• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die lank en kort van kataklismiese veranderlikes

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die lank en kort van kataklismiese veranderlikes"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za Open Access

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Page 1 of 2 Referaatopsomming

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Authors:

Hélène Szegedi1 Alida Odendaal1 Pieter J. Meintjes1 Affiliations:

1Department of Physics, Faculty of Natural and Agricultural Sciences, University of the Free State, South Africa

Corresponding author:

Hélène Szegedi, [email protected] How to cite this article:

Szegedi, H., Odendaal, A. &

Meintjes, P.J., 2017,

‘Die lank en kort van kataklismiese veranderlikes:

’n Multigolflengte- opvolgstudie’, Suid- Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1467.

https://doi.org/10.4102/

satnt.v36i1.1467 Copyright:

© 2017. The Authors.

Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Kataklismiese veranderlikes (KV’s) is kompakte binêre stersisteme wat dramatiese veranderinge in helderheid toon. Een van die sterre is ’n rooi dwerg, ’n normale hoofreeksster, en die ander ’n wit dwerg (WD), die kompakte oorblyfsel van ’n uitgebrande ster. Die binêre stersisteem het ’n orbitale periode van ’n paar uur of minder, en die twee sterre is ’n afstand van ongeveer een sonradius van mekaar af (Hellier 2001).

Massa-oordrag vind plaas vanaf die rooi dwerg na die WD, waar die WD se magneetveldsterkte die wyse bepaal waarop akkresie plaasvind. Indien die WD ’n swak magneetveld het (B < ~ 1 mg), staan die sisteem bekend as ’n nie-magnetiese KV en vind akkresie plaas via ’n akkresieskyf. As die WD ’n sterk magneetveld het, is die KV ’n intermediêr polêre sisteem (IP) (B < ~ 1mg – 10 mg) of ’n polêre sisteem (B < ~ 10mg – 150 mg). In ’n polêre sisteem word materiaal na die magnetiese pole van die WD gekanaliseer en in ’n IP sisteem vind akkresie plaas via ’n versteurde akkresieskyf en ’n akkresiestroom na die WD se pole.

Energieke uitbarstings ontstaan onder meer weens die kernbranding van waterstof op die WD se oppervlak (nova-uitbarstings), of die skielike vrystelling van gravitasionele potensiële energie vanweë ’n skielike toename in die massa-oordragtempo van die akkresieskyf (dwergnova- uitbarstings) (Warner 1995). Dwergnovas is die mees algemene KV-tipe omdat die meeste KV’s oor

’n akkresieskyf beskik (Breedt et al. 2014). Uitbarstings duur ’n paar dae lank waartydens die sisteme ongeveer 2–5 grootte-ordes verhelder. Weens uitbarstings en die verskillende massa-oordragprosesse straal hierdie stersisteme energie uit oor ongeveer die hele elektromagnetiese spektrum, vanaf lae- energie-radiogolwe tot moontlike hoë-energie-gammastrale. Dit is dus van kardinale belang om multigolflengte-studies van hierdie bronne te doen om die verskillende prosesse in die sisteme ten volle te verstaan. Dit stel ’n mens ook in staat om die eienskappe van die sisteme te bepaal, soos die massa-oordragtempo, binêre orbitale periodes en magneetveldsterktes.

’n Versameling KV’s, wat hoë stralingvlakke tydens uitbarstings toon, is in die Catalina-databasis geïdentifiseer vir intensiewe multigolflengte-opvolgstudies. Die seleksiekriteria het sisteme ingesluit wat deur die Catalina-databasis as kandidate vir KV geïdentifiseer is, wat vir langer as ’n jaar deur die Catalina-teleskope waargeneem is, en wat vanaf Suid-Afrika waargeneem kan word.

Gelyktydige optiese waarnemings van ’n paar bronne is alreeds gedoen met die 1.5 m-teleskoop by die Boyden Sterrewag (fotometrie) en die 1.9 m-teleskoop by die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (spektroskopie). Een van die bronne is gedurende ’n uitbarsting waargeneem en vir ’n paar dae dopgehou tot die bron teruggekeer het na ’n kalm toestand. Deur bronne voor, gedurende en na uitbarstings waar te neem, word ons in staat gestel om die akkresieproses beter te verstaan, hoe die akkresieskyf beïnvloed en/of versteur word tydens ’n uitbarsting, en hoe vinnig die stelsel herstel.

Die noodsaaklikheid van multigolflengte-studies en die voordele van gelyktydige opties fotometriese en spektroskopiese waarnemings van KV’s word bespreek, sowel as die seleksiekriteria en die resultate van die waarnemings.

The long and short of cataclysmic variables: A multi-wavelength follow-up study. A sample of cataclysmic variable systems, showing high levels of transient emission, have been identified in the Catalina Real-Time Transient Survey. Follow-up studies of the sample will be aimed at constraining physical properties, as well as the processes driving thermal and nonthermal transient phenomena in several disc-fed and disc-less sources.

Die lank en kort van kataklismiese veranderlikes: ’n Multigolflengte-opvolgstudie

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device

to read online. Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa.

Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

(2)

Page 2 of 2 Referaatopsomming

http://www.satnt.ac.za Open Access

Literatuurverwysings

Breedt, E., Gaensicke, B.T., Drake, A.J., Rodríguez-Gil, P., Parsons, S.G., Marsh, T.R., Szkody, P., Schreiber, M.R. & Djorgovski, S.G., 2014, ‘1000 cataclysmic variables from the Catalina Real-time Transient Survey’, Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 443(4), 3174–3207. https://doi.org/10.1093/mnras/stu1377

Hellier, C., 2001, Cataclysmic variable stars – how and why they vary, Springer, Berlin/

Heidelberg.

Warner, B., 1995, ‘Transitions to and from stable discs in cataclysmic variable stars’, Astrophysics and Space Science 230(1), 83–94. https://doi.org/10.1007/

BF00658170

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie gebruik vind plaas in assosiasie met 'n eerbied vir die diere waarvan die velie gebruik word vir die vervaardiging van skoene en hierdie eerbied sluit weer aan by die

Só gesien is ’n volk se trad isie ’n geestelike lew ensproses w aarin die huidige vorm end en aanpassend rekening hou m et die geesteslew e van die voorgangers, en gelyktydig geestelike

Daar moet egter ’n verskil tussen marginale en differensiële koste getref word.. Die differensiële koste het ’n eie spesifieke karakter en bete-

Die piroliseproses produseer egter ’n mengsel van gasfasige spesies, en die opbrengste word deur die druk en temperatuur binne-in die reaktor beheer.. Hierdie produkte sluit die

Tussen die tyd van Esra-Nehemia en die Ele- fantine-papiri aan die een kant en die tyd van die Daniëlboek aan die ander kant vind ons die benaming theos tou ouranou 5:8; 11:17 en kurios

rol speel en juis omdat die spekulatiewe rigting die vraag na vorm en metode as nie behorende tot die objek van die Praktiese Teologie beskou, is dit duidelik dat dit vir hierdie

Omdat groei in die hoogte, groei na Christus toe, ook groei in die breedte, na mekaar toe beteken, moet ons sê dat die ware ekumenisiteit daar begin wanneer elke kerk afsonderlik werk

En net soos die Owerheid in N ederland die voedster­ heer van die Kerk w as en alleen die Gereform eerde Religie of die Hervormde G odsdiens erken het, so w as die Bewindhebbers van