INLEIDING:
Die Nasionale Kredietwet is ingestel deur die regering om die pligte en regte van die kredietgewer (iemand of ’n onderneming wat krediet verskaf aan iemand anders of ’n ander onderneming) en die kredietaansoeker of verbruiker (in die geval die persoon of onderneming wat die geld wil leen) uit te lig.
INHOUD:
Wat die wet behels:
* Die wet is daar om ’n kredietmark te ontwikkel wat vir die hele Suid-Afrika toeganklik is.
* Dit bevorder gelykheid in die kredietmark. (meer toeganklik)
* Dis daar om verantwoordelike lenings, vermyding van oorbodige skuld en nakoming van finansiële verpligtinge aan te moedig.
* Die wet spreek wanbalanse in die ondernemingsmark tussen verbruikers en kredietgewers aan en stel hierdie wanbalanse reg.
* Ontmoedig roekelose kredietverlening en kontrakbreuk deur verbruikers.
Regte van kredietgewers (besigheid):
* Kan ’n dagvaarding uitreik en aansoek doen om ’n vonnis teen die verbruiker.
* Die verbruiker moet die kredietgewer in kennis stel van enige veranderinge in verband met:
● Die verbruiker se woon- of sakeadres.
● Die adres waar goedere gestoor word.
● Die naam en adres van enige ander persoon aan wie besit van die goedere oorgedra is.
* As daar nie skuldhersieningsaansoek gedoen is nie, kan die kredietgewer regstappe teen die verbruiker neem, mits:
● Die verbruiker vir minstens 20 dae in verstrek gebly het (nie betaal het nie).
● Die kredietgewer minstens 10 dae skriftelike kennis, per geregistreerde pos, aan die verbruiker gegee het.
● Die verbruiker nie daarop gereageer het nie.
Regte van kredietaansoeker (verbruiker) :
* Die reg op ’n afskrif van die kredietooreenkoms.
* Die reg op beskerming teen onbillike diskriminasie.
* Die reg op redes waarom krediet geweier is.
* Die reg op inligting in ’n amptelike landstaal (bv. jou eie taal).
* Die reg op inligting in gewone en verstaanbare taal (bv. nie regsterme nie).
* Die reg om kredietrekords en –inligting na te gaan.
Remedies (regshulp):
* Die Nasionale Kredietwet verleen beskerming aan verbruikers, bv:
● Die kredietooreenkoms mag geen onregmatige bepalings bevat nie.
● Die verbruiker is geregtig om aansoek te doen vir skuldhersiening (debt review).
● Die kredietgewer is nie geregtig op regshulp terwyl die verbruiker onder skuldhersiening is nie.
* ’n Kredietgewer kan ’n dagvaarding uitreik en aansoek doen om vonnis teen
die verbruiker.
Impak op die aankoopfunksie:
* Streng kredietverleningsmaatreëls het veroorsaak dat daar minder krediet beskikbaar is.
* Die aankoopfunksie kan nie meer verwag of aanneem dat krediet toegestaan gaan word nie.
* Die aankoopfunksie, sowel as die finansiële funksie, moet seker maak dat daar genoeg kontant vir die nodige aankope beskikbaar is.
SLOT:
Krediet kan ’n euwel wees, maar na die bespreking van die Nasionale Kredietwet, weet ons nou dat daar maatreëls in plek gestel is om krediethandel te beheer en te reguleer.