• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die veerkragtigheid van bewareas in die Wes-Kaap

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die veerkragtigheid van bewareas in die Wes-Kaap"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za Open Access

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Page 1 of 1 Referaatopsomming

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Authors:

Nina Botha1 Sanette L.A. Ferreira1 Affiliations:

1Department of Geography and Environmental Studies, Stellenbosch University, South Africa

Corresponding author:

Nina Botha, [email protected] How to cite this article:

Botha, N. & Ferreira, S.L.A., 2017, ‘Die veerkragtigheid van bewareas in die Wes-Kaap: ’n Maatskaplike, ekonomiese en ruimtelike perspektief’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1454.

https://doi.org/10.4102/

satnt.v36i1.1454 Copyright:

© 2017. The Authors.

Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Resilience of conservancies in the Western Cape: A social, economic and spatial perspective.

The aim of this project is to determine the factors that can contribute to the resilience of conservancies in the Western Cape. If the resilience level of individual conservancies is known, it should be possible to find effective management solutions.

Die veerkragtigheid van bewareas in die Wes-Kaap: ’n Maatskaplike, ekonomiese en ruimtelike perspektief

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device

to read online. Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa.

Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

In ’n wêreld met toenemende druk op die omgewing deur maatskaplike, ekonomiese en ruimtelike ontwikkeling, bied Suid-Afrikaanse bewareas ’n unieke benadering waarvolgens bewaring en landbou saam plaasvind. Suid-Afrikaanse bewareas kan gedefinieer word as ’n tuig tot gemeenskapgebaseerde bewaring deur die vrywillige assosiasie van omgewingsbewuste grondeienaars en -gebruikers wat hul natuurlike hulpbronne koöperatief en omgewingsvolhoubaar wil bestuur, sonder om hul eiendomme se grondgebruik te verander (National Association of Conservancies & Stewardship South Africa 2016).

Soos wat sosio-ekonomiese aktiwiteite omgewingsdruk verhoog, is dit nodig om privaat bewaringsinisiatiewe soos bewareas aan te moedig, ten einde landskapskaalbewaring te bevorder. Dit sal help om omgewingskwaliteit, asook omgewingsdienste aan die gemeenskap te verbeter, veral in ekologies sensitiewe gebiede (Downsborough, Shackleton & Knight 2011; Pence 2014). ‘n Bewarea moet veerkragtig en oor ’n lang tydperk lewensvatbaar wees sodat dit druk van die omgewing, ekonomie en gemeenskap kan absorbeer sonder om sy kernfunksies, soos landbou, te verloor (Walker & Salt 2006).

Dit is daarom noodsaaklik om vas te stel hoe om die veerkragtigheid van bewareas te verbeter.

Ten einde hierdie mikpunt te bereik, is die volgende doelstellings geformuleer:

• Om die navorser se teoretiese begrip van bewareas te verbreed deur ʼn literatuurstudie van veerkragtigheid en sosio-ekologiese sisteme, biosfeerreservate, bewareas, netwerke van private grondeienaars in bewaring en die rol daarvan in lande soos Suid-Afrika;

• Om die evolusie van bewareas as konsep en in ’n ruimtelike diffusiekonteks in Suid-Afrika in die algemeen, en die Wes-Kaap in die besonder, te ondersoek;

• Om sleutelrolspelers in die bewaringsmatriks in die Wes-Kaap te identifiseer en onderhoude met hulle te voer;

• Om bewareas in die fynbosstreek van die Wes-Kaap te identifiseer wat geag word as aktief en veerkragtig;

• Om die maatskaplike, ekonomiese en ruimtelike faktore te bepaal wat die veerkragtigheid van die gekose bewareas beïnvloed;

• Om te bepaal wat die motivering van grondeienaars is om by ’n bewarea aan te sluit, en te bepaal of daar aan hul verwagtinge voldoen is of nie.

Die studie sal ’n benadering van veelvoudige metodes volg, wat ’n omvattende literatuurstudie van die konsep van bewareas, hul veerkragtigheid en rol in ’n ontwikkelende land sal insluit. Onderhoude sal gevoer word met sleutelrolspelers by Cape Nature, Conservation at Work, die World Wildlife Fund en die Departement van Landbou, wat almal ‘n rol speel in bewareas in die Wes-Kaap. Onderhoude sal gevoer word met bewareabestuurders en vraelyste sal deur bewarealede voltooi word.

Literatuurverwysings

Downsborough, L., Shackleton, C.M. & Knight, A.T., 2011, ‘The potential for voluntary instruments to achieve conservation planning goals: The case of conservancies in South Africa’, Oryx 45(3), 357–364. https://doi.org/10.1017/S0030605310001559

‘National Association of Conservancies & Stewardship South Africa’, 2016, Home page, viewed 12 April 2017, from http://www.nacsa.org.

za/index.htm

Pence, G.Q., 2014, ‘Western Cape biodiversity framework 2014 status update: Critical biodiversity areas of the Western Cape’, unpublished Cape Nature project report, Cape Town, South Africa.

Walker, B. & Salt, D., 2006, Resilience thinking: Sustaining ecosystems and people in a changing world, Island Press, Washington DC.

Referensi

Dokumen terkait

1.3 DOEL VAN DIE ONDERSOEK Die doel van hierdie ondersoek is om die sentrale probleemvraag te ondersoek deur die volgende vas te stel: wat die strategiese leer van skoolwiskunde

Die sentrale teoretiese stelling van hierdie artikel is dat die internasionaal en nasionaal aanvaarde beginsel dat die beste belang van die kind in en deur die onderwys slegs volledig

Van kosmiese tyd, in die transmodale kontinuïteit daarvan, verklaar Dooyeweerd dat teoretiese denke slegs ʼn transendentaal beperkende begrip kan vorm, ʼn idee wat teoreties oop moet bly

Die volgende hedendaagse tendense wat in die BRICS-lande na vore gekom het, kan as voorbeelde geneem word wat die onderwysbeheer van ʼn onderwysstelsel tot voordeel kan strek: eerstens,

Burger kies die volgende vier bedieningsterreine vir ʼn gemeente as terreine waarbinne die totaliteit van gemeentelike aktiwiteite behoort te val om uitvoering aan die gemeente se missie

Die eienskappe “traits” word dus deur ʼn proses van direkte en indirekte karakterisering aan die implisiete leser bekendgestel: in die geval van direkte karakterisering word ʼn

Een van die funksies van die literêre adviseurs in hierdie vertaling was om die poëtiese eienskappe van die Psalms te ontleed aan die hand van die inligting verskaf deur die

Die volgende vertalings in die teks aangedui deur V en die verskyningsdatum, met verdere inligting in die bibliografie word vergelyk: i Die Evangelie volgens die beskrywing van Markus