang daai kalant!’ nie. Nee, hul woordeskat gaan beslis ’n paar gepeperde vierletterwoorde insluit.

“Afhangende van die onderwerp en

agtergrond is dit seker moontlik om ’n boek te skryf sonder om te vloek soos ’n dominee wie se grassnyer gesteel is. ’n Skobbejak wat hom kniediep in moord en doodslag bevind, gaan nie ‘O, maggies’ sê nie.

Maar dit hang ook van genre en die teikengehoor af. Ek dink ook nie dit het dieselfde impak om die

vloekwoord in die dialoog te vervang met ‘Pietie los ’n

kragwoord’ nie. Dis nie onmiddellik genoeg nie.”

Hoewel lesers die misdaadskrywer Martin Steyn al bedank het omdat sy karakters nie vloek nie, sê hy dis eintlik ’n mite dat hulle so

(2)

25 herfs 2018 | TaalgenooT

verteller mag omdat vloek deel van die werklikheid is wat ’n skrywer wil weergee. Die vraag is daarom nie of daar in ’n boek gevloek mag word nie, maar of die vloek sit waar hy hoort; die boek goed of sleg geskryf is; of die karakters geloofwaardig vloek; en of die situasie in die fiktiewe wêreld van die boek daarna vra.

“Die probleem lê in die werklikheid en in die skrywer se interpretasie van die werklikheid. ’n Dominee vloek normaalweg nie van die preekstoel af nie en ’n robuuste losvoorspeler preek nie oor vergifnis in ’n woeste losskrum nie. Met ander woorde, daar kan, en is, goeie boeke sonder ’n enkele vloekwoord en daar is vrot boeke met vloekwoorde. Om te vloek of nie is nie die vraag nie.

Die vraag is of die fiktiewe wêreld wat die skrywer teken die leser van

’n werklikheid kan oortuig.”

Veel meer vloek!

“Daar kom beslis meer vloekwoorde in die letterkunde voor as wat vroeër die geval was,” sê prof. Willie Burger, professor in Afrikaanse literatuur, media- en kultuurstudie aan die Universiteit van Pretoria. Hy is al in hierdie verband deur ’n moedelose skoolbibliotekaresse gekontak wat kinders aan die lees wil kry, maar sodra daar ’n vloekwoord in ’n boek voorkom, eis ouers dat die boek uit die skoolbiblioteek verwyder word.

Prof. Willie sê dis ’n realiteit dat taalgebruik nie net in die

letterkunde verander het nie, maar ook in die daaglikse omgang. Die norme het op verskeie gebiede verskuif, en dit geld dus nie net vir die letterkunde nie.

“Ons leef in ’n wêreld waar meer vloekwoorde as vroeër gebruik word.”

Voorbeelde van boeke waarin baie gevloek word, is Triomf van Marlene

van Niekerk en Duiwelskloof van André P. Brink. Vloektaal kom nie in al Deon Meyer se boeke, soos byvoorbeeld Koors voor nie, terwyl daar waarskynlik die meeste in Infanta gevloek word. “Dit gaan weereens alles terug na realisme,”

verduidelik hy.

Die skrywer Chanette Paul stem daarmee saam. “Fiksie weerspieël die werklikheid en die werklikheid is allesbehalwe vloekvry,” sê sy.

“Sommige karakters sal heeltemal onnatuurlik voorkom as hulle nie sou swets nie. Dis wel vir my geweldig irriterend as karakters deur die bank vloek of almal eners vloek.

“Soos met enige ander eienskap, maniërisme of uitstaande kenmerk wat ’n karakter maak wie hy of sy is, behoort vloek karakteriserend – dus eiesoortig – aan daardie karakter te wees, anders is dit nie funksioneel nie. En alles in ’n storie of boek behoort die een of ander doel te hê; vloekwoorde ook.”

Maar, waarsku Chanette,

“daar is vloek én vloek”. “As keurder lig ek skrywers in dat godslastering fel kritiek by lesers kan ontlok, maar as dit funksioneel is, laat ek dit aan die skrywer oor of hy/sy bereid is om daardie soort kritiek te verduur. Dis hul storie, hul karakters en hulle wat die kritiek moet verduur.

“Uiteindelik gaan dit dus nie daaroor of daar gevloek word of nie, maar oor hoe funksioneel of

karakteriserend dit is as daar wel gevloek word.”

Vir Karin Behrens, wat die Facebookblad Lekkerlees Boekrak bestuur, hang dit ook van die konteks en die karakter af.

“Dit moet egter nie in oormaat gebruik word nie,” sê sy. “Ek het boeke gelees waar die gevloekery selfs binne konteks te erg was. Dit is moontlik om misdaad te skryf sonder vreeslike vloekwoorde –

Martin Steyn kry dit reg. Waarvan ek glad nie hou nie, is die ydellike gebruik van die Here se naam.”

Dia van Staden, boekresensent en organiseerder van leesfeeste, glo sedert haar skooldae vloek is ’n aanduiding van ’n beperkte

woordeskat. Oor hoe geregverdig dit is om in konteks te vloek sê sy: “Ek gaan myself in die ‘regte lewe’ nie uit keuse met sulke mense omring nie.

Dus vermy ek ook dié boeke en karakters.

“Ek kry soms die idee dat Afrikaners in die gemaksone verval van ‘dis hoe dit in die regte lewe werk’. As jy dit skryf, keur jy dit goed en vuur jy dit aan. Verkoop dit meer boeke? Ek twyfel.”

DEUR: CARLA VAN DER SPUY ILLLUSTRASIES: MIEKE

VAN DER MERWE

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie studie gaan nie probeer om so iets vas te stel nie, maar eerder om te kyk of die moontlikheid dalk bestaan dat daar ’n baie fyn, goue draadjie deur die Ou Testament loop met

Om die terminologie van die taalkundige De Sausure te gebruik, wat die verskynselle lang age verdee I in la langue en Ia parole: dit gaan hier nie so- seer om la parole nie, dit is die

Volgens hierdie benadering dui die hele historiese konteks van Jesaja 7: 14 daarop dat dit om ’n kind gaan wat in die tyd van Agas self gebore sou word.. Die vorm waarin hierdie vers

Dit is veral hierdie twee afdelings wat, net soos in die voorafgaande bundel, Aves, ’n noemenswaardige bydrae lewer tot die taalskat van die Afrikaanse poësie deur die sistematiese

Beertjie word nou, in 2006, nie net gelees deur ouer lesers wat be- wus sal wees van die verskil wat hierdie nuwe bril maak nie, maar ook deur jonger lesers vir wie dit nie ’n bril is

Indien dit die geval is, is dit ’n verdere illustrasie van die karaktertrek “hou nie van ‘die Jode’ nie.” Aan die einde van hierdie toneel lyk die lysie van karaktertrekke wat die

As antwoord op die vraag hoe Barth die storie vertel, sal ’n mens dus eintlik nie in sy dogmatiek moet gaan kyk nie, maar in sy eie prediking en in die prediking van andere, wat hy

“Dit het nie vir my gewerk om by die hoofstroom ingesleep te word weens kulturele purisme, ’n kulturele agenda en politieke korrektheid nie.” Einste Afrikaanse hoofstroom se ongemak is