• Tidak ada hasil yang ditemukan

GEDAGTES OOR DIE ONBEPAALDHEIDSBEGINSEL VAN HEISENBERG.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "GEDAGTES OOR DIE ONBEPAALDHEIDSBEGINSEL VAN HEISENBERG."

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

122

GEDAGTES OOR DIE ONBEPAALDHEIDSBEGINSEL VAN HEISENBERG.

Van filosofiesc syde en ook deur populariserende skrywers is daar al baie geskryf oor die onbepaaldheidsbeginsel in die Fisika, wat deur Heisenberg in die twintiger jare na vore gebring is. Ons wil nou hier op die gedagte ingaan of meestal nie in hierdie beginsel meer gesien word en met die afleidings vanuit die beginsel verder gegaan word as wat die beginsel self inhou nie.

Gewoonlik word die onbepaaldheidsverband tussen die posisie en momentum van ’n massadeeltjie ingevoer aan die hand van enkele gedag- te-eksperimente. Byvoorbeeld word ’n elektron beskou wat deur ’n mi- kroskoop waargeneem moet word. Omdat die elektron so klein is en ons sy posisie taamlik goed wil vasstel met die mikroskoop, gebruik ons lig met ’n baie kort golflengte, nl. gammastrale. Die elektron sal dan

„gesien” kan word as dit van die gammastrale in die openingshoek van die mikroskoop in verstrooi. Verstrooiing van ’n gammakwant vind plaas deur ’n rigtingsverandering van die kwant by botsing teen die ligte elektron, w at dan ’n sekere momentum bykry. Die strooiproses bring dus ’n verandering in die toestand van rus of beweging van die betrokke elektron mee. Die momentum aan die elektron oorgedra sal ’n sekere spreiding vertoon, wat bepaal word deur die rigting waarmee die ver- strooide gammastraal die openingshoek van die mikroskoop ingegaan het. Hierdie spreiding of onbepaaldheid van die momentum van die elektron na waarneniing vermenigvuldig met die onbepaaldheid in die bepaling van sy posisie blyk van die orde van die konstante van Planck (h= 6.6 x 10-1CT erg.-sekonde) te wees.

Hierdie eksperiment gaan dus van die gedagte uit dat ons nie presies weet en ook nie deur ’n meting kan bepaal in watter rigting die gamm a­

straal die openingshoek van die mikroskoop binnegaan en dus die mo­

mentum aan die elektron gegee nie. Indien ons byvoorbeeld die rigting van verstrooiing van die gammastraal of van die elektron by elke waar- nemingsproses kon vasstel, sou daar geen onsekerheid in momentum en posisie van die elektron by die meting bestaan het nie. ’n Poging om eksperimenteel die verstrooirigtings van die gammastrale en elektron by die waarnemingsproses vas te stel, om sodoende meer van die momentum van die elektron agter te kom, sal alleen nog ’n verdere onbepaaldheid aan

(2)

123

die meetresultate toevoeg. Ons moet dus aanneem dat hierdie eksperi- inent resultate gee met ’n onbepaaldheid wat eksperimenteel nie verhaal- baar is nie. Ons growwe meetapparatuur bring dus storinge by die verskynsel wat ons wil meet. Die storinge vind hulle uitdrukking in die onsekerheidsbeginsel van Heisenberg.

Laat ons as tweede geval die atoom soos Bohr dit die eerste aan ons voorgestel het gaan bekyk. Bohr het die beweging van die negatiewe elektron 0111 die positiewe kern van ’n aloom beskou soos die planete om die son beweeg. Die afmetings van die sirkelvormige kwantumbane en die elliptiese kwantumbane soos deur Sommerfeld en Wilson bereken vir die beweging van die elektron, kan presies uit die teorie bereken word en blyk van die orde van ’n honderdmiljoenste van ’n sentimeter te wees.

Probeer ons nou om die afmetings van hierdie bane eksperimenteel te bepaal, sal ons deur die meting van die elektrone 0111 die atoomkern totaal versteur. Empiries het die presiese afmetings van die kwantum­

bane van elektrone dan geen sin nie. Ons kan dus nie nagaan of die elektrone werklik in vaste bane 0111 die atoomkern beweeg nie.

Terwyl die meganiese atoomvoorstelling van Bohr, ook soos uitgebrei deur Sommerfeld en Wilson o.a., buitendien alleen in enkele gevalle be- vredigende resultate gee, is al spoedig omgesien na ’n nuwe teoretiese beskrywingsmetode van die atoom. In plaas van die elektron as ’n massa- deeltjie te sien, word dit nou deur ’n golfbeweging beskryf. Hierdie be- skrywing bring mee dat die posisie van ’n elektron 0111 die atoomkern deur ’n statistiese spreidingsfunksie gegee word. Die fisiese interpretasie hiervan is dat as ons op ’n bepaalde tydstip ’n meting sou uitvoer, daar ’n sekere kans is dat ons die elektron in ’n bepaalde posisie sou aantref. ’n Groot reeks metings sou dan dieselfde spreiding in posisie moet gee as die teorie. Nou het ons ooreenstemming wat die posisie aangaan tussen de teorie en die eksperimentele moontlikhede, wat nie die geval by die Bohteorie was nie. Hierdie golfteoretiese beskrywing van die atoom blyk dan ook baie vrugbaarder te wees as die meganiese beskrywing van Bohr.

Terwyl in die Fisika daar altyd ’n noue wisselwerking tussen die eksperiment en teorie moet bly bestaan, moet die teorie wat die eksperi­

mentele verskynsels in horn opneem en korreleer, wel deeglik rekening hou met die meetbare. Die uit die teorie afgeleide fisiese wêreldbeeld is dus nie noodwendig die werklikheid ne.. Ons kan dus ook nie sê dat die

(3)

124

atooni werklik so lyk as wat ons uit die golfteoretiese beskouing sou aflci In die aksiomatiese aanvoring van die golfmeganika is Heisenberg se onbepaaldheidsbeginsel vervat. Inderdaad aanvaar die teoretiese fisika die onbepaaldheidsbeginsel as beginsel vir atomêre teorieë. Dit is daarom dan ook dat die meeste geskrifte oor die fisika hierdie beginsel sien as ’n onbepaaldheid in die fisiese prosesse self. Na my mening moet ons die beginsel sien as ’n beperking op ons eksperimentele waarnemings- en meetvermoë, wat dan deur die teorie oorgeneem is.

P. H. STOKER

P.U. vir C.H.O. (Oud-student V.U.).

WONDER EN WET.

1. DIE WET.

Ons noem mens, plant, dier, stof en energie en ook eienskappe, kwaliteite, funksies, oorsake, handelinge, ens. „dinge”.'

Wet veronderstel eerstens „dinge” met hul relasies.

„Dingc” met hul relasies kan ’n orde of ’n chaos vorm.

’n Orde bestaan waar „dinge” met hul relasies só saamhang dat hulle tesame ’n eenheid of ’n geheel vorm met ’n sodanige skikking of reeling dat elke „ding” (met sy relasies) volgens sy besondere aard sy besondere plek in hierdie eenheid of geheel inneem.

Chaos is gegee waar verwarring heers, d.w.s. waar die betrokke

„dinge” (met hul relasies) uit hul betrokke skikking of reeling uitgeval het en die eenheid of geheel van die betrokke orde verval het.

W et veronderstel tweedens orde. Die wet verbind die „dinge” met hul relasies tot ’n orde. Die wet is ’n relasionele’ ordebepaling.

1. „Ding” in sy ruimste betekenis geneem. Ander woorde wat dit álles aandui is minder geskik. Ook Eisler (Handworterbuch der Philosophic) onderskei

„ding” in sy ruimste betekenis van „ding” in engere betekenisse.

2. Opsetlik spreek ons van ..relasioneel"; ’n „relatiewe” bepaling is iets anders.

Referensi

Dokumen terkait

In plaas daarvan dat voorsiening dus 'n reaksie op vraag verteenwoordig, word tipiese 'top down' -strategiee Stock 1985:286 gevolg om byvoorbeeld herversprei­ dingstendense van die

HOOFSTUK 2 DIE INVLOED VAN SEKERE OMGEWINGSFAKTORE OP DIE ADSORPSIE VAN ATRASIEN DEUR VERSKILLENDE KLEIMINERALE 2.1 InIeiding Die chemiese en fisiese eienskappe van grond word

lord Methuen dus van die veronderstelling uitgegaan het dat, tydens 'n oorlog met sekere moondhede, met uitsondering van Duitsland, verowering en besetting van Suid-Afrika nie die

Binne Suid-Afrika vind ons ook hierdie ontologiese skuif in onder meer die filosofiese bepeinsing van die begrip van ubuntu deur iemand soos Ramose 2003; 2005 en geïllustreer deur die

'n Sub-komitee van die Committee of Imperial Defence het op 5 Augustus aanbeveel dat offensiewe operasies deur die plaaslike magte teen die Duitse kolonies in Afrika en in die Stille

Die feit dat daar in ’n bepaalde geval ook owerspel deur die derde party gepleeg is wat nie meer gedingsvatbaar is nie, is nie ’n beletsel om ’n aksie op grond van afrokkeling teen die

’n Belangrike vordering in hierdie eeu lê hierin dat die resultate van hierdie moeilike werk van bestu­ dering en vergelyking deur deskundiges van die duisende teks- getuies vir die

Om dus ’n duidelike geheelbeeld te kan vorm van die historiese agter- grond van die Kerkwet van 1862, sou die volgende sake dus nader besien moet word: Die Kerkinrigting aan die Kaap