• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die effek van Bt-toksiene op die lengte en morfologiese ontwikkeling van Xenopus laevis paddavissies

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die effek van Bt-toksiene op die lengte en morfologiese ontwikkeling van Xenopus laevis paddavissies"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.296 Referaatopsomming

Die effek van Bt-toksiene op die lengte en morfologiese ontwikkeling van Xenopus laevis paddavissies

Authors:

J.L. Zaayman1 Louis du Preez1 Johnie van den Berg1 Affiliations:

1School of Environmental Sciences and Development, North-West University, South Africa

Correspondence to:

J. Zaayman Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Zaayman, J.L., Du Preez, L.

& Van den Berg, J., 2012,

‘Die effek van Bt-toksiene op die lengte en morfologiese ontwikkeling van Xenopus laevis paddavissies’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #296 296, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v31i1.296 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

The effect of the Bt-toxin on the development of Xenopus laevis tadpoles. This study evaluates the possible effect of exposure to Bt maize on morphological development of Xenopus laevis tadpoles. Both experiments showed no significant difference in morphological development according to the Nieuwkoop en Faber normal table of development.

Geneties gemodifiseerde mielies word wyd in Suid-Afrika geplant en druk die Bt-toksien Cry1Ab (Bt-mielies) uit. Oesreste van Bt-mielies eindig dikwels in akwatiese ekostelsels op waar akwatiese organismes aan die Cry1Ab toksien blootgestel word. Die effek van hierdie toksien op nie-teiken akwatiese organismes is nog nie in Suid-Afrika bestudeer nie. Die doel van die studie was om die moontlike effek van blootstelling aan Cry 1Ab op die lengte en morfologiese ontwikkeling van Xenopus laevis paddavissies, Gewone platanna, te evalueer. Die spesie word algemeen gebruik as ‘n eksperimentele organisme vir laer gewerwelde diere. Twee eksperimente is onder gekontroleerde toestande in glas akwariums uitgevoer. Elke herhaling (glas akwarium) het 50 dag-oue paddavissies bevat. Die eksperimentele ontwerp het uit 18 glas akwariums bestaan waar nege van die akwariums elke tweede dag verpoeierde Bt-mielieblare in suspensie en die ander nege nie-Bt mielieblare in suspensie ontvang het. Heel mielieblare was aan die onderkant van elke akwarium geplaas en deur ‘n glas raam onder die water gehou. Die kontrole- en eksperimentele groep was onderverdeel in drie groepe wat onderskeidelik 15 g, 30 g en 45 g mielieblare op die bodem gehad het. In die eerste eksperiment was die paddavissies aan die Bt-toksien wat uit die blare geloog het blootgestel, terwyl die filtervoedende paddavissies aanvullende voedsel in die vorm van verpoeierde mielieblare in suspensie ontvang het. In die tweede eksperiment, wat ses keer herhaal is, het die paddavissies net verpoeierde Bt- en nie-Bt mielieblare onderskeidelik in suspensie ontvang. Op ‘n weeklikse basis is 10 paddavissies lukraak gekies, gemeet en die vlak van morfologiese ontwikkeling met behulp van die Nieuwkoop en Faber Normale Tabel bepaal.

In beide eksperimente was daar geen beduidende verskille in die lengte (gemeet in mm) of morfologiese ontwikkeling nie. Die protokol wat ontwikkel is tydens hierdie studie kan gebruik word in toekomstige navorsing wat die effek van Bt-mielies op paddaspesies bestudeer.

Referensi

Dokumen terkait

Die bewussyn vir die vele moontlikhede tot opbou van die gemeente wat rondom gemeentesang as vorm van geloofskommunikasie bestaan, behoort dus doelbewus uitgebou te word sodat elkeen

Die materialistiese siening stel voor dat mense uit niemenslike primate ontwikkel het deur die proses van natuurlike seleksie, terwyl die metafi siese siening suggereer dat mense deur

Hierdie behoefte het daartoe gelei dat personeellede ‘n reeks byeenkomste gereël het met die tema “Die universiteit in gesprek met die gemeenskap”.316 In 1979 het die Vaalrivier-tak ‘n

Generaal Sir Evelyn Wood het beweer dat die Boere aileen goed was om beeste aan te jaag en swartes te skiet, terwyl 'n ander Britse offisier gereken het dat alhoewel baie van die Boere

Dit word tans toegepas en verfyn deur die Ekumeniese Vereniging vir die bevordering van die prediking, wat sy setel in Heidelberg het en oor ’n preekbank van meer as 20 000 preke uit

beskryf is, melaatsheid kon wees, is waarskynlik foutief.23 Noukeurige bestudering van mummies uit die Faraoniese tydperk toon geen tekens van melaatsheid nie, maar indien melaatsheid

’n Geïntegreerde besluitnemingsboom wat uit die data saamgestel is, het aangetoon dat hoogte bo seevlak, temperatuur en waterliggame die belangrikste van die ondersoekte faktore is

betref, word daar, op grond van die genoemde basiese onderskeid tussen vergelyking in breë sin en metafoor, in die eerste plek tussen gelykenis aan die een kant en allegorie aan die