• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die kwantitatiewe en kwalitatiewe evaluering van spermgehalte in die Kaapse heuningby en die in vitro-effek van varroa-beheergifstowwe op spermfunksionaliteit en struktuur

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die kwantitatiewe en kwalitatiewe evaluering van spermgehalte in die Kaapse heuningby en die in vitro-effek van varroa-beheergifstowwe op spermfunksionaliteit en struktuur"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

SATNT / SAJST 2022; 41(1) 128 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming

Die kwantitatiewe en kwalitatiewe evaluering van spermgehalte in die Kaapse heuningby en die in vitro-effek van varroa-beheergifstowwe op spermfunksionaliteit en struktuur

The quantitative and qualitative evaluation of sperm quality in the Cape honey bee and the in vitro effect of miticides used for varroa control on sperm functionality and structure: This study aimed to determine honey bee sperm functionality using computer-aided sperm analysis, and the effect of amitraz (miticide) on sperm quality. This study provides a first-time, in-depth report on honey bee sperm functionality and furthermore highlights the adverse effects of miticides on sperm longevity.

JF Murray, G van der Horst, M Allsopp, R Kotze

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 2022; 41(1):128 South African Journal for Science and Technology 2022; 41(1):128 https://doi.org/10.36303/SATNT.2022.41.1.951

Open Access article distributed under te terms of the Creative Commons License [CC BY-NC 3.0]

http://creativecommons.org/licenses/by-nc/3.0

Departement Mediese Biowetenskap, Universiteit van die Wes-Kaap, Suid-Afrika Korresponderende outeur: Janice Murray E-pos: [email protected]

ISSN: 2222-4173 EISSN: 0254-3486

© 2022 The Author(s)

SATNT / SAJST

referAATopSommiNg

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 28–29 Oktober 2021, Noordwes-Universiteit. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie); Prof Cornie van Sittert (Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit).

Apis mellifera-spesies (heuningbye) is noodsaaklike bestuiwers van gewasse. Voortplantingsukses, afhanklik van spermkwaliteit (bepaal deur strukturele en funksionele eienskappe), is dus belangrik vir hul voortbestaan. Literatuur oor die spermgehalte van die Suid-Afrikaanse Kaapse heuningby (Apis mellifera capensis) is skaars en vereis verdere navorsing.

Die mannetjieby is van natuur sensitief, sodat spermkwaliteit maklik beïnvloed word deur omgewingsfaktore, soos varroamiet- infestasies, asook mietbestrydende gifstowwe. Navorsing oor die effek van sulke gifstowwe op spermfunksionaliteit (motiliteit) en -struktuur (vitaliteit en morfologie), is skaars, en dikwels kwantitatief van aard.

Die toepassing van moderne tegnieke, soos gerekenariseerde semenanalises, is tans baie skaars vir heuningbye. Die bydrae van hierdie studie is dus om ‘n kwantitatiewe en kwalitatiewe metode vas te stel om spermfunksionaliteit met behulp van ‘n gerekenariseerde stelsel te bepaal, asook om die in vitro-effek van gifstowwe vir die behandeling van varroamiete op die spermkwaliteit van Kaapse heuningbye te bepaal. Dit sluit die evaluering van spermfunksionaliteit en strukturele eienskappe (vitaliteit en morfologie) in.

Spermmotiliteit is deur fasekontrasmikroskopie ontleed, om ‘n kwantitatiewe klassifikasie van spermmotiliteit (gebaseer op beweeg- likheid en swempatrone) te doen. Verder is spermmotiliteit en kinematiese parameters kwalitatief bepaal deur fluoressensiemikro- skopie, kleurstof (SYBR14), en die motiliteitsmodule van ’n rekenaarprogram vir semenanalise.

Die in vitro-effek van amitraz op spermkwaliteit is bepaal deur monsters aan verskillende konsentrasies daarvan bloot te stel (125 µM, 250 µM, 500 µM). Die resultate vir blootgestelde semenmonsters is voorts met dié vir kontrolemonsters vergelyk om die impak van amitraz-blootstelling op spermfunksionaliteit en -struktuur vas te stel. Die vitaliteit van hierdie monsters is met behulp van ‘n lewe-en-dood-flouressensiekleurstof (SYBR14 en propidiumjodied) bepaal. Ontledings is gedoen met fluoressensiemikroskopie en ‘n rekenaarprogram vir semenanalise. Strukturele verskille is met behulp van ‘n nigrosien/eosinkleurstof (BrightVit) ondersoek, en met die morfologiemodule van die rekenaarprogram ontleed.

Die persentasie motiele sperme in die semenmonsters van die Kaapse heuningby was uiters hoog, en die kwantitatiewe motiliteitsindekstellings (4.11 ± 1.11) het ooreengestem met die hoë persentasie motiliteit (85,5% ± 17,2), soos bepaal deur die gerekenariseerde stelsel. Verder is positiewe korrelasies uitgelig tussen die spermpersentasie motiliteit en progressiwiteit (r = 0.62), asook swemspoed (r = 0.86).

Die blootstelling aan verskillende amitraz-konsentrasies (125 µM, 250 µM, 500 µM) het geen betekenisvolle invloed op motiliteit en morfologie gehad nie. Die persentasie lewendige sperme (blootgestel aan hoë konsentrasies – 250 en 500 µM) het egter afgeneem in vergelyking met die kontrole, asook dié blootgestel aan 125 µM amitraz. Verder is ‘n struktuur, vermoedelik die mitokondria, in dooie sperme opgemerk nadat dit met BrightVit-kleurstof bevlek is.

Hierdie studie lewer vir die eerste keer ‘n diepgaande verslag oor die spermfunksionaliteit van die heuningby met behulp van ‘n gerekenariseerde stelsel. Dit is duidelik dat hoë amitraz-konsentrasies vitaliteit, en moontlik spermstruktuur, nadelig beïnvloed. Hierdie bevindinge is veral waardevol vir wetenskaplikes wat spesialiseer in insekreproduksie – gefokus op heuningbye, byeboere, asook die landboubedryf – wat van bye vir die bestuiwing van gewasse afhanklik is.

Referensi

Dokumen terkait

Alle menings wat in hierdie werk uitgespreek word of gevolgtrekkings waar= toe geraak word, is die van die ondersoeker en moet in geen geval beskou word as 'n weergawe van die menings

Op die vlak van die leerder se leer is daar algemene of generiese leeruitkomste en dan spesifieke leeruitkomste wat binne die raamwerk van gewoonlik ’n lesplan/leereenheid of ’n

In die eerste eksperiment was die paddavissies aan die Bt-toksien wat uit die blare geloog het blootgestel, terwyl die filtervoedende paddavissies aanvullende voedsel in die vorm van

Fe-gekataliseerde alkeenoksidasie: Effek van steriese en elektroniese parameters op nieheemoksigenase-aktiwiteit Read online: Scan this QR code with your smart phone or mobile

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1017 Referaatopsomming Toeganklikheid van die skool in jou omgewing: ’n Konflik tussen ligging en kwaliteit, met die klem op Gauteng

SATNT / SAJST 2022; 411 141 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Universele metodiek vir die sintese van flavonoïede en benso[b]furane Universal methodology for the synthesis of

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1224 Referaatsopsomming Effek van selektiewe endokrien-steurende chemiese stowwe op manlike urogenitale sisteem ontwikkeling en

Digitised by the University of Pretoria, Library Services * * * * die beslaywing van die inhoud en die proses van gemeentebou is in baie gevalle so omslagtig, omvangryk en