• Tidak ada hasil yang ditemukan

Vervreemding

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 192-200)

I'M SOMETHING AWESOME! (46)

HOOFSTUK 5 HOOFSTUK 5

5.2.2 Vervreemding

Creeping

Vervreemding hou verband met twintigste-eeuse verkrummeling van egte gemeenskap (Duvenage, 1975:3-4). Sodanige vervreemding is n uiting van eksistensiele angs, en dit raak die mens in sy verhouding met sy mede- mens in die samelewing, sy omgewing (natuur en kultuur), met homself en met God (Van Riessen, 1971:38). Juis die fundamentele vervreemding tussen die mens en sy Maker beinvloed al die ander relasies (Duvenage, 1975:8).

n Psigologiese ontleding van vervreemding bring tipiese kenmerke daar- van aan die lig (vergelyk Duvenage, 1975:6-7). Ter wille van korrelasie en bevestiging sal daar by elke kenmerk n paar gepaste voorbeelde uit die dramaliteratuur aangetoon word:

* Wantroue: n Vervreemde mens verwag die slegste van ander, want dan

is die teleurstelling soveel minder - vergelyk Wheeler, Lanx en Tympani

in/ ..•

in Angel City, Org in Pa maak vir my

n

vlieer pa, The Kid in Gimme shelter. Don in People are living there, Harry in Harry's Christmas en Goetz in De duivel en god.

*

Afkeer: Die gevoel kom voor om iets of iemand wat in my pad kom, se

nek om te draai vergelyk Mike in West, Floors in Halte 49, Milly in People are living there, Org teenoor Org jr. in Pa maak vir my

n

vlieer

die karakters bor en weer in The caretaker, Jakes in Siener innie suburbs (P.G. du Plessis) en Oubaas Menge in Nag van Legio (P.G. du Plessis).

*

Egosentrisiteit: As ek te veel van my egte aandag en tyd aan ander

gee, loop ek gevaar om agter te bly - Tobias en Edna se gesindheid in A delicate balance (Edward Albee), Harry in Harry's Christmas, Dimetos in Dimetos, Davies in The caretaker, Victor in The price en Org in Pa maak vir my

n

vlieer pa.

*

Spanning: Ek is prooi van

n

lewe vol neurotiese spanninge; trouens,

die hele Weste het

n

ou man met

n

dreigende senuwee-ineenstorting ge- word (Van der Walt, 1981:199) en die tipies vervreemde mens is

n

produk

daarvan - byvoorbeeld Aston in The caretaker, Miriam in Night on Bald Mountain, die karakters in Home (Harold Pinter), David in Sticks and bones, die karakters in Nag van Legio en in Kamer 99 en Org in Pa maak vir my

n

vlieer pa.

*

Tussenpersoonlike vervreemding: Vertrou ek my aan ander toe, kan ek verseker wees van teleurstelling soos by Mouth in Not I, Harry in Harry's Christmas, Willy in Death of a salesman, The Kid in Gimme shel- ter, Bri se ma in A day in the death of Joe Egg en Org in Pa maak maak

vir/ ...

vir my n vlieer pa.

*

Sosiale vervreemding: Om met ander saam te werk veroorsaak onnodige

ongeluk, en daarom is ek op myself aangewys - Don in People are living there, Goetz in De duivel en god, Mike in West, Berenger in The killer, Berenger in Rhinoceros, Dimetos in Dimetos en Org in Pa maak vir my n vlieer pa.

*

Selfveragting: Elke mens wat homself werklik ken, sal homself verag Harry in Harry's Christmas, Ewbank in The contractor en Ill in Die besoek van die ou dame.

*

Besluiteloosheid: Ek voel vervreemd, losgemaak van vaste lewenswaar- des en -patrone, dus weet ek nie wat waar is en wat ek moet kies en besluit nie - die psigiater in Equus, Davies in The caretaker, Hen- drianna in Die teken (Deon Opperman), die stadsbewoners in Die besoek van die ou dame en Pieter in Cincinatti.

*

Buitestaandershouding: Ek is altyd bewus van n afstand tussen my en ander - Don in People are living there, Org in Pa maak vir my n vlieer

Roy in The season at Sarsaparilla en die jongman in The ham fune- ral.

In n poging om homself teen al hierdie negatiewe aspekte van vervreem- ding te beskerm isoleer die losgeslane mens hom dikwels van die buite- wereld. In sy woonstel of kamer vervreem die mens hom van dit wat hy as bedreigend of negatief ervaar. Dit gaan meestal met n innerlike ver- vreemding en identiteitsverlies gepaard. n Baie diep vereensaming tree vir son mens in (Louw, 1980:72). Van son uiterlike en innerlike vervreemding/ ..•

vervreemding is Org in Pa maak vir my n vlieer pa n sprekende voor- beeld.

Vervreemding word deur baie mense as magteloosheid, betekenisloosheid, normloosheid en uiteindelike selfvervreemding ervaar. As dit so ver gekom het, word dit nag in son lewe (Duvenage, 1975:7). Hiervan is Harry (Harry's Christmas) en Dimetos (Dimetos) insiggewende gevallestu- dies.

Org is n mens wat magteloos spartel om sy verantwoordelikhede en beper- kinge reg te hanteer. Hy ervaar betekenisloosheid, want hy kan niks wesenliks bereik nie. Hy het nog geen vervulling gesmaak in die rol waarvoor n man onder andere gemaak is nie, behalwe ontrou en verydeling na voorhuwelikse seks

(50-51)

en behalwe om n vrou stilletjies en skelmpies vanuit sy kamervenster te beloer (42-43). Die intense ver- vreemding wat in sy lewe voorkom,word op ironiese wyse beklemtoon as mens weet dat die teendeel van dit wat hy se, waar is:

Julle probeer my onderkry. Julle probeer verniet Ek is n man met ideale soos jy my hier sien staan. Ek werk met n doel voor oe. Ek laat my nie SOmmer bein- vloed deur dinge nie. Ek staan by my beginsels

(58).

Eintlik is dit nag in sy lewe, soos wat die fisiese donkerte oor hom toesak (72).

Reeds in die vroee jare van die twintigste eeu is die konflik wat in mense ontketen word as hulle van die natuur vervreemd raak, deur drama- turge onder woorde gebring, byvoorbeeld in Man and the masses:

But we grow sick, uprooted from our soil. The unhappy cities sour us, break our strength. We want the land

... (75).

Ook/ .•.

Ook Org is

n

natuurvervreemde. Hy bly daarna hunker om uit die benoud- heid van sy kamertjie en die omringende fabrieksbesoedeling weg te kom na

n

plekkie waar dit nog oop is, met groen gras en geen fabrieke nie

(19).

Geweldige konflik ontstaan in mense wat nie meer voortdurende kontak met die basiese materie in hulle omgewing het nie (Ellul, 1965:325).

Cephus in Home het as gelukkige mens op die platteland gewoon, waar hy in harmonie met die eenvoud en stilte rondom hom was. Weggeskeur daar- van en na die stad met sy onnatuurlike elemente heen gevoer het hy

n

innerlik verwonde en vervreemde mens geword. Uiteindelik het hy klink- klaar besef:

Too noisy. Too many people. God didn't intend for man to travel that fast under the ground. Nothing for me up there (225).

Ook Dimetos (Dimetos) ontvlug uit die stad met al sy bouwerke en strukture na die platteland, waar hy ruwe natuurelemente moet tern en trotseer. Hier hoef hy nie meer stadsbeplanning en wiskundige bereke- ninge op papier te doen nie maar word sy vindingrykheid en praktiese vaardigheid op die proef gestel deur lewensnoodsaaklike eise soos om

n

perd met toue uit

n

put te red.

Maar hoe ironies: nie eens die natuur self bring

n

fundamentele oplos- sing vir die vervreemdingsprobleem solank daar nog van innerlike ver- vreemding sprake is, of

n

verlies aan ware identiteit en gesonde le- wensrigsnoere nie. Want Dimetos gaan weer van die plaas af weg en gaan woon by die see. Maar daar is hy aan totale desintegrasie onderhewig, totale vervreemding van homself en sy medemens, omdat nie die plek

waarheen/ .••

waarheen mense vlug, lewensintegrasie, heelmaking en singewing kan bring nie

5.2.2.1 Isolasie

Vervreemding werk onbekendheid en isolasie in die hand. Die vervreemde mens van ons tyd, soos Org Verwey, is poste restante: hy het adresloos geraak en soek om deur iemand afgehaal te word (Louw, 1980:73). Dis daarom des te ironieser dat Org nie bly is dat minstens twee tele- gramme hom bereik nie. So gewoond aan sy adresloosheid is hy dat hy te bang is om te aanvaar dat die telegramme die regte bestemming bereik het:

Miskien is dit nie vir ons nie ... Die poskantoor kon

n

fout gemaak het. Hulle kon die verkeerde adres opgesit het. Dit gebeur partykeer (13).

As Org jr. hom dan wel opsoek en vind, hom wil kom 'afhaal' van sy onbekende adres af, glo Org sr. hom nie en bly hy passief sit, stel hy hom nie werklik beskikbaar om 'afgehaal' te word, uit te gaan, perspek-

tief en vryheid te aanvaar nie.

In die laat twintigste eeu het dit verder waar geword dat die stad, en veral die geisoleerde woonstel of kamer

n

beskermingsmaatreel is teen blootstelling aan

n

ongenaakbare samelewing (Louw, 1980:62). Soos Org (Pa maak vir my

n

vlieer pa), Aston (The caretaker), Harry (Harry's Christmas) en Don (People are living there) verskuil die moderne mens hom dikwels in sy woonstel, kamer of huis teen

n

koue, bedreigende buitewereld. Baiekeer gaan so

n

isolasie en eensaamheid dan hand aan hand met

n

identiteitsverlies - vergelyk voorgenoemde dramas.

Baie- .•.

Baie dramaturge, en veral Pinter, is nou gemoeid met vervreemdes, ge- isoleerdes, mense aan die rand van die lewenstroom, mense wat dit moei- lik vind om by ander mense van die tyd in te skakel en mense wat die samelewing in sy totaliteit as vyandig ervaar (vergelyk Combrink, 1979:261-262).

In People are living there gee Don (self

n

vervreemde)

n

goeie beskry- wing van die inherente op die rand staan van mense wat hulleself as falers beskou. Sy droom (waarin daar baie mense byeen was - blykbaar by

n

partytjie) het vir hom

n

dieper verklaring van sy eie lewenservaring (en die van Milly en van ander mense) geword. Terwyl vrolikheid en speletjies en musiek (= die lewe self) aangaan, staan hy in die hoek - geisoleerd, vervreemd, uitgeskakel - en toekyk. En dan die vreeslike oomblik:

It will come. A feeling of being watched, of people waiting, because i t ' s your turn. Some pull it off of course. Others make a mess of it, like my dream, and have to leave the party. The failures ••. (35-36).

As gevolg van vervreemding (teenoor God, medemens, natuur/kultuur en self) pleeg mense soms teen hulle eie sin egbreuk teenoor hulle gelief- des, soos Willy (Death of a salesman), Sid (West) en Frank (Equus). Dit is veral in

n

harde samelewing vol onbegrip en onbevredigende tussen- menslike verhoudinge waar so iets plaasvind.

Uiteindelik word

n

uiterste vorm van vervreemding en lewensbreuk in selfmoord gevind, byvoorbeeld by Willy (Death of a salesman) en by Harry (Harry's Christmas).

In ons tyd kan vervreemding aan die negatiewe invloed en gevolge van tegniek/ .••

tegniek toegeskryf word. Tegniek het reeds selfs die diepste en pri- vaatste skuilhoekies van die menslike lewe binnegedring. Die masjien

skep nie net

n

nuwe omwereld nie maar wii die mens self verander. Die omgewing waarin die mens hom bevind, is nie meer regtig syne nie. Hy moet aanpas in

n

wereld wat nuut en vreemd aan die oorspronklik geskape universum is.

n

Mens is toegerus om teen ses kilometers per uur te beweeg, en nou handhaaf hy

n

duisend kilometer per uur.

n

Mens is gemaak om te eet as hy honger is en te slaap as hy moeg en vaak is nou gehoorsaam hy egter

n

klein masjientjie wat as ' t ware die ritme van sy behoeftes bepaal en aanpas.

n

Mens is oorspronklik gemaak en bedoel om kontak met lewende wesens te he - hy leef egter in

n

dooie, strakke wereld van bakstene en glas.

n

Mens is as eenheidswese geskep, maar tans word hy gefragmenteer deur al die kragte en elemente van

n

nuwe, veeleisende wereld wat deur tegniek beheers word (El- lul,l965:325).

Vreemde magte en negatiewe elemente beheer tans grotendeels

n

vreemde (vervreemde) wereld. Dit word byna

n

sameswering,

n

eenheidsfront gerig teen die pateties vervreemde mens:

Burt (West): ... join the firm of grievious/ rape/

robbery and death/solicitors to the realm (43).

5.2.2.2 Vereensaming

Vereensaming is

n

verskynsel wat regstreeks uit vervreemding voort- spruit. In

n

sekere sin korreleer vervreemding en vereensaming presies met mekaar, want

n

vervreemde mens is eensaam, en

n

eensame mens is

n

vervreemde.

Dit/ •••

Dalam dokumen Proefskrif goedgekeur vir die graad (Halaman 192-200)

Dokumen terkait