• Tidak ada hasil yang ditemukan

kaapse predikante van die sewentiende en

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "kaapse predikante van die sewentiende en"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

maakt een dergelijk heen-en-weer-gaan van de schuld toch we! een ietw at zonderlinge indruk; a 1 s samaA in verband met het zondoffer inderdaad overdracht van de schuld bedoelt, dan is het steeds de sc/iu/dige ze/^, die de rite volvoert (o f een vertegenwoordiger van het volk, wanneer het om collectieve schuld gaat); het gaat nooti om de schuld van een ancfer, waarmee men eventueel besmet is. In de derde p la a ts : wanneer de hoorders van de lastering mede-schuldig zijn, waarom geldt dat dan ook niet van de getuigen van andere overtre­

dingen,"") en waarom wordt d aar dan ook niet de handoplegging ver­

eist om de schuld terug te leggen op de bewerker ervan?

D e andere verklaring die reeds bij de joodse commentatoren g e­

vonden w o rd /*) ziet in de handoplegging een een uitdrukkelijk aanwi/zen dat hij de dader is, en dat zijn bloed op zijn eigen hoofd zal neerkomen. Z ij verdient m.i. de voorkeur boven de eerstgenoem de opvatting omdat zij zich niet laat leiden door de te enge interpretatie van samaar, die alleen met de zondoffers rekening houdt. Z ij wordt bovendien niet gedrukt door het tweede bovenge­

noemde bezw aar. Alleen het derde bezw aar blijft ook hier b estaan : het O .T . kent geen ander geval waarin de steniging moet worden voorafgegaan door de handoplegging der getuigen. Er is ook geen enkele reden te vinden, waarom dat speciaal bij de zonde in kwestie zou moeten gebeuren, alsof de „besm etting" door lastering of vloeken van G ods naam erger zou zijn dan bijv. directe afgodendienst.

Houden wij vast, gelijk ik meen dat wij moeten doen, aan de rituele steniging als een typisch doden uit de v erte/*) dan zullen wij in Lev. 2 4 : 1 4 een contaminatie moeten zien met een offerrite, en wel w aarschijnlijk een, waardoor de handelende persoon het dier aanw ees als z:/n o ffe r/") gelijk dat gewoonlijk blijkbaar geschiedde. (Z ie N. 35).

Utrecht. H. W . O BBtN K.

K A A P S E P R E D IK A N T E V A N D IE S E W E N T I E N D E E N A G T I E N D E E E Ü .

N ooit of te nimmer het dit in die gedagte van die sestiende eeuse Reform atore opgekom om hulle van die Kerk a f te skei en n nuwe Kerk te stig nie. Dit kon nie, want dit w as onverenigbaar met hulle

36) Bijv. Deut. 1 3 :6 vv.; 17: 2 vv.

3") O .a. R A Scm .

3 3) V gl. W N T IV, 271 A. 3 ( M t c H A E u s ) .

39) V gl. Lev. i : 4 , „dat ten zijnen gunste aanvaard wordt" (nirsa /ö) door Jahve.

(2)

Iterklike opvatting. C A L V Y N beklemtoon dit op verskillende plekke in sy bekende /nshfuho C /:r:si!anae 7?e/[g!onis dat soiets ongeoorloof en sondig is. In die „ootm oedige vermaning ' wat hy in 1543 aan Keiser Karel V en die deurlugtige vorste gerig het wat in daardie jaar op die R yk sd ag in Spiers vergader het, sê hy met klem ,,ons is nie van die Kerk afgesk ei nie en ook nie van sy gem eenskap vervreemd nie".

D aardie m agtige beweging van die sestiende eeu w as vir die Kerk­

hervormers 'n Reform asie en nie n Rewolusie nie. V ir hulle w as daar m aar een w are sigbare Kerk. En daardie Kerk w as nie 'n bloot menslike vereniging wat op die van die gelowige mense rus nie, op die wil van hulle wat vrywillig by die Kerk aansluit nie. N ee, die Kerk is n goddeike instelling, dit is die moeder van al die gelowiges w aar­

van mens hom nie mag afskei nie. Soiets as n ,,vrywillige beginsel"

het die Reform atore nie geken nie, net so min as n pluriformiteit van die Kerk. Hulle het vasgehou aan die een ware sigbare Kerk. Geen veelheid van Kerke nie, m aar 'n Kerk vir vele, en hulle het die hele nasie, die hele volk vir die Kerk opgeëis. W a a r die pluriformiteits- beginsel op verskeuring en verbrokkeling van die Kerk uitloop, daar word deur die V olkskerk die eenheid gehandhaaf. Die Reform asie het soiets as V ry e Kerke nie geken nie. Die Roomse, W ederdopers, G eesdryw ers, Libertyne en Sociniane w as vir hulle ketters

Dit het in die Kerkhervorming nie om n hervorming van die Kerk a s instelling gegaan nie maar in die eerste plek w as dit 'n hervorming van die R eligie. Hierdie Hervorming het hom dan ook nie openbaar deur n nuwe kerkvorm aan te neem nie maar deur n Geloofsbelydenis op te stel. Dit w as die /eer van die Kerk wat aesuiw er moes word, gesuiw er van die Roomse dwaalleer. Die belydenis of leer het uit die aard van die saak n groot invloed op die kerkorganisasie gehad en daarom het d aar noodwendig op die duur die invoering van n nuwe kerkorde op gevolg, 'n kerkorde in die breedste sin; want vir die R efor­

matore het die kerkorde sowel op die kerkbestuur as op die openbare erediens betrekking gehad.

In N ederland is die Geloofsbelydenis in 1561 opgestel. Dit het die Confession de Foi van die Franse Kerk enigsins gevolg. In Frank- ryk is van „R éform e" gepraat en daardeur het in Nederland die spraakgebruik van Gereformeerde Religie in sw ang gekom. Dit w as die Religie, die G odsdiens, wat gesuiwer, omgevorm, hervorm moes word en daarom is die gesuiwerde Religie of G odsdiens aangedui as die Gereform eerde Religie of die Hervormde G odsdiens. Die woorde g ereformeerd en hervormd is nie n benaming w aarm ee 'n bepaalde s oori aan aedui word nie, dit is nie van dieselfde aard as Calvinisties of Lutheraans nie, maar dit w ys op die Aande/:?!#, die a/rsfe van díe Reform asie, die Kerkhervorming. Dit sien op 'n voortgaande daad, vo ortgaande tot op die huidige dag. Die Hervorming w as dus nie

(3)

'n eenmalige daad van die sestiende eeu nie m aar 'n handeling vanaf die skepping tot nou toe, n voortdurende stryd teen die dwaalleer wat altyd wil insluip.

Dit w as nie enkel en alleen vryheid van godsdiens wat die Her- vorm dgesindes in Nederland begeer het nie. Hulle wou nie n gesindte n aas ander gesindtes in die Staat wees nie m aar het geëis dat die Owerheid die Gereformeerde Religie sou erken en handhaaf as die enigste Religie van die enigste Kerk in die land. „N ooit heeft men zich voorgesteld, " — skryf Dr. H. G. K L E Y N ') — „d at de Hervormde Kerk iets anders zoude zijn dan de Volkskerk, de eenige die als de n?are Kerk aanspraak mocht maken op openbare uitoefening. M aar dit veronderstelt, dat dan ook alle N ederlanders tot deze Kerk be- hooren (al wil men de onwilligen uit beginsel niet dwingen zich bij haar aan te sluiten)

Die Hervormde Kerk w as met sy G ereform eerde Religie dan ook nie n nuwe Kerk nie. Dit w as die historiese voortsetting van die Kerk wat in die sewende eeu in N ederland veral deur middel van W illebrord geplant is. Hierdie Kerk w as die enigste deur die O wer­

heid erkende Kerk en het dan ook geen naam gehad nie. Alleen as daar twee of meer van dieselfde soort is, word n eienaam noodsaaklik om verwarring te voorkom. In N ederland het die Kerk in die sestiende, sewentiende en agtiende eeu nie 'n vaste eienaam gehad nie, daar w as maar een Kerk en dit w as die „publicque" Kerk, soos in Skotland van die „E stablish ed Church" gepraat is. M et Gereformeerde Kerk of Hervormde Kerk is alleen bedoel dat die Religie van die Kerk ge- reformeer, dat sy Godsdiens hervorm is.

D aar w as ooreenkomstig Artikel 36 van die N ederlandse G eloofs- belydenis n nou verband tussen die Kerk en die Staat. Die Staten G eneraal van Nederland het die onkoste van die groot Sinode van D ordt in 1618 en 1619 gedra en deur 'n baie ruime finansiering dit moontük gem aak dat die Bybel opnuut uit die grondtale vertaal is, w aarvan die uitkoms die verskyning w as van die beroemde Staten- Bybel in 1637 wat vir daardie dae n meesterwerk w as. Die W oord van G od bely deur die Hervormde Kerk w as die behoud van die vryheid. D ie owerheid het hierdie gedagte uitgespreek deur op die ou munte die weerlose N ederlandse M aagd te plaas as verteenwoor- digster van die hele nasie. M et die een hand leun sy op die Skrif en in die ander hand hou sy die speer met die vryheidshoed; die Latynse randskrif lui: „T erw yl ons op die Bybel steun verdedig ons die vryheid". D ieselfde gedagte vind ons in Artikel 8 van die G rond­

wet van die ou Zuid-A frikaansche R epubliek: „H et volk eischt de meest mogelijke maatschappelijke vrijheid, en verwacht die van het

') V gL DR. H. G. KLEY N, A/gemeene en P/aafse/tyAre Gemeente^

Dordrecht, 1888, bis. H-37.

(4)

behoud van zijn godsdienstig geloof". O p 2 A ugustus 1862 het die Uitvoerende R aad van die Republiek verklaar dat onder die woorde

„behoud van zijn godsdienstig geloof' verstaan moet word die behoud van die N ederduitsch Hervormde Kerk.

Die Staten G eneraal van Nederland het dit in Januarie 1651 in die „G roote V ergaderin g in die Riddersaal van Den H aag nogm aals bevestig toe verklaar is dat ,,de ware Christelijke Gereformeerde Religie, gelijck als deselve alomme in de publicque Kercken deser Landen jegenw oordigh werdt gepredickt ende geleert, m itsgaders in den jare sestien hondert negentien bij de Synode N ationael gehouden tot Dordrecht is bevestight" gehandhaaf sal word. Die Owerheid w as die versorger van die „publicque" Kerk en het dit stoffelik gesteun.

V a n kerklike kant is as skriftuurlike grond hiervoor op Je saja 49 vers 23 gew y s: „E n d e Koningen sullen uwe Voedster-heeren zijn", waarby die Kanttekenare die volgende geplaas het: „D e sin is, D at de<

Koningen niet alleen haer tot de gemeijnte Christi sullen vervoegen : maer sij sullen oock hare macht ende outhoriteijt gebruijcken tot aen- w as, ende bescherminge der selver".

So het dit tot aan die Omwenteling van 1795 gebly wat n radikale verandering teweeggebring het. Die Christelike Owerheid moes vir die neutrale Owerheid plekmaak en die band tussen die Kerk en die S ta a t is losgem aak, en al die ander gesindtes is ook as „K erk e" erken en met die „publicque" Kerk gelykgestel. Dit w as van toe a f nood- saaklik dat die Kerk voortaan een vaste eienaam moes dra en hierdie]

naam w as f/errorm cfe XerAr.

* * *

In die sewentiende en agtiende eeu het die Hervormde Kerk van N ederland na drie wêrelddele uitgebrei, na Asië, A frika en Amerika.

Hierdie verbreiding na die eerste twee genoemde wêrelddele is deur middel van die V erenigde O os-Indiese Kompanjie moontlik gem aak w at in 1602 opgerig is met die Here Sewentien as Bewindhebbers aan die hoof. Dit het deur die oktrooi wat dit van die Staten G eneraal ontvang het, die handelsmonopolie „beoosten de C ape Bonne Esperance ofte deur de Strate van M agellan es" gekry, met die reg om daar

„opten naem van de Staten Generae! der Vereenichde Nederlanden met „Princen ende Potentaten" verbintenisse en kontrakte te maak, forte te bou, goewerneurs en regterlike amptenare aan te stel. In daardie deel van die wéreld w as die Kompanjie dus feitlik die N eder­

landse Owerheid. En net soos die Owerheid in N ederland die voedster­

heer van die Kerk w as en alleen die Gereform eerde Religie of die Hervormde G odsdiens erken het, so w as die Bewindhebbers van die Kom panjie in die O oste — en daaronder het ook Suid-A frika geval — die voedsterhere van die Kerk en het alleen die G ereform eerde Religie

(5)

of die Hervormde G odsdiens erken en ook baie gedoen om dit te ver­

brei. M aar die Kom panjie w as in die eerste plek 'n handelsliggaam en die geestelike belange is dikwels diensbaar gem aak aan die stoflike belange. A s handelsliggaam het dit as eerste taak gehad om te sorg dat daar winste gem aak sou word sodat die mense wat hulle geld daarin belê het behoorlike uitkerings kon kry. DR. VAN BoETSELAAR skryf in verband hiermee op bladsy 5 van sy „D e /-*roiesfanf.sc/:e Aer&

ín N ed er/an Jsch (1947): „A ls dit in het oog gehouden wordt, zal het oordeel over het beleid der Com pagnie, w aartegen meer dan eens bezwaren moeten worden ingebracht, milder uitvallen, dan dit ge­

woonlijk geschiedt. M en stelle de vraag welk handelslichaam ter wereld ook m aar in de verste verte voor de geestelijke belangen gedaan heeft, wat onze V .O .C . daarvoor geofferd heeft Z eer zelden heeft zij uit bezuinigingsoverwegingen, vooral in haar goeden tijd, iets na­

gelaten, dat van haar in het belang der Kerk gevraagd werd. Z ij heeft gedurende de twee eeuwen van haar bestaan ruim 900 predikanten geheel op haar kosten naar Indië uitgezonden en daarn aast eenige duizenden krankbezoekers en onderwijzers. Z ij heeft millioenen aan de behartiging dezer geestelijke belangen ten koste gelegd. Z onder haar tusschenkomst kon niets gedaan worden, w aarvan het gevolg w as, dat zij alles te betalen k re e g : den bouw van kerken, het aan ­ schaffen van leermiddelen, het drukken van Bijbels en andere boeken en al wat verder noodig w as. O nder de lange lijsten van personen, die voor gratificaties in aanmerking kwamen, komen ook de namen van verscheidene predikanten voor, die voor het verrichten van bij­

zondere diensten extra belooningen hebben gekregen. Krenterig w as de Com pagnie allerminst. Z ij eischte van haar dienaren een stipte gehoorzaamheid, maar zij zorgde over het algemeen goed voor hen, al waren de salarissen niet ruim

U it levensbeschrijvingen van zendingsmannen als W illiam C arey en Adoniram Judson ziet men w at deze ook nog in de 19de eeuw aan tegenwerking van de Engelsche E a st India Com pany te verduren hebben gehad en valt een vergelijking zeer ten gunste van onze V .O .C . uit."

Dit spreek vanself dat daar in die begin nie voldoende predikante gevind kon word om hierdie groot werk in wêrelddele buite Europa te doen nie. In Holland self w as daar nog 'n groot tekort. Dit is dan ook daarom dat reeds in 1603 die toevlug tot sieketroosters geneem is.

PROF. DR. L. KNAPPERT teken hulle as v o lg : „G erecruteerd uit schoen­

makers en turfdragers, bakkers en droogscheerders, wevers en koren- stouwers, door de hoogen aan boord maar zelden gesteund, door de lagen ruw behandeld, arme gekwelde lieden, ongestudeerd en voor hun taak kwalijk berekend, al te vaak het heilige aanrakend met onge­

wijde handen, moesten zij, wanneer door bedorven water en garstig

(6)

pekelvlees scorbuut of roode loop woedden, langs de kooien der lijders gaan om de gebeden voor de zieken te lezen. D es Z on d ags lazen zij uit den Bijbel voor, bij de talrijke begrafenissen aan boord de litaniën voor de d o o d en ."") N ie altyd is hulle gesteun soos hulle gesteun moes word nie en meermale is hulle op vernederende wyse behandel. S o lees ons dat n onderkoopman in Tonchin eenkeer n sieketrooster laat roep het om 'n sieke te kom troos en toe hy daar aankom en vra w aar die sieke is, wys hulle op die leë brandewyn- vaatjie en sê : daar is die sieke.")

In 'n ou reisbeskryw ing word vermeld hoedat op Saterdag 15 April 1623 die sieketrooster op die skip met een van die matrose baklei het w aarop die kaptein van die skip, W illem Y sbran tsz Bontekoe, hulle altwee ,,in de boeyen' laat sit het M aar die volgende dag w as dit paasfees en toe het hy hulle weer altwee laat uithaal sodat die sieke­

trooster, w at in die verhaal „dom iné" genoem word, die godsdiens- oefening kon waarneem, w aarna hy saam met al die ander skeepsvolk kon deelneem aan die m aaltyd waarvoor op die vorige dag spesiaal 'n vark en 'n buffel geslag is /)

Later het dit egter beter geword, veral nadat die K lassis Am ster­

dam in M aart 1621 'n liggaam in die lewe geroep het wat bekend gestaan het onder die naam van D epufai: ad /nJ:*cas wat onder

toesig van die K lassis die Indiese kerksake moes behartig.

Hierdie ou sieketroosters het, wat ook al die tekortkomings van sommige van hulle mag gewees het, belangrike dienste gedoen in tye toe die predikante skaars w as. D aar w as goeies onder hulle en met name kan hier genoem word die eerste twee sieketroosters wat aan die K aap was.

Byna oral w aar die ou Hollanders hulle voetstappe gesit het, is voorsiening gem aak om die Evangelie ook daar te bring. O p plekke w aar nog nooit iets van die christelike godsdiens gehoor is nie het hulle Evangelie-predikers heen gestuur. In die „C lassicale A cte" wat so 'n predikant ontvang het, is dan ook gesê dat hy aangestel word

„om te W ater en te Lande onderweegen ende insonderheyd ter plaatse die hem zal werden aengewesen, gekomen sijnde, G odes heylige W oord, vervat in de Schriften des Ouden ende Nieuwen Testam ents, te prediken, de menschen, in G odes name, de bekeerings tot G odt, ende de versoeninge met Hem, door het gelove in Jesum Christem te ver­

kondigen; de Sacram enten, D oop en het Avondm aal, die de Heere als

2) P R O F. D R . L. K N A P P ER T: ScAefs fan ecne Gesc/it'edent's onzer Hande/s-

&er/ren, in Nederlandsch Archief voor Kerkgeschiedenis. 1928, bis. 104.

3) J . R. CA LLEN BA CH: /usfus Heurnius, een Ai/drape fof de gesc/itcdent's des cArisfendoms <n N ed. Oos(-/nd<ë, !897. bis. 18.

*) /ournae/ o^fe Gedenc^Mtaerdige AescAn/ringAe rande O osf /ndiscAe /?eyse van W[7/em YsAranfsz Bonfe^oe ran /Voorn (eerst druk in 1648), bis. 441-42.

(7)

zeegelen zijner genade heeft ingestelt, te bedienen; de gemeente Christi met openbare gebeeden voor te gaan, deseifde, nevens de Ouderlingen ende Diaconen aldaar, in goede discipline en ordre te regeeren en te houden, alles nae G ods W oord, ende in conformiteyt van de Neder- landtse Kerken, Confessien en Christelyke Catechismus: verzoecken dienvolgende aan alle die geene, dien dit sal werden vertoont, en tot dewelcke onsen gemelten Broeder komen sal, dat se denselven gelieven als een wettelijck beroepen D ienaar Christi erkennen, hem in eere te houden om sijn ampts w ille: mede hem na alle vermogen behulplijk te wesen, ten eynde hij sijn voorsz. Ampt onverhindert en met blijd­

schap mag bedienen, tot grootmakinge van G odes Heyligen N aem , bekeeringe en zaligheyt van veele."')

Verskillende van hierdie predikante het onbekende vreemde tale aangeleer om te help om die Skrif en die H eidelbergse Kategism us daarin te kan oorsit. Hulle kerklike distrikte w as dikwels baie uit- gestrek en hulle moes lang togte en besoekreise maak w aar groot ge- vare aan verbonde w as Baie van hulle het skipbreuk gely; ander is weer vermoor. In 1661 en 1662 is vyf predikante op die eiland Form osa deur die inboorlinge onthoof/) drie van hulle, ds. Petrus M us, ds.

Johannes Cam pius en ds. Arnoldus W inshem ius, het in 1655 aan die K aap gepreek en die sakramente bedien. Een predikant is selfs ge- kruisig terwyl hy op die vyfde dag daarna aan die kruis nog geleef het en eindelik dood is /) Verskillende van hulle het deur hulle geestelike arbeid in streke met 'n moordende klimaat hulle gesondheid verloor en het n vroegtydige dood gesterf. Die Hervormde Kerk in Indië het sy martelare g e h ad !

O p tal van plekke is in die sewende en in die agtiende eeu deur hierdie predikante gemeentes van die Hervormde Kerk van N ederland gestig : in Rusland op plekke soos M oskou, A rgan gel, T ula, Peters­

burg, O d essa, Riga, ens.; in Amerika in N uw -N ederland, Brasilië Guiana, Suriname, die W es-Indiese eilande; in A frika, in A ngola, die kus van Guinea, K aap die G oede Hoop, ens.; om van Indië nie eers te praat nie

T o e Jan van Riebeeck na Suid-A frika gekom het, is n sieketroos- ter, W illem Barents W ylant, met hom saam gestuur. H y het elke aand na die ete 'n gebed gedoen en twee of drie psalm verse laat sing. O p Sondae het hy n preek voorgelees en die jong m atrose die kategismus-

3) S o n ..Classicale A cte", die aanstelling van ds. Lambertus Schlicher in 1723.

is afgedruk in C. S p O E L S T R A : Bouw sio^en II, bis. 40-41; die aanstelling van D s.

J. H. VON M A N G E R in 1790, in sy Nape/afene Leerredenen (1843) „foor&ericAí'*

bis. iv-vi. *

") C. A. L. VAN TROOSTENBURG DE BR U Y N : D e /Veryormde A*er/c in Neder- /andscA Oosf-Zndie onder de Oosf-Zndisc/ie Companie, 1884, bis. 450.

7) V A N TROOSTENBURG DE BRUYNE, b is . 4 5 1 .

(8)

vrae laat opsê; die antwoorde moes hulle met tekste uit die Bybel bewys. H y wou graag twee keer op n Sondag boekevat, maar V an Riebeeck het een keer genoeg gevind want die mense moes in die week hard werk en Sondae kon hulle rus. Dit klink vreemd, maar is tog nie so vreemd nie as mens bedink dat n godsdiensoefening in die sewen- tiende eeu som s tot drie uur agtermekaar kon duur. M aar V an Rie­

beeck w as baie streng daarop dat hulle die een godsdiensoefening dan ook moes bywoon. Die wat eenkeer van 'n diens w eggebly het het sy wynrantsoen verbeur, en as dit vir die tweede keer gebeur, het so n persoon 'n maand tank nie betaling gekry nie; en as dit die derde keer plaasvind, dan moes hy n jaar tank in die ketting sonder betaling harde arbeid verrig. W ylan t moes altyd n gedrukte preek van n predikant voorlees en mog nooit self 'n preek maak nie. T o e hy later 'n preek uit sy kop geleer het en dit so voorgedra het omdat sy 02 sw ak w as, soos hy gesê het, het die K erkraad vanuit Batavia hom daaroor 'n berisping toegedien. H y moes nie vergeet dat hy nie pre­

dikant m aar sieketrooster w as nie, en ,,'t behoorde hem wel bekend te zijn sijenen sickel in eens anderen oogst niet te slaan noch aan sich die eere te trecken, die tot nog toe hem nie toe ende comt.

D ie seuntjie van W ylan t wat op 6 Junie 1652 aebore is. w as die eerste wít kind w at in Suid-A frika die eerste lewenslig aanskou het-.

D ie tweede een w as Abraham van Riebeeck. die seun van V a n Rie- heeck w at tussen 17 en 18 Oktober 1651 aehorp is en later Goewe - n eu r-ó en eraal van Ned. indië was. T oe die mense op die eersvolgendz Son d ag, 19 Oktober, algar in die fort na die preek geluister het wat W y lan t voorgelees het en G od vir die voorspoedige geboorte van die kind gedank het, het die Hottentotte buitekant 'n jong seun wat die vee opgepas het, doodgeslaan en byna al die beeste en skape gesteel.

W y lan t het in 1656 na Batavia gegaan en nog in Desember van dieselfde jaar het hy n aanstelling op M alakka gekry w aar hy vanaf die begin van 1657 gearbei het.

D ie tweede sieketrooster aan die K aap w as Pieter van der Stael.

S y vrou w as n suster van Jan van Riebeeck. H y het op 5 M aart 1656 aan die K aap gekom en sy werk dadelik aangepak en dit op 'n pligs- getroue w yse vervul. H y het hom ook die lot van die slaw e aangetrek en vir hulle begin skoolhou. In 1657 het hy aan die klassis Am sterdam 'n w issel van dertig guide en ag t stuiwers gestuur van geld wat met die avondm aaldienste deur predikante van verbygaande skepe gehou, gekollekteer w as Die Bewindhebbers in Holland het dit egter afge- keur dat kollektegelde daarheen gestuur moes word en het gelas dat dit aan V a n Riebeeck afged ra moes word om te bew aar of op rente uit te sit, sodat dit, wanneer nodig, ten behoewe van K aap se arm mense kon gebruik word. T o e V an Riebeeck in 1662 die K aap verlaat het en na Indië vertrek het, wou V an der Stael hom volg en het daarvoor

(9)

in Holland toestemming gevra. Dit is hom gegee en in M ei 1663 het hy vertrek.

V a n der Stael is opgevo!g deur die sieketrooster, Ernestus Back.

Hierdie aanstelling w as nie n gelukkige nie. S y lewenswandel het ergernis gegee en toe daar in Desem ber 1664 'n komeet verskyn het^

het Z ach arias W agen aar — V a n Riebeeck se opvolger — in hierdie

„ijzelicken steert sterre aen den hemel" 'n bedreiging van God gesien weens die gedrag van die sieketrooster en het hy by die Goewerneur van B atavia op sy verwydering aangedring. N og voordat daar ant­

woord op hierdie versoek gekom het, het W ag e n aar op eie gesag Back met sy gesin op 'n skip geplaas en w eggestuur en begin M ei is Jan Joris G raa in sy plek aangestel. Hierdie nuwe sieketrooster het voldoening gegee maar reeds 'n maand na sy aankom s is hy oorlede.

In 1665 het die K aap sy eerste vaste predikant gekry en van toe a f het die O os-Indiese Kompanjie gesorg dat d aar in die sewentiende en agtiende eeu onafgebroke deur die Hervormde Kerk van Nederland predikante na Suid-A frika gestuur is. Hulle is op koste van die Kom­

panjie uitgestuur en verder besoldig en onderhou, en dit w as die Kom panjie wat pastorieë gebou het waarin hulle kon woon en kerke waarin hulle kon preek. M aar die Kom panjie wou w aarborge hê dat die regte persone aangestel sou word en moes eers die benoemings finaal goedkeur. M aar daar w as nooit geskille oor die benoemings tussen die Kerk en die Kompanjie nie. D ie predikante wat deur die Kerk aanbeveel is, is deur die Here Sewentien aangestel. In die orde van die amptenare van die Kompanjie het hulle die rang van onder­

koopman gehad met al die voorregte daaraan verbonde maar hulle mog geen handel dryf nie. Dit w as bloot 'n rang en vind sy verge- lyking in die teenswoordige leër w aar 'n predikant die rang van majoor beklee.

V an die predikante wat in die sewentiende en agtiende eeu aan die K aap w as, is agt in W esfale gebore en een in 'n gebied meer oostelik. Hulle word soms „D u itse rs" genoem net soos ook diegene van die A frikaan se voorouers wat uit W esfale afkom stig is. Party- keer word dit op grond van propagandistiese oorw egings gedoen soos die geval is in die vreemdsoortige boek van WERNER ScHMiDT- PRETORïA, „Z)er A^u/furanie!/ J e s Deui.sc/:tHfns am des Buren- vo ices" w at voor die Tw eede W ereldoorlog deur die Duitse gesant- skap in Suid-A frika as propaganda-lektuur rondgestuur is. M aar so 'n voorstelling van sake is nie alleen fout nie, dog verraai ook n ernstige gebrek aan kennis van die geskiedenis van E uropa vóór 1800. Die proses van die staatkundige eenwording van D uitsland het in die negentiende eeu sy beslag gekry. W a t as gevolg van die optrede van Bism arck die D u:ise geword het, w as in die 17e en 18e eeu geen staatkundige nóg kulturele nóg taalkundige eenheid nie. Die W e s-

(10)

faalse Land w as taalkundig en kultureel meer N ederlands as H oog- D uits en dit is in die sestiende eeu op nie geringe w yse versterk deur die groot getalle vlugtelinge uit Nederland wat op verskillende plekke gemeentes gestig het. Die eerste N ederlandse N asionale Sinode wat in 1571 in Emden, die hoofstad van O osfriesland, gehou is. het 'a klassikale indeling ontwerp w aarby die W e sfa a lse gemeentes by die N ederlandse Kerk ingedeel is.

D ie W e sfaalse Land") het uit 'n kompleks van gebiede bestaan : die hertogdomme en vorstedomme Gulik, Kleef, Berg, M inden, Verden, N assau -Siegen , N assau-D illenburg, O osfriesland, M eurs en W esfale;

die graafsk ap p e W ied, Sayn, Schouwenburg, O ldenburg, Delmenhorst, Lippe, M ark, Bentheim, Bentheim-Steinford, Lingen, Tecklenburg, H oya, V irnenburg, Diepholt, Spiegelberg, Rietberg, Pyrmont, Grons- feld, Reckheim, Holtzappel, Blanckenheim, Gerolstein, Kerpen, Lom- mersum, Schleiden, en Hallermond; die Bisdomme M unster, Pader- born, Luik en O snabrug; die stifte en abdye Corvey, Stablo-M alm edy, W erden, Cornelis-M unster, Essen, Thoren, H erford en Borscheid;

die vrystede Keulen, Aken en Dortmond; en dan nog verskillende heerlikhede. D aar w aar die bevolking in hierdie gebiede Kalvinisties w as, is verbinding met die Hervormde Kerk van N ederland onderhou.

terwyl baie studente, veral teoloë, na N ederlandse universiteite gegaan het om d aar te studeer. Dit het sterk invloede uitgeoefen.

In O osfriesland w as 'n selfde bevolking as in Nederland. D aar is in H ollands gepreek, net soos in Lingen, 'n gebied wat aan die Staten G eneraal behoort het en in 1578 aan die Prins van O ran je oor- gegaan het en wat taalkundig H ollands w as en w aar d aar 'n akademie w as vir die opleiding van predikante deur O ran je gestig. Spiegelberg en M eurs het ook aan die O ran jes behoort, T ecklenburg, Bentheim, Steinfurt en M ark w as grootliks Hervormd en N ederlands. In Kleef w as H ollandse kerke net soos in Emmerik, W esel en D uisburg. In Duisburg w as ook n akadem ie om predikante op te lei, veral vir die Kleefse, M arkse, Bergse en Gulikse gebiede w aar d aar H ollandse gemeentes w as en w aar die Statebybel en die Psalm berym ing van Datheen gebruik is. D an w as daar die verskillende Rynvestings w aar die Staten G eneraal na 1614 garnisoene en garnisoenskerke gehad het wat H ollandse gemeentes was.

Die predikante van hierdie H ollandse W e sfa a lse gemeentes en die predikante in N ederland self is oor en weer beroep. So sien ons byvoorbeeld dat ds. W esseliu s Pretorius wie se seun Johannes Pre- torius die stam vader van die Suid-A frikaanse Pretorius-geslag is, in 1653 van O uddorp in Suid-H olland na Emmerik in K leef gegaan het.

') V gl. JOHAN H üB N E R , W . A. BACHtENE en E R N S T W tL L E M CR A M ERU S:

A/#emeerie GeograpAie des ge/iee/en .Aardriy&s, derde dee], tweede stuk, bis. 773-916 (Amsterdam 1769).

(11)

Dit w as geen besw aar nie want die kerktaal van Emmerik w as H ol­

lands net soos in Ouddorp En netso kon predikytte van die W esfaalse Land regstreeks na die K aap gaan sonder dat dit vir hulle nodig w as om vantevore eers H ollands te leer soos die Skotse predikante wat in die negentiende eeu na Suid-A frika gekom het, moes doen. Neem ds. J. W H ertzogenraedt wat in 1730 van die gemeente G atrop in die K lassis D uisburg onder die hertogdom Kleef na Drakenstein gegaan het. H y kon, nadat hy deur die K lassis Am sterdam benoem w as, regstreeks na die K aap gaan want die kerktaal van Drakenstein w as dieselfde as die van Gatrop. So vind ons in 1764 'n H ollandse kor- respondensie tussen die K aapse kerkraad en die kerkraad van Gulik.

Die kerklike berigte van hierdie W e sfaalse gemeentes, soos sinodale en gemeentelike nuus, is die hele agtiende eeu saam met die kerknuus van die N ederlandse gemeentes in die maandelikse Boe^zaa? J e r G e- /eerJe W e re /J gepubliseer, wat in daardie dae die kerklike m aandskrii van die Hervormde Kerk van N ederland w as. In die W esfaalse Land w as d aar klassikale vergaderings en provinsiale en generale sinodes wat alles in N ederlands gehou is. M ens vind trouens tot ver buite die grense van W esfale H ollandse gemeentes wat hul kerknuus in die Boekzaal gepubliseer het soos in Bremen, H am burg, N assau-W eilburg, H anau, w aarby nog die ,.handelskerke" kom van R iga en ander plekke.

H anau w as n graafsk ap dig by Frankfort wat sterk onder N ederlandse invloed gestaan het. G raaf Philips Lodewyk se vader w as 'n halwe broer van prins W illem die Sw yger met wie se dogter C atharina Belgica hy getroud was. H y het in 1597 en 1601 aan H ol­

landers verlof vir n vry kerklike lewe gegee en om net buite die ou H anau 'n nuwe Hanau te bou. Hier het 'n bloeiende H ollandse ge­

meente bestaan wat lank sy H ollandse karakter bew aar het en w aar altyd in H ollands gepreek is E ers in 1852 is n aas die H ollandse ook n Duitse predikant beroep. Die vader van die K aap stad se ds. J. P.

Serrurier, naamlik ds. Lodewyk Serrurier, w at in 1688 in Amsterdam gebore is, w as verskeie jare predikant in H anau w aar al vier sy predikant-seuns gebore is w aarvan twee predikant w as in Am sterdam , een in Den H aag en een, die reeds genoemde ds. }. P. Serrurier, pre­

dikant in K aapstad . Die vader van 'n ander K aap stad se predikant, ds. C . Fleck, kom ook uit dieselfde H anau. Dit is histories fout om hulle D uitsers te wil noem.

Die proses van verduitsing het met die opkoms van Pruisen begin. Frederik W illem von Brandenburg, die G root Keurvors, het alles gedoen wat hy kon om sy gebied tot bloei te bring. H y w as met 'n O ran je prinses getroud, Louisa Henrietta, dogter van Frederik Hendrik, en het in Leiden studeer. Deur N ederlandse koloniste het hy die landbou tot hoë bloei gebring. H y w as met sy vrou N eder­

lands van opvatting. S y seun, Frederik, het koning van Pruisen geword

(12)

en het na die dood van koning-stadhouder W illem III in 1702 aan­

spraak gemaak op die gebiede van die Oranjes in W esfale en met die afwikkeling van die erfenis in 1732 het Lingen, Bentheim en Meurs onder Pruisen gekom. O ok ander Wesfaalse gebiede het langsamer- hand Pruisiese besit geword, tot selfs Oosfriesland in 1744. A1 hierdie gebiede is heeltemal verduits en die Hollandse taal leef nog slegs in dialek-vorm voort soos deur die volk as daaglikse taal gebruik word, soos in die Rynse „Schipper-gemeente" te Keulen") wat vanuit die sewentiende eeu bestaan en waar tot op die huidige tyd in Hollands qepreek word. D it is volkome foutief om die hele bevolking van hierdie gebiede in die sewentiende en agtiende eeu reeds as verteen- woordigers van die Hoog-Duitse taal en kuituur te beskou, ewe foutief as om die sewentiende en agtiende eeuse blanke bevolking van Suid- Afrika Engelse te noem omdat die Kaap in 1795 deur Engeland beset is.

S . P. ENGELBRECHT.

H U W E L IK S L U IT 1 N G , B E V E S T IG IN G E N IN S E Ë N IN G . Die Kerkboek van die Nederduitsche Hervormde Kerk van Afrika, waarin die belydenisskrifte, gebede en formuliere saamgebring is, bevat 'n „.Formn/ter om c/ie Nuwe/tArsiaai íe befesitg", soos dit in die inhouds- opgawe aangedui word. Die opskrif van die formulier op bladsy 143 lui effens anders, nl. ,„Forfnn/:er om cf<e ^utve/iAre siaai poor cf:'e Ge- meenfe yan CTnvsíMs íe &efesf/y". Daar is dus sprake van 'n huwelik- staat en van 'n huwelike staat. En die staat word dan voor die ge­

meente bevestig.

Die genoemde formulier word gebruik wanneer die voorganger van 'n gemeente, die predikant, twee persone in die huwelik verbind.

V óór die twee persone in die midde van die gemeente verskyn, bestaan daar tussen hulle nog geen huwelik nie. Hulle is altwee ongetroud.

As gevolg van die verrigtinge wat ons huweliksluiting, ook huweliks- bevestiging, noem, tree daar 'n verandering in hulle regstoestand in.

Die huweliksluiting verhef hulle vanuit die regstoestand van ongetroud te wees in die regstoestand van getroud te wees. Elkeen van hulle aanvaar sekere deur die reg van te vore vasgestelde verpligtings ten opsigte van die ander en elkeen van hulle word beklee met die keersy van die verpligtings van die ander, d.i. met regte of bevoegdhede, bv.

die verpligting tot samewoning, die verpligting tot onderhoud, 'n Ander

9) N . C. K lS T , De Gereformeerde Sc/Mpper-Gemeenfe roor ^eu/en op den /?Ayn, in Kerkhistorisch Archief 1857, bis. !86-!88.

Referensi

Dokumen terkait

Hy noem dat, indien die Hervormde Kerk ’n organisasie soos enige ander organisasie sou wees, die Kerk beskryf sou kon word as ’n toksiese organisasie wat ’n paradigma van

So byvoorbeeld kan die eerste jare van ’n individu of die geskiedenis van ’n groep soos ‘n kerk die intrige en selfs die lotgeval van die latere jare antisipeer dit wil sê die een is

Daar kan tereg gevra word hoekom Papp sy geboorteland verlaat het om in ’n ver land ’n nuwe toekoms te gaan soek, en in hoe verre die gemeenskaplike tussen die Hervormde Kerk in

SATNT / SAJST 2022; 411 128 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Die kwantitatiewe en kwalitatiewe evaluering van spermgehalte in die Kaapse heuningby en die in vitro-effek van

GEVOLGTREKKINGS • Die kind word m et sy doop lidm aat van die kerk, en nie w anneer hy belydenis van geloof aflê nie; • as lidmaat van die kerk is die kind verantwoordelik om

In die himne van Thekla is die opstandingsdag reeds op hande, en kan Thekla en die maagde deelneem aan die huwelik van Christus en die Kerk omdat hulle hulle in hierdie lewe rein bewaar

NOTULE VAN DIE SITTING VAN DIE VERENIGDE KOMMISSIES VAN DIE NEDER­ DUITSCH HERVORMDE EN NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERKE IN DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK IN SAKE KERVERENIGING 31 O

De exegese is niet meer vrij, als weerspiegeling van de vrijheid van het Hoofd der Kerk tegenover en boven Zijn K erk."41 VAN NIFTRIK w ys duidelik daarop dat in die Rooms-Katoli-