• Tidak ada hasil yang ditemukan

interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 137 Open Access Bladsy 1 van 1 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Die manipulasie van goud(I)-interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande

The manipulation of aurophilic interactions by altering phosphorous-based ligand systems: The aurophilic interaction between gold metal centres is a phenomenon studied over a long time. By using bis(diphenylphosphine)amine ligand systems with various steric substituents on the nitrogen atom, the possibility of manipulating the gold-gold distances (thus gold-gold interaction) arise. Subsequent luminescence results show a trend between the interaction distance and the luminescence of these complexes.

Die interaksie tussen twee goud(I)-metale in ’n dimeertipe metaalkompleks is ’n onderwerp wat al oor baie jare ondersoek is. Die belangstelling in die veld het verdwyn maar onlangs weer opgevlam. Die natuurlike neiging van goud(I)-komplekse is om ’n liniêre verbinding met organiese ligandsisteme en haliede te vorm. Die dimeervorming met behulp van bidentaatligande het die Au-Au-interaksie onder almal se aandag gebring. ’n Poging om die Au-Au-afstand te vergroot deur die variasie in ligandsisteme te manipuleer, het gefaal en die afstand het dieselfde gebly ten spyte van die groter steriese effek; hiermee is die interaksie tussen die Au-Au-atome bevestig. ’n Wye reeks komplekse is vergelyk en daar is tot die slotsom gekom dat ’n Au-Au-afstand vir hierdie tipe interaksies, tussen 2.5 Å en 3.5 Å is. Hierdie interaksie kan op drie verskillende wyses geklassifi seer word, naamlik (1) vrye interaksie, (2) semi-geslote interaksie en (3) geslote interaksie. ’n Vrye interaksie is wanneer die Au(I)-atome van verskillende komplekse na mekaar toe aangetrek word as gevolg van die interaksies. Semi-geslote interaksies vind plaas wanner twee Au(I)-atome aan een bidentaatligandsisteem gekoppel is. In ’n geslote interaksie is daar twee Au(I)-atome aan twee bidentaatligande gekoppel om ’n sikliese kompleks te vorm. Die gebruik van fosforgebaseerde bidentaatligandsisteme met ’n stikstof as ’n brug tussen die fosforatome (PNP) het ’n populêre ligand geword, veral in die katalitiese navorsingsveld. Deur die organiese substituent te varieer kan die P-N-P-hoek van die ligand gemanipuleer word. Die steriese invloed van die N-substituent forseer die fosforgebonde fenielringe om ’n kleiner P-N-P-hoek te vorm. Deur hierdie twee boustene te gebruik, kan ’n mens poog om die eienskappe van ’n kompleks te manipuleer om sodoende ’n maatstaf vir die interaksie te skep. Die sintese van ’n reeks P-N-P- ligande met ’n variasie van steriese groepe op die stikstofatoom, lei tot verskeie P-N-P-hoeke.

Deur twee goudatome aan die bidentaatligandsisteme te koppel, vorm ’n agt-atoom sikliese struktuur met geslote Au-Au-interaksies. Die verwagting is om ’n verandering in die Au- Au-afstand te sien soos die steriese effek op die stikstofatoom gevarieer word. Met hierdie inligting kan ’n potensiële korrelasie tussen die verskeie steriese effekte gevorm word. Om die Au-Au-interaksies beter te verstaan, word die luminessensie van al die gesintetiseerde komplekse getoets. Hierdie studie is dus daarop gemik om van verskeie metodes te gebruik om

’n korrelasie tussen die steriese effek van die ligand, die Au-Au-afstand asook die intensiteit van die luminessensie te verkry.

Outeurs:

Christo van Staden HG Visser M SchuƩ e-Smith Affi liasie:

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, 9300

Korresponderende outeur:

Christo van Staden E-pos:

[email protected] Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Christo van Staden, HG Visser, M SchuƩ e- Smith, Die manipulasie van goud(I)-interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.834 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Referensi

Dokumen terkait

Sodoende poog die studie om ʼn bydrae te lewer tot die herstel van die problematiese praksis waarin kerke meermale in gebreke bly om as verteenwoordigers van God in die samelewing op te

Hawens in genoemde lande kan ook gebruik word om militere toerusting insluitende pantsertuig af te laai vir gebruik deur die vyande van Suid-Afrika teen die land.85 Indien daar

Die twee slotstrofes van die gedig suggereer ’n fyn balans tussen die gedagte aan die mens as ’n wese waarin alle evolusionêre stadia verenig is, en die moontlikheid dat die mens juis

5.2 Metingsinstrument Vraelys-ontwerp Die vraelys vir hierdie fase van die navorsingsprojek is ontwerp deur gebruik te maak van die sogenaamde geslote vraagformaat daar was twee vrae

DiE TEKSKRiTiESE BEnADERing vAn DiE 2020-vERTAling Die besluit van die vertalers om die Masoretiese Teks as die basisteks vir die Nuwe Afrikaanse Bybel te gebruik, is goed gemotiveer,

Wanneer metafore gebruik word, moet daar altyd na die “wortelmetafoor” gesoek word, maar ’n mens moet ook op die uitkyk wees na die elemente van die konteks wat nie deur die metaforiese

As skrywer van ’n roman word dit vir hom egter ’n uitdaging om hom in die skoene van Susan Nell te plaas, om deur die gebruik van sy verbeelding te probeer uitvind wat kon gebeur het as

Hierdie spesie word gekenmerk deur ’n amper reguit habitus vir wyfies en ’n J-vormige habitus vir mannetjies, die lippe is saamgesmelt en vorm drie pare, die laterale velde het twee