• Tidak ada hasil yang ditemukan

Vreugdelose lag

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 150-157)

I'M SOMETHING AWESOME! (46)

4.2.2.2 Vreugdelose lag

Gebrek aan lewensvreugde kan n

i

e deur n geforseerde lag verdoesel word nie. Selfs die onder woorde bring van so n vreugdelose lag dui op die gebrek aan egte lewensvreugde wat daaragter le. In People are living there noem Milly lag

a chuckle ••• (42);

en/ .••

en in West:

All: Laughter- cackle- silence (43).

Tog probeer sy met al haar mag om vrolikheid en vreugde te skep, al is dit net vir die duur van een aand, want

Postboxes chaps. So

(52).

and pimples aren't the end of the let's brighten up with a few more

world, smiles

As n mens die pogings van Mil

l

y - en Don (hoewel onwillig), en Shorty (goedhartig-eenvoudig) om skynvrolikheid te skep en die smaak van egte lewensgeluk op te tower, ontleed, word n treffende voorstelling gevorm van hoe ongelukkigheid om menselewens klou. Dit is daarom iro- nies dat Milly vir Don en Shorty se:

Don't pretend you know nothing about it ( dit is:

'fun' en 'the sound o

f

merry laughter' -S.C.) (53).

As sy met haar partytjietoespraak begin, gebruik sy aanvanklik die cliche:

I'm happy

maar korigeer haarself gou met TI eerliker Stelling:

no, let's not exaggerate - I'm vleased to be here with you (51).

Hoewel hulle dan baie hard probeer om hulle 'partytjie' met lag op te vrolik (51-56), bring juis die skyn daarin n waarheidsmoment na vore:

Don: This is a fiasco

.

Milly: Almost chaps. Almost!

Don: There are fates worse than death (56).

Milly: I'd say this was rock bottom. I've never known it harder (57).

In Breath (Samuel Beckett) word die pyn en vreugdeloosheid van n ganse

menslike/ ...

menslike bestaan in een kortstondige, woordelose uitbeelding saam- getrek. Niks word gese nie, en niemand verskyn nie. Op die verhoog is net rommel sigbaar, en

n

fyn, sagte kreet word gehoor. Asemhaling word hoorbaar. Dan nog

n

flou uitroep en dan stilte - hoorbaar, voelbaar.

Dis al (11).

Milly (People are living there) se woorde blyk waar te wees vir alle ongelukkige mensies:

I mean life, and it's taken its toll. Somebody once said you start to die the moment you are born (51).

Aan die ander kant weer moet die swaar van die lewe aanvaar word (soos Shorty in sy eenvoud dit regkry) anders sal die ongelukkigheid net geintensiveer word:

Shorty: There's always struggles in life (19).

Daisy (Rhinoceros) bevestig bostaande deur haar lakonieke opmerking:

You have to fight for happiness (111).

Juis omdat van geluk

n

doel op sigself gemaak word eerder as dat dit as

n

begeleiding van diens aan God beleef word (vergelyk byvoorbeeld Matteus 5:6: ''Gese~nd (gelukkig) is dii wat hanger en dors na wat reg

is, want hulle sal versadig word"), bly dit baie mense ontwyk:

Berenger: ... happiness is such an egotistical thing!

(111).

4.2.3 Frustrasie vra kompensasie

Frustrasie ontstaan wanneer die stadsmens nie by magte is om die hin- dernisse in sy doelnastrewing te oorwin nie. Waar doeleindes teenswoor- dig in terme van prestasie gemeet word, kan

n

onoorkombare hindernis

tot/ ..•

tot prestasievermindering en algehele regressie aanleiding gee (Louw, 1980:71).

Die inwoners van die vervalle ou 'krankehuis' (ofte wel losieshuis!) in Hospital Hill, Braamfontein, is almal gefrustreerde karakters.

Veral Milly kan nie haar lewensituasie hanteer nie:

I think I'm loosing my hold (49).

Sy is gefrustreerd omdat Ahlers haar na jare verwerp het. En juis op die dag van haar vyftigste verjaardag het die besef finaal in haar gedaal dat sy

n

nikswerd mens is. Sy is nie meer volledig vrou nie (63) maar eerder

n

belemmerde, versnyde deelmens,

n

manke kranke wat in Hospitaalstraat pas Sy het ook nog niks wesenliks in die lewe bereik nie. Sy voel eerder gekul en gefrustreerd omdat sy nie net haar liefde en menswees nie maar ook haar tyd en geld in Ahlers se onder- neminkies bele het, en nou kaal daaruit gekom het

(42).

Sy is ook nie enigsins bekend of geliefd nie maar uitgestote en eensaam. Dit alles maak haar beker van frustrasie vol!

Ook Shorty en Sissy ken frustrasie omdat hulle nie

n

geslaagde huwe-

lik en sekslewe het nie. Sissy se frustrasie borrel ook byna oor omdat hulle so brandarm is en omdat Shorty nie die mas in sy werk kan opkom nie.

Don ervaar frustrasie omdat hy ongemotiveerd is en geen vaste lewens- ankers het nie. Daarom kronkel die lewe sinloos en frustrerend voor hom uit. Don is nie by magte om die prestasies wat sy ouers en die samele- wing van hom verwag; te behaal nie. Veral een groot hindernis staan in

sy/ ...

sy pad: hy is ongemotiveerd omdat hy nie

n

gerigte sinbeskouing het nie. Hy ervaar

n

vae naarwordbewussyn oor die betekenisloosheid van sy eie en soveel ander se lewe. Dit lei by hom tot onttrekking en presta- sievermindering. Hy het al weer sy studie laat vaar, want

What's bookkeeping got to do with the dilemma of our age? (8).

Hy steur hom min aan Milly se argument:

For the sake of you poor parents I hope you are going to pass this time -

want, se hy:

It's my life (7).

Hy le self die vinger op die ware rede vir sy totale regressie:

Purpose was dead in me. When I lay down at four o'clock there were a hundred reasons why I should have got up. When you saw me not one was left. I had systematically abandoned the lot. Sartre calls it anguish (7).

Don se Sartreaanse lewensangs korreleer met Sartre se eie konsep daar- oor, naamlik dat dit nie bangwees inhou nie maar vryheid impliseer.

Daarom skud Don die gedagte aan sy ouers se wense en besorgdheid en verwagtings af en aanvaar in sogenaamde vryheid slegs vir homself verantwoordelikheid, naamlik om te maak wat hy wil (7).

Met bestaansangs bedoel Sartre (1956:43) dat elke mens

n

voorhande geleentheid as sy eie verantwoordelikheid moet beskou en hanteer, om daarmee of daarvan te maak wat hy self wil en kan. Dit hou terselfder- tyd die besef in dat daar nie betekenis in die lewe te vind is buite jouself om nie, want betekenis moet uit jouself voortkom. Indien lewen- sin dan nie so gevind kan word nie - byvoorbeeld Don wat se:

I/ •••

I know I won't find it. It's not there ... (28)-

moet elke mens ook self die gevolge daarvan kan dra. Dit impliseer

n

aanvaarding van die feit dat jou lewe betekenisloos is en dat dit slegs die eindeloos lange pad is waarvan Don praat:

I never reach the end (36).

S6

n

betekenislose lewe is volgens hom gelyk aan The terror, you see (36).

Verskrikking en angs is kante van dieselfde saak, waarvan sekere mense klaarblyklik nooit kan wegkom nie, want "

for we are anguish" (Sartre, 1956:43).

4.2.3.1 Onbetrokkenheid

we cannot overcome anguish

Weiering tot betrokkenheid en persoonlike aksies word mettertyd

n

oorlewingsmaatreel teen die kwantitatiewe intensivering van die stads- lewe (Louw, 1980:56).

Don le byna heeldag net in sy kamer na die dak en staar (soos ook die jong loseerder in The ham funeral van Patrick White). Hy probeer nie eens in sy studie slaag of werk kry of meisies uitneem nie. Hy is vas- gevang in

n

fuik van vertwyfeling, wanhoop, ongemotiveerdheid en traag- heid wat selfs aan die sterkste persoon sou knaag (Rae, 1971:92).

Juis ook omdat Don voel dat niks in die lewe die moeite werd is alvo- rens hy homself nie eers gevind het nie (7), bly hy onbetrokke by ander. Hy neem alles en almal slegs passief waar sonder om self deur enigiets geraak te word. Hy skram bewustelik daarvan weg om in

n

emo-

sionele situasie ingetrek te word, byvoorbeeld by Milly:

You/ ...

You told me the kettle was on I carne because you said the coffee was ready ... Call me when it's ready

... (10), en ongeduldig:

I've heard enough ••. You've got one minute .•.

well? •.• Are you finished now? (11).

Hy is

n

objektiewe ontleder van rnense en situasies:

I ' l l stay neutral. Every fight needs a ref (23),

en hy luister fyn na besonderhede en rnaak dan sy eie afleidings, al is dit so absurd as om gewoon menslike ervarings statisties te bereken, byvoorbeeld

n

hele lewe en ernosies gereduseer tot:

That makes a total of three thousand six hundred and fifty-two days .•. Do you want the other statistics?

One thousand and forty sausages ••• one hundred and thirty gallons of beer, to the nearest belch Eighty-seven thousand six hundred odd (hours)

(40-41).

Hy luister ontledend (teken selfs aan) en verwerkend na Milly en Shor- ty. So vang hy klein besonderhede op, interpreteer herinneringe en drorne en korn dan tot verantwoorde konklusies oor rnoontlike redes vir hulle optrede (21,34-35). Inderdaad is hy

n

tipiese Camusiaanse buite- staander wat ander ontleed sander om betrokke te raak (vergelyk Com- brink, 1978:174), soos hy aan Shorty beken:

I study you, Shorty (59).

In The ham funeral is die jong loseerder

n

soortgelyke buitestaander- waarnemer as Don. Ook Roy (The season at Sarsaparilla) bly buitestaan- der, waarnemer van en komrnentator oor die lewe. Soos Don kyk hy van buite af na mense:

The lives of good, kind people seen through doorways (102).

4.2.3.2 Mislukkings/ .••

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 150-157)

Dokumen terkait