• Tidak ada hasil yang ditemukan

’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die gebruik van ’n puntestelsel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die gebruik van ’n puntestelsel"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.841 Referaatopsomming

’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die

gebruik van ’n puntestelsel

Authors:

P. Maharaj1 C. Huyser1 Affiliations:

1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, Steve Biko Academic Hospital, Pretoria, South Africa

Correspondence to:

P. Maharaj Email:

prashan.maharaj@gauteng.

gov.za Postal address:

Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa How to cite this abstract:

Maharaj, P. & Huyser, C., 2013, ‘’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die gebruik van ’n puntestelsel’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#841, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.841 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

An evaluation of embryo characteristic score to select the most favorable embryo for transfer.

The need for establishing a greater knowledge of embryo quality variables is needed. Thus constructing reliable scoring systems is becoming increasingly more evident. This may result in selection of the appropriate embryo and reducing the number of embryos transferred.

Inleiding

Sukses gedurende geassisteerde reproduktiewe (AR) behandeling word bepaal deur kliniese inplantasie van ’n embrio, wat verseker dat ’n swangerskap lei tot die geboorte van ’n lewende en gesonde nageslag. Verskeie kliniese en nie-kliniese veranderlikes, byvoorbeeld:

pasiënt ouderdom, etiologie van infertiliteit, ovulasie induksie protokols en embrio kwaliteit sal bogenoemde beïnvloed.

Doel

’n Puntetoekenning-sisteem, gebaseer op gameet en embrio digitale beelde, wat op spesifieke tye geneem is, is gedurende die studie ontwerp. Die puntetoekenning sisteem sal: (1) geskikte seleksie van embrio oorplasing fasiliteer, (2) reduksie van veelvuldige geboortes deur aanpassing van oorplasings getal volgens embrio kwaliteit, (3) verbeterde bepaling van embrio oorplasing dag, asook (4) verbeterde seleksie van embrios wat gekriopreserveer moet word.

Metode

In hierdie retrospektiewe studie word ’n totaal van 423 sigote van 92 AR siklusse tans bestudeer.

’n Octax Eyewere imaging sisteem gekoppel aan ’n Zeiss Axiovert 200 mikroskoop is gebruik om digitale beelde van sigote en embrios te neem vir retrospektiewe evalueering. Normale bevrugting word gekenmerk deur die teenwoordigheid van twee duidelik onderskeibare pre- kerne. Sigote met normale bevrugting word ge-evalueer en gegradeer volgens: (1) morfologiese eienskappe van pre-kerne, (2) eienskappe van delings stadiums, en (3) blastosist vorming en kwaliteit. ’n Logistieke regressie model sal geformuleer word om te bepaal watter embrios geskik is vir oorplasing en die optimale dag vir oorplasing. Sodoende sal embrio seleksie verbeter word.

Bespreking

’n Embrio wat in ’n vroeë ontwikkelingstadium ’n goeie prognose toon het ’n goeie delingstempo, asook blastosist vorming tot gevolg. Verskeie studies het reeds getoon dat seleksie van die beste embrio vir oorplasing, die kanse van ’n positiewe swangerskap grootliks verhoog. Dus is die seleksie van embrios met die hoogste inplantasie potensiaal voor embrio terugplasing,

’n integrale deel van AR. Seleksie vir die terugplasing van enkele embrios, sal ook veelvuldige swangerskappe voorkom.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Die jongste wetlike omskrywing van •n verbeteringskool is soos volg: "•n Verbeteringskool is •n skool wat deur die Minister van Nasionale Opvoeding opgerig word vir die opname~

Tussen A1 en A2 van die korpus is daar ʼn beduidende toename in die gebruik van setselstukke met deur saam met dinamiese prosesse, gevolg deur ʼn beduidende afname in gebruik tussen A2 en

Een van die funksies van die literêre adviseurs in hierdie vertaling was om die poëtiese eienskappe van die Psalms te ontleed aan die hand van die inligting verskaf deur die

Die gevolgtrekking is gemaak dat onderwysers se kennis en begrip van ’n filosofiese raamwerk vir tegnologie as grondslag dien vir bepaalde keuses wat hulle moet uitoefen in terme van

SATNT / SAJST 2022; 411 139 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Ontwikkeling van ‘n model vir die voorspelling van kweekhuisgasvrystellings vir Suid-Afrikaanse bedrywe

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1210 Referaatopsomming Page 2 of 2 Die duik wat na die tweede piek verskyn, toon dat die dissosiasiereaksie van die kaliumsout wel ’n

Hiperspektrale satellietdata van die Hyperion-sensor op NASA se EO 1-platform sal gebruik word vir die ruimtelike modellering van stikstof- en vogkonsentrasies, terwyl

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.848 Referaatopsomming Histologie as ’n biomerker om die effek van besoedeling op twee visspesies in die Hartbeespoortdam te bestudeer: