• Tidak ada hasil yang ditemukan

wat is die inhoude van die begrip african renaissance?

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "wat is die inhoude van die begrip african renaissance?"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

WAT IS DIE INHOUDE VAN DIE BEGRIP AFRICAN RENAISSANCE?

/

jl

Lesingsreeks - Die Burger

Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 Dr F van Zyl Slabbert

1. Die verskil tussen Africa en African Renaissance. Daar die knoop. Die een is beskrywend, die ander ideologies.

2. In Mei 1963 is die Organisasie vir Afrika Eenheid gestig. Volgens James Karioko is daar die volgende veertig jaar gestry oor wat beteken die word "African". Ek haal aan: "Curiously, the devil that was to plague early African diplomatic thought on African unity, was not to be found exclusively in the concept unity, but would emerge also from the word 'African'. As it turned out, when Africans themselves talked about African unity, the term African meant different things to different Africans."

3. Hy sê daar was drie breë konsepte van wat die word' African' beteken het:

(a) Kontinentaal of geografies - maar wat van die wit Suide?

(b) Rassies of velkleur - maar wat van Noord-Afrika en Pan-Negroïsme?

(c) Kultureel- Frankofoon of Anglofoon?

Hy sê : "Yet it is very clear, at its very inception, the OAV was scarred by a legacy of schisms: the Black! Arab divide, the diaspora/indigenous cleavage and the Francophone/Anglophone fissure."

4. Nou lyk dit nie of daar onduidelikheid is oor wat Renaissance beteken nie.

Karioki neem sy leiding van Mbeki en sê: "It is the quest for the restoration or acquisition of democracy, peace and prosperity that translates into a better life for all." Maar wat word nou met die woord 'African' bedoel?

5. Gustav Bergman tref 'n onderskeid tussen drie soorte stellings: evaluated, nie- evaluated en ideologies. 'n Ideologies stelling is een waar 'n waarde-oordeel voorgehou word as 'n feitlike stelling. Die woorde 'African' en 'Afrikaner' is gelaai met ideologiese spanning.

6. In diepverdeelde samelewings (kontinente) is daar drie tipes ideologiese sisteme:

eksklusief onverdraagsaam, inklusief onverdraagsaam en inklusief verdraagsaam.

Hoe gaan die African Renaissance beslag kry?

7. As ons sê die moet slegs 'n Afrika Renaissance wees, is dit minder problematies, want dan beteken dit dat die hele kontinent die herstelor ervaring van demokrasie, vrede en voorspoed moet beleef. Maar as die word 'African' 'n

(2)

fl'

bepaalde ideologiese inhoud kry, lS ons terug by die probleme waarna Karioki verwys het

8. Kom ons kuier weer by die begrippe demokrasie, vrede en voorspoed. Is hulle so onproblematies as wat hulle voorkoms? Wat is die heersende paradigma oor hoe hulle bereik kan word?

9. Sowel 'African' as 'Renaissance' kan verideologiseer word. In die mate wat dit gaan gebeur, gaan die 'n verdelende of integerende impak op ontwikkeling op die vasteland hê.

10. In die mate waartoe ons die ideologiese hitte uit beide konsepte kan verwyder, kan dit doodeenvoudig beteken dat vir almal wat op die vasteland van Afrika woon, daar gepoog moet word om die beste beskikbare inligting te gebruik om die voordele van demokrasie, vrede en voorspoed beskikbaar te maak. Dit in sigself is al 'n enorme taak.

Referensi

Dokumen terkait

My Ma Sodat ek kan weet waarvoor ek moet werk en hoe hard ek moet werk om die spesifieke doelwitte te bereik om na te dink oor die antwoord van jou Wiskundeprobleem, om na te dink

Die mense van die Kaapse Vlakte is seker die satiriste van die land, dis hoekom die politiek nie hier op gang kan kom nie—“Laat ons hoor!” Dan sê hulle: “Nee … “ Dis in die aard van

Hierdie was die eerste skip van die Vloot wat na die Tweede Wereldoorlog gebou is - di~ ander was almal gewese Britse skepe wat uit die oorlog self dateer het.. In 1955 is die kusmyn-

Doen die eksegeet dit, alreeds op hierdie beginstadium van sy arbeid, dan is hy nie besig met Dogm atiek nie, maar met voorskrywing van die dogma self en dan kan die Kerk met reg em

Dit is eintlik die wyse waarop die maatskappy hom- self van binne uit tot uitdrukking bring; kritiese teorie beteken dus eintlik dat die samelewing met hom self waardebepalend besig is

Sonder om in besonderhede te tree, sal die volgende in die pastorale gesprek aan die orde moet kom: * Omdat die huwelik 'n instelling van God is waartoe Hy een man en een vrou roep om

G aan ons terug in die geskiedenis van ons M oederkerk in die N ederlande, dan kan ons leer dat die regte wat ons vandag a s van­ selfsprekend beskou eers na 'n langdurige, afm attende

Internasionale ooreenkomste oar die omgewing: Implikasies vir Suider-Afrika en universiteite1 Intreerede gelewer November 2000 Henk Bouwman Skool vir Omgewingswetenskappe en