• Tidak ada hasil yang ditemukan

UIT ELEKTRA

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "UIT ELEKTRA"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

1

UIT ELEKTRA Deur

HUGO VON HOFMANNSTHAL (In Afrikaans vertaal deur I. Smuts)

Orestes die verbanne seun van Klutainmestra en Agamemnon keer terug na sy ouerhuis met sy leermeester. Om die paleis binne te kom vermom hy hom as 'n boodskapper wat sy eie doodstyding bring. Die toneel speel af in die binnehof van die paleis. Orestes kom binne en sien Elektra waar sy geluidloos soos 'n dier in die grond grawe. Sy hou op, kyk om haar rond en grawe verder. Orestes staan by die poort van die binnehof 'n swart silhoeët teen die laaste strale van die son. Hy kom binne. Sy skrik.

ORESTES:

Het jy dan niks op aarde wat jy liefhet nie, dat jy iets uit die grond moet grawe om te liefkoos? Is jy dan heeltemaal alleen? [Pouse] Ek kan nie gaan nie. Ek moet hier wag.

Waar woon jy in hierdie huis? Is jy 'n diensmeisie in die paleis?

[Pouse] Ek kan nie gaan nie. Ek het jou gesê ek moet hier wag tot hulle my roep.

Ek en nog iemand saam met my, het 'n opdrag aan die koningin. Ons is na haar gestuur omdat ons kan getuig dat haar seun, Orestes, voor ons oë gesterf het. Sy eie perde het hom na sy dood gesleep. Ek was so oud soos hy en dag en nag sy metgesel. Die ander een wat saam met my is, 'n ou man, was ons leermeester.

Wat makeer jóú dan? Hulle verheug hul daaroor in hierdie huis. Laat hom wat dood is, dood wees. [Saggies] Laat Orestes met rus.

Orestes het nou eenmaal gesterf en dit alles moes so gebeur. Sy lewe was vir hom te groot 'n vreugde, want die gode duld nie die alte helder klank van uitbundige plesier nie. Ook die sterk geklap van vlerke voor die aand verdra hulle nie. Hul gryp gou na 'n byl en spyker die wese aan die donker boom van sy noodlot, wat êrens, heimlik, lank reeds vir hom gegroei het. So moes hy dan sterf. [Lang pouse] Wie is jy dan?

(2)

2

Ek kan nie anders as om te dink dat jy 'n bloedverwant moet wees van hulle wat gesterf het, Agamemnon en Orestes, nie.

Elektra?… Nee! Elektra moet tien jaar jonger wees as jy. Elektra is groot, haar oë hartseer maar sag, terwyl joue vol bloed is en haat.

Elektra woon weg van die mense en bring haar dae deur by 'n graf waarby sy waak. Twee, drie vroue het sy om haar wat haar geluidloos dien. Diere sluip skugter om haar woning en vly hul teen haar aan as sy die huis verlaat.

Dan sien ek haar? Sien ek haar werklik? Jy? Dan het hulle jou gebrek laat ly of - hulle het jou selfs geslaan?

Sê dit vir my! Sê my dit! Sê!

Elektra! Wat het hulle jou laat deurmaak in die nagte! Verskriklik is jou oë!

Elektra, luister na my. Luister, ek het nie tyd nie. Luister ek durf nie hard praat nie. Luister na my. Orestes leef. Maak geen geluid nie.

As jy jou roer, verraai jy hom.

Hy is ongedeerd soos ek.

Om my vader se liggaam. Daarvoor het die kind gekom sodat nog in hierdie nag hulle wat moet sterf sal sterf.

Wie is ek dan? Die honde op die werf erken my, en my eie suster nie?

Orestes. As iemand in the huis jou gehoor het, het hy nou my lewe in sy hand.

Laat hierdie liggaam van my bewe. Dink jy nie hy sou nog veel erger bewe as hy kon vermoed op watter pad ek hom sal lei nie.

My ou leermeester is saam met my. Tog is dit ek wat dit sal doen. Die gode sal daar wees om my te help? Wie die gode is dit weet ek nie.

Ek weet net hierdie taak het hulle my opgelê en sou ek huiwer verwerp hulle my. Ek sal dit doen. Ja, ja. As ek my moeder voor die tyd net nie in die oë hoef te kyk nie.

O my suster, lyk my moeder nie soos jy nie?

Sy het 'n wit hemp oor my vader gegooi, en toe slaan sy op dit wat voor haar gestaan het, op dit wat hulpeloos en sonder oë was en wat

(3)

3

sy gesig nie na haar kon keer nie, wat sy arms nie kon bevry nie - daarop het sy met opgehewe byl van bo af geslaan?

Elektra! Ek wil dit doen, ek wil dit gou doen.

---ooOoo---

(Teks kan verkry word by DALRO)

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie raamwerk moet ontwikkelingsriglyne vir beide landelike en stedelike gond in die provinsie in~luit."~' Soos elders genoem,"36 word ontwikkeling van grond op plaaslike vlak beheer

Tradisioneel is die posisie van die vrou in die samelewing byvoorbeeld afgelei van ’n bepaalde siening van haar rol in die huwelik – en daar is op grond daarvan aangeneem dat sy op alle

Dit is onvermyde- lik dat haar lugkasteel intuimel en haar man en seun kom haal haar ’n paar weke later.. Dit is egter nie lank nie en sy is weer op pad na haar volgende

Reeds met haar debuut in 1985 met Diepe Grond is die grond- slag gelê vir ’n oeuvre gekenmerk deur uitge- breide metaforiek en multivlakkige dekode- ringsmoontlikhede waarbinne

239: “Terwyl sy by Christian sit en hulle op die mert wag, is daar twee keer kloppe aan haar woonsteldeur.” word daar twee maal aan die deur geklop pp. 239: “Waar pas hy in hier in die

iet ver van de plaats, waar Oranje- en Vaalrivier samenvloeien en waar than eene van Zuid-Afrika' aanzienlijkste teden ligt, bestond een dertigtal jaren geleden nog slechts hier en daar

En Piso, hier voor getuies, soos ons ou gewoonte, sê ek ons vriendskap af.. ---ooOoo--- Uitgewers:

Maria beweeg na Elizabeth en kniel voor haar Die voorsienigheid was goed vir u, my suster… want u is die oorwinnaar, en ek staan op my knieë voor u.. Maar wees vriendelik en gee my u