HOOFSTUK 2 HOOFSTUK 2
2.7 Tegniese heilsverwagting
Die verstedelikingsvraagstuk wat in die agtiende eeu begin het, het in die negentiende eeu in son mate vererger (Swart & Lamont, 1972:42), dat mense al hoe meer bewus geraak het van die groeiende verontmensli- kende mag van tegniek in die samelewing. As teenvoeter teen gebrekkige stadsbeplanning in vorige eeue, het daar in die negentiende eeu klem begin val op oop ruimtes, groen parke, en deeglike beplanning (Mumford, 1961:481).
Die/ •••
Die gedagte het begin posvat dat mens en wereld deur middel van tegniek verwerkliking en voltooiing moet vind. Die Christelike eskatologie moes plek maak vir
n
tegniese heilsverwagting (Schuurman, 1977:20). Die opsienbarende welslae wat in die negentiende eeu deur die mens se groeiende tegniese vaardigheid behaal is, hetn
ontembare optimismegekweek. So toon Shaw in Man and superman op onmiskenbare wyse die nuwe vertroue in die mens en sy rede aan (die rede hier as lewenskrag wat die mens
n
supermens kan maak, los van God en sy gebod en van geloof aann
hel, wat asn
blote illusie beskou is). Vergelyk ook die klem op die menslike rede met die allure van hoogmoedige onafhanklikheid daar- aan verbonde in die veelseggende dramatitel The freethinker.Ibsen toon in The master builder nie net
n
mens wat deur sy briljante bereikinge stede en praggeboue kon ontwerp nie maarn
mens wat deur sy eie vermoens tot die toppunt van menslike prestasie gevoer word maar dan juis deur sy eie verwaandheid neerstort, nie net simbolies van sy selfgeskape troontjie aftuimel nie maar ook fisies van sy eie hoe toring afstort en sterf!Algaande het
n
tendens tot bevraagtekening in dramas gangbaar geword (in teenstelling daarmee om samelewingsomstandighede kritiekloos uit te beeld en daardeurn
blote refleksiewe funksie te vervul). Die plek van die mens in sy omwereld het nou openlik as probleem in dramas gefunk- sioneer en heel dikwels is mense uitgebeeld wat in konflik met hulle bepaalde plek in die samelewing was.Veral Ibsen se dramas het
n
beginpunt enn
hoogtepunt hierin gevorm, byvoorbeeld die plek van die vrou in haar huwelik en huis (A doll'shouse);/ . . .
house); die plek van n meesterargitek wat nie kompetisie in sy samele- wing wil aanvaar nie (The master builder); die plek van iemand wat teen die sosiale skynheiligheid en valse waardes van sy gemeenskap ingaan
(Dr. Stockman in An enemy of the people).
Ibsen se probleemdramas was n aanloop tot die tipiese probleemdramas van die twintigste eeu, wat baie sterk aandag skenk aan 'plek': die mens binne sy plek, en die plek se invloed op die mens.
n Groeiende ontkerstening het gedurende die negentiende eeu plaasgevind (Van Riessen, 1957:117). Dit sou n groeibodem verskaf vir uitwasse in die tydgees en kultuur, om in die twintigste eeu in volskaalse sekula- risme en intensiewe lewens-/stadsproblematiek uit te mond.
2.8 Ongekende dinamiek
Nog nooit tevore in die geskiedenis het fundamentele veranderinge teen so n duiselingwekkende spoed plaasgevind as wat in die huidige tydsge- wrig die geval is nie. Die tempo van ontwikkeling is tans minstens 100
000 maal vinniger as in alle vorige tye (Toffler, 1970:18,23,26). En nog nooit tevore in die geskiedenis was daar soveel flambojante berei- kings en prestasies deur middel van wetenskap en tegniek as vandag nie.
Daar is tans feitlik geheel en al n 'selfbedieningswereld' geskep, en dit alles trek veral in die moderne stad saam (Ellul,1975:203; Heyns, 1969:77). Tog was daar bykans nog nooit tevore in die geskiedenis son ongestadige, verwarrende tydperk met soveel intensiewe lewensproblema- tiek as wat juis nou in die laat twintigste eeu beleef word nie (Van der Merwe, 1973:8; Rookmaker, 1981:20).
Veral/ . . .
Veral sedert die tweede wereldoorlog is die vraag nie meer bloot na die dat, die wat of die funksie van dinge nie maar wel: Waartoe? en:
Waarheen? (Louw, 1980:5). Die volgende beeldryke opsomming van die twintigste eeu is
n
treffende en kernagtige tipering van die huidige situasie: "Our present civilization is a gigantic motor car moving along a oneway road at an ever accelerating speed. Unfortunately as now constructed the car lacks both steering wheel and brakes, and the only form of control the driver exercises consists in making the car go faster, though in his fascination with the machine itself and his commitment to achieve the highest speed possible, he has quite forgot- ten the purpose of the journey. This state of helpless submission to the economic and technological mechanisms modern man has created is curiously disguised as progress, freedom and the mastery of man over nature. As a result, every creature above the level of the viruses and bacteria is mastered, except himself" (Mumford, 1961:558-559).Die twintigste eeu is inderdaad verbasend, dinamies en briljant.
Ongeveer tagtig persent van alle wetenskaplikes wat die geskiedenis van die mensheid nog opgelewer het, is ons tydgenote (Toffler, 1970:23;
Schuurman, 1977:7). Die ontleding van die geestelike klimaat van die twintigste eeu wat hier volg, moet, ter wille van verheldering, deur- gaans in gedagte gehou word as agtergrond waarteen die moderne dramas, wat in die res van die proefskrif behandel sal word, afspeel.
Die huidige kultuur kan as
n
tegniese kultuur getipeer word, omdat die fundamentele kenmerke van hierdie eeu wetenskap, tegniek en organisasie is (Ellul, 1975:98; Schuurman, 1977:7; Van Riessen, 1971:29-34).Tegniek/ ...
Tegniek vergroot die menslike bestaansmoontlikhede oneindig, maar dit kan ook ernstige negatiewe gevolge inhou - soos dit deur baie mense en dramakarakters beleef en verwoord word -, veral wanneer tegniek tegno- krasie word (Heyns, 1969:82), wat onder andere die volgende impliseer:
die vervanging van die menslike en die natuurlike met die kunsmatige;
outomatisasie, waardeur alles na
n
selfbepalende proses verplaas word wat die mens feitlik oorbodig maak; totalisering, waardeur die hele lewe inn
monogame sisteem van waardes vasgevang word wat deurn
objek-tiewe, rasionele en meganiese struktuur bepaal word (Louw, 1980:58-59).
Die moderne stad soos dit in die laat twintigste eeu bestaan, is val- gens verskeie wetenskaplikes in sy finale ontwikkelingstadium (Van Riessen, 1957:37,249,264-266; Mumford, 1961:546). Die grootstad van ons tyd is uitgebrei deurdat een metropolis aan
n
ander vasgegroei het, en daardeur het die 'skrikbeeld' van megapolisse ontstaan: byna die hele landoppervlak word ingesluk - vergelyk die tipiese aaneenlopende ver- stedelikte gebied wat van New York af tot by Washington strek:n
af-stand van meer as driehonderd-en-vyftig kilometer (Potgieter, 1977:6).
Hierdie aaneengeskakelde stedekompleks word selfs
n
"urbanoid mishmash"genoem (Mumford, 1961:233).
n
Basiese kenmerk van die huidige grootstad is die konsentrasie van groat getalle mense ten opsigte van woon- en werkruimte. Hierdie opeen- hoping van mense bringn
verhoging van lewenspanning,n
verdwyning van die so noodsaaklike rustigheid enn
toename in verskynsels soos egois- me, materialisme, vermaaklikheidsug enn
vrye uitlewing van drange en drifte (Duvenage, 1975:4).Tegnokrasie/ . . .
Tegnokrasie het in die twintigste eeu wereldornvattend geword en dit is veral in die pragtige stede van ons tyd herkenbaar. Deur
n
tegnieswetenskaplike beheersing van die skepping word die toekorns al hoe rneer in die hande van
n
sogenaarnd vrye, outonorne mens geplaas. En narnate rnense hulle hoop al hoe rneer op tegnies wetenskaplike moontlikhede vestig, wordn
tegnokratiese kultuur al duideliker (Schuurman,1977: 25-26).
Ten spyte van al die uitnernende bereikings van die twintigste eeu kan daar egter ook beweer word: "Our era is characterised as a spiritual wasteland, such confusion as has possibly never before existed in history" (Rookrnaker, 1981: 20).
Sekularisasie soos dit deur die eeue heen ontwikkel het, is in die twintigste eeu verabsoluteer en het sekularisrne geword waarvan
n
sterkleidende rnotief die ongekende rnagswellus van die mens is (Van der Walt, 1981:189). Hierdie magsbegeerte het die mens van ons tyd so beetgepak dat hy horn as ' t ware aan die tegniese ontwikkeling oorgee en daardeur meegesleur word. Deur hierdie verabsolutering van tegniek is dit tot
n
afgod verhef (Schuurrnan, 1977:52).
Op hierdie punt, waar die geskiedenis
n
afgeslote beeld verkry, sonder oop vensters na die hemel, waarn
versorgende en almagtige God alles in sy hand hou en beheer, kry sekularisme sy diepste beslag. So neem tegniek wanstaltige vorme aan en begin dit afgodiese en demoniese trekke vertoon (Vander Walt, 1984:37; Van Riessen, 1971:116).Op drarnagebied is dit insiggewend om van die twintigste eeu af terug te kyk/ . . .
kyk na sekere belangwekkende aksentverskuiwings (byvoorbeeld wat karak- ter en plek aanbetref) wat deur die eeue heen plaasgevind het. Twintig- ste-eeuse dramas gaan op
n
gans ander manier as ooit tevore in die geskiedenis met gewone, klein mense en hulle klein maar diep eksisten- siele lewensproblematiek om. Die ondergeskikte byfigure van dramas deur die eeue heen, soos skaapwagters, narre, bediendes, soldate, dorpsbewo- ners en ander karakters van nederige herkoms, het tans die primere inwoners van die moderne demokratiese wereld geword.Moderne dramas gee aan hierdie onbeduidende, gewone mense volle aandag as individue in eie reg.
n
Porsie gewone lewe word as van groter betekenis beskou as heroiese dade. Menslike bestemming word nie meer bereken deur die norm watn
figuur van uitermate aansien stel nie, en menslike bestemrning word tans nie meer 'bepaal' deurn
onbeheerbare noodlotsmag (vergelyk die Griekse tragedies) nie, maar word aangetoon as onder anderen
gevolg van psigologiese- en samelewingsfaktore.Tans reflekteer dramas nie maar net gebeure of die samelewing as sulks soos in vroeer tye toe dramas as
n
spieelbeeld diens gedoen het nie, maar die beredenering en ontleding vann
probleem word eerder die speke wat die wiel van handeling laat draai. Moderne dramafigure (gewone mense) is tans meestal in konflik met hulle samelewing en dikwels in opstand daarteen eerder as blote slagoffers daarvan (Gassner, 1967:xiv).In die twintigste eeu het dit ook begin duidelik word dat die strewe om die wereld in
n
toestand van tegniese vervolmaking te bring, geweldige skadusye het (Schuurman, 1977:20). En dit is veelseggend dat veral eietydse/ •..eietydse dramas slegs hierdie skadukante uitlig en byna glad nie die positiewe gevolge van wetenskap en tegniek uitbeeld nie.
Die woorde waarmee mense
n
stad beskryf en daaroor met mekaar praat, onthul dikwels hulle diepste gevoelens daaroor asn
leefwyse. Daarom is dit van soveel belang om na verwoording van moderne stadsbestaan in dramas te luister. Dit wordn
lewende, aktuele, insiggewende verwoor- ding en verbeelding van mense se lewenservaring en gee daarom insig in die mens se nood en leefsituasie in die stadsopset. Die stadsgeorien- teerde moderne tydgees word deur dramakarakters se woorde en dade verbeeld. Dit is inderdaad eers in die twintigste eeu, en veral in die laat twintigste eeu, dat dramaturge ook van die stad as plek terself- dertydn
gemoedstoestand gemaak het en in dramas die negatiewe emosies en ervarings wat die stad in die mens ontketen, demonstreer.Stemme teen verontmensliking in die teenswoordige massasamelewing en veral teenoor negatiewe gevolge wat deur stadsontwikkeling en tegnokra-
sie veroorsaak is, klink veral vanaf die twintigerjare van die eeu as protes op in dramas soos The lower depths (Maxim Gorki), The adding machine (Elmar Rice), Man and the masses (Ernst Toller) en The iceman
cometh (Eugene O'Neill).
Daar is dus veral vanaf die begin van die eeu bewustelik deur dramatur- ge geprotesteer teen die feit dat die mens aan tegniek ondergeskik gemaak is. The Woman in Man and the masses se:
... for, see- this is the twentieth century We must realize
The factory cannot be wiped out Take all the dynamite on earth
And, in one night, blast all the factories
By
I ...
By next spring they will rise again To live more terribly than ever
Factories must no longer be the master And man the raw material
Factories must be our servants, Helping to make
aricher life
The soul of man must master factories.
In Saint Joan of the stockyards besef Joan dat sy haar plig versuim het om te help keer dat fabrieke (tegniek, dus) so n oorheersende rol in die samelewing speel:
The roar of the factories is starting again You can hear it
Again the world runs
Its ancient course unaltered When it was possible to change it I did not come; when it was necessary That I, little person, should help, I stayed on the sidelines (103).
Hierdie ketting van protes en die uitbee
lding van die mens wat deur die masjien bedreig word, vind veral n hoogtepunt in Sam Shepard se dramas van die sewentiger- en tagtigerjare. Sy dramas word n surrealistiese verbeelding van die bedreiging wat die moderne maatskappy deur masjien en tegniek in die gesig staar, in teenstelling met die didaktiese toon in sommige vroeere dramas.
Juis in ons eeu vorm stad en drama en tydgees kante van een problema- tiese situasie. Die moderne stadsmens word as n sogenaamde mondige mens beskou, en die stad is niks minder as n weergawe van die konkrete lewensituasie van die moderne mens self nie (Louw, 1980:42,73).
Hierdie konkrete lewensituasie van die moderne mens sluit nie net sy
fisiese lewensomstandighede in nie maar ook die geestelike toestand
waarin die ganse samelewing verkeer, en wat, soos reeds aangetoon,
kernagtig/ •••
kernagtig as sekularisme getipeer kan word. Hierdie verbrokkelde Gods- en wereldbeeld word duidelik in die dramas van die. tyd weerspieel: "It is atop the broken hierarchies, discredited values, and collapsed institutions of traditional culture that the modern dramatist meditates his revolt" (Brustein, 1970:5).
Moderne drama word gekenmerk deur twee belangrike momente wat met die tydgees saamhang, naamlik
n
verskerpte skeptisisme -n
tendens om alles te bevraagteken (Brink, 1974:18) -en radikale opstand, sosiaal, poli- ties en messiaans (Brustein, 1970:20-26).Daar kan met stelligheid beweer word dat ons opnuut by
n
kruispunt in die wereldgeskiedenis gekom het.n
Radikale sprang na vernuwing is aan die orde van die dag (Corrigan, 1984:157). Die mense wat aan hierdie verandering wil meewerk, sal gereed bly om hulle tyd te hanteer. Die onwilliges wat nie wil aanvaar datn
radikaal nuwe tydperk betree word nie, kann
geweldige toekomsskok te wagte wees (Toffler, 1970:11,19,161,379,403,430), want verandering isn
voldonge feit,n
soort ekologiese apokalips (Schechner, 1982:109).
Daar is
n
derde geboorte of derde golf besig om in die samelewing voltrek te word (Toffler, 1980:30-34,281). Ook die hedendaagse drama voern
stryd om opnuut gebore te word. Dit reik trouens oak uit nan
sogenaamde derde geboorte (Kerr, 1970:13).
n
Nuwe wereld enn
nuwe wereldbeskouing is aan die orde. Die teenswoor- dige en toekomstige kultuur is soos flitsende brokstukke wat nie een logiese geheel vorm nie (Toffler, 1980:180,318; Corrigan, 1984:160).Omdat/ ...
Omdat dit son radikaal nuwe tydperk is waarin ons leef, is n radikaal nuwe teater vir die toekoms noodsaaklik, n sogenaamde post-moderne teater vir n post-moderne, post-Christelike tyd (Schechner, 1982:104;
Corrigan, 1984:155; Ellul, 1975:23).
Te midde van die urbanisme van ons tyd sal die drama steeds byhou, steeds mondstuk wees, registreerder, analiseerder en kritiseerder: " ...
another kind of oral theatre comes into play in the cities These unofficial city theatres are replacing the modern theatre as critics of the social order" (Schechner, 1982:104).
Dit het onomstootlik duidelik geword dat die begrippe stad en mens op mekaar afgestem is: "Terwyl die mens die moderne stad gebou het, het die stad die moderne mens geproduseer. Stad en mens is so nou aan mekaar verbonde dat die een nie sonder die ander kan klaarkom nie. Die stad het gekom om te bly. Sy wolkekrabbers het die blywende silhoeet geword waarteen die stadsmens lewe (Louw, 1980: 132).
Soos wat n derde geboorte of derde golf oor die huidige samelewing aanbreek, en soos wat drama na n sogenaamde derde geboorte of totale vernuwing uitreik, so is daar trouens ook n 'derde weg' as (fundamen-
teel en oorspronklik) Bybelse alternatief op al hierdie sake: "The Biblical standpoint offers a third way which is not a synthesis between thesis and antithesis ... :He who has wholeheartedly affirmed God as the Highest Authority is raised above the struggle between tradition and progression, the old and the new, pro and contra" (Van der Walt, 1978:240).
Hierdie/ ...
Hierdie derde weg in
~geen-uitweg-kultuur erken God in hierdie werk- likheid en verken die werklikheid in die lig van die Skrif. Die derde weg as uitweg uit die hedendaagse gekompliseerde situasie moet tegelyk
~