• Tidak ada hasil yang ditemukan

Gesondheid uit die grond uit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Gesondheid uit die grond uit"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

MEI 2022

www.agripulse.co.za

AgriPu se

Van al die groentesoorte wat in Suid-Afrika op varsproduktemarkte verkoop word, is aartappels die gewildste. Sowat 1 miljoen ton aartappels word jaarliks op Suid- Afrika se varsproduktemarkte verkoop en die res word op ander maniere versprei. Dit word in verskeie vorms verwerk en wêreldwyd elke dag deur meer as ’n miljard mense verbruik. Lees artikel op bladsy 3. (Foto: Charlize van der Linden.)

Gesondheid uit die grond uit

(2)

PAGE 2 MAY 2022

Damme in die Noordwes-provinsie Boskopdam: 103.1%

Bospoortdam: 102.6%

Buffelspoortdam: 100.8%

Disanengdam: 45.9%

Elandskuildam: 108.6%

Hartbeespoortdam: 96.8%

Johan Neserdam: 103.9%

Klein Maricopoortdam: 48.6%

Klerkskraaldam: 101.9%

Klipvoordam: 105.5%

Kosterrivierdam: 47.3%

Kromellenboogdam: 62.9%

Lindleyspoortdam: 62%

Madikwedam: 61.3%

Marico Bosvelddam: 101.3%

Middelkraaldam: 100%

Molatedidam: 44.9%

Ngotwoanedam: 47.3%

Olifantsnekdam: 69.6%

Pelladam: 56.8%

Potchefstroomdam: 104.6%

Rietspruitdam: 102.6%

Roodekopjesdam: 92.6%

Sehujwanedam: 99.4%

Setumodam: 62.7%

Swartruggensdam: 103.1%

Taungdam: 99.3%

Vaalkopdam: 96.8%

Meeste damme steeds propvol

AGRIPULSE – NOORDWES – Dit is die begin van Mei en amptelik die begin van die winter van 2022. Hoewel ‘n koue winter oor die algemeen verwag word weens die mildelike reën wat vanjaar oor groot dele van die land uitgesak het, beteken dit nog nie dat dit tyd is om die reënjasse of sambrele weg te pak nie. Nog goeie reën tot diep in die vyfde maand sal vanjaar glad nie ongewoon wees nie, volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Nogtans is die meeste opgaardamme in Noordwes, die Noord-Kaap en die Vrystaat na ‘n uitstekende reënseisoen tot oorlopens toe vol. Die jongste stand van damme soos deur die departement waterwese en sanitasie aan ons verstrek, is soos volg:

Damme in die Noord-Kaap

Boegoebergdam: 184.0%

Douglasdam: 133.8%

Kareedam: 13.1%

Leeubosdam: 0%

Spitskopdam: 113.3%

Vaalhartsdam: 104.6%

Die vlak van die vyf grootste opgaardamme in Suid-Afrika, is soos volg:

Vaaldam: 111.6%

Bloemhofdam: 107.8%

Sterkfonteindam: 102.6%

Van der Kloofdam: 105.8%

Gariepdam: 104.9%

Not to be missed NAMPO

AGRI-PULSE - The NAMPO Harvest Day, the biggest agricultural show in the southern hemisphere, will take place again this year after a two-year interruption as a result of the COVID pandemic.

Grain SA announced that NAMPO is set to take place in person this year, though in compliance with any national regulations that apply. That means visitors to NAMPO must have proof of vaxxination or a current negative Covid test to show.

Visit NAMPO near Bothaville from 16 to 20 May to see what’s new in agriculture. For the first time in the Harvest Day’s history it will be presented over five days – from the Monday to the Friday.

Interactive tractor & implement demonstrations are an unique feature of the show which allows farmers to view interactive demonstrations of an exhaustive range of machinery and impliments, establish their performance and effectiveness and use this knowledge for product purchases in future.

With more than 600 exhibitors, NAMPO is a not to be missed show on the agriculture calender.

COVID-19 Terms & Conditions: All ticket holders must show proof of vaccination OR proof of a valid negative Covid-test result not older than 72 hours.

Children 12 and under are exempted from vaccination/negative test policy.

All COVID regulations will be adhered to at the time of entry.

(3)

MEI 2022 BLADSY 3

AGRIPULSE - VRYBURG - Van al die groentesoorte wat in Suid-Afrika op varsproduktemarkte verkoop word, is aartappels die gewildste. Sowat 1 miljoen ton aartappels word jaarliks op Suid-Afrika se

varsproduktemarkte verkoop en die res word op ander maniere versprei. Dit word in verskeie vorms verwerk en wêreldwyd elke dag deur meer as ’n miljard mense verbruik.

Naas koring en rys is aartappels die derde grootste voedselgewas ter wêreld en die produksie en verbruik van aartappels het in die twee dekades tussen 2000 en 2020 verdubbel. In Suid-Afrika word aartappels gemiddeld op tussen 50 000 hektaar en 60 000 hektaar verbou en gedurende Desember 2021 en Januarie 2022 het ‘n totaal van 13 produksiegebiede, verspreid oor veral Noordwes, Limpopo, Vrystaat, Wes-Kaap, Noord-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, sowel as nie-produserende verskaffers nasionaal aartappels gelewer aan varsprodukmarkte.

‘n Totaal van 16 240 855 sakke aartappels is gelewer aan die markte. Dié gebiede produseer gesamentlik 2-2,5 miljoen ton aartappels per jaar, waarvan sowat 20% in aartappelskyfies en ander aartappelprodukte verwerk word. Suid-Afrika is een van die top-10 uitvoerders van saadaartappels ter wêreld. Een van die belangrikste besluite wat ’n aartappelprodusent moet maak, is die tipe kultivar om te plant. Hierdie besluit word deur verskeie faktore beïnvloed, waaronder kultivareienskappe, klimaat, produksiegebied, verbruikersvoorkeure, insetkoste en so meer. Baie van hierdie kultivareienskappe word deur die kultivarproewe wat deur Aartappel SA (ASA) se navorsingsafdeling gedoen word, geïllustreer. Die afgelope paar jaar domineer Mondialverkope op varsproduktemarkte. Mondial is verantwoordelik vir ongeveer 55% van alle aartappels wat op varsproduktemarkte verkoop word. Dit is interessant dat op verskeie aartappelkultivars gekonsentreer word wat aanplantings betref, maar dat die kultivar Mondial al vir meer as ’n dekade die gunsteling in Suid-Afrika is. In 2017 het dit meer as 40% van alle aanplantings uitgemaak, gevolg deur Sifra (20%) en Lanorma (7%). Dit beteken dat meer as 60% van aartappels wat verkoop word, Mondial en Sifra is. Volgens ASA het Afrika groot potensiaal as aartappelprodusent en as bydraer tot die bereiking van die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, wat onder meer daarop gemik is om armoede te verlig en goeie gesondheid te verseker. Afrika het gemiddeld slegs 5,6% tot die totale jaarlikse aartappelproduksie bygedra oor die tydperk van 1994 tot 2016. Charlize van der Linden het met ‘n aartappelboer (wat anoniem wil bly) in die Vryburg omgewing gesels om meer uit te vind oor plaaslike aartappelproduksie. Hy boer reeds 28 jaar in die Louwna/Coetzersdam area in die Vryburg omgewing met tafelaartappels en saadaartappels. Hulle het ongeveer 32 jaar begin met saadmielies en aartappels en die aartappels het baie beter winste getoon. Die aartappelproduksie was dus ‘n finansiële besluit gewees. Die gebied in die Vryburg omgewing is baie gunstig vir aartappels oor die sanderige grond wat daar voorkom en die tyd wanneer aartappels dan bemark kan word is van 15 Desember wat baie goed is weens die hoë aanvraag op die mark. Hulle aartappels is hoofsaaklik vir binnelandse gebruik, alhoewel fabrieksaartappels na Zimbabwe en Botswana uitgevoer word.

Hulle gebruik meer as een kultivar, wat verseker dat hulle aartappels goeie kwaliteit aartappels is met min siektes en in die redelike droë toestande werk dit baie goed. Die hoofkultivar wat geplant word vir tafelgebruik is Sifra, wat ‘n groot ronde aartappel met ‘n gladge skil is en is redelik gehard. Jy kies ‘n kultivar wat by jou plan van boerdery inpas. Vir die someraanplanting wat in Junie/Julie plaasvind, word meestal tot selfs 100% Sifrat kultivar gebruik wat deur WesGro in Christiana geproduseer word en waarop hulle patentereg het. Indien jy wil selfproduseer moet tantieme aan WesGro betaal word. Wat fabrieks en -saadaartappels betref kan dit self gekweek word en onder die Aartappelsertifiseringsdiens (ASD) inskryf word en ‘n tantiem betaal aan die maatskappy wie die lisensiehouer is van die spesifieke variteit wat jy gebruik.

Aartappelsboerdery is baie arbeidsintensief veral in die pakstore waar die aartappels vir die mark verpak word. Die plant- en oesproses is reeds baie gemaganiseerd, maar jy moet groot genoeg plant

Gesondheid uit die grond uit

om meganisasie ook te bekostig. Meganisasie speel ‘n baie belangrike rol in die aartappelbedryf, maar is baie duur, omdat die beste toerusting

Europese toerusting is. Suid-Afrikaanse maatskappye vervaardig wel

goedkoper produkte, maar die boerdery moet groot

genoeg wees om die duur toerusting en meganisasie

te kan bekostig. Vir die 2022 seisoen was die insetkoste rondom

R200 000 per hektaar vir aartappels. Die insetkoste vir die volgende seisoen is nog onberekenbaar weens kunsmis en gif wat verdubbel het en brandstof wat ook geweldig hoog is. Die nuwe seisoen se

insetkoste kan dalk R250 000 minimum per hektaar wees. Die huidige wêreldtoestande het

‘n geweldige effek op die insetkostes. Dis nog steeds ‘n vraag-aanbodproduk. As die vraag hoog is en aanbod is laag dan is prys hoog. Daar kan egter nie staatgemaak word op kontrakpryse in die aartappelbedryf nie. Aartappels moet eenkeer in vier tot vyf jaar siklus geroteer word. Indien jy dus 20 hektaar wil plant, moet jy vyf sirkels hê van 20 hektaar elk wat dan op rotasiebasis gebruik word. Daar is ‘n somerplanttyd wat van Julie tot einde Oktober (wat die beste planttyd is) verloop. Die eerste aartappels se begin blomfase is in Oktober en oestyd is van 15 Desember tot einde Maart. Winteraanplanting is Desember tot Januarie en blomtyd is middel-Maart en oestyd is Junie en Julie. ‘n Aartappelboerdery is ‘n deurlopende besigheid. Middel tot einde Maart begin hulle met die maak van nuwe hektaarsirkels, spilpunte word geskuif, voorbereiding van die lande word gedoen en dan begin planttyd in

Junie/Julie tot Oktobermaand. Versorging vir die aartappels wat geplant is word daagliks gedoen vanuit boorgate. Vanaf September/Oktobermaand moet pakstore reggekry en voorberei word, masjienerie moet gediens en gebreke moet herstel word. Van Desember tot einde Maart is die oestyd van aartappels. As jy ‘n gediversiviseerde boerdery het met beeste, pekanneute, mielies, paprika, ens. saam met die aartappels, moet die res van die boerdery aangaan sodat dit nie afskeep word nie. Vroeë jare was daar baie droë lande en baie bome is verwyder vir aangeplante weiding.

Die oop, droë lande is dan gebruik vir aartappels.

‘n Sirkel waar aartappels geplant is, word skoongemaak en is baie hoog in kunsmis, fosfaat, kalium en stikstof. Daar word dan aangeplante weiding soos borsetjiegras of bloubuffelgras geplant wat help om die aalwurmtelling laag te hou vir die volgende aartappelseisoen. Grond waar aartappels geplant word, word verseker verbeter en dit bekamp bosindringing.

(4)

MAY 2022 PAGE 4

AGRI-PULSE – LICHTENBURG – Die jongste uitbreking van bek-en- klouseer in Noordwes en Gauteng , het boere en ander belanghebbendes bekommerd nadat die gevreesde veesiekte in Maart in die Vhembe- distrik in Limpopo kop uitgesteek het met nog twee gebiede in KwaZulu- Natal wat ook deur die siekte geraak is.

Op ‘n beesplaas tussen Ventersdorp en Potchefstroom waar ‘n voerkraal bedryf word, is ‘n geval van bek- en klouseer onlangs deur die departement van landbou bevestig en is dié plaas saam met agt aangrensende plase onder kwarentyn geplaas.

Volgens ‘n opvolgverslag deur die direkteur van Veeartseny Dienste, dr. L. Madyibi wat op 7 April 2022 uitgereik is, het ‘n naburige plaas van die oorspronklike plaas waar die siekte uitgebreek het, ook positief getoets vir bek-en klouseer. “Deurgaanse toesig, inspeksies en bloedtoetse word op die naburige plase in die Potchefstroom- omgewing gedoen. Sowat 450 beeste en 341 skape is geinspekteer maar geen tekens van die siekte kon aan hulle gesien word nie. Vyf padblokkades is by strategiese punte in die omgewing deur die SAPD en Verkeersdepartement ontplooi,” het hy gesê.

Volgens mnr. Nico Kilian,

voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) in Noordwes is die bekamping van die siekte ‘n groot uitdaging vir die veebedryf en die staat (Dept. Landbou). Hy sê geen vee mag uit rooi gebied (waar uitbrake is), vervoer word nie en dit is hartseer dat Noordwes nou so ‘n uitdagende siekte moet beveg omdat die produsent in die Potchefstroomdistrik regulasies oortree het waarvoor hy tot op hede nie deur die staat aangekla is nie.

“Veilingsagentskappe in Noordwes werk ook hard saam om die siekte te bekamp. Alle vee wat by veilings opdaag word sorgvuldig t.o.v. art. 6 en art. 8 sertifikate geinspekteer.

Die dept. Landbou is besig met konsultasie met produsente om besmette

vee in Noordwes moontlik te slag om verspreiding van die siekte te voorkom.

Produsente het wel ‘n keuse t.o.v.

uitslagting, veral van stoetvee.”

Hy sê die Naspeurbaarheidstelsel (LITS) word sterk gedryf deur die RPO om voorkomende maatreëls hierdeur te ondersteun en dat boere ook vrywillig daaraan sal deelneem sodra Noordwes ingesluit word by die stelsel. “Geen produsent mag teenentmedisyne koop en dit self toedien nie. Besmette vee op kwarenteinplase gaan deur die staat geënt word en slegs die staat mag die entproses dryf,” het Kilian bygevoeg.

Mnr. Boeta du Toit, Hoofbestuurder van Agri Noordwes het na afloop van

‘n NWRPO vergadering wat op 22 April 2022 deur verskeie rolspelers verteenwoordig is, die volgende gesê:

“Geen nuwe voorvalle het gedurende die laaste twee weke voorgekom nie en besmettings is nog steeds beperk tot die geïdentifiseerde plase wat reeds onder kwarentyn geplaas is. Monitering vir kliniese simptome vind deur inspeksies plaas en opvolg viriologiese monsters word lukraak onderneem. Die siekte is gelokaliseer op die gekwarantynde plase en die uitbraak word nou as onder beheer beskou gegewe die heersende omstandighede. Dit is dus nie wydverspreid soos in ander provinsies nie. Konstrolepunte soos reeds ingestel gaan voort en rekords van voertuie waarvan die wiele ontsmet en gemonitor word as dit vee vervoer, word volledig gehou. Wees bedag daarop om nie mislei te word deur ongegronde informasie uit ander bronne nie.”

Die voorsitter van die nasionale RPO, mnr. James Faber het gesê die behoefte aan naspeurbaarheidstelsels het nou krities belangrik geraak weens die uitbreking van bek- en klouseer.

Die WNNR ontwikkel die stelsel en die toetsfase word tans in endemiese areas uitgevoer. “Op inisiatief van die RPO het verteenwoordigers van die veebedrywe en private diensverskaffers onlangs vergader met die doel om met ‘n praktiese vrywillige stelsel af

te skop. Die inisiatief sal aanvanklik fokus op individuele diere-identifikasie met unieke oorplaatjienommers en sal op ‘n dringende basis in die bees- en kleinveebedrywe geïmplimenteer word,” het Faber gesê.

Dr. Fritz Ras, grootdierveearts van Lichtenburg het interessante feite oor bek-en-klouseer gedeel:

In Suid-Afrika is die aanvanklike oordrag van bek-en-klouseer vanaf besmette draerbuffels na beeste.

Die hoofoordrag van die siekte van bees na bees vind hoofsaaklik plaas net voor, en in die paar dae nádat die eerste siektetekens waargeneem word.

Dit is ‘n virussiekte en ook een van die hoogs aansteeklike veesiektes in die wêreld.

‘n Dier wat wat geïnfekteer is, sal binne drie dae tot ‘n maksimum van 14 dae ook siek word en siektetekens toon.

Die dier sal dan gewoonlik binne

‘n verdere 7 – 14 dae herstel omdat die dier self immuniteit teen die virussiekte ontwikkel.

Die virus kan alle gesplete- hoefplaasdiere en wildspesies aantas, maar kom meestal in beeste voor.

Oordrag van die siekte vind plaas wanneer ‘n bees wat besmet is, siek word terwyl dit in direkte kontak of in die direkte omgewing is van gesonde beeste.

Die uitbreking versprei indien geïnfekteerde of siek beeste en ander gespelete-hoef plaasdiere dan vervoer word na ander gebiede waar die siekte nie reeds voorkom nie.

Die virus kan ook uitgeasem word en mikrodruppels vorm wat deur die wind oor langer afstande versprei kan word.

Die virus kan ook in die omgewing oorleef.

Omdat dit ‘n virussiekte is, bestaan daar ook geen primêre behandeling nie en is slegs ondersteunende behandeling moontik terwyl die dier se eie

immuniteit ontwikkel om te genees.

Siektetekens is speekselvloei en mankheid.

Bekamping van bek- en klouseer groot uitdaging vir veebedryf

Rou sere tussen die kloue vorm wanneer die blase gebars het. Meer as een hoef word gewoonlik aangetas en in baie gevalle al die hoewe.

Diere het aanvanklik ‘n hoë koors en blase kom in die bekslymvliese en op die bokant van die tong, boonste harde verhemelte, tandvleis en binnekant van die wange, voor.

Rou sere in die bekslymvlies vorm nadat blase gebars het. In party gevalle is daar los stukke slymvlies op die rande van die sere wat die oorblyfsels is van blase wat gebars het.

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die oorsprong van die Embden ganse is vermoedelik van die Noordsee-streek in Nederland en Duitsland, van die dorp Emden (wat vroeër met ‘n ‘b’ gespel is) in

‘Lower Saxony’, waar hulle die Italiaanse wit ganse met hul plaaslike pluimvee gekruis het. Edward Brown, in sy 1906 ‘Races of Domestic Poultry’, het geglo dat die ras geskep is deur die Duitse wit ganse met die Engelse wit ganse te kruis en dan, deur ‘n proses van noukeurige seleksie, die gans te teel soos dit vandag is. Ander stel voor dat die Engelse Emden se groot gewig en grootte geproduseer is deur selektiewe teling met die Toulouse-ras, wat toe uitgeteel is en die groot lyfgrootte van hierdie ras gelaat het. In elk geval, die kontinentale pluimvee wat gebruik word om die moderne pluimvee te teel, stam heel waarskynlik van die groot wit landras van Frisia af, wat reeds in die 13de eeu gevestig is. Die Embden-ras was oorspronklik bekend as die Bremen. In Duits staan die ras bekend as Emder Gans of Emdener Gans.

Die mannetjie weeg gewoonlik van 12,7 tot 15,4kg en die wyfie van 10,9 tot 11,7kg.

Algemene kenmerke vir die ganse is die liggaamvorm wat regop, uitdagend en die liggaamstipe breed, dik en goed afgerond. Hulle het ‘n ronde bors met baie min, indien enige, aanduiding van ‘n kiel. Skouers en agterlyf is breed. Hulle het ‘n lang reguit rug met ‘n diep bors, wat dubbellobbig is. Die vlerke is groot en sterk met ‘n nou stert, goed uitgebeeld. Die kop is lank en reguit met ‘n snawel wat taamlik kort is en sterk aan die basis. Hulle oë is “bold” en hulle nekke is lank en swaanagtig, die keel vorm saam met die onderkaak en nek, dit wil sê sonder ‘n “gullet”. Die bene en voete is van mediumlengte met groot en sterk onderbene. Die tone is reguit en die verekleed is hard en styf.

Diskwalifikasies is as daar enige vere ‘n ander kleur as wit is.

Die snawel moet oranje wees, die oë is ligblou en die bene asook die webbe op die voete is ‘n helder oranje. Verekleed is ‘n suiwer glanswit.

Embden ganse

van eenderse vere

(5)

MEI 2022 BLADSY 5

(6)

MAY 2022

PAGE 6 MEI 2022 BLADSY 7

AGRI-PULSE – Agri NW het die Jongboer van die Jaar by Senwes in Klerksdorp aangekondig.

Die luisterryke oorhandiging het op Vrydag 29 April in The Barn plaasgevind.

Die Jongboer van die Jaar is Herman du Preez (38) van Agri Klippan.

Die boer se plaas buite Lichtenburg bestaan uit 3 dele – braaikuikens, bees- en saaiboerdery.

Harry, soos hy genoem word, wil sy plaas meer volhoubaar en winsgewend maak deur op muwe tegnologie en opleiding van sy personeellede te fokus. Hy het in die Lichtenburg-omgewing grootgeword en is met Surina getroud. Hulle het drie kinders.

Hy is nou betrokke by veiligheidstrukture en dien as diaken in die kerk. Harry sal die provinsie by die nasionale kompetisie verteenwoordig.

Hy wen saad ter waarde van R120 000, ‘n wegbreek, kontant en dekking teen werksbeserings op sy plaas.

Die ander twee finaliste is Anje Lubbe (Makwassie) en Fanie Badenhorst (Delareyville). Fanie kon nie teenwoordig wees nie.

Fanie is ‘n beesboer en Anje se plaas is ‘n kombinasie van saai en braaikuikens.

Fanie getroud en dien op die kerkraad.

Anje is ‘n gekwalifiseerde sjef met ‘n kwalifikasie in fotografie en onderwys. Sy is ongetroud.

AGRI-PULSE – Die tema van die Agri NW Jongboerkongres is “Dis jou beurt”.

Die frase is deurentyd aangehaal tydens die kongres op 29 April by Senwes in Klerksdorp.

Waarom juis “ Dis jou beurt”? Die landbou is besig om die gevolge van covid af te skud en boere moet nou alle geleenthede aangryp, want dis hul beurt. Willem De Chavonnes Vrugt, president: Agri NW, het gesê boere moet mekaar nou meer as ooit ondersteun, omdat die NW-klimaat nie altyd goed vir landbou is nie en die regering boere gefaal het.

‘Die uittredende voorsitter van die NW-

Jongboerkomitee, Louis Wessels, het boere as besonderse mense beskryf, “mense wat glo in wat hulle nie sien nie.

Dis geloof”.

Hy het bygevoeg jongboere kan ‘n verskil maak in die veranderende tye.

Corné Kruger, finansiële bestuurder: Senwes, wat namens die groep se hoof- uitvoerende beampte Francois Strydom gepraat het, het gesê die wêreld het verander met Covid en nou die oorlog in Europa.

“Europa het negatiewe groei en SA het steeds positiewe groei. Landbou en mynbou dryf SA groei en ten spyte van verskeie negatiewe gebeure groei SA steeds.

Prof Ferdi Meyer, direkteur: BFAP, het gepraat oor die impak van politieke onstabiliteit in landbou. (Meer oor sy praatjie in ‘n ander berig).

Chris Koch, bestuurder: risiko en strategie: Senwes, het die boere toegespreek oor scenario beplanning met duidelike boodskappe: bly een stap voor jou mededinger, doen navorsing, beplan vir uiterstes en moenie dink die toekoms is soos die verlede nie.

“Bekamp te veel selfvertroue en moedig oop debat aan,” is ook belangrik vir scenario beplanning.

Die borge is bekendgestel met onder meer NWK, Nedbank en ATKV Buffelspoort wat die jongboere steun.

Die ATKV het die boere laat dans op internasionale dansdag!

AGRI-PULSE – Prof Ferdi Meyer het ‘n rooskleurige prentjie geteken in ‘n wêreld vol onsekerheid.

Ferdi, direkteur: BFAP, het gepraat oor wêreldperspektief/ die waardeketting en internasionale politieke onstabiliteit.

Die droogte in 2015 en 2016 het die pryse van gewasse erg benadeel en toe kom Covid. Boere het besluit om te plant en so voedselsekuriteit te verseker.v

Volgens hom was dit die beste besluit, want toe kom die oorlog in Europa en pryse skiet die hoogte in en almal soek surplus gewasse.

Volgens Ferdi is landbou slegs 3% van SA se ekonomie, maar 11% van die voedselketting.

“Ek het onlangs geleer onsekerheid gooi modelle deurmekaar. Die oorlog bepaal sonneblompryse en die pryse van mielies, sonneblom en soja is die hoogste nog. Dit is tot R5 000 per ton vir mielies.”

Volgens hom het SA genoeg sonneblom, maar die prys is so hoog, want Rusland en Oekraïne produseer 56% van die wêreld se sonneblomme. Kunsmispryse is net so hoog, want Rusland is ‘n groot produsent. SA moet invoer.”

Van die uitdagings vir boere is die wisselvallige weer met ‘n moontlike El Nino op pad, die hawens wat nie die druk kan hanteer nie en die uitbreiding van markte.

Die rol van die regering moet ook meer gedefinieer word, want die regering kan nie en mag nie boer nie.

“Hy moet net die omgewing skep vir landbou.”

Hy het afgesluit deur te sê “Covid was goed vir landbou, en die toekoms lyk goed”.

“Landbou is egter ‘n pendulum. Pryse sal weer draai.”

AGRIPULSE – NOORDWES – AgriPulse het in ons vorige uitgawe genoem dat SA vanjaar een van sy suksesvolste en grootste oesjare in ‘n baie lang tyd verwag. Volgens prof Ferdi Meyer, besturende direkteur van BFAB – produseer Suid-Afrika oor die langtermyn gemiddeld tussen 700 000 tot 800 000 ton sonneblom op ongeveer 500 000 ha. Soos vroeër genoem verwag Suid-Afrika vanjaar ‘n rekordoes van sowat 960 000 ton sonneblom wat op nagenoeg 680 000 ha geproduseer is.

Hierdie is baie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse sonneblombedryf en verteenwoordig nie alleen die tweede grootste sonneblomoes in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse sonneblomproduksie nie, maar ook die grootste oor die afgelope twee dekades.

Dit moet beklemtoon word dat die internasionale sonneblombedryf hom tans in ‘n kritieke stadium bevind vanweë die konflik in die Oekraïne.

Rusland en Oekraïne is beide baie groot produsente van sonneblomsaad, sonneblomolie en die sonneblomkoekmark en baie prominente uitvoerders.

‘n Mens wonder hoeveel mense weet dat die twee lande In totaal nagenoeg 56% van die wêreldhandel produseer.

Prof Meyer sê dat Suid-Afrika se sonneblomoes vanjaar met taamlike gemak in ons binnelandse behoefte sal voorsien en dat invoere van die buiteland nie in die vooruitsig is nie. Prof Meyer sê dit is nie algemeen vir Suid-Afrika om sonneblom – veral saad - vanaf die buiteland in te voer nie.

Wanneer dit wel gebeur, is dit uitsluitlik sonneblomolie en sonneblomkoek wat vanaf lande soos Bulgarye en Argentinië ingevoer word.

Net só is Suid-Afrika nie ‘n groot rolspeler as uitvoerder van sonneblom nie. Indien dit egter by hoë uitsondering wel gebeur, geskied dit slegs in beperkte hoeveelhede na nabygeleë buurlande soos Botswana, Namibië, Mosambiek en Zambië omdat vervoerkoste relatief laag is.

As die lesers dalk gewonder het hoe die sonneblomwaardeketting funksioneer, is die eenvoudige som soos volg: Gemiddeld word 35%

sonneblomolie en ‘n verdere 42% sonneblomkoek uit ‘n enkele ton sonneblom verwerk. Sonneblomolie is uiteraard bestem vir menslike gebruik terwyl die sonneblomkoek ‘n belangrike rol as bron van proteien in die Suid-Afrikaanse veevoermark speel, aldus prof Meyer.

Tweede grootste sonneblomoes in geskiedenis verwag

Danelle du Plooy verlustig haar hier in ‘n land van goudgeel sonneblomme en hou haar lyf model. Verskeie faktore waaronder die buitengewone goeie reën het daartoe bygedra dat Suid-Afrika vanjaar die tweede grootste sonneblomoes in die geskiedenis verwag.

Jongboer van die Jaar aangewys

Boere hoor ‘dis jou beurt’

‘n Oorkonde is aan Gideon van Zyl gemaak.

Nelius Beyers van Makwassie is die nuwe ondervoorsitter van die

Jongboer- komitee, en Edrich Badenhorst van Delareyville die nuwe voorsitter.

Aan die stuur…

SA voorbeeld vir die wêreld

Prof Ferdi Meyer, van BFAP het by die Agri NW Jongboerkongres gepraat.

Herman du Preez is by Emil Pretorius,

markontwikkelingsbestuurder: Santam Landbou. Herman du Preez, Jongboer van die Jaar, is by sy

regterhand, sy vrou Surina.

(7)

PAGE 8

Norman Mokgosi living off

the land in Mabeskraal

AGRI-PULSE – MABESKRAAL- Having worked for almost 25 years in the smelter industry both in the North West province as well as the Limpopo area, Norman Mokgosi, who resides In Mabeskraal, 99.5 kilometers outside of Rustenburg, has endured quite a lot of struggle when it comes to bringing food to the table for his family and his immediate community. After an unfortunate accident at his workplace, where he sustained injuries to his leg, Mokgosi was unable to exercise his duties of providing for his family. Then it hit him, a lesson which was once taught to him by his parents and grandparents. In an exclusive interview with Jabulani Senyatso of the Agri Pulse on Thursday afternoon (21 April), Mokgosi said his parents taught him the skill of living off the land.

“When I left formal employment, the knowledge that I learned from my parents and grandparents was the only thing that has sustained me. I registered a company in 2010 however, due to the red tape; the company started operating later on. I have since acquired land and have employed three people who work on a daily basis from 08: 00 in to 14:00,”

explained Mokgosi.

Amongst the products produced by him and his team, are spinach, tomatoes, chilies, lettuce, green pepper as well as onions to name a few.

With Mabeskraal classified as poverty stricken villages, with less access to opportunities, Mokgosi is requesting any assistance in any form to further his business.

He has, since registered his company, been

sponsoring it from his own pocket, from the money he received from the little funds he received from his former employers. His workers get paid R200 per fortnight because the sales from the business have not yet picked up.

“Since I stay very far from the Rustenburg Central Business District, It has been very difficult to market my products, which is why I had to approach the Agri Pulse for assistance, since I know the newspaper reaches a lot of

potential sponsors in the North West and the Northern Cape. I would like to realise my dream of supplying retail companies, “Mokgosi said.

He does not have access to electricity nor water. He pays his neighbour R400 per month just to fill up his JoJo tank.

If anyone would like to assist Mr Mokgosi in any form, they can contact him at 066 349 7586 or 081 4766 433. Emails can be sent to [email protected].

He pays his neighbour R400 per month just to fill up his JoJo tank.

Onions which are ready to be harvested and sold to members of the community.

He also has a special spot in his garden where he grows green pepper.

MAY 2022

The lettuce gr ows abundantly due to the fertile soil.

Norman Mokgosi worked for many years in the Smelter

industry where he unfortunately sustained injures to his leg.

(8)

MEI 2022 BLADSY 9

Herlewingslandbou en Prosopis

deur Laura Allais

In oorleg met dr Hendrik Smith van Asset Research www.assetresearch.org.za

AGRI-PULSE - Herlewingslandbou of

bewaringsboerdery is ‘n moderne onderwerp wat deesdae baie bespreek of oor gelees word.

Baie mense weet glad nie wat die begrip beteken wanneer hulle daarvan hoor nie.

Wat behels dit in die praktyk? Hoe word herlewingslandbou nou einlik toegepas?

Ons moet altyd in gedagte hou dat daar ‘n paar basiese beginsels is waaraan voldoen moet word, wanneer ons vra of boerderypraktyke as

“bewaring” beskou kan word.

Hierdie beginsels is:

Moenie die grond versteur nie.

Hou die grondoppervlak bedek.

Hou lewende wortels in die grond.

Kweek ‘n diverse reeks gewasse of plante.

Moedig biodiversiteit aan.

Bring diere wat wei terug op die veld.

Dit is met hierdie beginsels in gedagte, dat ons sal poog om kwessies wat deur ons lesers geopper word, aan te spreek

Ons sal probeer om ons advies, voorstelle, oorwegings binne bogenoemde paradigmas in lyn te bring en poog om dit so te bespreek dat dit sin maak.

Boere en ander grondgebruikers word aangemoedig om hulle unieke situasies te toets en dit dan aan te pas.

‘n Leser het die volgende gevra: Ons moet die uitheemse Prosopis plantegroei in ons streek uitroei.

Ons is aangeraai om ‘n insekspesie van ‘n ander kontinent in te voer wat bewys is as ‘n natuurlike plaag van Prosopis.

Wat is jou siening?

Daar was groot suksesse in klassieke biologiese beheer in die landbou en oop veld/

weiveld, wat groot belangstelling in die gebruik van hierdie tegnologie vir biodiversiteitsbewaring en volhoubare omgewingsbestuursdoeleindes, aanmoedig.

Onbedoelde gevolge van verskeie biologiese beheerprojekte het egter gelei tot ‘n geldige kommer dat potensiële omgewingsvoordele nie altyd die inherente risiko’s regverdig nie.

Die risiko dat ‘n ander uitheemse spesie, sodra dit ingebring is, buite sy beoogde omvang sal versprei, is bewys en het in baie gevalle voorgekom. Dat die gevolge van so ‘n verspreiding nie genoeg aandag deur navorsers gegee word nie, verdien miskien noukeuriger aandag en begrip, ook deur boere en lede van die breër samelewing.

Aardverwarming en klimaatsverandering kan byvoorbeeld lei tot gewysigde resultate en verminderde doeltreffendheid van ingevoerde biologiese beheermiddels en hul teikens, selfs soms veroorsaak dat hulle “nie tipies” optree.

Wanneer biobeheer oorweeg word, glo ek, alle ander opsies moes oorweeg en uitgeput gewees het, aangesien die kumulatiewe en gevolglike gevolge van biobeheer wat verkeerd loop, katastrofies kan wees, wat baie meer probleme skep as waarmee ons begin het, naamlik ‘n indringerplantspesie.

In die geval van Prosopis is daar die alternatief om ‘n bron van inkomste vir gemeenskappe in die area te skep, deur ‘n volhoubare bron van vuurmaakhout te verkoop, houtskoolproduksie of die maak van biochar van

‘n ander bron as antieke natuurlike eerste groei bome/woude, die oes van die groen peule vir veevoer, terwyl die bome terselfdertyd verwyder word, hetsy met die hand of chemies.

Chemiese behandeling van individuele boomstompe, alhoewel nie in herlewingslandbou gebruik word nie, word verkies bo die onoordeelkundige lugbespuiting van groot dele van die grond.

As ‘n volgende stap sal ‘n mens die leemte moet aanspreek wat die verwydering van Prosopis, of enige ander, uitheemse plantegroei tot gevolg sal hê.

As dit nie reg bestuur word nie, kan uitgestrekte oop stukke kaal land lei tot grootskaalse wind- en watererosie en

vernietiging, gegewe die ongewone swaar reënval wat sommige gebiede die afgelope jare ervaar het.

Ons kan nie ‘die agteruitgang van die natuur sy gang laat gaan nie’ - dit het ons hulp nodig om te beskerm en te herstel.

Ons kan nie ‘die agteruitgang van die natuur sy gang laat gaan nie’ - dit het ons hulp nodig om te beskerm en

te herstel.

(9)

MAY 2022 PAGE 10

Klik hier op jou elektroniese toestel of gaan na https://bit.ly/perfectpotatowedges om

na ‘n video van hierdie kooksessie te kyk.

Perfect potato wedges

Ingredients:

8-10 medium sized potatoes Olive oil Salt

Garlic (But you may leave it out if y

ou prefer and substitute with Rosemary) 7,5ml Baking soda

Method:

Pre-heat oven to 180° C.

Rinse the potatoes and chop into quarters.

Add baking soda and salt t enough water to cover potatoes o and par-cook until partially cooked.

Mix olive oil with garlic or rosemary (or spices of your choice) in a large bowl.

Remove par-cooked potatoes from water and place in colander to remove excess water.

Add to olive oil mixture, slightly squashing the potatoes and then toss them thoroughly to cover with the oil.

Bake the potatoes for 40 - 45 minutes or until the potatoes turn crispy and golden.

This recipe is also great when fried in an Air Fryer – about 20 minutes at high heat will do the trick. Jus remember to turn the potatoes t over to ensure they are evenly air- fried at the 10-minute mark.

Getting dressed…

Adding some colour and crisp…

Agri-Pulse – Rustenburg – Who doesn’t like potato? They are so versatile, and prepared correctly, they are fit for a king. Potato wedges have always been a crowd pleaser – but they can be tricky to make. You do not want them pale and mushy; you want them golden brown, crispy and bursting with flavour. Here is a great recipe to try out:

Om lekker te skryf

Deur Salomé Kotzé

AGRI-PULSE – Min dinge maak Christelle van Rooyen- Wessels so opgewonde as om ‘n boek wat sy geskryf het, vars van die drukpers te kry.

Jare gelede toe sy as junior verslaggewer by Klerksdorp Rekord gewerk het, het die geraas van die drukkery by die koerantkantoor, al die ink in haar are laat bruis. Later het sy as redakteur van Stellalander besluit sy moet ten minste haar hand aan een boek waag. “Daar is mos darem ten minste een goeie storie in elke mens,’’ knipoog sy.

Nou, ‘n paar jaar later, kan Christelle gerus wees dat sy haar gevestig het as een van Suid-Afrika se beste spanningsverhaalskrywers. Met nie net een goeie storie uit haar pen nie, maar drie wat nou al die lug gesien het. En as jy so na Christelle se opgewonde gesels luister, is daar nog ‘n paar boeke op pad na haar uitgewer toe.

Die derde krimi in haar Francke-trilogie, Om Beter te kan Moor, is goed ontvang deur die leserspubliek. Ons gesels terwyl die ink nog warm is, en Christelle se glimlag is van oor tot oor.

“Om Beter te kan Moor is, op die oomblik, vir my baie spesiaal. Adder, wat ewig en altyd die naaste aan my hart sal bly, was effens soos om uit te vind jy’s swanger wanneer dit nie is wat jy beplan het nie – so ‘n mengsel tussen ongeloof, skok, angs en blydskap.

“Ek sit steeds party dae en wonder hoe het ek so gelukkig geraak dat my ou manuskrippie voor ‘n sagte oog by Penguin beland het? En dan maak ek maar soos my ma se psalm- liedboek gesê het: Tel jou seëninge, tel hulle een vir een.’’

‘n Hele paar jaar het verloop sedert Christelle se eerste

boek, Adder verskyn het, met sy opvolg, Brandmerk daarna en nou, die laaste boek in die reeks, Om beter te kan moor.

Vir haar is elke boek ‘n meesterstuk op sy eie. “Brandmerk was, op vele vlakke, ‘n uitdaging. Dit was die hele tyd in my agterkop hoe goed Adder gevaar het, en ek het bewustelik probeer om dit na te doen; baie stresvol! En dan sit jy onnodige druk op jouself. Boonop het Covid sy vrystelling met meer as agt maande vertraag. Gevolglik was Om beter te kan Moor basies klaar geskryf teen die tyd wat Brandmerk verskyn het.”

Die derde boek volg die reeksmoordenaar David Francke (spoiler alert as jy nie die eerste twee boeke gelees het nie) na sy ontsnapping en waar hy sy moordtog in die Kaap voortsit.

As joernalis het Christelle se neus vir nuus bygedra om ‘n geloofwaardige storielyn daar te skep.

“‘n Hele klompie ware nuusgebeure het bygedra tot die storielyn. Veral die hoeveelheid kindermoorde in die Kaap wat in 2017, 2018 baie in die kollig was. En dan ook speurder Ben Booysen – van die Krugersdorpmoorde-faam. Nadat ek

‘n hele paar berigte oor hom gelees het, het ek by hom geleen vir ‘n ander dimensie aan kapt Beyers van der Rheede wat die kindermoorde in Om Beter te kan Moor ondersoek,’’ gesels sy. Christelle het ‘n wenresep beet. Resensent

Stefaans Coetzee beskryf die boek as een van die beste spanningsverhale vir die jaar. Dankie tog, haar skryf is nog lank nie uit nie. Hou dop vir ‘n boekbekendstelling in ‘n dorp naby jou en kom ontmoet die skrywer wat reeksmoordenaars soos prima donna’s laat lyk.

In elke paradys is daar ‘n slang, en wat is ‘n sprokie sonder ‘n aaklige wolf? Wanneer Hechter Stander Strand toe trek, is hy lus vir sy nuwe uitdaging. Hy wil daar oor begin.

Maar iets is nie pluis nie. Skuil daar ‘n onwelkome gas wat Hechter se lewe in ‘n nagmerrie wil laat ontaard?

En wat presies het van David Francke geword? Is hy dood – soos wat sy ma, Klara glo? Indien hy is, hoekom word die lykies van dogtertjies meteens al langs die see van die Overstrandgebied gevind.

Die geskende lyke van twee volwasse vroue laat die polisie kop krap, want is daar ‘n skakel? Het dié voorvalle dalk ook iets te doene met ‘n moordenaar wat hawelose vroue in Pretoria doodgemaak het?

Ou bekendes, soos Kaptein André Coghran en Sers Lisamore Talakase maak ook weer hul verskyning. Ook Ronnie kom loer in.

Dan is daar ‘n nuwe karakter, Uwe Fuchs – ‘n

bedrogondersoekbeampte vir ‘n bankgroep. Uwe is no-nonsense, baie puntenerig, feitlik militaristies – maar met ‘n klein, sagte hartjie waar dit diere aangaan. Hy het nie ‘n vreeslike hoë dunk van reeksmoordenaars nie – in sy opinie is reeksmoordenaars prima donna’s wat deur aandagsoekery gedryf word.

Lesers leer ken ook vir Katherina – ‘n hardekoejawel deeltydse musikant wat ‘n 10 op die Helene-skaal is. Hul maak ook kennis met Katherina se boesemvriend, Leon, ‘n regte Adonis met ‘n vlymskerp brein, en ewe skerp humorsin.

Sinopsis van Om beter te kan moor

Christelle van Rooyen-Wessels

(10)

MEI 2022 BLADSY 11

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Vroue Landbou-unie (VLU) se doel is om aan die vrou geleenthede te bied om haarself te verryk op alle terreine van vrouwees sodat sy ‘n bydrae kan lewer tot haar gesin en die gemeenskap.

Die organisasie is nie-polities, nie-sektaries, tweetalig en oop vir alle vroue bo 14 jaar tot 116 jaar!

Die organisasie bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Kunste en Handvlyt, Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake en Landbou en Tuinbou.

Noordwes provinsie is verdeel in drie streke naamlik: Platina, Sonneblom en Verwes.

Platina-streek het nege takke wat naby of in die dorpe Brits, Derby, Groot-Marico, Skuinsdrift en

Rustenburg (vyf takke in Rustenburg-omgewing) aangebied word. Sonneblomstreek het nege takke wat naby of in die dorpe Fochville, Potchefstroom, Klerksdorp, Ventersdorp, Grootpan, Mareetsane en Lichtenburg aangebied word en Verwes het agt takke wat naby of in die dorpe Bloemhof, Delareyville, Wolmaransstad, Leeudoringstad, Makwassie, Setlagolé en Stella aangebied word.

Delareyvilletak, leer byvoorbeeld dames van die gemeenskap om masjienwerk te doen.

Hul word ook geleer hoe om hul eie patrone uit te knip. Artikels word gemaak en dan verkoop sodat hul finansieel selfstandig kan raak.

By Skuinsdrifttak word die dames in die gemeenskap geleer om handborduurwerk te doen. Hul maak artikels wat ook verkoop kan word en ʼn inkomste verdien. Dis maar net ʼn paar projekte wat uitgelig word.

Verskeie takke in Noordwes provinsie bied dogters- en seunsdae aan in vakansietye.

Kinders word byvoorbeeld geleer hoe om naaldwerk, kunswerk en gebak te bemeester.

Die kinders geniet dit terdeë en woon graag hierdie kreatiewe en opvoedkundige dae by.

Die onkostes is ook minimaal want die doel is om kinders op te lei en handvaardig te maak.

“Ons kan mekaar baie vaardighede leer en ons kan talente deel, maar die belangrikste deel van opheffing is deur ‘n ander vrou te aanvaar in haar unieke vrouwees en die mooi in haar raak te sien.

Ons kan nie die wêreld omkeer nie, maar ons kan èèn vrou se lewe aanraak en so kan ons

‘n verskil maak in haar klein kringetjie sodat sy weer die verskil in haar huisgesin en gemeenskap kan wees!”

Noordwes VLU

Noordwes Uitvoerende Bestuur 2022: Van links agter is Sanja-mari van Rooyen (NWVLU-nuusredaktrise), Istella van Rhyn-Nel (NWVLU- skakelbeampte), Hester Koegelenberg (Verwesstreekvoorsitster), Louise Herbst (Platinastreekvoorsitster) en voor van links Maatjé Hobson (NWVLU-beoordelaarsameroepster), Genevieve Conradie (NWVLU 1ste-Vise en Sonneblomstreekvoorsitster) en Gerda Swart (Platinastreekvoorsitster).

Dames word onder andere geleer om masjienwerk te doen, om handborduurwerk te doen en ook hoe om hul eie patrone uit te knip. Artikels word gemaak en dan verkoop sodat hul finansieel selfstandig kan raak.

AGRI-PULSE – DURBAN - The South African sugar industry has lost more than R223 million so far after heavy rains and floods caused damage to thousands of hectares of cane crops, the South African Cane growers Association has said.

More than 300 cane growers in the region participated in a survey by the Cane growers’

Association and reported damage to crops on 2,516.65 hectares of cane fields which now need to be replanted. Sugarcane crops on these fields suffered severe crop and root damage due to the flooding that has wreaked havoc in KwaZulu-Natal. Losses incurred from damage to the crops alone currently stand at nearly R195 million.

The excessive rains over the past weeks not only hurt sugarcane crops it also destroyed farming infrastructure to the tune of just a little less than R28 million. The association said that access routes to cane mills and farms have also been affected. The flood damage comes just eight months after rioting and looting last year rocked KZN, one of South Africa’s key sugar- producing provinces, where 554,000 tons of cane, worth R84 million, was damaged in arson attacks.

The flooding and rain damage is a further blow to the industry, which is still recovering from years of severe droughts, cheap imports,

and the sugar tax. “It is clear that this latest tragedy could be the final death knell for hundreds of cane growers and the rural livelihoods they support. In particular, small- scale growers are most at risk of not recovering from losses of this magnitude,” the South African Cane growers’ Association said.

At the behest of the Department of Trade, Industry and Competition and the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, the association has compiled a report based on the survey’s findings, which it handed over to national government this week.

The association has requested that government include it in its disaster management plans for KZN and that it offers financial and infrastructure relief to affected cane growers, to ensure that they replant their cane fields and generate cash flow as they rebuild. “SA Cane growers remains committed to working closely with government to ensure critical relief is provided to growers severely impacted by the recent catastrophic events,” the association said. “With our industry continuing to face a number of challenges including the influx of cheap imports and the health promotion levy, we need to do all we can to assist these growers to rebuild so they continue to support the workers and communities who depend on them,” it said.

Bitter loss for sugar industry

(11)

MAY 2022 PAGE 12

AGRIPULSE – BRITS – Daar word mos gesê:

‘n boer maak ‘n plan, maar ‘n vrou maak twee…

en dit is presies wat Carien Kruger, boervrou en mede-eienaar van Hencar-boerdery net buite Brits op die R511, doen.

Carien en haar man, Hendrik Kruger, is sedert 2015 eienaars van dié boerdery, maar dié veelsydige boervrou staan nie net aan die stuur van die boerdery se tegniese afdeling en bemarking nie, maar sy plant ook vir 11 verskillende saadmaatskappye proewe én doen volledige studies oor watter kultivars die beste in spesifieke toestande sal groei.

AgriPulse het by haar gaan inloer om meer oor die verbouing van tamaties in die Brits- omgewing te gaan uitvind.

Sy vertel dat Brits oor die algemeen goeie weer, met warm temperature het en dit maak die toestande ideaal vir die plant van tamaties.

“Tamaties hou nie van koue nie en daarom plant ons glad nie in die winter nie,” sê Carien.

“Van die gewildste tamaties is die Rodade, sekerlik omdat dit die tipiese ronde tamaties is wat in slaai gebruik word. Hier op ons plaas is daar 39 hektaar waar ons die ronde Saladette en Rosa (cocktail) tamaties plant, aangesien dit die beste in die Brits-omgewing groei.”

Carien vertel verder dat sy ongeveer drie jaar gelede begin het om proewe (sade van verskillende tamatiekultivars) te plant om sodoende te bepaal wat die behoeftes van elke variëteit is. Sy het tans een hele hektaar waar daar net proewe geplant en gemonitor word. Elf van die top saadmaatskappye in die land maak van haar dienste gebruik om die saad te plant.

“Dis baie opwindendend om die hele siklus van elke saadjie te kan beleef,” sê sy met ‘n duidelike passie vir die boerdery. “Ek het tans 45 verskillende kultivars aangeplant.”

Volgens haar is die moderne variëteite gewoonlik van goedkoper variëteite gekweek om hulle meer weerstand teen siektes en plae te gee.

Carien, ‘n tamatieboer by uitstek

Elsabé Klein

“Navorsing het gevind dat die ouer variëteite wat jare gelede geplant is, se weerstand teen siektes baie laag is, daarom streef die bedryf daarna om beter en sterker kultivars te teel.

Hencar se tamaties word oor twee seisoene, Augustus tot Desember en Desember tot Maart geplant. Die tamatie-boerdery is baie arbeidintensief omdat dit hoofsaaklik met die

hand geoes word. Hencar lewer tonne kraakvars tamaties aan die mark en spesifieke pakhuise.

Van stilsit is daar nie sprake nie, want selfs in haar besige skedule bied Carien ook werkswinkels oor die verbouing van tamaties aan, waar sy onder andere haar uitgebreide kennis oor peste en plae wat tamaties aanval, deel. “Die Tuta Absoluta mot rig tans groot

skade op tamatie-oeste aan en ek probeer sover moontlik om boere van die nodige inligting te voorsien om die euwel in sy spore te stuit,” sê Carien.

Tamatieboere is welkom om Carien vir meer inligting oor dié verwoestende pes asook ander vrae oor die verbouing van tamaties by 084 220 0024 te skakel.

Tamatieverbouing is baie arbeidintensief en tamaties word met die hand gesorteer en vir die markte gepak.

Carien Kruger by ‘n paar hektaar waar hulle murgpampoentjies (baby marrows) aangeplant het.

Nóg ‘n groentesoort wat Carien-hulle plant is ‘patty pan’-pampoentjies, wat natuurlik in Brits se klimaat floreer.

Hencar lewer tamaties aan verskeie

pakhuise en markte, soos die Grow-

agentskap op die Pretoriamark. Hier is

Hannes Beukes en Deon Vermeulen van

dié agentskap.

Referensi

Dokumen terkait

Dit sal onbillik wees indien die applikant nie op die administratiewe billikheidsregte geregtig is nie, omdat haar venvagting om 'n regverdige en billike besluit met betrekking tot die

Alle menings wat in hierdie werk uitgespreek word of gevolgtrekkings waar= toe geraak word, is die van die ondersoeker en moet in geen geval beskou word as 'n weergawe van die menings

Met die beantwoording van die vraag sal daar getoon word dat dit in die hele saak nie maar net moet gaan om ’n geskiedkundige klasbespreking nie, maar dat dit moet gaan om die aanbied

Dit moet dan beteken dat daar geen noemens- waardige verskille van mening tussen hulle mag kom nie; dat hulle mekaar in die gewone alledaagse omgang baie salopsoek en dat hulle steeds,

Dra die ontvanger geen kennis van byvoorbeeld die literêre norme en waardes heersend in die China van 1950 nie, kan ’n teks uit dié tyd moeilik as literatuur gelees word deur ’n

Kopstukke : Uit Drie Eenaktes 3 Nou, elke keer as my oupa ruk - ek het jou mos gesê met Parkinson's ruk 'n mens so aanmekaar - nou ja, elke keer wanneer die oukêrel ruk, het die voëls

As jy nie met hierdie weeklag ophou nie, gaan hulle jou na 'n plek stuur waar jy nooit weer die lig van die son sal sien nie: vêr van hierdie land in 'n gewelfde kerker sal jy leef, en

In betrokkenheid op ’n sodanig gekose parametermasjien kan ’n liggaam sy snelheid derhalwe nie diskontinu, dit wil sê met ’n oneindig- grootte versnelling verander nie, omdat daarvoor