• Tidak ada hasil yang ditemukan

UIT MARIA STUART - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "UIT MARIA STUART - LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

UIT MARIA STUART Deur

FRIEDRICH VON SCHILLER (Radioverwerking deur Robert Young)

MARIA:

Het jy gehoor Hanna? 'n Jaghoring. Daar moet 'n jagparty hier naby wees. Wat 'n wonderlike bekende klank. Maar dis nie nou lekker om dit te hoor nie… die herinnering is seer.

Daardie jaghoring. Dit is die koningin se geselskap wat hier verbytrek.

Sy het besluit om my te ontmoet?

Maar waarom het niemand my vooraf gesê nie? Ek voel ek is nie nou…

voorbereid nie. Dit voel skielik soos die oordeelsdag. Dis te verskriklik.

Kom Hanna vat my terug.

Ek kan haar nie nou sien nie.

Ag Shrewsbury, u was nog altyd iemand wat begrip gehad het. Sê vir hulle ek kan nie.

(Sag) Ek sien geen hart in hierdie vrou nie. Ek sal hard probeer om my in te hou. Ek sal probeer vergeet wíe en wát ek is en onderdanig wees.

(Maria beweeg na Elizabeth en kniel voor haar)

Die voorsienigheid was goed vir u, my suster… want u is die

oorwinnaar, en ek staan op my knieë voor u. Maar wees vriendelik en gee my u hand sodat ek weer regop kan staan. Die noodlot is nie altyd goed vir 'n mens nie. En soos u sien, het hy my baie sleg behandel.

(Speel die mindere) Wat kan ek sê om u hart sag te maak? (Sy staan op) Ek is 'n koningin soos u, en ek het na Engeland gekom omdat ek beskerming gesoek het… maar u het my soos 'n misdadiger laat opsluit. Ek het niks: geen bediendes nie, geen vriende of regte nie…

net die donker mure van my tronk. (Amper hartseer) As u destyds na

(2)

Uit Maria Stuart 2

my wou luister het, dan was hierdie treurige ontmoeting nie vandag nodig nie.

Ek is nou in God se hand. Daarom vra ek u om die mag wat u het, nie so koelbloedig te gebruik nie.

Waarom is u so agterdogtig teen my? Ek het net gevra dat u my as erfgenaam erken. Dit is iets wat my toekom. Want as u dit gedoen het, sou ek met liefde u vriendin geword het. Al wat ek nou wens is dat u in vrede moet regeer. Ek doen afstand van my aanspraak op die troon.

Sê net: "Jy is nou vry, Maria Stuart. Jy het gesien watter mag ek het, maar ervaar nou ook hoe genadig ek kan wees."

My suster, ek smeek u…

(Sag, tersyde) Gee my die krag om nie kwaad te word nie.

Ek is 'n mens… en ek was jonk. En ek hét verkeerde dinge gedoen, ja.

Maar ek het dit nog nooit probeer wegsteek nie. Ek het dit met die grootheid van 'n koning erken. (Pouse) Die wêreld weet net die ergste van my, maar ek kan eerlik sê dat ek beter is as my reputasie. Maar jy, suster: daardie mantel van eer waaragter jy wegkruip, kan dalk eendag afval. En dan sal die wêreld weet van jóú rondslapery! Dis iets wat jy van jou ma ge-erf het. Almal weet dis waarom Anna Boleyn onder die byl gesterf het.

Waarom sal ek nederig wees teenoor die koningin van Engeland,

Shrewsbury? Ek het soveel verdra as wat ek kan. Nou sal ek praat oor wat hier binne in my kook. Leen vir my jou gevurkte tong, Elizabeth Tudor… dan kan ek ook jou giftigheid aanleer!

(Elizabeth en geselskap beweeg weg en sy skree agter hulle aan) Ek weet baie goed wat ek sê! Daar sit 'n bedrieër op die troon van Engeland. Die Britte word deur 'n buite-egtelike kind regeer. As geregterheid nou aan bewind was, het jy voor my gekniel, want ék is jóú koningin!

---ooOoo---

(Kopiereg: SABC (Schiller buite outeursreg. Verwerking R.S. Young)

Referensi

Dokumen terkait

5.1.5 Tyd en gebeure As Kanna by die oop kis staan van Makiet en hy na haar gesig kyk "kom die hele geskiedenis in sy gees opstaan: wasgeld, vernedering, skaamte, ontbinding van die

Hoewel die ontleding DOg in die teken van ons kennis van die laat sewentigeljare staan die vemandeling is in 1980 aanvaar, hied die eerste boofstuk mooi nuwe perspektiewe en gee dit aan

“Nee ou Adam,” gaan Patrys verder, “toe ons hom by die groothuis se trappe afdra toe gly Jaco wat voor vat en daar tuimel die ding die res van die trappe af en toe die ding sy stillê

Alhoewel … 1 [6] Vraag 2 Lees die volgende paragraaf deur en voer die instruksies tussen die hakies uit: Kerneels klim al hoe 2.1 hoog – gee die vergrotende trap uit die put,

A → Gee vir 4 kinders elkeen ’n appel en vir die vyfde kind die mandjie met 1 appel

1.3.2 Bepaal die waardes van 𝑝 waarvoor die wortels van 𝑓𝑥 reëel en ongelyk sal wees... Die reeks het ’n konstante tweede verskil van

Volg haar transaksies en bereken hoeveel geld sy teen Sondag in haar beursie sal hê.. 5 Maandag Marli begin die week met R20 in haar

1 VRAAG 8: Bestudeer die volgende diagram en beantwoord dan die vrae wat volg: [11] 8.1 Benoem die fase wat deur nommer 2 aangedui word.. Gee „n rede vir jou