• Tidak ada hasil yang ditemukan

Grond ekologiese risiko bepaling van geselekteerde Suid-Afrikaanse gronde en die bepaling van grondkwaliteit standaarde

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Grond ekologiese risiko bepaling van geselekteerde Suid-Afrikaanse gronde en die bepaling van grondkwaliteit standaarde"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.830 Referaatopsomming

Grond ekologiese risiko bepaling van geselekteerde Suid-Afrikaanse gronde en die bepaling van

grondkwaliteit standaarde

Authors:

J.J. Wahl1 M.S. Maboeta1 H.J.P. Eijsackers1 L. van Rensburg1 Affiliations:

1School of Environmental Sciences and Management, North-West University, South Africa

Correspondence to:

M.S. Maboeta Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Wahl, J.J., Maboeta, M.S., Eijsackers, H.J.P. & Van Rensburg, L., 2013, ‘Grond ekologiese risiko bepaling van geselekteerde Suid- Afrikaanse gronde en die bepaling van grondkwaliteit standaarde’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#830, 2 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.830 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 2

Soil ecological risk assessments of selected South African soils and derivation of soil quality standards. Soil pollutant content of mining, agricultural and soils from nature reserves will be determined, as well as soil quality standards. A soil policy will also be created for South African soils.

Inleiding

Die vraag na natuurlike hulpbronne vanuit die natuur het gelei na ontwikkeling, wat verstedeliking, gewasverbouing en industrieë insluit. Mynbou gaan gepaard met ’n wye verskeidenheid metale en ander besoedelstowwe wat in die omringende grond- en waterbronne gedeponeer word. Die oormatige gebruik van chemikalieë het ook gelei tot die akkumulasie van metale in landbougrond. Daar is dus ’n behoefte aan ’n beleid wat betref Suid-Afrikaanse gronde.

Risiko bepalings

Metodes wat gebruik word om risiko’s te bepaal sluit in die gebruik van erdwurms as bioindikators. Erdwurms gaan aan verskillende soorte grond blootgestel word om sodoende die effek van sekere elemente op grondlewende organismes vas te stel.

Grondkwaliteit standaarde

Grondkwaliteit standaarde kwantifiseer die graad van besoedeling in ’n area. Hoewel daar nie ’n spesifieke metode is vir die bepaling van grondkwaliteit standaarde nie, is een van die hoofdoelwitte van hierdie studie om te bepaal wat die besoedelingskonsentrasies is vir Suid- Afrikaanse grond.

Doel

Die doel van die studio sal wees om erdwurms as bioindikators te gebruik om sodoende te help met ekologiese risiko bepalings en om die grondkwaliteit standaarde te bepaal van Suid- Afrikaanse grond, byvoorbeeld mynbou, landbou en bewaringsgebiede ten opsigte van metale.

Die spesifieke doelwitte sal wees om:

• ’n vooraf-studie te doen deur grondmosters te analiseer wat versamel is uit twee verskillende geografiese areas in Suid-Afrika om die diepte wat nodig is vir versameling, te bepaal

• fisiese en chemiese eienskappe van die grond te bepaal

• fisiologiese toetse op erdwurms, vanaf kokonne tot volwasse wurms, uit te voer om die konsentrasies van besoedelstowwe te bepaal waarby negatiewe impakte by sekere mesofauna spesies gesien kan word

• grondkwaliteit standaarde te bepaal vir sekere besoedelstowwe in geselekteerde Suid- Afrikaanse grond met beleid spesifikasies. Laasgenoemde is nog nooit gedoen in die Suid- Afrikaanse konteks nie.

Materiale en metodes

’n Vooraf-studie sal gedoen word waarin grond wat vanaf twee verskillende geografiese gebiede in Suid-Afrika geneem is, geanaliseer sal word. Dit sal beteken dat ’n vertikale deursnee van die grond bepaal sal word om sodoende te kan besluit op watter diepte grondmonsters geneem moet word. Grondmonsters sal geneem word by sekere goudmyne, landbou-areas en natuurreservate.

Grondmonsters sal ge-analiseer word om die besoedelingsgraad by elke area te bepaal. Erdwurms sal dan aan hierdie grond blootgestel word in die laboratorium om die effek van die metale wat in die grond teenwoordig is, op erdwurms te bepaal.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

(2)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.830 Referaatopsomming

Resultate en vooruitskouing

Die graad van besoedeling in myngrond, landbougrond en grond vanaf natuur reservate sal bepaal word. Bruikbare grondkwaliteit standaarde sal bepaal word vir sekere Page 2 of 2

besoedelstowwe. ’n Beleid sal opgestel word om riglyne te stel vir die bewaring van Suid-Afrikaanse grond. So ’n beleid was nog nooit voorheen opgestel binne ’n Suid-Afrikaanse konteks nie.

Referensi

Dokumen terkait

Die pogings tot ‘ver-Suid- Afrikanisering’ word dus duidelik hier vervat en Giliomee maak ’n belangrike verwysing na SANLAM as ’n maatskappy wat deur kapitalistiese ideale

Aangesien sangers se strategiese bestuursingesteldheid kan bydra tot die wyse waarop hulle hul loopbane bestuur om volhoubaar te wees en te groei, stel hierdie studie dit ten doel om

Daar is besluit om seksistiese taalgebruik in die vertaling te vermy en gevolglik is anaforiese verwysings nie in die Afrikaanse doelteks gebruik nie kyk Figuur 5 hierbo: “Eerste taal

Die maatreels word nou deur Suid-Afrika nie aileen by SANAE toe- gepas nie maar ook by Marioneiland wat buite die grens van die Antarktiese Verdrag val.. By SANAE was alles nie altyd

Van Wyk Louw, ’n teenstander van sensuur en iemand wat die jonger skrywers wou aanmoedig om ook die “verborge” aspekte van die mens in hul werke te verken, word só in Draer van n Droom

Hierdie proses word dan herhaal met verskillende vertikale snitte deur die dieptedata om ’n aantal potensi¨ele VKH punte te bepaal, soos in Figuur 2.1c getoon.. Uit die gevolglike

Die ontwerp van hierdie studie bestaan uit ’n toesighoudende- en oorkruisingstudie, wat ten doel het om die belang van antropometriese, fisiese en motoriese vaardighede,

Hierdie studie is uitgevoer om eerstens te bepaal of die oorspronklike vergelykings van Bruwer 1992 steeds toegepas kan word op die genetiese materiaal wat tans in die land gebruik