DIE EKUMENE : INHOUD EN GRENSE VAN DIE BEGRIP In die kerklike taal van die 20ste eeu is die w oorde „ekum ene” en
„ekum enies” seker van die mees voorkom ende. D it is beslis w aar van die P ro testan tse deel van die christelike kerk, en to t 'n groot mate ook v an die Room s-Katolieke en O os-O rtodokse kerke. Dis seker ook geen o o rdryw ing as ons sê d at die lewe en w erk van die Protestantse kerke to t sover in die 20ste eeu, to t ’n groot m ate bepaal en beheers is d eu r die saak w aaraan bogenoem de w oorde u itd ru k k in g w il gee. D it aJleen is al rede genoeg om te verm oed d at ons in hierdie w oorde met
’n betekenisvolle saak te doen het. D ie meeste kerke v an die w éreld w ord to t ’n besondere entoesiasme opgew ek as hulle die w oorde ,,eku- m ene” of „ekum enies” hoor, en in hierdie entoesiasm e h e t ons kerk vir enkele jare in die verlede ook gedeel. V an d ag w ek hierdie woorde by ons K erk sowel as die an d er tw ee A frikaanse kerke van ons land, onaangenam e assosiasies, veral as hulle in v erb an d gebring w ord met daardie liggaam w aarin die ekum eniese gedagte sy hoogste uiting ge
v in d h e t : die W ereld R aad v an Kerke. O m d at die rede vir hierdie h ouding v an ons Kerk vir ons almal goed bekend is, gaan ons die saak stilsw yend verby. D ie gevaar is egter seker nie n et denkbeeldig dat ’n mens in jou ondersoek na die betekenis van die ekum ene so bevooroor- deel kan w ees dat jou ondersoek heim lik die doel h e t om die bestaande vooroordele te versterk. U itgaande van die veronderstelling dat die lede v an V an d er H o ff ’n selfstandige oordeel w il vorm oor ’n baie aktuele saak v ir die kerk vandag, sal ek trag om die onderw erp w at aan m y opgedra is v ir ondersoek, so onpartydig m oontlik te behandel.
L aat ons begin m et ’n ondersoek na die betekenis van die w oord . ekum ene. O ikoum ené kom reeds vroeg by G riekse skryw ers voor in die betekenis v an die bew oonde w ereld sonder m eer in teenstelling met die (relatief) onbew oonde w éreld. O ikoum ené is dus in die eerste plek n geografiese begrip. In hierdie betekenis vind ons die w oord in M att. 24:14 : En hierdie evangelie van die k o ninkryk sal verkondig w ord in die hele w éreld (hólé té o ik o u m én é ). D it gaan dus hier om d:e blye boodskap aan alle mense op die aarde w at aan hulle as bodem gegee is om op te lewe. M .a.w . die ekum ene is die arbeidsveld van die kerk; dis die ruim te w aarin die kerk lewe, w aarin hy die koningskap van C h ristu s proklam eer en w at h y opeis v ir H o m w at in H ebr. 1 : 6 die eersgeborene v an die oikoum éné genoem w ord. D is belangrik om hier te let op die verband tussen sending en w éreld. Behalwe ’n geografiese, lê daar in die w oord oikoum éné ook ’n kultuur-politieke betekenis. A s aanduiding van die Rom einse im perium vind ons die w oord in Luk. 2 : 1 : En in daardie dae h et ’n bevel uitgegaan van keiser A ugustus dat die hele w éreld ingeskryf moes w ord. Die Romeinse
ryk w ord h ier as w êreldryk verstaan. Die keiser w ord ook genoem die „w eldoener van die w éreld ” (eúergété tés o ikoum énés). A s Paulus en Silas in H and. 17 : 6 daarv an beskuldig w ord dat hulle die w ereld (té n oikoum énén) in opstand b rin g , w ord o n d er w éreld hier die R om ein
se ryk verstaan in die sin v an ’n gem eenskap m et ’n bepaalde beskaw ing, k u itu u r, en ’n gem eenskaplike tro u . D ie w oord kom elders in die N .T nog m eerm ale voor (Luk. 4 : 5; 21 : 26; H and. 11 : 28; 19 : 27; O penb.
3 : 10; 12 :9 ens.), sonder d at daar egter ’n an d er betekenis aan gegee kan w ord as die reeds genoem de drie. O ok in die LXX kom die w oord m eerm ale voor as vertalin g v an die w oord „aard e” , „w ereld” ens.
O pvallend is dit dat die w oord in die Pauliniese briew e net eenkeer voorkom , en d it slegs as aanhaling u it Ps. 19 : 5 in Rom . 10 : 18.
A s ons verder wil gaan soek na die betekenis van die w oord „eku- m ene”, m oet ons nagaan w a tte r vulling hierdie begrip gekry h et in die loop van die kerkgeskiedenis. D an m oet ons eerstens opm erk dat die w oord nerens voorkom in enige van die belydenis' en liturgiese geskrifte nie. In die algem ene kerklike taal kom die w oord en begrip egter vry algemeen voor en wel in die volgende betekenis :
D ie kerk is die ekum ene.
O ns vind dat die begrippe kerk en ekum ene deu r die kerkvaders v an die 2de en 3 de eeu, soos O rigenes, Basilius die G rote en A thanasius, deurm ekaar gebruik w ord. In die kerk w ord al m eer die eintlike en w are w éreld gesien. w an t as gevolg van die verkondiging van die evangelie h et die kerk in die w ereld gegroei en d aardeur is d it nie m eer bloot die sekulêre w ereld nie, m aar die gebied w at m et die evangelie gevul is en w aarvan C h ristu s reeds besit geneem het. D aar kom ’n nuw e ekum ene w aarvan die kerk die d raer is. U it die opvatting van die kerk as die ekum ene, kan die volgende betekenisse van ekum enies afgelei w ord :
1) W a t tot die kerk as geheel b eh o o rt of hom verteenw oordig.
So w ord daar g ep raat van ekum éniese konsilics as kerkvergade- rings w at v erteenw oordigend v an die hele kerk is.
2) W a t algem ene kerklike geldigheid besit. So w ord die drie algemene geloofsbelydenisse (A postolicum , N icenum en A t- hanasianum ) die ekum eniese simbole genoem.
3) Ekum enies beteken die poging om kerklike en konfessionele isolasie te deurbreek en in die erkenning v an die to eb eh o ren ' heid to t een w ereldom vattende christelike gem eenskap van kerke, die bereidheid om die eenheid v an die kerk te soek en daarvoor te w erk.
4) Ekum enies staan in verband m et die w êreldw ye sendingtaak v an die kerk.
M et die bepaling van die inhoud van die w oord ekum enies as die strew e na kerkeenheid en missionêre diens aan die hele w ereld, het ons die tw ee hoofm om ente aangedui van w at v andag bekend staan as die ekum eniese beweging. D ie ekum eniese bew eging streef om die verdeeldheid en skeiding w at om allerlei redes tussen kerke bestaan te oorw in, en m et die eenheidsgedagte w ord die m issionêre verbind wat mooi uitkom in die uitspraak v an die Ekum eniese R aad in 1951 : ekum enies kenm erk alles w at hom op die hele taak van die hele kerk in die verkondiging van die evangelie v ir die hele w éreld, betrek. Die betrekking tussen ekum enies en m issionêr w ord duidelik as ’n mens nagaan w at die kerk m et die w oord ekum ene bedoel h et toe h y die eerste keer gebruik is. In sy kom m entaar op Ps. 48 sê Basilius : die E th n é is diegene w at ver v an die geloof staan en die bew oners van die oikoum ené is diegene w at in die kerk is. D ie e th n é w o rd eerste genoem om dat hulle die evangelie m eer nodig h e t — die bew oners van die ekum ene m oet nie op hulle neersien nie, m aar hulle w at vreem d van die v erb o n d is in liefde opneem. In hierdie w oorde van Basilius lê
’n w aarskuw ing, n.l. dat ekumeniese interesse sonder missionêre interes- se o n v ru g b aar is,
D ie m issionêre verteenw oordig ’n sterk stroom in die hele eku- meniese bew eging. T rouens die sending vorm die hele agtergrond en groeibodem v an hierdie beweging. W a n n e e r ons h ie r ’n baie kort sket3 van die o n tstaan en ontw ikkeling van die bew eging gee, sal dit wel duidelik blyk. A s eerste baken m oet E d in b u rg h 1910 genoem word.
In opset en verteenw oordiging was hierdie sendingkonferensie eku- menies. D ie w êreldsending was hier verteenw oordig e n sy oogmerk w as eintlik om kragte te m onster en ’n opnam e van die w éreld te maak w at nog v ir die evangelie gewen m oet w ord. D aar was ’n vrolike op- timisme v an geestelike oorw inning van die w éreld. H ierd ie konferensic het van andere van dieselfde aard daarin verskil, dat h ie r ’n voortsettings' kom itee gekies is w aaruit later (1911) die Internasionale Sendingraad ontstaan het. D it was hierdie raad w at v o o rtaan verantw oordelik was vir verskillende w êreld'sending'konferensies, soos die van Jerusalem 1928, T am baram 1938, W h itb y 1937, W illin g en 1952. U it dieselfde konferensie v an E dinburgh het tw ee bew egings ontstaan : die een h e t hom besig gehou m et sake van geloof en kerkorde (F aith and O r d e r ) . T w ee konferensies is gehou, n.l. die eerste in L usanne 1927 en die tw eede in E d in b u rg h 1937. D ie an d er staan bekend as die Lewe en W e rk Bew eging (Life and W o rk ) w aarin d it gaan om die betekenis van die evangelie in die alledaagse lewe en w erk v an christene. V eral w ord gehandel oor sosiale en internasionale verhoudings. Die eerste
w êreldkonferensie van hierdie raad is in Stockholm gehou 1925, en die tw eede in O xford 1937. H ie rd ie tw ee bew egings h et op hulle ver- gaderings van 1937 besluit om ’n nuw e liggaam in die lewe te roep w aarin hulle albei verenig sal wees. D it was die begin van die W ereld - raad van Kerke w at in 1948 in A m sterdam ontstaan het. D ie eku- mcniese bew eging h e t nou bestaan u it tw ee strom e : die W ereld raad van Kerke en die Internasionale Sendingraad. H eirdie tw ee strom e h et op die konferensie van N u D elhi ineengevloei onder die een naam W e reld raa d van Kerke (1951).
V o o rd at ons enkele opm erkings maak oor die hoofm om ente van die bew eging, net enkele gegew ens oor die stru k tu u r van die W ereld - raad v an Kerke : D ie R aad w ord gevorm deu r die ledekerke. D ie hoogste gesag lê by die V erg ad erin g v an die R aad w at volgens kon- stitusie eenkeer elke vyf jaar saam kom en w aarop elke lid-kerk verteen- w oordiging het. T ussentyds d ra die sentrale raad die meeste verant- w oordelikheid, w at ook jaarliks vergader. D ie R aad h et vier afdelings:
1) ’n S tudieafdeling m et departem ente v ir geloof en kerkorde, kerk en gem eenskap, sendingstudies;
2) ’n A fdeling v ir ekum eniese aksie m et departem ente v ir die sam ew erking van m ans en vrouens in kerk, familie en ge- m eenskap; v ir die leke; die ekum eniese in stitu u t;
3) A fdeling v ir inter-kerklike h u lp en diens aan vlugtelinge;
4) D ie afdeling vir w êreldsending en evangelisasie.
T e n slotte is daar drie kom itees v an die W ereld raad . H ierdie Komitees se sam estelling verskil van m ekaar en elkeen h et sy eie geskiedenis en eienaardighede :
a) D ie Komitee v ir geloof en kerkorde, w at new ens ander vrae, hom veral besighou m et die probleem van die een- heid van die kerk.
b) D ie kom itee v ir w êreldsending en evangelisasie. D ie g ro o t
ste getal van sy lede w ord gekies d eu r die verskillende C hristelike Rade.
Die doelstelling v a n hierdie Kom itee is besonderlik die be
v ordering van die evangelieverkondiging in die hele w éreld;
die voo rtd u ren d e h erin n erin g van die kerk aan die om vang en k arak ter v an die onvoltooide evangeliese taak en die verdieping v an hulle sendingsverantw oordelikheid; om die studie v an die sk riftu u rlik e grondslag en die betekenis van die scndingstaak v an die kerk te stim uleer; om effektiew e
sam ew erking van kerke t.o.v. die w êreldsending te be- vorder.
c) D ie Komitee v ir internasionale sake. H ierd ie kom itee staan in noue verbinding m et die V .V .O . en nie in ’n goeie lig by ons in Suid-A frika nie H ierd ie kom itee h et o.a. aan 500 lede van die V .V .O . m em oranda gegee toe die apart- heidsbeleid in die V .V .O . bespreek is, w at die berugte be
sluit van die E vanstonse beraad b ev at h et en w at lui :
„ T h e Second A ssem bly of th e W o rld C ouncil of C hurches declares its conviction th a t any form of segregation based on race, colour o r ethnic origin is co n tra ry to the gospel and is incom patible w ith C h ristian d octrine o f man and w ith th e natu re o f th e C h u rch o f C hrist. T h e assembly urges th e churches w ith in its m em bership to renounce all form s of segregation o r discrim ination an d to w ork fo r th eir abolition w ith in th eir ow n life and w ith in society.
M iskien is dit hier die mees gepaste plek om m ededeling te doen van hoe die W ereld raad hom self en sy funksie verstaan. D ie aanvaarde basis v ir toetredende kerke lui as volg : D ie W e re ld raa d van Kerke is ’n gem eenskap van kerke w at Jesus C h ristu s as G od en Saligmaker bely volgens die Skrifte en daarom trag om tesam e hulle gemeenskap- like roeping te vervul to t die eer v an die een G od, V ad er, Seun en H eilige Gees. H ierdie basis is geen belydenis nie, om dat die W e re ld raad geen super-kerk wil wees nie. O p die Evanstonse vergadering is die volgende verklaring gemaak : die W e re ld raa d van Kerke is ’n in stru m en t to t diens van die kerke w at hulle in staat stel om in ’n broederlike gesprek m et m ekaar te tree, om saam te w erk op v e r
skillende gebiede en om gesam entlik teenoor die w éreld te getuig.
O n s sien daarvan a f om verdere uitsprake u it offisiële stukke van die W e re ld raa d van Kerke na vore te bring w aaru it sal blyk hoe die bew eging self sy wese en taak in die w ereld verstaan. O n s volstaan m et tw ee uitsprake w at ’n duidelike aanduiding gee van die opvatting van die W e re ld raa d oor die betekenis van die ekum ene. H ierdie twee uitsprake verteenw oordig ook tw ee gedagterigtings w at daar in die W e reld raad aangetref w ord. D ie eerste is 'n definisie v an die eku
meniese bew eging deu r W . A. V isser 't H o o ft, algem ene sekretaris van die W e re ld raa d in die T w e n tie th C e n tu ry Encyclopedia of R e ligious K now ledge, vol. 1., bl. 463 : D ie ekum eniese bew eging is die bew eging in en van die kerke w at streef om sowel die eenheid as die universaliteit (in dinamies, missionêre sin) w at in h e re n t in die chris
telike kerk is, te m anifesteer. D ie begrip ekum enies verw ys na die
u itd ru k k in g van die gegewe eenheid van die kerk binne die geskiedenis, (en d it kom) van die feit v an die eenheid in C hristus. D ie ekum eniese bew eging om vat derhalw e al sulke liggame, op internasionale, nasionale of plaaslike vlak, w at streef om u itd ru k k in g te gee aan die solidariteit en die fundam entele eenheid v an christene v an verskillende konfessies en denom inasies. H íer is die u itg an g sp u n t d at die kerk een is in Chris- tus, cn dat daardie eenheid gem anifesteer m oet w ord, m aar nie in ’n geïnstitueerde super-w êreldkerk nie. T e n oorvloede w ord d it d eu r die alg. Sekretaris beklem toon d at die W e reld raad geen w ereldkerk wil wees w at die bestaande kerke wil vervang nie. In hierdie opvatting van die ekum ene kom die gerigtigheid van die kerk op die hele w ereld in sy evangeliese getuienisdiens sterk navore, terw yl die sigbare een heid op een o f ander wyse v o orw aarde of v ru g v an die missionêre diens is. O p die eenheid deu r m issionêre verkondiging h et die D uitse Missio- loog W a lte r Freytag ook besondere klem gelê. V olgens hom kan ver- nuw ing van die kerk to t eenheid n e t in die missionêre verkondiging ge hoop w ord, en daarom b rin g h y eenheid en sending en eskatologie in noue verband m et m ekaar.
Die an d er gedagterigting in die W ê re ld raa d vind ons in T h e O x fo rd D ictionary o f th e C h ristian C h u rch , bl. 977. H ier w ord die ekum eniese bew eging gedefiniëer as die bew eging in die kerk to t o n t
dekking van die eenheid v an alle gelowiges in C hristus oor verskille van geloofsbelydenis, liturgie en beleid heen. D it probeer uiting gee aan daardie eenheid deu r en g er betrekkings in konferensies m et die oog op sam ew erking in gem eenskaplike take sowel as m et die oog op die uiteindelike hereniging v an die kerke, ’n W o o rd v o erd er v an hier- die denkrigting is C. C. M orrison (T h e u n fin ish ed refo rm atio n ). H y pleit vir een verenigde, sigbare, ekum eniese kerk m et uitsluiting van alle afsonderlike denom inasies. D it gaan h ie r om die aaneensm elting van alle kerke in die w éreld to t ’n m agtige dem onstrasie v an die e e n heid van die kerk. V erw erkliking van die sigbare eenheid van die kerk in een w êreldkerk is h ie r die doel. T oegew ing aan hierdie visie sal niks anders beteken as swig voor die Room se versoeking.
M et die oog op die diversiteit v an op v attin g binne die W êreld raad oor w at o nder die ekum eniese bew eging, en dus onder die begrip ekum ene, verstaan m oet w ord, en m et die oog op ’n m enigte v an b e sw are w at daar regtens teen die W e reld raad kan, en daadw erklik ook bestaan, kom die vraag op of daarm ee die saak w aarom d it in die eku
meniese bew eging gaan, laat v aar m oet w ord. D ie vraag is of daar so iets soos ekum enisiteit van die kerk bestaan w at to t die kerk-w ees as sodanig behoort. O ns h e t aan die begin reeds gesê dat daar in ons belydenisskrifte nie gepraat w ord v an e!;um ene of ekum enies nie. D it beteken eg te r nie dat die saak v an die ekum enisiteit nie im plisiteit in
65
die belydenis van die kerk gevind word nie. D aar is een saak wat ons bely ten opsigte van die kerk waarmee die ekumenisiteit ten nouste verbonde is, en dit is die katolisiteit van die kerk. D aar is mense wat beweer dat die twee maar een begrip is, die katolisiteit is egter die wyere en die diepere begrip as die ekumenisiteit. Persoonlik ondersteun ek die opvatting dat die katolisiteit en die ekumenisiteit onlosmaaklik tot mekaar behoort as twee dimensies van die kerk : die katolieke die ver- tikale en die ekumeniese die horisontale. M et ander woorde ons moet soek na die eenheid van die kerk, ons moet die ekumenisiteit van die kerk tot sy reg laat kom, op ’n ander weg dan, as die weg van die W ereldraad ons insiens verkeerd is. Die kern van wat ekumenies is sal ons moet vashou : die saamkom van die verskillende kerke tot gemeenskaplike diens en tot groter eenheid. Die eerste doel wat die kerk volgens Berkhof moet najaag is om teenoor die wéreld tot die werklikheid uit te groei waarin iets sigbaar w ord waarvan Ef.l : 21 spreek : dat alles gestel word onder die H oof Christus. Die lewe onder Christus, die Hoof, is teken van die normale lewe. T ot hierdie teken hoort ook die eenheid : een Hoof, een liggaam. Terwyl die kerk in die hoogte groei, na sy H oof toe groei, toeneem in geloof en liefde en in die kennis van Christus, na die mate groei die kerk ook horison- taal, na mekaar toe. Omdat groei in die hoogte, groei na Christus toe, ook groei in die breedte, na mekaar toe beteken, moet ons sê dat die ware ekumenisiteit daar begin wanneer elke kerk afsonderlik werk en bid en begeer om waarlik kerk te wees. Dan sal ons op die pad wees na die ware ekumene : wanneer ons van die volheid wat in Christus gegee is, groei na sy volheid. N a daardie volheid lei die Heilige Gees die kerk . . . . totdat ons in die volheid sal ingaan op die laaste dag wanneer H y kom. Die Koninkryk van God is die grens van die kerk, ook die grens van die eenheid, die ekumenisiteit van die kerk. D aar
heen is ons op pad, maar ons kom daar alleen w anneer H y kom . . . . maar daarheen moet ons ook op pad wees : ook van die ekumenisiteit van die kerk geld : soek en jy sal vind . . . . stry hard om in te gaan in sy koninkryk.
— F. J. van Zyl.