• Tidak ada hasil yang ditemukan

UIT ELEKTRA - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "UIT ELEKTRA - LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

UIT ELEKTRA Deur SOPHOKLES

(In Afrikaans vertaal deur J.P.J. van Rensburg)

CHRUSOTHEMIS:

Waarom, my suster, het jy al weer hier by die voordeur so hard kom staan en praat? Wil jy na al die jare nie leer om jou dwase hart met 'n leë wrok te troetel nie? En tog weet ek dit darem van myself ook: dat ek treur oor wat hier aangaan. As ek net die krag kon kry, sou ek wys hoe ek teenoor hulle voel!

Maar vir my lyk dit die beste om in hierdie stormsee die seile in te trek:

mens moenie maak of jy iets wil doen as jy onskadelik is nie. Ek wil hê dat jy ook so moet doen. En tog, die regte pad hang nie van my raad af nie, maar van jou keuse. Maar as ek my vryheid wil behou, moet ek my owerheid in alles gehoorsaam.

[Aan die koor]

Ek is min of meer gewoond aan haar taal, vriendinne. Ek sou die hele saak nooit genoem het nie, as ek nie gehoor het dat 'n baie groot ramp oor haar gaan kom nie, 'n ramp wat dié lange weeklagte van haar sal laat ophou.

[Aan Elektra]

Goed, ek sal jou alles vertel wat ek weet. As jy nie met hierdie

weeklag ophou nie, gaan hulle jou na 'n plek stuur waar jy nooit weer die lig van die son sal sien nie: vêr van hierdie land in 'n gewelfde kerker sal jy leef, en daar jou ellende kan besing! Dink hieroor na, en as dit jou tref, moet my nooit hierna verwyt nie! Nou is die tyd om verstandig te wees.

Hulle het klaar besluit om dit te doen, sodra Aigisthos tuis kom.

Dink jy nie aan jou lewe nou hier nie? As jy net geweet het om verstandig te wees. Ek leer jou om jou owerheid te gehoorsaam.

Maar jy wil nie luister en my raad aanneem nie. Dan sal ek gaan en

(2)

doen wat ek gestuur is om te doen. Moeder stuur my om vir vader offerandes op sy graf uit te giet. Vir hom wat sy self vermoor het. So wil jy dit mos sê! Wat ek weet is maar net 'n bietjie om te vertel.

Die storie gaan rond dat sy gesien het hoe die vader van jou en my uit die dode opstaan en weer by haar is; en toe het hy die septer wat hy self eenmaal gedra het, maar wat Aigisthos nou het, geneem en by die vuurherd geplant; en 'n sterk tak het uit die septer gegroei, en sy skaduwee het oor die hele land van Mukene geval. Min of meer so het iemand dit vir my vertel, wat by was toe sy die droom aan die Songod openbaar het. Meer as dit weet ek nie, behalwe dat hierdie vrees die rede is waarom sy my nou uitstuur. Daarom smeek ek jou, by die Gode van ons volk, luister na my en moenie deur dwaasheid tot 'n val kom nie. As jy my nou afstoot, sal jy eendag in ellende na my kom soek!

As iets reg is, is dit onsinnig dat twee mense nog daaroor twis: hulle moet liewer sorg dat daar gou iets gedoen word.

[Aan die koor]

Maar as ek gaan probeer om dit te doen, moet julle, liewe vriendinne, my asseblief tog help deur stil te bly. Want as my moeder dit te hore kom, meen ek, sal dit vir my nog bitter te staan kom dat ek so 'n poging gewaag het.

---ooOoo---

(Teks by DALRO verkrygbaar)

Referensi

Dokumen terkait

Madagaskar weer 'n Franse kolonie In die eerste deel van hierdie artikelreeks is aange- toon dat die doel met die veldtog nie was om met die Franse status van Madagaskar in te meng

In die lig hiervan kan daar geredelik aanvaar word dat die pleitstukke in die saak onder bespreking in hierdie opsig nie te kort geskiet het nie en dat die hof se versuim om punt vir

En in sosiale media wys mense dan net ’n sekere kant van hulself – die kant wat hulle glo aanvaar sal word en nie geoordeel sal word nie.” En vir dié wat weens kulturele en sosiale

 Skryf die antwoord neer wat jy dink die beste is en gaan na die volgende vraag..  Indien jy al die vrae op ʼn bladsy beantwoord het, gaan na die volgende

Jy kom ooreen om ’n deposito van 10% op die afslagprys te betaal en die uitstaande balans sal oor ’n tydperk van 48 maande afbetaal word teen ’n enkelvoudige rentekoers van 6% per

musiek te maak in jou klein warm hoek van hierdie bloedige en geweldige Ryk; as jy wil jammer wees, gaan uit, gaan kyk in die slawestalle waar ons saamgehok lê, dier vas aan dier,

Soos vyf vlamme het hulle daar uitgekom - hulle moes hulle klere van hulle afskeur - maar hulle het hom uitgebring… Daar sal niks met jou pa gebeur nie.. Hulle maak

Ja, die hele dorp het gekom om my huis vol te stink met die sweet van hulle onderrokke en die gif van hulle tonge.. Juis so moet 'n mens praat Amelia, op hierdie vervloekte dorp sonder