HOOFSTUK 3 HOOFSTUK 3
3.2.5.1 Die mens in die sentrum
Die geslote wereldbeeld wat vandag by baie mense geld, is grotendeels
aan sekularisme toe te skryf (Barnard, s.j.:l8; vergelyk vir die res
van hierdie bespreking ook Vander Walt, 1984:48). Sekularisme het nie
net sy wortels diep in die hedendaagse denk- en leefwereld ingeslaan
nie maar ook wyd uitgesprei om vertakkend om die keel van die mensheid
te/ •.•
te sluit.
Wanneer n mens God en sy gebod verwerp, word die mens self maatstaf van alles. Daarom heers daar tans subjektivisme. Die mens lee£ in die waan van nie meer van God afhanklik te wees nie maar op homself alleen te vertrou.
In People are living there is die veelseggende woordspeling in terme van n godsdienstige liedjie verskuil:
Don: The Lord is my shepherd Milly: Never! (65).
Volkome subjektivisme word ook hoorbaar as Org in Pa maak vir my n
vlieer pa se:
Julle hoe£ nie in
my te glo nie ..• Solank ek net aan myself glo. Dis genoeg (22);
Ek moet net in myse
lf glo (70).
Dikwels bied niks anders meer vir die mens n religieuse dimensie as net maar hyself, sy eie lewenservaring en eie behoeftes nie. As Maggie in Halte 49 uitdagend na die sin van die lewe vra:
Wat is daar dan anders as werk, werk en slaap? (15),
antwoord die Ouvrou dat sy iets bly vergeet. In hierdie 'iets' vermoed
n mens dan die fundamentel
edimensie wat werklik sinvolheid aan n mens
se lewe kan gee, maar volkome subjektivisme kom in die Ouvrou se ant- woord na vore:
Jou worries; dis m
aar al (16).
Die volgende stap in die sirkel van n geslote wereldbeeld is indivi- dualisme. Daar word in hierdie proefskrif klem gele op die feit dat
massaliteit,/ .•.
massaliteit, kollektiwiteit en onpersoonlikheid baie prominente ken- merke van die hedendaagse tyd is. Saam met die voorrang wat tegniek kry, gee dit dikwels aanleiding tot ontpersoonliking en ontindividua- lisering. Die ander kant is egter ook waar: daar is wel ook
n
duideliketrek van individualisme in die moderne samelewing te bespeur.
Hierdie individualisme word deur dramas aangetoon, vergelyk Berenger (Rhinoceres), wat se:
Solitude seems to oppress me. And so does the company of other people (25).
Individualisme, soos subjektivisme, redene~r: Ek is die norm. My smaak en standpunte of lewenswyse is my saak. Ek hoef nie my naaste lief te he soos myself nie (Matteus 22:39) of aan ander te doen soos ek aan myself gedoen wil he nie nie (Matteus 7:1-6). Inteendeel, ek doen aan ander soos hulle aan my doen - vergelyk Sid se houding in West: as eer- tydse vriende of ander mense hulle nie bel en oornooi nie, doen hulle dit ook nie aan ander nie (19,21).
So
n
instelling lei onherroeplik tot koue menseverhoudinge, soos duide- lik in A delicate balance (Edward Albee) aangetoon word. Die feit dat Harry en Edna by Tobias en Agnes hulp en skuiling gaan soek, ontketenn
krisis in hulle woonstel. Harry en Edna is nie net hulle bure nie maar ook hulle beste vriende (39). Tog kom die onwilligheid om werklik te help en by ander se nood betrokke te raak skerp na vore, al weet Tobias en Edna ook:
We must be helpful where we can, my dear; that is the responsibility, the double demand of friendship is it not? (73).
Tobias/ ..•
Tobias skree uiteindelik gespanne en radeloos:
I DON'T WANT YOU HERE ... I DON'T LOVE YOU! BUT BY GOD ... YOU STAY!! (103).
Nadat hulle dan tog weggegaan het, se Agnes verlig:
Well, they're safely gone •.. and we'll forget quite soon •.• (108).
Individualisme is om selfgesentreerd te leef. En so kom Harry (Harry's Christmas) tot die pynlike openhartigheid oor homself:
YOU DIDN'T TAKE TIME OR THINK OF OTHERS ... YOU WERE INVOLVED WITH YOUR OWN PAIN AND IGNORE THE WORLD
... YOU LOVED YOUR OWN LITTLE AGONY ... (90).
Subjektivisme en individualisme lei noodwendig tot die volgende stap, naamlik relativisme: alles is betreklik, niks kan absoluut waar wees nie. Die omgekeerde is: alles kan waar wees. Hier kom beginselloosheid ter sprake, byvoorbeeld die loslaat van beginsels deur Pieter in Cinci- natti (Barney Simon) en die sedelose menswees en optrede van Jill (Equus) .
Ook utilisme (die leer van die nuttigheid of bruikbaarheid van dinge as enigste geldende maatstaf) vorm
n
belangrike element in die sirkel van geslotenheid. Daarom word so baie mense 'uitgeskakel' of op die pad agtergelaat as hulle in die geweldige oorlewingstryd van die laat twin- tigste eeu nie die mas kan opkom nie (vergelyk ook punt 5.2.3.1 in hoofstuk 5).Met die laaste stap word die bose kring gesluit, want die vraag 'Vir wie moet iets nuttig wees?' bring weer eens die antwoord: 'Vir myself natuurlik'. So eindig die mens dan weer by die subjektivisme waarmee begin is, naamlik dat die mens die maatstaf van alles is. In dramas word/ ..•
word hierdie geslote kring van sekularisme egter as n trauma aangetoon - vergelyk die volgende vernuftige sameflansing van moderne dramatitels en -inhoud: "Hollow men in the wasteland eating their naked lunches while waiting for Godot. A long day's journey into night which ends in the abyss. The Age of Anxiety under the mushroom cloud in the global village. Nausea because there is no exit. At the endgame, the bald soprano chants: 'Who's afraid of Virginia Woolf?'" (Vos, 1980:1).
Daarom, soos bostaande uiteensetting aantoon, kan sekularisme as alles- oorkoepelende gangbare moderne lewensbeskouing tot hierdie tipering herlei word: n geslote wereldbeeld.
"Nadat die Son van die wereld van die horison af weggevee is, is die mens in n spiraalkerker gevang waarin hy wel al in die rondte kan loop"
- soos die karakters van No exit, wat geen uitgang uit hulle toegeslote situasie vind nie- "maar geen hoop het om uit te kom nie ... Hy het self die Deur gesluit en die sleutel weggegooi!" (Van der Walt, 1984:47-48). Son mens kan dus by geen deur meer uitgaan nie maar kan, simbblies gesien, slegs nog by die venster uitspring om dan egter deur n onstuimige see verswelg te word, soos die Ou Man en die Ou Vrou in The chairs (175).
3.2.5.2 Apatiese hede-mens
Die hede is deurslaggewend vir die hede-mens (Barnard, s.j.:31). n Mens wat aan die hiernoumaals oorgelaat is, met geen uitsig op die hier- namaals nie (vergelyk Louw, 1972:15), kan n hede-mens genoem word. Die moment waarin die mens hom bevind, word oorbeklemtoon, soos Paps, wat in/ .••
in Iemand om voor nag te se (Chris Barnard) van die nou en hier wil hoor (194). Die uitwerking van son oorbelaaide nou-belewing is dat dit maklik tot lewensmoegheid en doellose fatalisme aanleiding gee (Louw,
1980:68).
In Halte 49 wil Maggie en Liz weet wat die sin van hulle harde werk is (15,34). Die antwoord suggereer fatalisme en lewensmoegheid:
Jy werk vandag om more weer te kan werk(35) -
dag vir dag, met onvryheid en sonder vreugde, sodat dit n ketting word wat wurg.
So n stadsmens met n intense oombliksbelewing word dikwels apaties. n Gevoel van afsydigheid en onbetrokkenheid word duidelik waargeneem (Louw, 1980:68,72).
Dimetos, in Athol Fugard se drama met dieselfde titel, is afsydig teenoor die nood en behoeftes van die stad waar hy eertyds sy talente ontplooi het en diensbaar was. Nou leef hy onbetrokke, in sy eie self- genoegsame wereldjie waar alles om homself draai, heeltemal individua- listies en subjektivisties. Daarom dat hy byna apaties toekyk hoe sy niggie, op wie hy stilletjies verlief is, byna verkrag word. Hy is te veel op sy eie voordeel ingestel, te selfgenoegsaam om in haar belang of, soos die jongman versoek, in die stad se belang op te tree. Hy laat as ' t ware die nou oor hom heenspoel en word s6 in die stroom van onbe- trokkenheid teenoor die eise van die lewe meegesleur.
Die passasiers in Halte 49 is dagmoeg: lewensmoee fabriekswerkers wat so afgestomp is deur die tempo en eise en onbevrediging van hulle een-
tonige/ . . .
tonige skofarbeid dat hulle nie nog lus of krag het om warme medemens- likheid te openbaar nie. As Hy byvoorbeeld nog iemand aangehardloop sien kom om die bus te haal, se hulle afsydig:
Laat sy agterbly. Sy ken nie haar tyd nie (5).
Blaas jou fluit man, laat ons kan wegkom (6).
Daar is min sprake van aktuele, persoonlike betrokkenheid by medemens- like probleme. Die vraag is tans nie meer so dringend 'Waar vind ek
n
genadige God?' nie maar 'Waar vind ek
n
genadige medemens?' (Louw, 1980:67). In The price is Victor byvoorbeeld nie bereid om by Solomon, die waardeerder, se persoonlike lewe betrokke te raak nie. Hy onder- breek die ouer man se geselsery telkens en probeer om die gesprek hierdeur opn
onpersoonlike noot te hou. Victor stel:Let me make one thing clear ... I'm not sociable So let's get to a price, and finish (115).
Hy antwoord bevestigend as Solomon vra:
You don't want we should be buddies? (115).
Later se Victor reguit vir Solomon:
I appreciate your problems, Mr. Solomon, but I don't have to pay for them. I've got no more time (118).
Ook Don in People are living there is
n
tipiese onbetrokke stadsmens.En in Halte 49 word die intensiteit van die Sy-figuur se belewing van droomgeluk afgeplat tot toonloosheid as sy moet uitklim. Tog word die afgeronde sirkel van
n
geslote werklikheid deurbreek deurdat Sy die moed van werklikheids- en van verantwoordelikheidsaanvaarding openbaar.Sy trek die lyn vanaf blote daaglikse sorge deur na die hiernamaals.
Dit getuig van geloof wat op
n
versorgende God gerig is wat b6 die skepping/ ...skepping staan en daaraan
n
ewigheidsbestemming gee. Uit die wereld is daarn
pad, ookn
gebedspad, na bo, nan
oop anderkant. Die ingeperkte werklikheidsbeeld wat benouend omn
bolangse leefwyse en stoflike belange sluit, word deurbreek, oopgebreek deur haar verwysing na die Onse Vader en haar woordeLaat my verbykom (49)
verby en uit uit die geslote sirkel waarin die ander karakters hulle nog steeds bevind . .
Ten spyte hiervan is die deurlopende ondertoon van Halte 49 hartseer, die van mense se dae wat verbysleep, mense met onvervulde behoeftes, mense wat bly voortleef in
n
eenselwige patroon soosn
grys tapisserie,inn koue, grys stad ...
3.3 Samevatting
Uit Halte 49 en baie ander sekondere dramas wat ondersteunend gebruik is, word dit duidelik: die koue grys newelstad van ons tyd is dikwels so onpersoonlik en word so ingewikkeld gestruktureer dat
n
mens ditn
masjiennetwerk sou kon noem. In so
n
stad leef dikwels robot- en ma- sjienagtige mense sonder inisiatiefontplooiing, kreatiwiteit, selfstan- dige denke en arbeidsvervulling, omdat die hedendaagse tegnologie en outomatisasie dikwels eentonige, meganiese handeling verg. Dit maak van mense gefragmenteerde, gekompartementaliseerde deelmense inn
deelstad.Mense ervaar hulleself dikwels as ontneem van betekenis en eiewaarde en leef daarom maklik gelykgeskakel in die grys eendersheid van die mas- sa. Lewenswaardes vervlak baiekeer, veral tot materialisme as hoofsaak
en/ . . .
en hoofbegeleidingsmotief in die vervulling van
n
lewenstaak.Dramas teken die skrikbeeld en aftakelende mag wat 'tyd' in die eietyd- se samelewing geword het. Die tersaaklike dramas van hierdie hoofstuk bevestig ook die diagnose wat in die werklikheid van ons dag gesetel is, naamlik dat die deursnee- moderne mens in