• Tidak ada hasil yang ditemukan

Proefskrif goedgekeur vir die graad

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2023

Membagikan "Proefskrif goedgekeur vir die graad "

Copied!
231
0
0

Teks penuh

(1)

deur

SALOMe COMBRINK

(BA, B.Phil., Honn.-BA, MA)

Proefskrif goedgekeur vir die graad

D.LITT.

aan

Die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

PROMOTOR: dr. E.M. Botha

HULP-PROMOTOR: prof. B.J. van der Walt

September 1986

(2)

* aan die ware God, vol van genade en waarheid, wat n verslete mensdom

en wereld verlos en herskep en sy koninkryk in die ewige nuwe stad voltrek;

* aan my gesin vir ondersteuning en begrip;

* aan my pa en skoonma, familie en vriende vir daadwerklike hulp en aanmoediging;

* aan my twee studieleiers vir leiding en opoffering;

* aan almal wat my deur die jare stimuleer, inspireer en help vorm het;

* aan die personeel van die Ferdin and Postma-Biblioteek vir diens oor

n ver afstand heen;

* aan die RGN vir n waardevolle beurstoekenning;

* aan prof. Hertzog Venter vir taalversorging en my man vir die tik- werk.

Opgedra aan my man en kinders.

(3)

1.1 1.2 1. 2.1 1. 2. 2 1.

2. 3

1. 2. 4 1. 2. 5 1. 2. 6 1. 2. 7 1.3 1.4 1.5 1. 5.1 1. 5. 2 1.5.2.1 1.5.2.2 1.5.2.2.1 1.5.2.2.2 1.5.2.2.3 1.5.2.3 1.5.2.3.1 1.5.2.3.2 1.5.2.3.3 1.6

1. 6.1 1. 6. 2 1.6.2.1 1.6.2.2 1. 6. 3 1.7 1.

7.1

1. 7. 2 1. 7. 3

2.1

2.2

HOOFSTUK 1 VERANTWOORDING Terreinverkenning Terreinafbakening Stad

Stadsindroom Drama

Dramakunde

Drama en stadsnood Bestaansdrama

Drama en werklikheid Doel

Aktualiteit Uitgangspunte Funksie

Christelike wetenskap Skrifgebruik

Skrifperspektiewe Mensbeskouing Gebrokenheid Herskepping

Openbaringshistoriese perspektief Voorlopers

Vloek Gawe Met ode

Diachroniese metode Hermeneuse

Hoof dramas

Sekondere dramas

Interdissiplinere toetsing Werkplan

Aanloop Verloop Afloop

HOOFSTUK 2

KONTOERE DEUR STAD EN DRAMA

Motivering vir historiese verkenning Eenvoud en ongekompliseerdheid

1 4

4

5 7 9 10 11 13

17 17 20 20

21 21 23 23 24 25 25 25 27

29

31 31 31 31- 32 33

33

33

33

36

37

38

(4)

2.4 2.5 2.6 2.7 2.8

3.1 3.2 3.2.1 3.2.1.1 3.2.1.2 3.2.1.3 3.2.2 3.2.2.1 3.2.2.2 3.2.2.3 3.2.3 3;2.3.1 3.2.3.2 3.2.3.3 3

:

2.4 3.2.4.1 3.2.4.2

3. 2:5

3.2.5.1 3.2.5.2 3.3

4.1 4.2 4.2.1 4.2.1.1 4.2.1.2 4

.

2.1.3 4.1.2.4

Onderdrukkende vergeesteliking Tintelende lewensmoontlikhede

Nywerheidsgemeenskap en alledaagsheid Tegniese heilsverwagting

Ongekende dinamiek

HOOFSTUK 3

DIE STAD: KOUD EN GRYS HALTE 49 (HENRIETTE GROVe) Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Masjienstad

Onmenslike strukture

Die masjien: n selfstandige mag Masjienmense

Massamense

Ontindividualisering Menswees onbelangrik Enerse lewenspatroon Materialisme

Skynoplossings Meer besittings Oordaad

Tyd as uitmergelende mag Tyd as tegniese ontwerp Gejaagdheid

n Geslote wereld

Die mens in die sentrum Apatiese hede-mens Samevatting

HOOFSTUK 4

DIE STAD: 'N MENSLIKE ASHOOP

PEOPLE ARE LIVING THERE (ATHOL FUGARD) Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Wrakke van die twintigste eeu Die stad se aantrekkingskrag Geestelike besoedeling

Verwonding Kerkerbestaan

44 49 53 59 61

71 77 77

78

80 84

87

89 92

94

96 98

101 105 110

111 113 116 116

120 123

125

129

129

132

133

135

136

(5)

4.2.2.2 4.2.3 4.2.3.1 4.2.3.2 4.2.3.3 4.2.4 4. 2. 4.1 4.2.4.2 4.3

5.1 5.2 5.2.1 5.2.1.1 5.2.1.2 5.2.2 5.2.2.1 5.2.2.2 5.2.3 5.2.3.1 5.2.3.2 5.2.4 5.2.4.1.

5.2.4.2 5.2.4.3 5.2.4.4 5.3

6.1 6.2 6.2.1 6.2.1.1 6.2.1.2 6.2.1.3 6.2.1.4 6.2.2 6.2.2.1 6.2.2.2

Vreugdelose lag

Frustrasie vra kompensasie Onbetrokkenheid

Mislukkings Rasionalisasie

Spel, lewe of bestaan Spel ontbloot waarhede Spel as lewensritueel Samevatting

HOOFSTUK 5

DIE STAD: 'N BEDREIGING

PA MAAK VIR MY 'N VLIEeR PA (CHRIS BARNARD) Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Die losgeslane mens

Eksistensiele angs Niksheid

Vervreemding Isolasie Vereensaming Oorlewingstryd Funksionalisme Sukkelaars

Ontvlugtingsdrang Koopsug

Verbeeldingsvlugte Gebondenheid

Desillusies Samevatting

HOOFSTUK 6

STAD: BeREPLEK VAN GEWELD THE CARETAKER (HAROLD PINTER) Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Tuisteloosheid

'n

Boemelaarspad

Maatskaplike omstandighede Die wegkruipmens

Onvrede met eie tuiste Aggressie

Psigologiese geweld

Vermenging van geestelike en fisieke geweld

143 145 148 150

153

156 158 164 169

171 177 177 179 184 185 190 192 202 205 206 211 211 212 219 221 222

224

230

230

231

235

238

239

241

242

249

(6)

6.2.3 6.2.4 6.2.4.1 6.2.4.2 6.2.4.3 6.3

7.1 7.2 7. 2. 1 7.2.2 7. 2. 2. 1 7.2.2.2 7.2.2.3 7.2.2.4 7.2.2.5 7.2.2.6 7.2.3 7.2.4 7.2.5 7.2.6 7.3

8.1 8.2 8.2.1 8.2.1.1 8.2.1.2 8.2.2 8.2.2.1 8.2.2.2 8.2.3 8.2.3.1 8.2.3.2 8.2.3.3 8.2.4 8.2.5 8.2.5.1

Neurose en depressie Hoop en wanhoop Agterdog

Onvervuldheid Karaktergroei Samevatting

HOOFSTUK 7

DIE STAD: SMELTPOT VAN VERWARRENDE GELOOFSWAARDES EQUUS (PETER SHAFFER)

Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Kunsmatige samelewing

Verwarrende geloofswaardes Religieuse krisis

Relativisme Godlose kultuur

Geloof versus pragmatisme Satanisme

Inkonsekwente opvoeding

Noodsaaklikheid van aanbidding Roepstem van mistiek · Verset

Sinvraag Samevatting

HOOFSTUK 8

DIE STAD: PLEK VAN DIE DOOD ANGEL CITY (SAM SHEPARD) Uiterlike stadsmilieu

Inner like stadsproblematiek Reuk van die dood

Resultaat van God-loosheid Dood as valse oplossing Mag en onmag

Magswaansin Magteloosheid Nagmerriebestaan Inleef in rolle Storie-vertel Musiek

Skyn en syn

'n Muis verwoes die stad Broosheid

262 266 266 267 268 274

276 281 281 285 285 286 291 294 296 297 306 312 314 318 321

323 331 331 334 338 340 341 343 343 344 346 346 347 353 354

(7)

8.2.5.4 8.3

9. 1

9.2

9.

2.1 9.2

.

1.1 9.2.1.2 9.2.2 9.2.2.1 9.2.2.2 9.2.2.3 9.2.2.4 9.2.3 9.2.3.1 9.2.3.2 9.2.3.3 9.2.3.4 9.2.4 9.2.4.1 9.2.4.2 9.2.4.3 9.2.4.4 9.2.4.5 9.3

10.1 10.2 10.3

Desperate kreet Samevatting

HOOFSTUK 9

DIE STAD: PLEK VAN DROME EN ONTNUGTERING

THEIR VERY OWN AND GOLDEN CITY (ARNOLD WESKER) Uiterlike stadsmilieu

Innerlike stadsproblematiek Denkdekor vir onvergenoegdheid Utopisme

Bestaande toestande Wensdenkery

Ooroptimisme Stadsprofiel Hart van die stad

'n

LugspieiHing Ontnugtering Valsheid Tweespalt

Vreesaanjaende elemente Ineenstorting

Toekomsgerigtheid Futurologiese boo

d

skap

Lewensvernuwing en lewensvervulling Onvolkomenheid

Hoop

Die ware nuwe stad Samevatting

HOOFSTUK 10 SLOTBESKOUING Sintese

Perspektief Relief

ABSTRACT

LITERATUURLYS

359 369

371

374 374 374

377

381 381 382 384 388 391 391 396 398 401 403 404 405 408 409 413 414

415 421 423

426

430

(8)

HOOFSTUK 1

VERANTWOORDING

1.1

Terreinverkenning

If we are to play the academic game, let us play it with the flair that our flamboyant art (drama - S.C.) has taught us.

- Hauptfleisch, 1985:16.

In hierdie eerste hoofstuk word

n

verantwoording van die navorsing aangebied. Die onderwerp wat bestudeer word en die terrein wat dit beslaan, word verken en afgebaken. Die uitgangspunte waarmee die studie aangepak en volvoer sal word en wat daaraan

n

Christelike karakter gee, die doel en aktualiteit van die ondersoek asook die ontplooiingslyn en metode waarvolgens dit aangebied word, word uiteengesit en gemotiveer.

Belangstelling in die aard van die stad en die problematiek wat daaraan verbonde is, word in

n

kaleidoskopiese perspektief gevind in die mag- dom resente kommentare en literatuur wat oor die stad en die stadsmens verskyn: sosioloe, regsgeleerdes, stadsbeplanners, argitekte, poli-

tici, ekonome, kultuurfilosowe, futuroloe, teoloe en kunstenaars almal poog om moderne stadsproblematiek beter te verstaan en om rigting aan te dui uit die dilemma waarin die stad en die stadsmens hulle tans bevind.

Stadsproblematiek het tans nie meer net betrekking op die uitleg en beplanning van paaie en geboue en die uitdagings en probleme wat dit vir

n

ontwerper, argitek of stadsbeplanner inhou nie. Stadsproblema-

tiek/ ...

(9)

tiek is eerder

n

samevattende term wat

n

onderliggende geestelike noodsituasie ontbloot wat nie by

n

eerste aanblik vermoed sou word nie (vergelyk Duvenage, 1975:1-4; Jordaan, 1971:9; Louw, 1980:42; De Bruyn, 1976:3-4; Potgieter, 1977:1,7,9,12-13).

Die stedelike ~atogeriie waarvan daar tans sprake is, bestaan al min- stens die afgelope eeu. Daar is trouens bykans niks nuuts in die hui- dige stadsproblematiek nie, behalwe die intenser bewuswording van die omvangrykheid, gekompliseerdheid en desperaatheid wat dit begin aanneem het (Mumford, 1968:233).

In my vorige studie (Combrink, 1978) is bevind dat verskillende dimen- sies van hoop telkens uit bepaalde lewensproblematiek spruit. Uit die genoemde studie het dit veral duidelik geword dat die plek waar drama- karakters hulle bevind, dikwels

n

lewenskrisis veroorsaak wat dan in die konteks van dramas ontgin word.

Uit verdere navorsing het dit duidelik begin word dat die milieu waar- in

n

lewenskrisis ontwikkel, alte dikwels (bloot toevallig of veelseggend!)

n

stad is. Ongetwyfeld speel die stad as fisiese plek baiekeer

n

beduidende rol in

n

noodsituasie en gee dit dikwels aanlei- ding tot

n

lewenskrisis. Daar is

n

voortdurende wisselwerking tussen mense en materie, tussen lewe en stene - dit is stad (Potgieter, 1977:2).

In hierdie studie word daar gekonsentreer op die sentrale plek wat die eietydse stadsbelewing in dramas beklee.

Omdat daar in my MA-studie reeds op een bepaalde aspek van lewenspro- blematiek/ ...

(10)

blematiek gekonsentreer is, naamlik hoop, daarom is dit onvermydelik dat daar in die huidige studie van sekere navorsingsresultate (deur die kandidaat self bevind) gebruik gemaak word. Van die sowat honderd-en- vyftig dramas waarvan daar vir hierdie ondersoek gebruik gemaak word, vorm sowat dertig studiemateriaal wat reeds in die MA-studie bespreek

is of waarna daar slegs terloopse verwysing gemaak is. As insiggewende vertolkers van aspekte van moderne lewensproblematiek vorm die bepaalde dramas egter weer eens

n

betroubare en uitnemende ondersoekterrein vir die doel van die onderhawige navorsing. Tans word hierdie tipiese moderne lewensproblematiek in meer besonderhede ontgin - veral soos dit dikwels uit die hedendaagse stadslewe voortspruit.

- In die dramas wat in hierdie proefskrif behandel word, staan

n

stadsge-

bonde belewing van moderne lewensproblematiek telkens in die middel- punt.

Die keuse van dramas as studiemateriaal is dus hoofsaaklik deur die inhoud daarvan bepaal, naamlik die uitbeelding van beide lewensproble- matiek in die algemeen en stadsproblematiek in die besonder. Anders gestel:· juis in

n

stadsmilieu ontwikkel sekere kardinale lewenspro- bleme, en gesien vanuit die wye spektrum dramas wat bestudeer is, het hierdie saak uitgekristalliseer as

n

tans algemeen geldende wereldten- dens.

Daar is gepoog om

n

goeie balans in die keuse van vera! hoofdramas te handhaaf. Daarom is Amerikaanse, Europese en Suid-Afrikaanse dramas as voorbeelde, ondersteuning en bevestiging gekies. Suid-Afrikaanse dramas wat geskik is vir die doel van hierdie studie beslaan nog

n

beperkte

oeuvre/ ..•

(11)

oeuvre en daarom is dit gemotiveerd dat sekere dramas wat reeds in my gemelde MA-verhandeling bestudeer is ook vir die huidige studie as gepaste voorbeelde gekies en vanuit

n

nuwe hoek ondersoek word.

1.2 Terreinafbakening

1.2.1 Stad

Stede is produkte van hulle tyd. Hulle is een van die vorme waarin die mens se kultuuiprodukte gegiet word, en gee deur kunsuitinge beslag aan momente uit die lewe van mense wat andersins sou vervaag of in die niet sou verdwyn.

Deur die geskiedenis heen is in stede

n

maksimale sametrekking van die kulturele bereikings van

n

samelewing gevind: "The city is the form where human experience is transformed into viable signs, symbols, patterns of conduct, systems of order. Here is where the issue of civilization is focused: here too, ritual passes on occasion into the active drama of a fully differentiated and selfconscious society"

(Mumford, 1946:3-4).

Aanvanklik was 'stad' meer

n

kwantiteitsterm wat hoofsaaklik op bevol- kingstal en geografiese omvang gedui het. Geleidelik het stede egter tot sentrums vir handel en nywerheid ontwikkel, en uiteindelik het die hedendaagse stad simbool van menslike vitaliteit, kreatiwiteit, vernuf en prestasie geword. Nerens anders is die enorme veranderinge wat die gemeganiseerde nywerheid meegebring het, so deeglik geregistreer as juis in stede nie (Burgess, 1972:117).

Die/ . . .

(12)

Die moderne stad is

n

gemoedstoestand,

n

wyse van dink, leef en werk.

Dit is

n

gesindheid wat die hedendaagse denkklimaat weerspieel. "En juis daarom vind ons die STAD IN DIE MENS. DIE STAD IS 'N TOESTAND IN DIE HART VAN ONS TWINTIGSTE-EEUSE MENS" (Louw, 1980:41-42).

Hierdie toestand in die hart van die twintigste-eeuse mens word dikwels deur dramas as skreiende bestaansproblematiek ontbloot. Lewensprobleme wat met die hedendaagse mens se bestaanservaring korreleer, is heel dikwels met die' tipiese tydnood gelyk te s t e l - en dit word vir mense

n

omvattende lewenskrisis.

Die kenmerkende eksistensieproblematiek van die laat twintigste eeu is soos

n

prisma met verskillende kante. Hoewel elke enkele probleem akuut is en op sigself staan, is die een ook nou met die ander verweef en vloei die een meestal logies uit die ander voort.

Vir die bestek van hierdie proefskrif is gepoog om fasette van menslike nood aan te sny wat vir tipiese moderne stadsproblematiek verantwoor- delik is of wat juis daaruit voortvloei - soos dit deur verteenwoordi- gende dramas verwoord word.

1.2.2 Stadsindroom

Hoewel stadsproblematiek primer uit mense se belewing en bantering van hulle stadsbestaan voortspruit, hou dit baie meer in as sou dit slegs binne die grense van

n

stad voltrek word. Omdat die stad in ons dag tot

n

gemoedstoestand uitgegroei het (Jordaan, 1971:9), kan ook die platte- landse mens tans nie meer van hierdie gemoedstoestand gevrywaar word nie (Louw, 1980:42). Daarom kan daar tans selfs van

n

stadsindroom as kenmerkend/ ••.

(13)

kenmerkend van die huidige tyd gepraat word.

Die hedendaagse samelewing as geheel word dikwels met die term stad getipeer, omdat die ganse universum teenswoordig as die 'stad van die mens' ervaar word. Daarmee word veral die hele menslike samelewing be-

doe!, wat nou oenskynlik slegs onder menslike beheer staan omdat God (of die gode) Hom (hulle) aan hierdie samelewing sou onttrek het. Die wereld het oenskynlik die mens se uitsluitlike verantwoordelikheid geword en die mens

n

wereldburger. Die stad het sy arms uitgesteek en hierdie wereld van die wereldburger omsluit. Daarom kan die hele moder- ne wereld as 'die stad van die mens' getipeer word (Cox, 1968:15).

Schaeffer praat in sy gelykgetitelde hoek van "death in the city"

(1969). Hierin ontleed hy nie maar net

n

konkrete stad of stadsmens nie, maar juis die moderne samelewing waarop God oenskynlik sy rug gedraai het.

Die hele huidige kultuur word trouens al benoem as "modern city cul- ture" (Van der Walt, 1978: 197).

Samevattend kan dit gestel word dat die stad

n

ingewikkelde dinamiese organisme is met meer as een betekenisinhoud, byvoorbeeld:

*

stadsbeplanning (geografiese omvang, estetiese of onooglike gestruk-

tureerdheid en doelmatige of ondoeltreffende milieuskepping);

* n

simboliese tipering van die moderne samelewing;

*

die toestand van die hart van die laat twintigste-eeuse mens.

1.2.3 Drama/ ..•

(14)

1.2.3 Drama

Drama is teater-in-potensie (Brink, 1974:15; Hauptfleisch, 1978:4).

Gevolglik is teater

n

tweeslagtige medium, naamlik die literer geskrewe teks en die verlewendiging daarvan in toneel. Drama is dus nie slegs

n

literere kunssoort nie. Dit bly gerig op die valle verwerkliking waar- na dit as ' t ware uitreik (wat reeds in potensie in die teks self teenwoordig is), naamlik die verwerkliking of vergestalting daarvan in toneel deur

n

toneelensemble (Conradie, 1984:22; Ferreira, 1981:24;

Scheepers, 1974:101; Cronje, 1968b:42) - anders gestel: "The text is a tune to be sung" (Styan, 1960: 86).

In sy eerste fase (as literere kunsproduk) gebruik die drama taal as struktuurfaktor, en deur middel van simboliek, milieu- en karakter- skepping, gebeure en suggestie, word

n

bepaalde tema en/of tydsgewrig geregistreer, wat onder andere dikwels sosiale en politieke verbande blootle.

Selfs die drama in teksvorm verskil van ander literere vorme waar die leser as leser aangespreek word, onder andere daarin dat die leser in hierdie geval as gehoor aangespreek word (Brink, 1974:14-15; Pretorius, 1984:102).

Die doeleindes van drama is onder andere om te vermaak, inligting deur te gee, te stig, te spot en bewusmaking in die hand te werk deur middel van kritiese bevraagtekening. Hierdie doeleindes word veral deur die vergestalting van drama as toneel bereik. Maar toneel is vervlietend en daarom nie altyd en ook nie vir almal toeganklik nie, terwyl die gedrukte/ . . .

(15)

gedrukte teks vir almal toeganklik is en n leeftyd lank herlees kan word (Pretorius, 1984:100-101; Hauptfleisch, 1978:124).

Vir die doel van hierdie proefskrif word daar slegs op drama in sy eerste fase gekonsentreer maar dan as 'voorteken' van die finale ver- werklikingsfase anders gestel: as "poetry in the mode of action"

(Langer, 1953:22). Daar sal n toespitsing wees op tema-ontleding ten aansien van die onderwerp 'stadsproblematiek' soos dit in laat twintig- ste-eeuse dramas vergestalt word, en nie op dramas in hulle volledige gestalte (byvoorbeeld ten opsigte van struktuur of estetiese meriete) nie.

Een of ander lewenskonflik, gesetel in die omringende werklikheid, in die mens self of in tussenmenslike verhoudinge, word inn drama in n brandpunt saamgetrek.

Drama is regstreekse, intense kommunikasie. Deur die intense afspeel van botsende elemente en deur die redusering van uiterlike gebeure en dialoog tot die essensie kan dieper liggende aspekte van die werklik- heid of van menslike nood met een drama ontbloot word, selfs al dek die

'gebeure' miskien n hele lewenspan. Dit kan bereik word, want n drama

"bypasses the clogged channels of daily intercourse" (Hauptfleisch, 1978:211).

Dramas, soos uit verteenwoordigende tekste in hierdie studie sal blyk, slaag daarin om n bree spektrum lewensproblematiek as ' t ware in n neutedop saam te vat en dramaties aangrypend deur te gee.

1.2.4 Dramakunde/ •..

(16)

1.2.4 Dramakunde

Dramakunde is die wetenskaplike vakdissipline wat drama in al sy faset- te en funksies bestudeer, naamlik drama as teks en die toneelmatige vergestalting daarvan (Hauptfleisch, 1984:7).

Hierdie proefskrif is

n

dramakundig tematiese studie eerder as

n

onder- seek van die suiwer letterkundige of toneelmatige aspekte van dramas.

Benewens die genoemde dramakundige oogpunt kan dramas ook vanuit ander hoeke bestudeer word, byvoorbeeld vanuit sosiologiese, psigologiese of geskiedkundige oogpunt. Selfs ekonomiese en administratiewe benade- ringshoeke kan sinvol en legitiem wees (Hauptfleisch, 1984:7-8; verge- lyk oak Snyman, 1978:3 en Steadman, 1984:92).

Soos reeds vroeer gestel wil hierdie proefskrif nagaan hoe dramas moderne stadsnood registreer en interpreteer (vergelyk Block, 1971:7).

Nie net van dramaturge en kunstenaars in die algemeen nie maar ook van (kultuur)filosowe en ander wetenskaplikes geld dit dat hulle II as barometers van die tydgees funksioneer, as seismograwe, wat die skokke van diep onder die oppervlakte van die kultuur opvang en registreer"

(Van der Walt, 1984:42). Burns (1973:9) merk op: "Literature is an attempt to make sense of our lives. Sociology is an attempt to make sense of the ways in which we live our lives".

Om dramas dus met grater insig in hulle tydkonteks te plaas en om

n

gebalanseerde, so waarheidsgetroue kultuurdiagnose as moontlik te maak is daar in hierdie proefskrif bruikleen aangegaan met ander vakdissi- plines wat kon help om die komplekse legkaart van die moderne kultuur

sinvol/ •.•

(17)

sinvol uit te le en tot

n

beter begrip van die kontemporere leefsitua- sie te kom.

So het reformatories teologiese werke

n

dimensie van transendentale kritiek van die moderne kultuursituasie gebied deur tot die wortels daarvan deur te boor en dit met Skrifperspektiewe te belig (vergelyk Heyns, 1961:8,12,161).

Ook kuns-, kultuur- en dramafilosofiese benaderings het

n

onontbeerlike bydrae gelewer om die globale netwerk van die huidige kultuursituasie, soos afgestem op moderne stadsproblematiek, te kon evalueer. Tussendis- siplinere raakpunte met ander vakgebiede behoort ook

n

verrykende toe- voeging tot dramawetenskap te lewer (vergelyk Hauptfleisch, 1984:7-8).

Dramakunde vorm saam met ander vakwetenskappe die verskillende vlakke van een wetenskapsprisma. Immers, die estetiese faset (wat in die geval van die drama as kunsproduk - trouens van alle kunswerke - die kwali- fiserende funksie is) is een van

n

verskeidenheid samehangende moda- liteite van die geskape werklikheid.

Die resultaat van hierdie navorsing is dan onvermydelik:

n

indringende dramakundige kultuurdiagnose. Laasgenoemde blyk des te meer legitiem te wees omdat dit deur soveel benaderingshoeke gekontroleer word, wat veelseggend

tiek uitlig.

almal soortgelyke simptome van moderne stadsproblema-

1.2.5 Drama en stadsnood

In laat twintigste-eeuse dramas funksioneer die stad opvallend al meer en/ .•.

(18)

en meer as uiterlike en innerlike gegewe as wat tevore in dramageskie- denis die geval was.

Soms het dramas die stad bloat as uiterlike milieu waarteen hulle af- speel, byvoorbeeld Pa maak vir my

n

vlieer pa (Chris Barnard). Soms word die uiterlike milieu selfs 'karakter' wat optree, byvoorbeeld in The Chairs en The new tenant (Eugene Ionesco). Soms is die stad slegs

n

vae gesuggereerde, dreigende teenwoordigheid, soos in Angel City (Sam Shepard). En soms word slegs aspekte van skreiende, tipiese stadsnood aangesny, soos vervreemding, vereensaming, identiteitskrisis, anonimi- teit, materialisme, gejaagdheid, gewaande mag en mondigheid, onmag en frustrasie, eksistensiele angs, tegnologiese bedreigdheid, neurose, kultuurpessimisme of -ooroptimisme en ander geloofskrisisse.

Op die wyse bevestig moderne dramas die stelling dat die moderne stad tot

n

baie belangrike fisiese en psigiese grootheid in die lewe van die mens en samelewing van vandag uitgegroei het.

1.2.6 Bestaansdrama

Die sogenaamde 'Nuwe Drama' van die laat twintigste -eeu (Brink, 1974:18,53 e.v.) is merendeels 'ernstige drama' (Bentley, 1956:909) en konsentreer op die bestaansessensie van die mens en die samelewing van vandag (Schutte, 1980:1).

Hierdie Nuwe Drama word deur donkerheid, somberheid en uitsigloosheid gekenmerk (Brustein, 1970:28), maar dan meestal verbind aan die komiese en burleske. Tog is hierdie komiese meestal geensins

n

positiewe humor- ryke benadering nie en dui dit geensins op

n

eg vrolike, hoopvolle han- tering/ •••

(19)

tering van die werklikheid nie. Die lag in moderne dramas is dikwels makaber eerder as vreugdevol. Dit word soms

n

groteske komedie op die rand van die graf ... : "Die onthutsende deureenloop van lag en skok, die komiese en die saaie, is maar maniere waarop

n

mens in die Nuwe Drama bewus gemaak - en gehou - word van die veelsinnigheid en onvas- tigheid van alles, van die verskuiwende aarde waarop ons loop, die sin- kende skip waarop ons dans" (Brink, 1974:106).

Hierdie oeuvre nuwe of eksistensiele dramas van ons tyd (wat nie blote vermaak en ontspanning ten doel het nie) toon onder andere aan dat die benutting en bereikings van moderne tegnologie (met die ideaal van menslike perfeksie) in sy teendeel omgeslaan het, naamlik

n

negatiewe

belewing daarvan.

n

Visie van menslike agteruitgang en 'ontbinding' word in moderne dramas deurgegee! (Brustein, 1970:28).

Redes hiervoor kan wees dat menslike kreatiwiteit en die ontplooiing van energie en vernuf vroeer faktore was wat

n

positiewe rol by stads- ontwikkeling gespeel het. Tans word daar dikwels baie meer energie van

n

gemeenskap aan destruktiewe magte soos aftakeling en vernietiging geoffer, eerder as aan kreatiwiteit, positiewe lewensvervulling en ver- antwoordelike dienswerk (Mumford, 1961:100). Die goeie en lewensvervul- lende moontlikhede van tegniek is dikwels as gevolg van die sonde (soos byvoorbeeld die magsbelustheid van die mens) in diens van die Molog van vooruitgang gestel, en dramas toon dit s6 aan.

Die kernoorsaak van die nie-vreugdevolle, nie-positiewe stemming in moderne dramas en wat hulle juis daarom met die heersende werklikheid- stemming laat korreleer, is die feit dat die deursnee- moderne Westerse

mens/ ••.

(20)

mens van God vervreem is. Daarom kom daar in die plek van die korrekte gebruik van middele, dikwels

n

misbruik daarvan, met die gevolg dat hulle

n

vloek in plaas van

n

seen ,

n

bedreiging in plaas van heil word

(Vander Walt, 1981:197).

Dramas wat hierdie gangbare lewenshouding aansny, kan genoem word die Nuwe Drama, eksistensiele, ernstige of situasiedramas (vergelyk Brink, 1974:53; Brustein, 1970:28; Bentley, 1956:909; Schutte, 1980:1). Watter benamings ook al aan hierdie dramas gegee word, die belangrike punt is dat hulle ons tyd en sy nood interpreteer selfs kritiseer of bevraagteken en vergestalt. Daarom is hulle by uitstek geskikte studiemateriaal om die lewensproblematiek van die laat twintigste eeu te belig en word hulle dus vir die doel van hierdie studie ontgin.

1.2.7 Drama en werklikheid

Drama hou verband met die werklikheid, is in die werklikheid gesetel maar is tog iets anders as die werklikheid self (Brustein, 1970:4). In dramas word eerder uitdrukking gegee ·aan wat onder die oppervlak van die werklikheid le (Hauptfleisch, 1978:184). Hierin word betekenis- strukture blootgele eerder as wat dramas bloot refleksief op die werk- likheid reageer, en soos

n

niksseggende foto- of spieelbeeld is (Jou- bert, 1978:73,78).

Omdat dramas in die werklikheid gewortel is, is dit noodsaaklik om die tydsomstandighede as 'omstandigheidsgetuienis' te bestudeer met die oog op

n

beter verstaan van

n

drama in sy konkrete tydkonteks of in die

"kader van sy tyd" (Brink, 1972:53).

Skrywers/ .••

(21)

Skrywers en dramaturge is by die konflikte van hulle omwereld betrokke (Corrigan, 1984:154). As gidse neem hulle die leser op toer selfs deur die liederlikheid van die moderne mens se bestaansdilernrna (Fairman, 1972:19).

Om

n

beter insig te verkry in die verband wat daar bestaan tussen dramas en die ooreensternrnende werklikheid en tydperk waaruit en waar- voor hulle ontstaan het, sal daar ook tussendissipliner bruikleen aangegaan word van onder andere kultuurfilosofiese, sosiologiese en teologiese insigte. Langs hierdie weg kan daar tot

n

kultuurdiagnose gekom word maar steeds aan die hand van verteenwoordigende dramas as primere studiebron.

n

Mens kan dramas veral as barometers van die geestelike klimaat van elke periode beskou: die eksistensiele ervaring van die werklikheid vind onvermydelik daarin neerslag (Rookmaker, 1981:55,72; Duvignaud, 1965:82-99; Schutte, 1980:1). Die geestelike klimaat is met ander woorde die tydgees of bepaalde tydsgewrig.

Dit is nie altyd eenvoudig te verklaar of duidelik aan te toon of kuns in die algemeen (hier: drama in die besonder as fyn ingestelde antenne, as deurskouer, ontleder en bevraagtekenaar - vergelyk Schutte, 1980:69;

Brink, 1974:18; Brustein, 1970:4) die tydgees skep , en of dit juis die tydgees is wat kuns skep nie.

Eintlik is die kunstenaar geensins altyd voorloper - dus bepaler - van hoe sy tyd daar uitsien nie (soos wat so dikwels aanvaar word). Die kunstenaar is eerder iemand wat, ook deur middel van dramas, getuie-

nis/ •..

(22)

nis gee van die idees, strominge en probleme van sy bepaalde tyd. In hierdie opsig kan ook

n

drama as

n

prediker in sy tyd beskou word (Rookmaker, 1981:70), wat getuienis gee en verbande midde-in sy tyd le (Burns, 1973:78).

n

Kunstenaar/dramaturg behoort nie as

n

buitengewoon begenadigde,

n

skerper 'siener' as enige ander normale mens beskou te word nie - vergelyk die valse opvatting dat

n

kunstenaar

n

profeet is (Rookmaker, 1965:7,12,17). Om die woorde van

n

dramakarakter oor hier- die saak te gebruik (Lanx aan Rabbit in Angel City):

So don't you go pulling rank on me with that 'Artist' crap! You're no better than any of us (31).

n

Mens moet jou ook daaroor verantwoord of die tydgees net

n

enkele of

n

eenheidskarakter vertoon. Dus: wat presies word daar bedoel as daar van 'die tydgees' gepraat word? Kan die verskillende strominge en denkbeelde van hierdie 'chaotiese krisistyd' (Roper, 1979:1) waarin ons leef, onder een kombers toegemaak word en dus (soos in hierdie proef- skrif) van 'die tydgees' gepraat word?

Daar is tans in die moderne Westerse kultuur sekerlik nie van net een geldige ideestroom of eenheidsbelewing sprake nie (soos trouens bykans ook nooit in die verlede slegs

n

enkelvoudige tipering van een tydperk volledig en omvattend kon wees nie). Al is daar dus veral tans sprake van

n

ideologiese pluralisme (De Klerk et al., 1972:249) kan die heer-

sende lewens- en wereldbeskouing van

n

groot aantal mense in hierdie tyd met reg 'die tydgees' genoem word (Rookmaker, 1981:58,68).

Uit die werklikheid van

n

bepaalde tydsgewrig word dus sekere kenmerke en denkstrominge sigbaar wat

n

invloed op dramas het, of: dramas bein-

vloed/ •••

(23)

vloed op hulle beurt mense se werklikheidsvisie.

As daar dus in hierdie studie verwys word na begrippe soos 'die mens van hierdie tyd', of 'die losgeslane mens van die laat twintigste eeu', of 'die kontemporere tydgees', dan is dit wel

n

veralgemening, maar die bedoeling is nie om dit te verabsoluteer en alle mense oor dieselfde kam te skeer nie.

Sekerlik is daar baie uitsonderings in verband met die kenmerkende kontemporere tydgees. Daar is byvoorbeeld wel baie Christengelowiges wat geensins vervreemding, eksistensiele angs of betekenisloosheid ervaar nie (en sou hulle wel, dan verwerk hulle dit ten minste reg!), omdat hulle uit God en sy Woord se beloftes en eise lewe.

Hierdie proefskrif hou dus deeglik rekening met moderne lewensproble- matiek en ideestromingc wat die samelewing kenmerk en wat onder die begrip 'tydgees' saamgevat kan word. Want drama, soos alle kuns, is

" . . . altyd deurdrenk met

n

bepaalde tydgees" (Seerveld, 1977:12).

Dit is dus van groot belang om dramas nie in isolasie te bestudeer nie maar as gewortel in die werklikheid waaruit hulle ontspring het, sodat hulle in konteks verstaan kan word. As die verbande en strukture en be- tekenislae wat onder die oppervlak le, uitgediep word, kan

n

sinvolle insig en omvattende perspektief saamgestel word. S6 kan die vraag beantwoord word: Wat se dramas as getuienis van die werklikheid, van die twintigste-eeuse tydkonteks en tipiese tydsnood?

In hierdie verband kan dramas as noteerders van die geskiedenis beskou word, selfs as 'skakels' tussen verlede en toekoms (vergelyk Snyman, 1878:14)./ •..

(24)

1978:14).

Dramas is dus nie die werklikheid self nie, maar as barometers daarvan is hulle wel estetiese werklikheid.

n

Drama is

n

subjektiewe interpre- tasie en verwerking deur die dramaturg van die bepaalde situasie wat hom aangegryp het en waaroor hy iets wil deurgee. Sy werklikheidsvisie en die wyse waarop hy die sin van die lewe ervaar, sal noodwendig in die drama meespreek (Bentley, 1955:146; Cronje, 1968b:24; Seerveld, 1977:12).

1.3 Doel

Die doel van hierdie studie is om dramas in hulle konkrete tydkonteks as registreerders van moderne stadsproblematiekte ontleed. So kan

n

sinvolle kultuurdiagnose van sekere fasette van die huidige stadspro- blematiek gedoen word.

1.4 Aktualiteit

Met hierdie onderwerp word gepoog om

n

nuwe bydrae tot dramanavorsing te lew~r, omdat daar saver vasgest~l kon word, nag geen ander navorsing van hierdie aard en met hierdie doel onderneem is nie.

Dit is van belang om dramas oak vanuit die hoek van 'drama as kulturele getuienis' te ondersoek (vergelyk Steadman, 1984:92).

Dit is verder

n

betreklik nuwe benaderingswyse en aanpak in dramanavor- sing om met behulp van ander vakdissiplines die belangrikheid van die drama in

n

omvattende kultuurkader nader te bepaal (vergelyk Haupt- fleisch, 1984:7-8). Blykens die Cesatverslag is die persentasie navor- singsprojekte/ ..•

(25)

singsprojekte in Suid-Afrika met so

n

tipe benadering tot die minimum beperk (43). Ook geen oorsese dramakundige studie met dieselfde onder- werp of benaderingswyse kon opgespoor word nie. Daarom behoort hierdie proefskrif

n

bepaalde verrykende bydrae tot dramanavorsing te lewer.

Dit is uiters aktueel om dramas te bestudeer as literatuur van die tyd (Dommisse, 1972:25; Fairman, 1972:18-19; Slings, 1975:23) en as meer as literatuur gesien in die lig van die eindbestemming wat hulle as tea- teraanbiedings (die verlewendigde teks) bereik. Dit is spesifiek ak- tueel om dramas in hierdie verband te ondersoek, omdat hulle so

n

sterk sosiale funksie het, naamlik om getuienis te gee en verbande midde-in die bepaalde tyd te le (Burns, 1973:78). So help dramas mense om hulle verhoudings in die samelewing te orden en om insig in die samelewing as geheel en in die mens van die bepaalde samelewing te verkry (Goodlad, 1972:92; Lumley, 1972:18).

Dramas behoort ontleed te word as mondstukke van die geestesklimaat van die eie tyd en as barometers wat die lewensprobleme wat onder die oppervlak le, raaksien en dramaties verwoord. Dramas is uiters gevoe- lige radarapparate wat die gedagtes en gevoelens van hulle tyd en hulle tyd se mense opvang, vertolk en deurgee. Die geestelike klimaat van

n

bepaalde periode word as ' t ware deur die gestaltes van die dramakarak- ters vlees en bloed (vergelyk Slings, 1975:23).

Die aktualiteit van die bevindings van hierdie studie is verder veel- seggend en insiggewend: dramas lig stadsproblematiek uit as

n

fundamen- tele en gekompliseerde krisiservaring vir die moderne mens. Stadspro- blematiek word dus as

n

wesenl ike deel van moderne lewensproblematiek

aangedui/ . . .

(26)

aangedui. Dit is baie interessant dat die wye verskeidenheid verteen- woordigende kontemporere dramas wat bestudeer is, almal eens is oor hierdie saak, ten spyte daarvan dat die betrokke dramas geweldig wissel ten opsigte van styl en inhoud: van konvensionele dramas uit die moder- ne literatuur, soos byvoorbeeld Death of a salesman (Arthur Miller) tot radiodramas ook vir die verhoog geskik - soos Halte 49 (Henriette Grove); van monodramas soos Harry's lunch (Steven Berkoff) tot surrea- listiese bewussynsdrama, byvoorbeeld Angel City (Sam Shepard), tot sogenaamde alternatiewe teaterdramas wat in werkwinkel saamgestel is, byvoorbeeld Cincinatti (gekoordineer deur Barney Simon).

Almal het dit gemeen:

n

bemoeienis met moderne stadsnood as bestaans- vraagstuk.

Die onderwerp en aanpak van die navorsing is aktueel omdat dit

n

waar- devolle bydrae kan wees vir byvoorbeeld dramafilosowe, regisseurs, ak- teurs, dramaturge, toneelgangers, sosioloe, stadsbeplanners, kultuurfi- losowe en teoloe om die geestesklimaat van die tyd beter te verstaan.

Die aktualiteit van die studie is verder daarin gelee dat die stad nie bloot

n

kardinale plek in die twintigste-eeuse samelewingsproblematiek beklee nie maar as sodanig ook eksplisiet deur God in die verwesenli- king van sy koninkryk opgeneem is.

Vanwee die gekonsentreerde aandag wat die stad as bestaansmodule vir die mens van die hier en nou en veral ook van die toekoms kry (verge- lyk byvoorbeeld die belangstelling in en navorsing oor drywende stede ter see of ruimtestede (Toffler, 1980:158-160)) kan hierdie studie

n

geheel andersoortige en insiggewende perspektief op die stad bied, naamlik/ . . .

(27)

naamlik n perspektief vanuit drama-oogpunt.

Wat die onderwerp verder baie aktueel maak, is die verknorsing waarin die drama tans verkeer. Daar is naamlik allerwee sprake van n ingrypen- de vernuwing van die drama uit sy 'moderne' skoene nan sogenaamd post- moderne idioom, sodat n nuwe stadsteater as kritiese medium van die sosiale or de moet ontwikkel (Schechner, 1982:104; Corrigan, 1984:157-158,161).

Die studie is aktueel omdat dit slegs n deel van die globale navor- singsgebied dek en juis daardeur moontlikhede open en prikkeling vir verdere ontginning in die verband wil verskaf. n Intensiewe historiese studie kan byvoorbeeld onderneem word oor die plek van stede in dramas en in die gangbare geestesklimaat (toegespits op een of meer tydperke) of daar kan op die sogenaamde (maar belangwekkende!) post-moderne stadsteater as segsman en kri tiseerder van n nuwe orde toegespits word.

1.5 Uitgangspunte

1.5.1 Funksie

Omdat die mens n religieuse wese is, dit wil se gerig op God of n afgod, is geen mens (dus ook geen aktiwiteit, gesindheid, mening, kunsskepping of -beoordeling) ooit neutraal nie (Slings, 1975:212;

Rookmaker, 1985:2; Hauptfleisch, 1985:8). Die mens se bepaalde religie rig sy siening en hantering van die werklikheid totaal (Eliot, 1953:37;

Glicksberg, 1960:125; Wolters, 1985:3).

Die uitgangspunte van enige navorser is voorveronderstellings wat onlosmaaklik/ .•.

(28)

onlosmaaklik deel van sy menswees is. Hulle funksioneer soos

n

bril of filter waardeur alles waarna gekyk word, in fokus gebring word (Stead- man, 1984:89-90). Die uitgangspunte wat ek as Christendramakundige hul- dig, word bepaal deur die plek wat die Heilige Skrif in my werklik- heidsvisie inneem: dit is die onfeilbare, gesaghebbende Woord van God wat riglyne en perspektiewe gee wat vir die hele lewe geld en gevolglik die onderhawige dramanavorsing fundamenteel rig.

1.5.2 Christelike wetenskap

1.5.2.1 Skrifgebruik

Beide bestaanswerklikheid en estetiese werklikheid, beide praktyk en teorie val eweseer onder die heerskappy van God en moet onder die deur- tastende lig van sy Woord buig (Rookmaker, 1971:249).

Die Skrif verskaf die fundamenteelste gegewens op grand waarvan alle wetenskappe in staat is om die oorsprong, bestaan en bestemming van die werklikheid te begryp. Hoewel die Skrif geen wetenskaplike handboek, kultuurfilosofiese geskrif of antwerp vir

n

bepaalde estetika is nie, funksioneer dit soos

n

kompas of rigtingwyser vir alle wetenskappe (Duvenage, 1982:11). As Godsopenbaring stel dit normatiewe riglyne vir alle lewensterreine en werp

n

skerp en rigtinggewende lig oor elke moontlike terrein van ondersoek- dus ook oor dramas (Kolossense 3:16;

2 Timoteus 3:16; vergelyk ook Duvenage, 1982:7-11; Wolters, 1985:4,96;

Rookmaker, 1978:21-63; Slings, 1975:228-245; Fairman, 1972:25-135).

n

Drama is religieus bepaald. Dit is en bly die persoonlike siening en verwerking/ ...

(29)

verwerking van

n

bepaalde stofgegewe tot

n

dramateks deur die dramaturg (Schutte, 1980:4). Ook die toneelmatige aanbieding van

n

drama word deur die individuele en persoonlike interpretasie en verwerking van die regisseur gekleur en op hulle beurt deur die van die toneelensemble.

Almal wat by drama betrokke is (hetsy die dramaturg, die toneelkunste- naars, die dramakundige of gehoor) het dus

n

individueel-gekleurde bril waarmee gefokus word.

Die Christendramawetenskaplike het in sy beoordeling van dramas en van die heersende tydgees en -problematiek wat daarin uitgelig word, die taak om met ruimheid waardering te he vir die waarheidsmomente in en die kunsgehalte van die bestudeerde werke. Maar hy het terselfdertyd die taak om daarop te wys indien

n

verkeerde siening van sake die horison van die werk(e) beperk (Vander Walt, 1970:32).

Vir die onderhawige navorsing hou dit in dat die aanpak nie bloot empi- ries-fenomenologies is nie. Die waarneming, interpretasie en perspek- tief wat deurgegee word, is bepaal deur

n

Christelik-reformatoriese benadering wat deur die Skrif gevorm is. Dit is nie gelyk te stel aan moralisering nie maar is eerder

n

eerlike poging tot deurtastende Christelike dramakunde, wat geen kompartementalistiese of dualistiese skeiding van Christelike geloof en lewenspraktyk kan duld nie. Die evaluering van lewenswaardes wat in dramas deurgegee word, mag nie

agterwe~ gelaat word nie (Vander Walt, 1975:19), want hierdie waarde- bepaling moet altyd " ...

n

besondere en skerp lig op die stryd tussen die Ryk van die Lig en die ryk van die duisternis (werp)" (Stoker,

1969:182).

1.5.2.2 Skrifperspektiewe/ .••

(30)

1.5.2.2. Skrifperspektiewe

In hierdie studie. word die Skrif nie gebruik deur maar net verse aan te haal of daarna te verwys nie, maar daar word deurgaans met die sentrale skopus of gerigtheid van die Skrif rekening gehou, naamlik die dade van die drie-enige God soos dit veral saamtrek in Jesus Christus. Naas die sentrale Skrifskopus is daar in die Skrif verskillende groot perspek- tiewe of geheelvisiebeginsels wat as histories voortgaande openbaring opgeteken is. So

n

Skrifperspektief is nie

n

opsomrning van

n

sekere aantal waarhede nie maar een organiese geheel van Goddelike waarheid en bedoeling (Floor, 1984:63). Sulke perspektiewe is byvoorbeeld die van skepping, sondeval, verlossing en die koninkryk van God.

1.5.2.2.1 Mensbeskouing

God het die mens as unieke wese geskep. As beeld van God is die mens God se verteenwoordiger en gesant op aarde (Genesis 1:27; vergelyk ook Taljaard, 1976a:154 en Vander Walt, 1978:123). Die mens is as heerser oor die skepping aangestel en daarom ook met baie moontlikhede en talente toegerus (Genesis 4:19-22; Psalm 8:6-9).

Die mens se uniekheid en opdrag verbind hom met koorde van verantwoor- delikheid aan God: hy is gehoorsaamheid aan God verskuldig (Wolters- torf, 1980:74).

Die roeping tot verantwoordelike heerskappy trek saam in die opdrag:

Bewoon, bewerk en bewaak die skepping met vreugde en vrede (Genesis 1:28 e.v.; vergelyk ook Wolterstorf, 1980:79). Kultuur is die aktiwi- teit en resultaat van die beheersing van die skepping. Dit behels om

deur/ . . .

(31)

deur middel van kreatiewe vermoens die aarde te versorg, te versier, te behou, bewoonbaar te maak en in diens van God te stel (Snyman, s.j.:65;

Rookmaker, 1981:42; Seerveld, 1980:179).

Dit is nou juis in die stad dat die osmoseproses tussen mens en kultuur op n baie gekonsentreerde wyse plaasvind (Louw, 1980:42).

In alle kultuurarbeid setel n positiewe en n negatiewe kant. Die nega- tiewe element is dit wat lewensproblematiek laat ontstaan. Die term stad druk in n neutedop die toestand van die moderne Westerse kultuur uit, naamlik dat dit inn krisis is. Hierdie nood blyk duidelik uit die kompleksiteit van probleme waarvoor die kultuur staan, asook uit talle kultuurfilosofiese beskouinge en kunsuitinge van ons tyd (Schuurman, 1977:5).

In skerp teenstelling met die sinvolle dienswerk en die vreugde en vrede verbonde aan gehoorsaamheid aan God se kultuuropdrag staan die tekening deur dramas van die heersende samelewingsnood: n toestand van innerlike onvrede, gewaande outonomiteit, magsbelustheid en aftakeling.

1.5.2.2.2 Gebrokenheid

Die Bybel stel dat God alles aanvanklik baie goed geskep het. Met die sondeval het die mens ontaard en in opstand en kwaadwilligheid sy opdrag tot gehoorsaamheid omgekeer. So het die sonde en gebrokenheid in die hele skepping beslag gekry (Genesis 3:1-24) en het ook die mens se kultuurarbeid (waaronder sy kunsskeppinge) grondig beinvloed (Dekker, 1964:34; Fairman, 1972:39 en volgende; Slings, 1975:231,239). Kuns (ook drama) lig die mens ook nie uit die radikale kwaad nie maar werp hom heel/ .•.

(32)

heel dikwels selfs dieper daarin en word so medepligtig aan sy sonde- belustheid (Wolterstorf, 1980:84).

1.5.2.2.3 Herskepping

Die Christen se perspektief op die gebroke werklikheid is anders as die visie van geslotenheid en vasgelooptheid wat deur so baie moderne dramas verwoord word (Vos, 1980:1,9). Daarom wil ook hierdie proefskrif ondubbelsinnig si dat die geski~denis na die eindpunt van die volkome vrede en vernuwing in Christus voortstu (Johannes 14:27; Openbaring 21

en 22).

God se kinders word geroep om medewerkers in sy aksie tot lewensvernu- wing te wees (1 Korintiers 3:9c). Hierdeur kry ook die funksie van

drama

n

nuwe betekenis en

n

dieper dimensie. Dramas (en dramakundiges) kan as instrumente diens doen in die stryd om die gevallenheid van die bestaan te oorkom en op estetiese wyse rigting aantoon uit die geslo- tenheid waarin mens en wireld verkeer (vergelyk Dekker, 1964:34; Coet- zee, 1940: 277; Fairman, 1972:123,135; Glicksberg, 1960:62; Batten- house, 1945:34; Sayers, 1959:24).

1.5.2.3 Openbaringshistoriese perspektief

Vir die aanpak en verstaan van die kompleksiteit van 'die stad' is dit van besondere belang om veral met die opebaringshistoriese perspektief wat die Bybel op die stad gee, te reken.

1.5.2.3.1 Voorlopers

Die eerste stadbouer was Kain (Genesis 4:16-24). Nadat hy Abel vermoor het,/ •..

(33)

het, is hy deur God vervloek: hy sou brood- en heimatloos wees,

n

swer- weling (Fry, 1970:78-79). Tog ken die Heresy vrese, en uit erbarming gee Hy aan Kain

n

beskermingsteken.

Kain wil egter nie die beskerming en genade aanvaar nie, en hy trek van die Here af weg na die land Nod (etimologies: land van rondtrekkery) (Ellul, 1970:3). Hy soek

n

land waar hy gedurig van God af kan wegvlug.

Hy wil nie die sekerheid wat God aan hom hied, aanvaar nie en leef dus in onsekerheid (Kruger, 1976:1).

Dan skep hy vir homself

n

mensgemaakte sekuriteitsoord, naamlik

n

stad,

met die naam Henog, wat 'inwy' beteken (Ellul, 1970:5). Kain begin dus met iets nuuts; hy wy as ' t ware vir homself

n

nuwe wereld in ook deur die vestiging van

n

nageslag.

Die tweede stadbouer is Nimrod, die groot geweldenaar (Genesis 10:8-12). Met trotse kragvertoon bou hy vir homself

n

reeks stede. Uit die name van sy stede is betekenisse af te lei soos: prominent/kragtig wees; lank wees; sterk wees; nakomeling. Nineve beteken: die stad van

die lentegod. Nimrod wil altyd met lentekrag lewe.

So wys hy met sy stede dat hy sterk en kragtig is. Sy mag kan oenskyn- lik nie beperk word nie. Die slaaf (Genesis 9:25) sal heers; hy sal nie deur God se vloek ondergekry word nie. In opstand teen God bou hy stede om sy heerskappy te bevestig, om sy tirannie te ondersteun (Kru- ger, 1976:2).

Nimrod sentreer sy ryk in Babel. Dis by uitstek

n

sekulere stad waar- deur die mens roem en eer vir homself wil opeis en vir homself

n

naam

wil/ .••

(34)

wil maak. Die stad en toring is n maatreel om verstrooiing oor die aarde te beperk. Dis n poging om vir die mens dit toe te eien wat God alleen ken en beheer (Genesis 11:4). Nimrod en sy mense wil nie seekers wees nie (Ellul, 1970:15-16).

God sorg egter dat selfs die naam 'Babel' uitdrukking gee aan die fatale gevolge van die mens se opstand: dit beteken 'verwarring'. Die mense wou vir hulle n naam maak, maar die naam word uiteindelik simbool van hulle onvermoe en magteloosheid.

Kain en Lameg is die voorlopers van almal wat deur die geskiedenis heen dinge op hulle eie manier wou doen. Hulle het begin om, in gewaande on- afhanklikheid van God, kultuur te skep, n skuiling teen wind en weer en vyand - n stad en ook kuns en tegniek (Genesis 4:20-22). Nie net het die kultuur gehelp dat die mens hom op die aarde gemaklik begin maak het nie (Rookmaker, 1981:17), maar Lameg het ook onmiddellik begin om die moontlikhede van tegniek vir geweld

en

vernietiging in te span.

1.5.2.3.2 Vloek

Op sigself is geen kultuurarbeid of -pro

duk,

geen wetenskap of tegniek sondig of vervloek nie. Trouens, telkens as stede in die Bybel vervloek en vernietig word, word daar getreur oor die skoonheid en kosbaarheid van hierdie stede. Telkens word daar n treurlied gesing oor die straf en vernietiging (Esegiel 27 en 28), of ui troepe van wee word gehoor oor die vloek en straf (Esegiel 16:23).

Tog word daar deur die Bybel

heen

n refrein van onwrikbare oordeelsvol- trekking oor stede gehoor: Sion word met ballingskap getref (Amos

6);

die/ •••

(35)

die grendels word stukkend gebreek en n vuur sal in Darnaskus, Gasa, Tirus, Ternan, Basra en Rabba aangesteek word (Amos 1); ellende, verval en puinhope is al wat vir die vervloekte stede oorbly (Esegiel 26:19-20).

Dit is telkens in wese die gesindheid van selfverheffing, verrnetelheid, hoogheidswaan en rnagsvertoon wat die Here se toorn teen stede laat ant- vlarn:

Jy is deur jou vermetelheid mislei, jy wat daar in klipskeure sit .••

jy wat dink: wie sal my hier afkry grand toe?

Al bou jy daar in die hoogte soos n aasvoel

al sit jy jou nes tussen die sterre,

Ek sal jou daar afhaa

l

, se die Here (Obadja, v.3-4).

Telkens word stede in die Bybel vervloek en wel as gevolg van die ver- keerde gesindhede en uitinge van geweld

,

hoogmoed, oneerlikheid en ver- drukking. Hierdie sondige gesindhede, wat as 't ware in die stad saam- trek, kan as n herkenbare lyn deurgetrek word van die eerste tot by die laaste stad van hierdie wereld: Babilon

,

die groat hoer.

Babilon is n sirnboliese saamtrekpunt van al die ongeloof, kwaad, deka- densie en opstand van alle afvallige stede en sarnelewings deur al die eeue van menslike geskiedenis. Babilon is simbool van alles wat mense bekoor, versoek, verlei, van God af wegtrek. Hierdie groat hoer is n

wereldse stad, soos die plesiermal en aanmatigende Babilon van ouds.

Babilon is die wereld as sentrum van handel, industrie, kuns en tegniek wat die Christen van God wil wegtrek. Dit simboliseer die opeenhoping van die weelde, bekoring en ondeug van die afvallige mensheid. Babilon is die hoer wat deur die eeue heen die bruid, die Nuwe Jerusalem, teen-

staan/ ..•

(36)

staan (Hendriksen, 1977:150-151).

Toegepas op twintigste-eeuse stadsproblematiek kan die verkeerde ge- sindhede van die stede waarteen die Bybel waarsku, juis ook in die mo- derne samelewing gevind word: trotse kragvertoon, oenskynlike onaf- hanklikheid van God, afgodery en opstand.

n

Kardinale motief van die huidige kultuur is die van wil tot mag. Die

moderne mens is dronk van magswellus (Vander Walt, 1981:208); erger nog: hierdie aanbidding van die menslike vermoe om te beheer en te kon- troleer kan as die godsdiens van ons tyd beskou word (Louw, 1980:18).

Die kenmerkende twintigste-eeuse verabsolutering van die (gewaande) mag en outonomie van die mens, wat in die flambojante stede van ons tyd dikwels regstreekse uitdrukking vind, stem ooreen met die Bybelse sie- ning van die stad in Esegiel 28:1:

In jou hooghartigheid het jy gese:

'Ek is

n

god •.. I

1.5.2.3.3 Gawe

Die oordeel van God oor die stad is nie omdat die stad op sigself ver- vloek is nie. Hy straf

n

stad op grand van sy sonde en nie uit inhe- herente wraakgevoelens daaroor nie (Kruger, 1976:5). Trouens, God gee die stad as gawe om tot sy eer te dien. Die feit dat Kain byvoorbeeld

n

stad gebou het, was nie op sigself

n

sondige daad nie. God self beves- tig die skoonheid en kosbaarheid van stede en laat dit in die Bybel be- sing. Ook het Hy Jerusalem as sy eie stad verkies (2 Kronieke 6:6). Dus is daar vir die stad

n

positiewe plek in die plan van God.

Die/ •••

(37)

Die geskiedenis het deur die aardse Jerusalem heen geloop, en dit is

n

pad deur die dood heen, want hierdie stad word verwoes. Ook Babel en Babilon word deur vuur verteer. Daarom loop die Seun van die mens ook hierdie pad: deur die dood heen. Maar Hy staan op en sal terugkom. Dan sal God se stad, waarvan Hy alleen die Bouer en Oprigter is en wat

n

onwankelbare fondament het (Hebreers 11:10), uit die hemel op die aarde neerdaal (Openbenbaring 21'10).

Die eerste stad is in opstand gebou, maar die ewige stad wat God as ko- mende werklikheid beloof het en waarna Abraham alreeds verlang het

(Hebreers 11:10), word in genade geskenk. In Jesus Christus, die kos- miese Verlosser, word ook die gelowige mens se kultuur vir hierdie nuwe stad geheilig (Openbaring 21:26).

Die Bybel teken in openbaringshistoriese perspektief die stad as van kardinale belang in God se koninkryksontplooiing. Daarom was die stad deur die eeue heen tot vandag toe - miskien veral vandag - in die bran- ding. Ons bevind ons vandag heel moontlik in die laaste gedeelte van die stadstydperk (Cox, 1968:248; Van Riessen, 1957:246-266). Daar is

n

bepaalde evolusionere ontwikkelingsproses ten opsigte van die stad:

vanaf die primitiewe stamtydperk via die stadstydperk na die tegnolo- giese tydperk en die multipolistendens - en dit alles staan in die te- ken van die voltrekking van God se koninkryksplan (Cox, 1968:248;

Slings, 1975:38).

Die eintlike spervuur waarvoor die stad egter ten slotte staan, is dat dit saamtrekpunt is waar die stryd tusen die ryk van die duisternis en die ryk van die lig, tussen waarheid en leuen, besleg word (Labuscag-

ne,/ . . .

(38)

ne, 1976:17,19).

1.6 Metode

1.6.1 Diachroniese metode

In hoofstuk 2 word histories oorsigtelike parallelle tussen stad, drama en ooreenstemmende tydgees getrek. So kan die faktore in die geskiede- nis wat tot die huidige stadsproblematiek aanleiding gegee het, beter verstaan word.

1.6.2 Hermeneuse

Van hoofstuk 3 tot 9 sal van dramahermeneuse gebruik gemaak word.

Dramas sal tematies ontleed word, suiwer ten aansien van die onderwerp 'stadsproblematiek' en wel aan die hand van tekstuele getuienis daar- oor. Die bedoeling is dus nie om dramas esteties volledig te ontleed byvoorbeeld literer, tegnies-struktureel of toneelmatig nie.

1.6.2.1 Hoofdramas

Sewe hoofdramas word elk op tweerlei wyse ontleed: ten opsigte van die uiterlike stadsmilieu en ten aansien van die innerlike stadsproblema- tiek. Die uiterlike omstandighede word telkens aangedui in soverre dit tot innerlike nood meewerk of in soverre dit die simboliese veruiter- liking van die mens se belewing van die stadsproblematiek word.

Die keuse van hoofdramas het telkens geval op die bes moontlike drama- voorbeeld van

n

spesifieke aspek van stadsnood. Daar is verder gepoog om

n

goeie balans in die keuses uit laat twintigste-eeuse Westerse dra-

maliteratuur/ ...

(39)

maliteratuur te handhaaf - daarom

n

redelik eweredige verdeling van Eu- ropese, Amerikaanse en Suid-Afrikaanse dramas.

Omdat die dramas tematies bespreek word, word sover rnoontlik alle mo- tiewe/sake wat saamhang met die bepaalde faset van stadsproblematiek waarop

n

hoofstuk toespits, saamgegroepeer. Dit bring mee dat die hoofdramas as

n

deurlopende lyn vir die logiese en sinvolle ontplooiing van die gedagtegang van die studie gesien moet word, eerder as dat elke hoofdrarna as

n

kompakte eenheid ontleed sal word.

Die hoofdramas wat geanaliseer word, is Halte 49 (Henriette Grove, People are living there (Athol Fugard), Pa maak vir my

n

vlieer pa

(Chris Barnard), The caretaker (Harold Pinter), Equus (Peter Shaffer), Angel City (Sam Shepard) en Their very own and golden city (Arnold Wesker).

1.6.2.2 Sekondere dramas

Daar word van

n

baie wye verskeidenheid verteenwoordigende moderne dra- mas as sekondere vergelykings- en bevestigingsgetuienis by hoofdramas gebruik gemaak.

Somrnige sekondere dramas word meer in besonderhede ontgin as ander, omdat hulle hulle daartoe leen om in groter detail ondersteuning aan die studietema te verleen as ander.

Hierdie dramas word deurlopend volledig met die bespreking van hoofdra- mas geintegreer, om sodoende die omvang en aktualiteit van die verskil- lende fasette van lewensnood te beklemtoon en deur

n

verskeidenheid

voorbeelde/ . . .

(40)

voorbeelde te bevestig. So k

an die uiteindelike afleidings wat uit die

navorsing gemaak word, deegliker verantwoord word.

1.6.3 Interdissiplinere toet

s

ing

Daar word deurlopend interdis

s

iplinere bruikleen gemaak van ander rele- vante vakwetenskaplike resultate. Op hierdie wyse word daar deurgaans n

dialektiek tussen dramas en die korrelerende kontemporere werklikheid aangetoon.

1.7 Werkplan

1.7.1 Aanloop

In hoofstuk

2

word sekere kontoere deur stad, drama en ooreenstemmende tydgees aangedui as logiese aanloop tot die huidige kultuursituasie waarin dramas stadsproblematiek verwoord

.

1.7.2 Verloop

Hoofstuk

3

tot

9

behandel hoofdramas en ondersteunende sekondere dramas in n logiese ontplooiing van aksente wat in moderne stadsproblematiek voorkom. Om n logika in

die redenasie-ontplooiing in te bou word

n

spesifieke dramavolgorde geh

andhaaf.

Vervolgens sal hoofstukgewys aan- getoon word waarheen die gedagtegang van die studie lei. Vir die vaart- belyning van die uiteensetting van die werkplan word daar nie telkens eksplisiet genoem dat daar by elke hoostuk en hoofdrama ook talle ander dramas as vergelykings- en ondersteuningsmateriaal gebruik word en ook van n verskeidenheid interdissiplinere perspektiewe gebruik gemaak word nie. Dit moet in gedagte gehou word by die verdere lees van die werkplan:

In/ •••

(41)

In hoofstuk 3 word Halte 49 (Henriette Grove) ontleed, waarin verskil- lende losstaande dramakarakters tydens

n

busrit as tipiese massamense van

n

koue, grys, moderne stad figureer.

In hoofstuk 4 word die kring nouer getrek: na net drie persone. Hulle is egter ook nog aparte, losstaande figure. Hulle woon saamgegooi in een huis in

n

tipiese grootstad. Hulle voel soos weggegooides op die ashoop van die lewe. Dit word deur middel van People are living there

(Athol Fugard) verbeeld.

In hoofstuk 5 word die stadsituasie in Pa maak vir my

n

vlieer pa

(Chris Barnard) steeds nouer afgebaken:

n

geisoleerde kamertjie in

n

onpersoonlike, besoedelde stad. Die stad, met alles wat vreemd en onbe- kend daaraan is - soos ook die 'onbekende vreemdeling' wat by die twee wereldvreemdes in hulle ingeperkte milieu besoek afle -, word as

n

be- dreiging aangetoon. Die drie karakters wat in die drama tot lewe geroep word, is bloedfamilie van mekaar. Hulle is verteenwoordigend van drie generasies, maar nogtans almal blootgestel aan die hartklop van die moderne stad- en lewenspatroon.

In hoofstuk 6 tree nie net vreemdelinge of losstaande figure op soos in hoofstuk 3 en 4 of net gesinslede soos in hoofstuk 5 nie. In The caretaker (Harold Pinter) figureer twee bloedbroers teenoor

n

(moont- like?) algehele vreemdeling/buitestaander. Dit vind in

n

au woonhuis

plaas. Hier word die stad

n

kookpot waar aggressie, hoon, psigologiese geweld en aftakeling aan die orde van die dag is.

Van hoofstuk 3 tot 5 het die karakters binne-in die koudheid en bedrei- ging/ ..•

(42)

ging van

n

onpersoonlike stadsbestaan wel nog ietwat van

n

sekuriteit gevind in die bekendheid van

n

eie tuiste:

n

huis of woonstel of kamertjie.

Met The caretaker verskuif hoofstuk 6 die brandpunt na

n

boemelaar se lewe op die lang pad van die onbekende: uitgestoot en verwerp uit die sekuriteit en skuiling wat by binnekant die mure van

n

gebou as opsig- ter kon vind. Die pad is sy enigste tuiste in

n

oenskynlik wrede moderne samelewing.

Hoofstuk 7 konsentreer op die dieper liggende aanleidende oorsake van die ongeluk en ontwrigting wat oor so

n

wye lewenspektrum voorkom.

Equus (Peter Shaffer) word ontgin as voorbeeld van die gangbare ge- loofskrisis in die huidige samelewing. Dit wat hierin aangetoon word, le dan ook implisiet ten grondslag aan die lewenskrisisse wat in die vorige hoofstukke behandel is. In hierdie drama vorm skynheiligheid en valse geloof (wat dikwels in die moderne samelewing en huise in die grootstad opereer) die agtergrond waarteen die handeling voltrek word.

Hoofstuk 8 beklemtoon die feit dat daar dood in die stad (of moderne samelewing) is omdat die mens sy eie oplossings as lewensekuriteit aanbied. Die mens se oenskynlik outonome magsvertoon ontplooi in Angel City (Sam Shepard) tot volkome magteloosheid en desintegrasie.

In hoofstuk 9 word deur die ontleding van Their very own and golden city (Arnold Wesker) insig verkry in die futiliteit wat

n

idilliese, utopistiese alternatief vir die huidige stadsproblematiek inhou.

1.7.3 Afloop/ ••.

(43)

1.7.3 Afloop

Hoofstuk 10 is

n

poging om

n

kernagtige Christelik-reforrnatoriese kultuurdiagnose en perspektief te gee, veral deur lyne in hierdie verband uit die vorige hoofstukke saarn te trek.

Referensi

Dokumen terkait

Die trek van die boere na die binneland as studieveld kan gevolglik verder deur historici ontgin word -nie as 'n blare hervertolking van Van del Merwe se werk nie, maar oak om nuwe