• Tidak ada hasil yang ditemukan

Lugkasteel. Annelie Botes. Kaapstad

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Lugkasteel. Annelie Botes. Kaapstad"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

201 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 54 (2) • 2017

Lugkasteel.

Annelie Botes.

Kaapstad: Penguin Random House Suid- Afrika, 2016. 280 pp.

ISBN 9781770229297 (druk);

ISBN 9781770229303 (ePub).

DOI://dx.doi.org/10.17159/tvl.v.54i2.2987

Lugkasteel is Annelie Botes se dertiende boek. Sedert haar debuut wat in 1995 verskyn het, het sy haarself in verskeie genres gevestig. Onderwerpe waaroor sy al geskryf het, sluit in outisme (Raaisel- kind, 2001), dobbelverslawing (Trippel Sewe, 1995) asook molestering (Thula Thula, 2009). Sy ontvang ook die ATKV- prys vir gewilde prosa vir Klawervier (1997). Met Lugkasteel plaas sy die soeklig op haar persoonlike selfontdekking, die alewige soeke na groener weivelde en lugkastele wat intuimel. Die boek fokus tog ook op diegene wat sterker aan die ander kant uitkom.

In Sabbatsreis (2007) vertel sy hoe sy in 2004 op ’n vliegtuig klim om ’n ouma, genaamd Granny, vir ’n jaar te gaan oppas. Slegs ses maande nadat sy weer terug by die huis is, gaan sy Engeland toe. Dit is híér waar die reis na Lugkasteel begin. In Engeland is sy die goewernante vir vier onhebbelike adelstandkinders in

’n grillerige en vuil kasteel. Die “lord”, soos sy hom noem, is glad nie betrokke nie en die ma is ’n paniekerige en verstrooide asempie wat afgemat is as gevolg van haar vier kinders se gebrek aan dissipline. Verder ly Botes honger en moet sy eiers uit die hoenderhokke steel en skille en hoenderkos eet om aan die lewe te bly. Sy is op die rand om te

verkluim en sy moet haar kamer met ’n bonatuurlike wese deel wat snags in die kasteelgange ronddwaal. Maar hierdie Kammanasie-vrou, soos sy na haarself verwys, gee nie sommer moed op nie en toets haar uithouvermoë. Later rig sy

’n ou toegegroeide Mercedes-Benz in as weg kruipplek waar sy kan dink, huil en in haar dagboek skryf. Dit is onvermyde- lik dat haar lugkasteel intuimel en haar man en seun kom haal haar ’n paar weke later. Dit is egter nie lank nie en sy is weer op pad na haar volgende avontuur.

Botes skryf skreiend eerlik en saam met persoonlike ervaring en goeie navorsing hou sy die leser geboei. Die samevoeging van humor en die onheil- spellende verander die boek in veel meer as die verhaal van ’n vrou wat vier stout kinders in ’n kasteel oppas. Sy maak haar lesers deel van die misterie sodat selfs hulle hoendervleis sal kry wanneer sy in die donker gang met die voetboeie en sla- ghuishake loop met ’n asem wat in haar nek blaas. So ook wanneer sy tot die besef kom dat iemand saam met haar in haar kasteelkamer is en sy Louise, wat reeds oorlede is, se grys vlegsel in die laaikas vind. Karakters wat verder tot hierdie on- heilspellende aspek bydrae is Oksana, ’n boomskraap kasteelskoonmaker wat soos

’n blinde gees in die kasteel ronddwaal, asook die misterieuse Witkat wat haar kamer in die aande besoek, maar later spoorloos verdwyn. In ’n onderhoud op LitNet bevestig Botes dat sy sommige van die vreemde gebeurtenisse nie by die boek ingesluit het nie, omdat sy bang was mense dink sy “plak die pap opsetlik dik aan” (Botes en Hugo). Of lesers dink

(2)

202 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 54 (2) • 2017

dat hierdie bonatuurlike insidente waar of onwaar is, maak egter nie saak nie, want dié element maak vir ’n lekker-lees- ervaring wat jou laat soek na meer.

Dit is ook opvallend hoe sy tussen die verlede en hede beweeg en haar tyd by die kasteel met haar lewe vervleg. Haar lewensverhale fokus heelwat op haar tyd as musiekjuffrou in Bedford in die Oos- Kaap. Sy vertel onder andere van Magda Labuschagne wat klavier gespeel het op

’n stuk papier en sy wat Botes is wat dié

“klavier” moes stem. Sy vertel ook van die jaar van die vloed toe die gryse, haar man, ’n kind gered het. Haar herinner- inge word met ’n humoristiese inslag vertel dat jy nie kan help om te skater van die lag nie. Karakters soos Ernie, die knoffelplanter wat ’n ploeg met sy Cortina-bakkie trek, laat jou krul van die lag asook die insident waar ’n Jack Russel vanaf die kerkgallery op ’n oom val en die oom skree: “Help my, Jirre. Iemand het my met ’n hond gegooi!” (130). Hierdie staaltjies boei die leser, omdat Botes elke verhaal gebruik en dit terugtrek na die onderwerp van selfontdekking.

Die boek handel ook oor Botes se soeke na meer. Dit vind veral aanklank by diegene wat nie glo dat die lewe slegs moet bestaan uit kinders grootmaak en huisskoonmaak nie. Met die lees van die boek wonder die leser voortdurend hoekom sy dit aan haarself doen, maar dit gaan oor soveel meer as net sý wat na groener weiveld soek. Hieroor sê sy:

“[a]l pak ons nie ons soetkyste en val in die wapad nie, bly dit iewers in die holtes van ons dagdrome dat ons eendag ons planne só sal beraam om by groen

weivelde aan te kom. Dis hoe die mens is” (3). Dit gaan oor soveel ander wat óók voortdurend na lugkastele soek, maar wie se kastele uiteindelik intuimel.

Dit wil ook voorkom of Botes haar ingewikkelde verhouding met die skryf- proses wil deel. Dit vind moontlik aanklank by ander skrywers, omdat skryf vir haar ’n nimmereindige inner- like stryd is. Sy brei veral uit oor hoe dit haar van sosiale geleenthede en haar man afsonder. Sy skryf onder andere oor die verskonings wat sy gebruik om nie te skryf nie, soos huisskoonmaak en werk in die tuin. Maar soos sy sê moet alle afdraaipaaie op die boekreis weer by

’n grootpad aansluit (121). Die voltooiing van die boek is vir haar dus onvermyde- lik, maar haar boekreis het baie afdraaie.

Lugkasteel is ’n boek met verskeie fa- sette wat strek vanaf humor, hartseer tot die bonatuurlike. Die skryfstyl, woord- keuses asook woordspeling word kreatief saam met persoonlike ervaring gebruik om ’n goeie storie met ’n duidelike bood- skap te skets—ons almal se lugkastele stort soms in duie, maar die lugkasteel waarvoor jy voortdurend soek, is dalk reg onder jou neus.

Geraadpleegde bron

Botes, Annelie en Trisa Hugo. Boekonderhoud: Lug- kasteel deur Annelie Botes. 30 Nov. 2016. LitNet.

<http://www.litnet.co.za/boekonderhoud- lugkasteel-deur-annelie-botes/>

Ruchelle Lombard

[email protected] Universiteit Stellenbosch Stellenbosch

Referensi

Dokumen terkait

Hulle gevolgtrekking is dat wit en swart in sulke verskillende omstandighede groot word dat dieselfde leerplanne nie gebruik kan word nie.34 Die volgende vraag is: Hoekom het Verwoerd

Nie alleen vorm die groep n filmmaatskappy nie - dit is alreeds ver- teenwoordigend van toneelspel - en word daar baie van bewustelike storievertelelemente in toneelspel deur

Om die terminologie van die taalkundige De Sausure te gebruik, wat die verskynselle lang age verdee I in la langue en Ia parole: dit gaan hier nie so- seer om la parole nie, dit is die

En ek dink hy moes baie oortuigingswerk gedoen het by die Departement Vervoer en dié wat nie wetenskaplikes was nie, want jy weet, dit is seker maar menslik as jy ‘n plek koloniseer,

Mev Marie Williams het haar tien jaar lank beywer om al die nodige gegewens oor die familie te versamel voordat sy dit aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vir publikasie-

Suid-Afrika het ’n minister van onderwys nodig wat nie vanuit die lojale partypolitieke dampkring kom nie, maar wat hom/ haar as visionêre leier kan bewys in onderwysgeledere, ’n

Die digproses in haar volle kompleksiteit bly ’n te- matiese obsessie en vergestalt weereens in ’n gedig soos “Hierdie is nie ’n liefdesvers nie” 17.. Die ironie is dat hierdie

Sy is vlot in Swahili, hanteer ’n geweer en ’n perd meesterlik, sy leer as kind verskeie belangrike lesse oor die natuur by ’n bejaarde swart man en haar verbondenheid met die kontinent