• Tidak ada hasil yang ditemukan

Onmenslike strukture

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 85-123)

HOOFSTUK 3 HOOFSTUK 3

3.2.1.1 Onmenslike strukture

Die innerlike problematiek wat in die drama aangesny word, word ver- woord deur moee skofwerkers wat nou, laat-middag, na hulle tuistes op

pad is. Die grootste deel van hulle dag bestaan klaarblyklik uit:

•.• pas en klink, pas en klink die godganse dag (12), of materiaalstukkies platdruk en vou:

Dis al wat ek doen, vir tien uur lank: vou, platdruk, oorstoot; vou, druk, oorstoot; vou, druk, oorstoot

(12).

In West stel Sid

~ ~oortgelyke

lewenservaring aan die orde as wat die karakters in Halte 49 beleef:

I sit down by a bench all day/machining trousers for five bob/and dust choking my lungs/and the noise of the machines/you wouldn't believe it/and fifty in a room/ten pairs of pants a day/I slog to make/cut and trim/then throw them to Greek to finish off/and put a

fly/ .•.

fly in/and at the end a Mick to press them/! got callused hands already from the shears/a spine that's curved forever/and a cough that can't be cured by all the medicines in the world/that's known to man/to make a haven for my family/which is a little

·

heaven

(46).

By die karakters in Halte

49

gaan dit ook so: hande deurwerk elke dag, sleurwerk, roetinewerk, en teen die aand:

en:

en:

Ek haal skaars nog asem ..• (want) dit gaan al van vanoggend sewe-uur so aan die gang (5),

Liz: Ons is moeg en hanger en dis al klaar laat. As mens die heeldag gewerk het

(5);

Maggie: Ag Vader, my voete pyn aanmekaar (13).

Stemme: Au, Maggie ••. Hoe kom jy die dag deur?

Maggie: Mooi, he?

Brooddee~

wat oor n pan rys

(14).

Net anders as wat Sid (West) dit stel dat sy gesin vir hom n klein hemel was, toevlugsoord en heerlike bestemmingspunt na so n dag se sleur, is nie eens hulle gesinslewe vir die karakters in Halte

49

iets buitengewoons nie. Dit is eerder onaangenaam, want kinders wat grens vir brood (4), en n uiereukwoonste

l

(45) is alles behalwe iets om

gretig na uit te sien ••.

!

Soos Sid se dat geen medisyne ter werel d meer vir sy hoesery kan help nie, so stel n manstem in Halte

49

n soortgelyke probleem aan die orde:

Ek wou my gedaan hoes. Dit pak altyd eerste op my bors (kug). Geen lewe vir n witmens nie. Dit trek orals in en toe (11).

Die/ •••

. . ; '.I

Die omstandighede in

n

fabriek is meestal nie maklik en aangenaam nie.

Dit kan onder andere afgelei word uit Maggie se geswelde voete (13-14), die ou vrou wat skaars nog asemhaal van moegheid na so

n

lang en harde dag (5), die Man (11) en Sid (46) wat chronies hoes as gevolg van fa- briekswerk, en Sid wat eeltagtigverharde hande van sy fabriekswerk oor- gehou het (46). Ook in Abide with me (Barrie Keeffee) beklemtoon Louis hierdie feit:

it was hot in there this morning - under the glass roof, heat of the drying ovens (56).

3.2.1.2 Die masjien:

n

selfstandige mag

Die moderne mens word dikwels as

n

ratjie in

n

ontsaglik groot en inge- wikkelde struktuur geprogrammeer (DeBruyn, 1976:5; Barnard, s.j.:29).

Hoe meer die strukture bulle laat geld, hoe meer vervaag die mens se eie identiteit en seggenskap. Die ironie is dat dit mensgemaakte struk- ture is wat die mens nou self onderkry en oorheers (Combrink, 1978:21-22). Die mens bet die masjien ontwerp om hom te dien, maar stelselmatig is die mens besig om die masjien te dien (Heyns, 1969:82).

Dit is

n

bose kringloop: omdat die sogenaamd outonome mens van die twintigste eeu hom aan beheersing deur

n

oppermagtige God wou ontwor- stel, bet sy tegnologie in tegnokrasie ontaard wat hom verslaaf en verontmenslik en van sy vryheid ontneem bet (Vander Walt, 1978:234).

In die lewe van die karakters in Halte 49 vorm die masjien juis ook

n

selfstandige mag. Hoewel 'die masjien' nooit fisies teenwoordig is nie, bly dit

n

werklikheid waarvan

n

mens deurentyd bewus is. Byna al bulle gesprekke draai om hierdie 'mag'. Dit blyk duidelik dat die masjien bulle/ •••

hulle lewe oorheers. Van die oomblik af dat hulle in die oggend wakker word trouens, selfs dwarsdeur die nag - is hulle bewus van hulle ondergeskiktheid daaraan. Hulle lewe word byvoorbeeld deur die ritmie- se tik-tak en onverbiddelike 'bevele' van die horlosie gereguleer.

Selfs hierdie klein masjientjie besit n skynbaar selfstandige mag waaraan hulle hulle moet onderwerp of anders uitgeskakel word •.•

.

Hulle werk gaan nie oor dienslewering, roepingsvervulling of kreatiewe inisiatiefsontplooiing nie maar bloot om n meganiese buig voor die eise van die masjien. Die masjien het baas geword van die mense sowel as hulle arbeid (vergelyk Barnard, s.j.:29). Hulle moet presies so vinnig werk as wat die outomatiese vervoerband dikteer, en klaar.

Dit blyk deur die hele Halte 49 heen: die karakters haat dit om so aan die oorheersing van hierdie koue

~ag

ondergeskik te wees. Hulle is egter magteloos daarteen, want die lewe gaan voort. Hulle moet een- voudig in hierdie werks- en leefpatroon inskakel om hulle en hulle gesinne aan die lewe te kan hou. En die ironie is dat die masjien n

onontkombare bedreiging is. Daarom sou dit geen oplossing bied as mense hulle eie utopiestad kon bou en self as absolute besitters van nie net hulle eie huise nie maar ook van die stad en fabrieke en die hele industrie kon optree nie. Die selfstandigheid en vyandigheid wat teg- niek vir menselewens vorm, is n onontkombare werklikheid. Daarom se Kate (Their very own and golden city) heeltemal tereg:

What compromise? That the workers won't own the factory they work in? As if it makes much difference whether they own the machine or not, they still hate

it (79).

In Operation Sidewinter lewer Sam Shepard skerp kritiek op verontmens-

liking/ •••

liking deur tegnologie: n massiewe ratelslangrekenaarstelsel is deur die lugdiens van die VSA ontwerp

in an effort to produce a tracing computer which would help to solve the questions of whether or not unidentified flying objects actually existed (179).

Hierdie mensgemaakte rekenaar (ratelslang) vorm egter n bedreiging vir die mens as dit onafhanklik van die mens se beheer begin optree. Die slang is naamlik deur sy ontwerper, dr. Vector, vrygelaat om te kyk of dit in die barre woestyn self kan oorleef. Dr. Vector vra:

Do you realise the magnitude of this action? It means for the first time ever we can begin to study the effects of the machine's own decisions on its own survival ... The sidewinter computer this very minute is surviving on one of the most inhospitable deserts in the world! Surviving by its own synthetic wits

(178).

As die masjien egter selfstandig naas die mens staan, hou dit n groot- skaalse bedreiging vir die mens in - omdat die mens deur God as die heerser oor die skepping gestel is. Die rekenaar toon al gou sy bedrei- ging vir die mens deurdat hy op die eerste die beste menslike prooi toesak: hy het om Honey se lyf gekrul en byna alle lewe uit haar gepers. Die mag van tegniek oor die lewe van die mens word hierdeur dramaties verbeeld.

Later groei die slang tot n religieuse simbool uit. As die tegnies vervaardigde produk van die vindingrykheid van die mens is die slang so

n Sterk mag dat selfs geweervuur deur die Desert Tactical Troops op die Indiane, in wie se mag die slang in daardie stadium is, geen uitwerking het nie. Hulle swaai net heen en weer in die aangesig van die dodelike geweervuur maar kom steeds nader aan die troepe.

Die/ •••

Die ligte verdof totdat die verhoog pikdonker is, en as blou lig dan weer die verhoog verlig, is slegs die milit~re troepe sigbaar, knie-

lend gedwing voor die mag van die tegniek: die makers is magteloos teen hulle eie maaksel.

In Kamer

99

(Dolf van Niekerk) werk die karakters dag vir dag angstig voort, bevrees vir

n

kamer

99, n

soort laaste lewenspunt of eindgerig wat

n

persoonlike bedreiging en onafwerende lotsvoltrekking vir hulle mag inhou as hulle maar net iets verkeerds doen of net nie goed genoeg doen nie - vergelyk:

en:

Niemand weet wat in die Baas se kamer gebeur nie (9);

Niemand s~ nie- hulle raak net weg . . . en as ons weer hoor, is hulle dood (5).

Hulle is deurentyd senuweeagtig bewus van

n

onsigbare mag wat hulle dophou en manipuleer, en telkens gebeur die gevreesde ding:

n

ontmensde

stem kom oor

n

telefoon en roep

n

naam uit wat na kamer

99

toe moet gaan - om nooit weer te voorskyn te kom nie.

Aan die begin van die drama is daar nag net drie oor. Uiteindelik word die laaste naam uitgeroep, hoewel hy heel blymoedig na kamer 99 gaan omdat, so blyk dit, hy altyd die een was wat alle inligting in verband met die ander werkers na 'bo' toe deurgegee het. Hy het die ander as ' t ware verraai en gedink dat hy daarmee vir homself

n

permanente werk- plekkie, goedkeuring en

n

verhoging sou verdien.

Wat is sy skok en ontnugtering dan nie groot as die boodskap wat hy op die rekenaar lees, niks anders is as dat oak sy nut en doel uitgedien is/ ...

is en dat ook hy afgedank is (34) of: tot 'niet' verklaar is ... !

Die manipuleerder van al hierdie dinge, die onbetwisbare maghebber wat menselewens tot niet verklaar of stewig onder dwang hou, is niks anders as

n

onpersoonlike maar onontwykbare masjien nie - die mens moet voor die masjien buig.

3.2.1.3 Masjienmense

"In our day, humanistic reason affirms that there is only the cosmic machine, which encompasses everything, including people . . . everything people think or do is determined in a machinelike way" (Schaeffer, 1976:164). Hoe meer die mens aan die masjien ondergeskik raak, hoe meer verdwerg sy menswees as onbelangrik in die geheel van die samele- wingsopset. Hoe doeltreffender masjiene kan funksioneer, hoe beter moet die mens wat dit reguleer, toegerus wees.

Menslike bewegings word aldus dikwels in masjienritme omgeskakel. Baie- keer is die resultaat daarvan dat die mens se hele wese en veral sy arbeidslewering nie meer volledig uitdrukking van sy eie individuele persoonlikheid is nie maar eerder analoog met sy masjinerie en reke- naarstelsels word (Ellul, 1965:331).

Juis in hierdie verband is dit veelseggend dat Maggie (Halte 49) vra wat die verskil tussen haar masjien by die fabriek en haar kinders by die huis is. Die ooreenkoms sien sy dan ewe spitsvondig veral daarin:

Nie een kry ooit genoeg nie (14).

Die hele saak van die mens se gelykstelling en ooreenkoms met die ma- sjien/ ...

sjien word treffend onderstreep deur die masjienagtige ritme van die passasiers se dialoog (wat juis met hulle daaglikse masjienagtige handelinge in verband staan): " instoot, instoot" (15) - materiaal of brode - en: " ... platd-ruk of vou, pas en klink" (12).

Die moderne industriestad is die beliggaming van die industriele beska- wingswyse (Banning, 1964:20). Die karakters in Halte 49 is tipiese

industriemense, mense in die proses van industrialisasie en megani- sasie. Dit is die proses waardeur die persoonlike en selfversorgende lewenswyse en milieu van die mens oorgeskakel word na die onpersoonli- ker en funksioneler milieu wat deur die outomatiese ratwerk van ma- sjien, tegniek en wetenskap geskep word (Louw, 1980:55).

Die ritme van die industrie vorm

n

konkrete deel van die lewensritme van die karakters in Halte 49:

Maggie: Jy staan op, jy werk, jy gaan slaap ... Jy staan op, werk, gaan slaap; staan op, werk, slaap;

staan op, werk, slaap (Ritme van die masjien).

Staan op, werk, slaap; op, werk, slaap.

Liz: Nes die masjien (15).

Die ritme van die masjien kom oak voor in die dagroetine van tipiese stadsmense in West - verwoord deur

n

groep stemme as koor:

All: Breakfast, shit, work, lunch, bed (38).

Taalgebruik in dramas word onder andere deur die gangbare sosiale en kulturele klimaat en tipiese taalgebruik van die bepaalde tydsgewrig beinvloed en bepaal (Hauptfleisch, 1978:81). Dit is daarom baie insig- gewend om op die masjienagtige, rukkerige manier van praat in Halte 49 te let. So word meteen

n

dieperliggende ooreenkoms met die ooreen-

stemmende/ ..•

stemmende werklikheid van ons dag blootgele:

Stemme: Die stoof se paaiemante moet betaal word. En daar's die yskas ... En die melkgeld (16);

Liz:

'O.K.',

seek, 'draai dit maar om; ruk dit uit;

trap dit flenters' (25);

Floor: Aandag! Links, regs, links, regs, tik, tak, tik, tak, tik, tak. Dis mos gaaf, so kry jy iets reg. Links, regs, links, regs, markeer die pas.

Dis mos lewe: vyfuur, sesuur, sewe-uur, agtuur

(27).

Karakterisering in dramas word dikwels gekoppel aan terme wat uit hierdie hipertegnologiese, selfs atomiese werklikhede van vandag voort- kom. In West, byvoorbeeld, vertel Les hoe Mike se groot opponent lyk:

Hy is geklee in leerklere wat soos swart staal glinster, met

n

dodelik

gevaarlike patroonontwerp van spykers wat sy mondering afrond

(13).

Selfs sy gesig toon

n

ooreenkoms met elemente wat uit

n

atoomoorlog voortspruit:

His face/his rotten grizzly boat looked like a planet that'd been boiled in nuclear wars or struck by meteors/razed by hurricanes, criss-crossed by deep canals and rank defiles/those scars were mute but telling witnesses of battle fought with weapons/grim with deadly promise

(13-14).

Dit is verder insiggewend dat mense soms die beeld van kultuurprodukte vertoon (anders gestel: die mens is gelyk aan sy beeld in

n

masjienpro- duk) eerder as dat die beeld van God in hulle raakgesien kan word. In Angel City spog Tympani:

Chrome stools with black leatherette seats. Every- one's face is reflected in those stools

(33).

Juis d1t wat Julian in Tiny Alice (Edward Albee) se , is onomstootlik waar van baie hedendaagse mense:

Men/ ...

Men create a false God in their own image, it is easier for them! (36).

Die werklikhede van die hedendaagse bestaan is dat rnense nie net voor die rnasjien rnoet buig nie; ook dat rnense nie net soos rnasjiene geteken word of in tegnologiese terrne beskryf word nie, maar selfs dat rnense deur rnasjiene in aansyn geroep word. Dit word plasties in Plaston, DNS-kind (P.G. du Plessis) verbeeld.

Plaston word deur

n

rekenaar gekonstrueer. Fyn en deeglike beplanning het horn 'geskep', sodat hy

n

byna volrnaak saarngestelde wese is. Tog slaag hierdie tegniese perfeksie nie, want Plaston erken self:

Ek is gernaak (56);

en Ganske se van horn:

n

Organisrne om pyn te registreer

sy grys kornpertjie registreer verdwasing (38).

Uiteindelik rnisluk hierdie eksperirnent heelternal en sterf hy - met die resultaat dat

die geordende rnaterie in my skedel nie rneer pyn registreer nie (57)

en hy terugkeer

••• na sy heerlike onbewuste self (57).

So word die rnaaksel van die mens, die rnasjien, sorns self god (vergelyk Mumford, 1968:7 en Heyns, 1969:82), wat op sy beurt die mens 'rnaak'!

3.2.2 Massarnense

Die stad is dikwels

n

aftakelaar van baie dinge: hier word rnense baie- keer

n

naarnlose rnassa (De Klerk, 1972:4). Die individu verloor sy

uniekheid/ •.•

uniekheid en word opgeneem as maar net een-van-'n-massa, as

n

nommer in

In die huidige samelewing word die mens se waarde en belangrikheid dik- wels deur tegniek en massaliteit verdwerg. Juis omdat baie mense hulle geloof in God prysgegee het en dit op wetenskap en tegniek gaan vestig het, is hulle self slagoffers - dan is die tegniek

n

'Frankenstein- monster' (Duvenage,

1975:5;

Heyns,

1969:80-82).

So

n

tegniekmonstersamelewing bring

n

massamens voort wat deel vorm van

n

apatiese, liefdelose, onbetrokke, koue gemeenskap met oppervlakkige tussenspersoonsverhoudinge (Louw,

1980:16;

Duvenage,

1975:4).

Die mo- derne samelewing as geheel word as

n

geindustrialiseerde massamaatskap- py genoem met as tipiese kenmerke: massaproduksie, massa-artikels en massamense (Banning,

1964:23)

.

In Halte

49

kom die feit deurgaans na vore: die karakters word gedurig maar net as deel van die groep behandel of, erger nog, as 'hordemens'

(Van Riessen,

1953:205):

Vrouestem: Instap; ons is mos nie diere nie. Dis net ins tap.

Manstem: Waarom maak hulle nie

n

ekstra bus vir hierdie spul mense van die fabriek nie? (3).

Om werk toe te gaan, of saans huis toe, blyk ewe sleg te wees wat betref die massa waarvan mens deel is, en die gevolge daarvan. As Mike (West)

n

deursnee-stadsburger se dagprogram dramaties inlewend skets, se hy dat om werk toe te gaan onder andere beteken:

crush myself in the tube and others behind me would crush and we'd all get crushed together

(36).

In/ ••.

In Halte 49 roep

n

vrou uit:

Dis

n

gemaal genoeg bedags. Jy wil ten minste asem- haal as jy huis toe gaan

(3).

Nog

n

vrouestem:

Wie pomp so van agter af?

n

Antwoord:

Dis nie my skuld nie. Iemand het my van agter ge- druk. En buitendien het ek ook 8 sent betaal vir die ry.

Die kondukteur:

Bly net kalm . . . En dan probeer julle maar vorentoe gaan. Aan, aan; beweeg asseblief ... (3).

n

Massa mense: hulle moet druk en beweeg, gedruk word en opbondel en vorentoe - hoe anders?

Selfs by

n

ontspanningsoord waar mense van hulle massamensroetine wil wegkom, hou die vertrapping nie op nie:

... n

mens moet vroeg gaan, veral op

n

Sondag, anders druk hulle jou morsdood (37);

Moenie so druk nie, Vader my voet. Maal en druk: in winkels, op die sypaadjies, by Dolly - orals, jy kry nie asem nie (39).

3.2.2.1 Ontindividualisering

Een van die wesenlikste probleme van die moderne mens is die ontindivi- dualiseringsproses waaraan hy blootgestel is en waardeur hy met die massa gelyk gemaak word (Duvenage, 1975:5).

Daar word trouens baie dikwels in moderne dramas getuienis van

n

iden- titeitskrisis gebied as gevolg van die feit dat die massa die norm is eerder as dat die uniekheid van elke individu geeerbiedig word.

Selfs/ ...

Selfs die name van dramakarakters getuig baiekeer van die anonimiteit en daarmee gepaardgaande identiteitskrisis van mense, byvoorbeeld Mr.

Zero in The adding machine; of hulle word slegs met nommers aangedui, byvoorbeeld

Wl, W2

of Min Play (Samuel Beckett); of slegs as Ou Man, Ou Vrou in The chairs en Hy of Sy in Halte 49.

As die wagte in Man and the masses by die tronk ~ wagwoord vra, s~ die Naamlose:

Mass is nameless (82).

Die enigste karakter in Not I (Samuel Beckett) het juis ook glad nie ~

naam nie. Sy word nie benoem nie en weet trouens self nie eens wie sy is nie. Berenger (Rhinoceros - Eugene Ionesco) bevestig ~ soortgelyke radikale identiteitstwyfel:

I don't even know if I am me

(4),

en:

I sometimes wonder if I exist myself (26).

Net soos die onbenullige figuur in Not I met die probleem van 'not I' worstel, so eggo selfs ~ magtige heerser, naamlik Alexander in Echoes

of anger, maar ook ~ mens, hierdie versugting:

There is so little left in me that I have to pick trough my yesterdays to find substance in my life

...

Not I. Not I

(6).

Die karakter in Not I (vergelyk vir verdere bespreking: Combrink, 1978:

94-98) se hele bestaan is ~ worsteling van : is ek, of is ek nie. Sy worstel deurgaans met die feit en waarde van haar eie bestaan. Dit word beklemtoon deur die feit dat niks behalwe haar mond sigbaar is nie. In teenstelling met hierdie lyflose figuur wat net tot ~ mond gereduseer is, is Berenger (Rhinoceros) se probleem weer dat hy te swaar aan sy eie/ .•.

eie lyf dra: dis byna

n

oorbodigheid - soos

n

ekstra, losstaande las:

It's exhausting to drag the weight of my body all the time, as if it were made of lead, or as if I were carrying another man around on my back. I can't seem to get used to myself (24).

Nogtans bly die probleem dieselfde: Berenger, soos Mouth in Not I, weet nie of hy hy is nie (26).

By Not I en Harry's Christmas (Steven Berkoff) is dit vir die karak- ters waar - soos dit in die ooreensternrnende werklikheid ook vir baie massamense waar is: "Die massa is saamgebundelde, gestolde eensaamheid"

(Duvenage, 1975:5).

Die figuur in Not I se hele menswees is vervat in die paar stamelende woorde wat sy uit. En selfs dit is ironies en pateties, want haar enigste aanspraak, saamgetrek in die l ig wat op haar mond toegespits is, 'verdwyn' later. Haar woorde verstil voor die vakuum en kontakloos- heid waarin sy haar in haar verhouding met ander bevind:

just waiting ...

back in her as goodbye

hand in the list then stand there mouth half open as usual t i l l it was hand then pay and go ... not so much

(5).

n

Dieperliggende rede vir die onsamehangende gebrabbel en woordeloos- heid soos by Mouth kan daartoe herlei word dat mense dikwels nie kan uitse of onder woorde kan bring wat hulle diepste innerlike gevoelens is of wat presies agter hulle dade le nie. Selfs as hulle in skaars momente wel die regte woorde vind om uitdrukking te gee aan wat diep binnekant le, sal hierdie woorde in elk geval heel waarskynlik nie deur ander mense raakgehoor word nie, of hulle sal dit misverstaan (Lukacs,

1965:443).

Die/ ...

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 85-123)

Dokumen terkait