• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ester. Kerneels Breytenbach. Pretoria

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ester. Kerneels Breytenbach. Pretoria"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

215 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 53 (2) • 2016

Ester.

Kerneels Breytenbach. Pretoria:

Human & Rousseau, 2014. 335 pp.

ISBN 9780798167956 0798167955.

DOI: http://dx.doi.org/10.17159/tvl.v53i2.26

Kerneels Breytenbach het reeds bekend- heid verwerf met sy kortverhaalbundel Morsdood van die honger (1992) en die romans Glimlag (1993) en Piekniek by Hangklip (2011). Ester bevestig sy status as indrukwekkende skrywer. Die basiese ge- gewe van die roman is soos volg: Tydens 1940 ontmoet ‘n Duitse spioen, mevrou Thyra Denk, die destydse Volksraadslid vir Piketberg en latere Eerste Minister van Suid-Afrika, doktor D.F. Malan, in Kaap- stad. Tydens hul gesprek lig sy hom in oor Duitsland (op daardie stadium nog op die wenpad teen die Geallieerde Magte) se planne met Suider-Afrika ná afloop van die oorlog: Suid-Afrika sou toegelaat word om die destydse Betsjoeanaland en Rhodesië in te lyf, maar sy versoek Malan dat hy (en generaal Hertzog) die Unie se neutraliteit in die oorlog moet bepleit.

Ses jaar later word hierdie kwessie in die Volksraad opgehaal en die gevolg is die aanstel van ‘n Gekose Komitee wat die ontmoeting moet ondersoek. Sou Malan skuldig bevind word aan heulery met die vyand, was dit natuurlik hoogverraad en was sy loopbaan daarmee heen. Een van die subtemas in die roman kom hier na vore: wat sou gebeur het as Malan skuldig bevind is en hoe sou Suid-Afrika daarna daar uitgesien het?

Adjudant-offisier Dieter Bergman, stasiebevelvoerder op Piet Retief, word die opdrag gegee om saam met twee

konstabels mevrou Denk op haar plaas in die destydse Suidwes-Afrika te gaan haal en haar per trein te begelei na Kaap- stad, waar die Gekose Komitee haar sal ondervra oor die ontmoeting met Malan.

Die besonderhede van die drie dae lange treinrit vorm dan die kern van die roman.

Bergman swig vinnig voor die skone mevrou Denk se sjarme en ’n intense verhouding ontstaan.

Daar is egter nog ’n persoon op die trein wat geïnteresseerd is om met me- vrou Denk te praat: die jong juris Willa Doerkstra, wat vanuit die Malan-kamp opdrag het om seker te maak dat haar getuienis sal strook met dié van Malan.

Ook Doerkstra raak smoorverlief op en besete deur mevrou Denk.

Die reis ontvou in besonderhede en getuig van uiters deeglike navorsing deur die skrywer oor verskeie aspekte van die spoorweë van die veertigerjare. Die leser kry stuk-stuk inligting oor Bergman se agtergrond, asook oor dié van mevrou Denk wat ses droë jare op die plaas moes sit. ’n Reeks kleurryke karakters bevolk voorts die trein: die drywer, Jurie Kimber- ley, sy stokers Daveltjie en Barkies en, les bes, die legendariese Hendrik Susan en sy orkes en die ewe legendariese sanger Chris Blignaut.

’n Reeks vrae ontstaan vroeg in die roman by die leser: wie is die vertelin- stansie? Wat is werklik gesê tydens die ontmoeting tussen mevrou Denk en Malan? En is mevrou Denk wie sy sê sy is? Om hierdie vrae te beantwoord in ’n resensie, sal die leesplesier bederf.

Die verteller word briljant verhul; hy wys by wyse van spreke hier en daar sy

(2)

216 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 53 (2) • 2016

gesig deur ’n verskeidenheid vertel- en fokaliseringspunte wat afwisselend en diep ingaan op verskeie van die karakters se binnelewens, maar word eers vanaf bladsy 298 heeltemal onthul. Wanneer die leser besef wie die instansie is, word hy/sy gedwing om die teks weer te lees en te sien hoe slim die gegewe vertolk en gekonstrueer is. Om hier weg te gee wie dié instansie is, sou ook ’n sonde wees.

Opkomende Afrikanernasionalisme word, in die persoon van Doerkstra, vergelyk met die opkoms van Duitse Nasionaal-Sosialisme, vergestalt deur mevrou Denk, en talle onthutsende oor- eenkomste word aangedui.

Die tema van begeerte staan sentraal in die teks. Bergman, ’n oujongkêrel, besef vir die eerste keer die krag van wel- lus en liggaamlikheid. Doerkstra word eweneens lewenslank oorweldig deur sy begeerte vir die Duitse spioen wat talle ooreenkomste met die rolprent-ikoon Marlene Dietrich toon.

In samehang met ’n spannende plotkomposisie tref die boek se digge- weefde, liriese styl wat dikwels ironies en spottend en ook selfironiserend en uiters sensueel is. Breytenbach beskryf die intieme ruimtes van liggaam en gees asook die landskappe buite die trein met fyn waarnemingsvermoë. Die volgende twee aanhalings sal deug as voorbeelde van en lusmakers vir hierdie styl:

“[AO Bergman] moet sorg dat die regering se ster-getuie veilig in die Kaap aankom sonder dat Malan se mense met haar lol of op sinistere manier haar geheue besoedel. Niks hoef aan hom verduidelik te word oor die nar in die vi-

sier nie, ’n hangery hoef nie geregverdig te word nie, hoogverraad hoef nie aan hom uitgewys te word in die statute van halsmisdade nie — hy beweeg reeds aan, getransformeer, vlerke aan die voete, sy strydwa wat vlamme in die lug brand, ’n krans skitterliggies wat hy in sy lugbaan agterna sprinkel, die engele daarbowe wat sy pad oopblaas na Mecklenburg, die plaas van die Denk-dinastie noordoos van Windhoek, waar hy en sy twee kon- stabels op die oggend van 31 Mei arriveer in ’n bruin Chevrolet Fleetline, eiendom van die Staat.” (19)

“Die trein sidder, soos gebruiklik wanneer Jurie Kimberley die drywer is.

Nie vir ons meester van die ysterperd rukkende trokke en passasiers met seer nekke nie, nee, hy streel sy instrumente met die hand van ’n virtuoos en kry hulle met ’n kwalik waarneembare siddering onderweg. Is maklik, sal hy verduidelik wanneer wie ook al hom daaroor uitvra, die spore het heeldag in die son lê en bak, en het nog genoeg hitte in hulle oor om die trein se wiele dadelik greep te gee.

‘QED,’ sal hy sy wiskunde-onderwyser op skool aanhaal. ‘Kwad erat domastran- toem’ (95).

Ester is uiteindelik ’n fassinerende mengsel van feit en fiksie (wat presies feit is en wat fiksie, is ‘n heerlike onderwerp vir ’n stuk navorsing) en gee ’n blik op verskeie manifestasies van begeerte be- treffende die liggaam en magspolitiek.

Dit is myns insiens Kerneels Breytenbach se sterkste werk tot dusver en die leser kan net met Hettie Scholtz se woorde op die voorblad saamstem: “Wat ’n plesier:

Wat ’n leeservaring. Wat ’n plot!”

(3)

217 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 53 (2) • 2016

Henning Pieterse [email protected] Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Referensi

Dokumen terkait

Tradisionele metafisiese taal oor Jesus se dood aan die kruis in terme van ’n God wat van daar buite af ingegryp het om die wêreld met Homself te versoen sal vertaal moet word in ’n

Die werklikhede van die antroposeen, daarenteen, sal van die samelewing, handelende deur sy maatskaplike instellings, verwag om nie steeds verblind te word deur ideologiese

Die openbare beskermer tree nie net in belang van die individu op nie, maar ook in die belang van die regering, deurdat, indien die owerheid toegelaat word om bandeloos op te tree daar

Daar word geargumenteer dat alhoewel Xhosavroue nie direkte besluitnemingsreg het wat die inisiasie van seuns betref nie, hulle tog binne die grense wat die patriargale sisteem aan

Met verwysing na Hauerwas se teorie oor morele vorming, sê Burger dat karakter nie in die eerste plek deur die rasionele oordrag van kennis gevorm word nie, maar deur sosialisering en

Jeug- herinneringe van Suid-Afrikaanse skrywers is die resultaat van ’n uitnodiging deur die same- stellers aan gepubliseerde skrywers om ’n kort teks te skryf oor die wêreld van hulle

Die liefdelose wyse waarop hy behandel word wanneer Lisa van Graan hom en Poppie wegjaag, laat Seele aan die bestaan van God twyfel en plaas hom voor ’n teologiese probleem: Hoe kan

Maar dat Kannemeyer met Leroux die mens, sy skryf- werk en met die gedagte om ’n biografie oor hom te skryf ’n lang en hegte verbintenis gehad het, word meer as duidelik in hierdie