HEILIGING VOLGENS DIE NUWE TESTAMENT
PROF. DR. S. P. J. J. VAN RENSBURG 1. FUNDAMENTELE BETEKENIS VAN HAGIOS
Vir die verstaan van die grondbetekenis van hagios in die Nuwe T estam ent m oet ons via die Septuagint teruggaan na die hebreeuse teks van die Ou T estam ent en probeer vasstel w a t die grondbetekenis is van qódesh en qadósh, w at byna deurgaans vertaal w ord m et hagios of één van sy derivate. Ons gaan hier nie in op die moeilike en ingewikkelde diskussies oor die etimolo- gie van qadósh nie, m aar stem hier in m et Procksch1) en Fleischer dat die w oordgroep (qad, qádad) w aarskynlik die betekenis van
„skei” verteenw oordig, sodat qadósh die betekenis h et van „dit w at geskei is” , afgesonder is. Mens kan hier dink aan die gebied w at van die gewone profane lewe geskei, afgesonder is. So kan qadósh w at ’n suiw er religieuse w oord is, w aar dit in verband m et God gebruik w ord, in die Ou Testam ent die afsondering en skeiding aandui w aard eu r God in sy enigheid onderskei w ord van alles w at m enslik en kreatuurllik is. In die Ou T estam ent wil qadósh as attrib u u t vir God sy alleen-God-wees aandui, sy enigheid, sy heiligheid. Dit wil God onderskei van alles w at kreatuurlik is. Dit wil tot uitdrukking bring d at daar geen w esens- kontinuïteit tussen God en skepping bestaan nie. God alleen is God.
2. HAGIADSEIN EN HAGIASMOS
Om nou die betekenis van „heiliging” in die Nuwe Testam ent te kan vasstel, m oet ons in die eerste plaas uitgaan van die hagiadsein — en hagiasm os-uitsprake. Die w erkw oord hagiadsein is afgelei van die byvoeglike naam w oord hagios, terw yl hagias- mos as Nomen actionis rus op die w erkw oord hagiadsein,— sodat hagiasm os in die eerste plaas nie die betekenis van „heiligheid”
as toestand of eienskap verteenw oordig nie, m aar „heiliging” be
teken as resu ltaat of effek van die hagiadsein2).
Aangesien egter die w erking van die „heiliging” en van die w erkw oord „hagiadsein” slegs van heilige persoon of persone kan uitgaan, is dit ook nodig om te vra wie alm al in die Nuwe T estam ent „heilig” genoem w ord, w an t ook dit sal m eehelp om die inhoud en betekenis van die „heiliging” te bepaal. D it is opm erklik d at die w oord hagios ’n wye variasie van toepassinge
!) Vgl. Theologisches W örterbuch zum N euen Testam ent, herausgegeben von Gerhard K ittel — Gehard Friedrich, Bd. I, S. 88.
2) Procksch in ThWb. I, 114, 30 vv.
18
vind, sodat byvoorbeeld God en C hristus en die Heilige Gees
„heilig” genoem w ord, m aar d at ook die Christelike gem eente en die gelowiges in die Nuwe T estam ent baie dikwels hoi hagioi genoem w ord. Die vraag onstaan of die w erking van die hagiad- sein en hagiosmos nou ook van al hierdie hagioi uitgaan. Daarom m oet ons let op die betekenis en toepassinge w at hagios in die Nuwe T estam ent het.
3. WIE WORD NOU ALMAL IN DIE NUWE TESTAMENT
„HEILIG” GENOEM?
In die eerste plaas w ord God heilig genoem. Die direkte uit- sprake oor die heiligheid van God is in die Nuwe Testam ent betreklik seldsaam. In Joh. 17:11 w ord Hy aanbid as „heilige V ader”. In 1 Petr. 1:15 word Hy genoem die Heilige w at die C hristene geroep het. Jesus leer ons om to t God te bid: „Laat U Naam geheilig w ord” (Matt. 6:9, Luk. 11:2). Dis nie ’n bede d a t ons die Naam van God heilig m oet m aak nie, m aar d at God self w a t die Heilige is, Homself ook m oet betoon en openbaar as die Heilige. Die heiligheid van God beteken in die eerste plaas die alleen-God-wees van God. Sy heiligheid is nie een of ander eienskap of volkom enheid van God naas ander eienskappe of volkom enhede nie. Dis ook nie ’n versam elbegrip van die ver
skillende volkom enhede van God nie, m aar d it dui die geheim- sinnige agtergrond, die verborge w esenlike van God aan, w at in al God se volkomenhede aanwesig is as die goddelike daarvan.
In hierdie sin is „heillig” sinoniem m et „goddelik”. God alléén is God. Hy is die Enige, die „Geheel-Andere”, die Onvergelyklike.
In hierdie sin is ook Jesus C hristus „heilig” , dit is goddelik, om dat Hy n a sy goddelike n atu u r van dieselfde w ese as die V ader is3). In dieselfde sin is ook die Heilige Gees „heilig”, dit is „goddelik”, as die Gees w at van die V ader en die Seun uitgaan.
M aar dan w ord Christus ook in ’n ander sin, naam lik in heils- historiese sin „heilig” genoem. Vóór sy vleesw ording w as Chris
tu s reeds heilig soos God die Vader. As daarom in Joh. 10:36 van C hristus gesê w ord d at God Horn geheilig h et en in die w éreld gestuu r het, dan beteken dit nie d at God dan eers aan Horn die w ese van heiligheid meegedeel h e t nie, m aar dat God Hom afgesonder en bestem het vir ’n bepaalde roeping, en Hom daarvoor in die w éreld gestuur het. As volgens Mark. 1:24, Luk. 4:34 die demone u it vrees en o ntsettin g C hristus ho hagios tc u theou noem, dan w ord daarm ee uitgespreek d at Jesus, die M essias is, die Heilige van God. w at deur God afgesonder en
3) Vgl. Joh. 17:11; 5:18; 3:31; 1 Joh. 2:20.
bestem is om die w erke van die duiwel te verbreek, die demone te verjaag, om die S atan soos ’n bliksem straal u it die hem el te laat tuim el (Vgl. Luk. 10:18) en deur die krag van die Heilige Gees die G odsheerskappy op aarde te vestig (Vgl M att. 12:28;
1 Joh. 3:8). So w ord ook in Hand. 4:27, 30 Jesus ho hagios pais genoem, die heilige kneg (van God) en in Hand. 4:14 „die Heilige en Regverdige”, ho hagios kai dikaios. W ant in hierdie benam inge w ord d aar m et toespelinge op die Ebed-Jahwe van Jes. 42 en 53 gesê d at Jesus as die heilige kneg as die Heilige en Regverdige (Jes. 53:10) deur God geheilig is, dit is afgesonder en gew y is to t hierdie bepaalde roeping, naam lik om te w ees die lydende Kneg van die Here, en die offer vir die sondes van die wéreld.
M aar dan w ord dikwels in die Nuwe T estam ent die ge
m e en te^ ) en die gelowiges „heiliges”, hoi hagioi genoem. Dit is die oorheersende benam ing vir die kerk en die gelowiges in die Nuwe Testam ent. D at die Christene „heiliges” genoem is. ru s op die belangrike oortuiging d a t alle C hristene die Heilige Gees o n t
vang het, en daarom sonder m eer „heiliges” genoem kan word.
M aar die heiligheid w at hulle besit is anders as die heiligheid van God. Dieselfde gem eente w at in 1 Kor. 1:2 „geheiligdes in C hristus Jesus, geroepe heiliges” genoem word, is tegelyk ’n gem eente van sondaars, soos dit duidelik blyk uit hierdie eerste brief aan die K orinthiërs.
M aar dit bring m eteens die vraag na vore: Hoe kan die Drie-enige God, m aar ook onrein sondaar „heilig” genoem word?
As Hagios, w aar dit van God gebruik word, in die m ees-eintlike sin sinoniem m et „goddelik” is, hoe kom dit dan d at so baie keer ook mense in die Nuwe Testam ent heilig genoem word?
W ord die heiligheid en enigheid van God, van sy goddelikheid hierdeur nie gerelativeer en ingekort nie — deurdat onheilige skepsels ook heilig genoem word? Die antw oord op hierdie vrae is d a t d aar in die Ou T estam ent en in die Nuwe T estam ent ’n radi- kale verskil is tussen die heiligheid van God, en dié van m ense.
En hierdie antw oord is van direkte belang vir die betekenis van
„heiliging” in die N uwe Testam ent. W ant „heiliging” is nie van toepassing op God nie. Hy is die volm aakte Heilige en h et geen heiliging nodig nie. Heiligheid behoort to t sy w ese. Hy alléén is in absolute sin die Heilige. Sy heiligheid is onder alle om- standghede onvernietigbaar. God alléén is God. Hy is na sy wese die Alleen-Heilige.
M aar die heiligheid van mense is verleende heiligheid. Hulle kan alleen hagioi w ees as hëgiasmenoi. Om heilig te w ees is heiliging v ir hulle onm isbaar. As die Bybel van heilige mense, van „die heilige volk” , van „die heilige gem eente” spreek dan is dit steeds m et die besef d at netso goed van hulle onheiligheid
gespreek kan word. Hulle besit geen heiligheid in hulle self nie.
Hulle kan alleen heilig genoem w ord deur dit w at God in sy genade aan hulle gedoen het. God h et in sy barm hartigheid hulle verkies en afgesonder as sy volk, sy eiendom en vir sy diens.
4. Wie is dit nou w at heilig maak, w at die hagias volbring?
is die heiliging alleen God se w erk of is dit mensew erk, of albei?
M oet m ensew erk die heiliging verw erklik, aanvul of voltooi? Is heiliging die moeilike weg w at die C hristen in eie krag nog self m oet gaan? Is die heiliging soos ’n hem elleer w at moeisaam be- styg m oet w ord om to t in die teenwoordigheid van die Heilige te kom, om so self die naam „heilig” te verwerf? Is die heiliges die vroom enkelinge w at deur eie deug en inspanning bo die onheilige m assa uitstyg? Is daar grade van heiligheid? Is daar in die heiligheid ook ruim te vir m ensewerk? — Ruimte vir individualistiese, moralistiese of w ettiese selfheiliging, ruim te vir menslike heiligheidsoefeninge, vir werkheiligheid? Met hierdie vrae is die probleem in sy verskillende fasette aangedui! Dit is duidelik d at ’n afwyking van die Bybelse voorstelling van hei
liging in teologie en prediking skadelike gevolge vir die geloof en lewe van die C hristelike kerk moet hê.
5. Om ’n duidelike oorsig van die uitsprake oor die heiliging in die Nuwe Testam ent te kry, is dit goed as ons hulle, w at die tydsorde betref volgens vier gesigspunte indeel:
a) Eerstens is daar ’n groep uitsprake w aarin d aar oor die heiliging van die gemeente in Aoristi en Perfekta gespreek word, as oor iets w at plaasgevind het, en as ’n voldonge feit vasstaan. Hierdie uitsprake sien op die volbragte heiliging deur God of deur Christus. D aar is skrifplase w aarin dit duidelik is d a t dit God is w at die gem eente as die godsvolk van die Nuwe Testam ent geheilig het, vgl. 1 Petr. 1:15; 1 Petr. 2:9, 10. Hierin gryp die Nuwe Testam ent direk teru g op die Ou-Testamentiese uitsprake soos Deut. 7:6; Ex. 19:5, 6; Lev. 19:2, w aarvolgens dit God self is w at as genadedaad sy hele volk Israel verkies, geroep en geheilig het, afgesonder h et uit die volke om sy heilige volk, sy eiendom te wees. So word nou ook die skrifplase in die Ou- T estam ent oor die verkiesing, roeping en heiliging van Israel oorgedra en toegepas op die Christelike kerk as die godsvolk van die Nuwe Verbond. God het deur die offer van C hristus die heiliging voltrek aan die gem eente van die Nuwe Verbond.
Hierdie uitsprake sien op die volbragte heiliging deur die offer van Christus, w at volgens 1 Kor. 1:30 v ir ons geword h et . . . hagiasm os. En as in Hand. 20:32, 26:18, 1 Kor. 1:2 en Hebr. 10:10 die C hristene in die Perf. passief Participium aangedui word as die hëgiasmenoi, dan is die voorstelling daarin d at dit God is w at
deur die offerande van Christus vir Hom ’n gem eente reeds afge
sonder het, verkry h et as sy eiendom om alleen aan Hom te behoort, en vir sy diens. Volgens ander uitsprake is dit C hristus self w at deur sy offer sy gem eente geheilig h et — Hebr. 10:10.
Volgens Ef. 5:25, 26 sê Paulus dat Christus Homself vir sy g e
m eente oorgegee h et om dit te heilig. Hebr. 10:29 spreek van die bloed van die verbond w aardeur die C hristene geheilig is, Vgl.
Openb. 5:9.
b) Tweedens is d aar die skrifplaas w aarin d aar van die hei
liging gespreek w ord as van ’n gebeurtenis w at vir die gelowige reeds plaasgevind het, en hierdie heiliging gesien w ord in verband m et die doop, vgl. 1 Kor. 6:11. Hier w ord daar na die doop van die Christen verw ys as na ’n gebeurtenis w at vir hom reeds plaasgevind het: „M aar julle h et julle laat afw as, m aar julle is geheilig, m aar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus, en deur die Gees van onse God.” H ier w ord die doop gesien as ’n eenm alige gebeurtenis in die lewe van die Christen.
Die Christen se heiliging is vir hom aanvanklik verw erklik toe hy by sy doop in die gem eente ingelyf is, en so deel gekry h et aan die heiliging w a t aan die gem eente geskied h et deur die offer van C hristus, vgl. 1 Kor. 6:11, Hebr. 10:29.
c) Derdens w ord d aar gespreek van die heiliging in teens- woordige sin, as van ’n voortgaande heiliging w at nog besig is om sig te voltrek. H ierdie skrifplase sien op die daaglikse ver- w erkliking van die heiliging in die gem eente en die gelowiges deur die Heilige Gees. As die Pinkstergees h et die Heilige Gees in die lewe van die k erk ingegaan om daar te woon en te w erk, om die vrugte van die Heilige Gees voort te bring, Gal. 5:22, om die liefde van God in ons harte uit te stort, Rom. 5:5, om die kerk en die gelowiges te versterk en te heilig vir hulle diens en hulle roeping in die w éreld. Die volbragte heiliging deur C hristus word deur die Heilige Gees vir die gem eente en die gelowiges verw erklik en toegeëien „deur to t ons eiendom te m aak w at ons in Christus reeds besit.” M et ander woorde: die Heilige Gees as die ander T rooster sluit aan by die volbragte lew ensw erk van C hristus, w at sy gem eente vir Homself geheilig het, afgesonder h e t as sy eiendom en vir sy diens, — die Heilige Gees sluit aan by hierdie volbragte w erk van Christus, om dit in die gem eente en die gelowiges te verw erklik en toe te eien. D it is w a t die Doopform ulier bedoel as dit sê d at die Heilige Gees „ons to t lidm ate van C hristus wil heilig, deur ons to t eiendom te m aak w at ons in C hristus besit, naam lik die afw assing van ons sonde en die daaglikste vem uw ing van ons lewe . . . ”
d) M aar die Heilige Gees w at in die gem eente die w erkende teenw oordigheid van God en van C hristus verteenw oordig, is ook die Voleinder. Daarom is daar ook uitsprake in die Nuwe T esta
m ent w at die „heiliging” as die w erk van die Heilige Gees in eskatologiese perspektief laat sien as die voleinding van die heiliging in die ewige lewe. Die Heilige Gees gaan voort m et die heiliging „deur die daaglikse vem uw ing van ons lewe, to td at ons eindelik onder die gem eente van die uitverkorenes in die ewige lewe onbevlek gestel sal w ord”. Hier w ord die heiliging deur die Heilige Gees voleindig en bestendig as die „vir altyd by die Here w ees”, 1 Thes. 4:17c, en daarm ee ook die afsondering van alles w at onheilig is, Openb. 21:27.
6. ’n Oorsig oor die hagiadsein-uitsprake van die Nuwe Tes
tam en t kom kortliks hierop neer: Dit is God w at heilig. Hy heilig Homself, sy Naam (Matt. 6:9; Luk. 11:2). Dit is: Hy openbaar Homself as die Heilige. Hy het Christus geheilig, dit is afgesonder en bestem om Horn as Verlosser na die wéreld te stuur, Joh.
10:36. Hy heilig hulle w at aan C hristus behoort, Joh. 17:17. Maar dit is ook C hristus w at die heiliging volbring. Hy heilig Homself as offer, om daardeur die synes te heilig, Joh. 17:19. As Heilige is Hy ho hagiadsón aan die hagiadsomenoi, Hebr. 2:11. Hierdie heiliging deur Christus is ’n volbragte w erk w at afgesluit is en w at vir ewig vasstaan. Dit is éénm aal volbring. M aar ook die Heilige Gees bew erk die heiliging, deur die volbragte heiliging van Christus te verwerklik, in stand te hou en te voleindig. In al die heiligingsuitsprake is dit God of C hristus of die Heilige Gees w at heilig, en die gem eente w at geheilig word. Nêrens is daar van selfheiliging deur die heiliges sprake nie. Steeds is God of C hristus of die Heilige Gees die Subjek van die aktiew e w erk
w oord hagiadsein. D aar is in die Nuwe T estam ent net één uit
sondering, naam lik 1 Petr. 3:15, w aar die lesers van 1 Petrus as Subjek en „die Here C hristus” as Objek van hagiadsein voorkom;
m aar dáár h et die woorde: „Heilig die Here Christus in julle h a rte ” die w erkw oord „heilig” die betekenis van: as heilig erken en eerbiedig, Hom in ons harte omring m et die gedagtes van hui- w ering en ontsag, w at Hom as die Heilige toekom. „Heilig” het as w erkw oord hier nie die betekenis van „heilig m aak” nie. In die Ou T estam ent staan God enkele kere as Objek van die intensiewe qiddash, byvoorbeeld in Ex. 20:8, Deut. 5:12; 32:51 ens4). M aar ook hier gaan dit om die erkenning en eerbiediging van wie en w at reeds heilig is, en nie om „heilig m aak” nie.
*) Deut. 32:51: „ . . . omdat julle My n ie g eh eilig het onder die kinders van Israel n ie”.
23
7. Die gedagte van selfheiliging van die mens m oet dus afge- wys word, w an t dit staan in skerp teenstelling teen die Nieu- Testam entiese heiliging as genadedaad van God aan sy hele gemeente, w aardeur Hy sondaars geheilig het, afgesonder n et as sy eiendom, en die goddelose geregverdig het, Rom. 4:5. Wie sigself wil heilig, w ie sy eie geregtigheid wil oprig, m aak hom skuldig aan die houding w at Paulus in Rom. 10:3 beskryw e as die oormoed van die mense w at die geregtigheid en die heiliging as genadegeskenk van God nie dankbaar wil aanvaar nie. Ons vind hierdie houding die suiw erste by die Fariseërs aan die begin van ons jaartelling. Hulle w as ’n geslote gem eenskap van eksklusiew e vromes w at op grond van w ettiese selfheiliging hulleself skerp afgegrens h et van die ám há-ares, die vervloekte m assa w a t die w et nie ken nie, Joh. 7:49. Die Fariseërs wil ook die heilige ge
m eente oprig, m aar hulle doen dit deur hulleself te heilig, hulle
self af te sonder. H ulle h et hulleself die perúshim , die afgeson- derdes genoem. In die M idrashim w ord qadósh en p arush as sinonieme gebruik5). Hulle h et hulleself as die w are gem eente van Israel, as die heilige godsvolk beskou. H ierdie aansp raak h et hulle w etties gefundeer; dit berus op hulle eie w erk, trou e w ets- vervulling, selfheiliging. Dis baie betekenisvol d at die Christelike gem eente nie aangesluit h et hy die farisese ideaal van die sigself- heiligende gem eente nie, m aar soos dit blyk u it 1 Petr. 1:15; 2:9, 10, direk teruggegaan h e t op die oudste beloftes aan die godsvolk van die ou Verbond w a t deur God self as hele volk verkies is, afgesonder en geheilig is, soos dit meegedeel w ord in Ex. 19:5;
Lev. 19:2 en Deut. 7:6, 7. So spreek God in Lev. 19:2: Spreek m et die hele vergadering van die kinders van Israel, en sê vir hulle: Heilig m oet julle wees, w ant Ek die H ere julle God is heilig.
8. INDIVIDUELE SELFHEILIGING?
Die voorstelling van selfheiliging w at vreem d is aan die Nuwe T estam ent bring ons by ’n ander dwaling, naam lik van individuele heiliging, dit is die heiliging van individue los van die gem eenskap van die kerk. W ant die gedagte van selfheiliging la at die gedagte van die heiliging van die hele godsvolk los, en m aak die heiliging afhanklik van die w erk van individue, afhanklik van die verdienstes van vromes. H ierdeur w ord die heiliging w a t ’n suiw er religieuse begrip is, vervlak to t ’n m oralis- tiese begrip. In hierdie sin w ord „heiliging” nêrens in die Nuwe T estam ent geleer nie. Die Nuwe Testam ent ken nie so iets as die
B) Vgl. O. Michel, Der B rief an die Römer, S. 28 oor A phórism enos in Rom. 1:1.
heiliging van vroom enkelinge los van die gem eenskap van die k erk nie. Dis opmerklik dat die Nuwe T estam ent so weinig die gelowiges as vroom eenlinge ken, d at die benam ing hagioi vir die k erk en die gelowiges steeds in die m eervoud voorkom. Die enigste teks w aar hagios in hierdie sin in die enkelvoud voorkom naam lik Filip. 4:21, h et dit ook m eervoudige betekenis: Groet elke heilige in Christus Jesus, dit is alm al van hulle. So word byvoorbeeld in 1 Petr. 2:5, 9 v. in aansluiting by uitsprake soos Ex. 19:5; Lev. 19:2 v., Deut. 7:6, 7 en in Hosea die Nieu-Testa- m entiese gem eente genoem: ’n „uitverkore volk”, ’n uitverkore geslag, ’n heilige volk to t eiendom verkry. D aar is in die Nuwe T estam ent geen spoor van ’n opvatting d at die heiliges gesien w ord as ’n versam eling van individuele heiliges w at geleidelik saamgevoeg is to t heilige gemeente, en heilige gem eentes to t die heilige algemene kerk nie. Die verhouding is veeleer omgekeerd:
In die heiliging van die hele volk as genadedaad van God is die heiliging van gem eentes en van al die lede reeds ingesluit.
9. AFDWALINGE:
As ons nou vashou aan die heiliging van die kerk as geheel, en dit w el as genadewerk van God deur Christus to t stand ge- bring het, en w at Hy deur die Heilige Gees aan die kerk en aan die gelowiges verw erklik en voleindig, dan is ons in sta a t om verskillende dwalinge af te wys.
a) Soos dit reeds u it die voorgaande geblyk het, m oet alle vorm e van individualistiese, w ettiese en m oralistiese selfheiliging afgew ys w ord, — om dat daardeur die heiliging van die gemeente as genadew erk van God losgelaat w ord en die eiegeregtigheid opgerig w ord, volgens een of ander norm van menslike vroom heid of verdienste of deug. Hierdie dwaling bring ons by die Farisese selfheiliging, selfafsondering van die vromes weg van die onheilige res.
Hierdie selfafsondering kom dikwels voor by sektaries-sepe- ratistiese „heiligingsgemeenskappe” ,6) w at hulleself vorm to t gem eenskappe en eksklusiewe vromes. Hoe vreemd dit klink, ook die R.K. Kerk laat die heiliging van die kerk as geheel los, deur ’n besondere heiligheid aan die clerus toe te ken, asook deur die besondere heiliges te sien as die enkelinge w at deur eie
«) H ierdie term H eiligungsgem einschaft” is on tleen aan F. C. Arnold wat in sy boek: Gemeinschaft der H eiligen und H eiligungsgem einschaften”, 1909 ’n kritiese oorsig gee van al die pogings w at in die kerkgeskiedenis voorgekom h et om ’n sigbare organisasie van die communio sanctorum daar te stel.
25
deug en goeie w erke en vroomheid van onderaf u it die m assas van die kerk opgestyg het, om heiliges te w ord, en uiteindelik die toppunt te bereik langs die w eg van kerklike heiligverklaring.
M aar ook onder P ro testan tse Christene en M ethodistiese stem pel leef nog dikwels die opvatting van selfheiliging w a t v ir die gelowige voorgehou w ord as die moeilike w eg w a t h y in eie krag nog m oet gaan, die trapsgew yse vordering van die enkeling na die volmaking. Die gevolg is dat die heiliging w a t C hristus vir ons volbring het, nie in dankbaarheid en geloof aanvaar w ord as die vaste fondam ent vir die heiliging van ons lewe deur die Heilige Gees nie — en d at deur hierdie dwaling die heerlikheid van die Evangelie verduister word. Hierdie Farisese y w er vir selfheiliging by C hristene kan ’n strew e wees om sig van die
„genade alleen” vry te maak, en in plaas daarvan te stel die self
heiliging as verdienstelike w erk van die mens. As gevolg van hierdie dw aling w ord meerm ale die heiliging van die Christen gesien as die moeilike w eg w at hy in eie krag nog m oet gaan.
Die gevolg is d at in plaas van die vreugde van die Christen w a t w eet dat Hy in C hristus geheilig is, en d at hy daarop slegs hoef te antw oord m et geloof en gehoorsaam heid en dankbaarheid — in plaas hiervan kom d aar ’n angstigheid en bedruktheid in die lew ensw andel w at die heerlikheid van die Evangelie verduister en die vreugde van die geloof en die w are dankbaarheid onm oont- lik maak. Dit lei óf to t angstige spanning en wanhoop, óf dit voed die Farisese eiegeregtigheid.
b) ’n V erdere dw aling is die opvatting d a t d aar grade van heiligheid sou wees, heilig of nog nie heilig nie, m eer of m inder heilig by die lede van die kerk, en gevolglik verskillende groepe van heiliges. So ken byvoorbeeld die R.K. K erk aan die clerus
’n besondere graad van heiligheid toe, w aard eu r die heiligheid van die gem eente to t iets m inders gedegradeer word. Die eintlik heiliges w at vereer m oet w ord, staan as enkeles bo die m assa van gewone lidm ate uit.
Die Nuwe Testam ent ken geen grade van heiligheid by die C hristene nie, w an t die heiligheid van die k erk is nie gegrond op enigiets m ensliks nie; alle relatiw iteit is hier uitgesluit, om dat die heiliging van die k erk en van die gelowiges in God rus. Die C hristene is hagioi as hëgiasmenoi, deur God geheiligdes. D at daar geen grade van heiligheid by gelowiges is nie, blyk u it die N ieu-Testam entiese gebruik om ál die gelowiges „heiliges” te noem, om dat hulle alm al die Heilige Gees ontvang het. D aarom besit nie één ’n besondere heiligheid w at ’n ander een nie besit nie.
c) Perfeksionism e: Die opvatting van grade van heiligheid skakel w eer in ’n ander dwaling, naam lik die Perfeksionism e.
D it is die opvatting d at al die lede van die seperatistiese gemeen- skap die heiligheid volkome besit, of, d at enkele heiliges die volkome heiligheid bereik, en w el as v rug te op menslike vroom heid en heiligheidsoefeninge. Die N uwe T estam ent bevat geen spoor van verering van heiliges, óf d at die volkome heiligheid of volm aaktheid in hierdie lewe bereik kan w ord nie — en dit wel op grond van menslike heiligheidsoefeninge nie. Dit sien ons onder andere in 1 Kor. 1:2 w aar Paulus aan die gem eente van K orinthe skryf as „aan die geheiligdes in C hristus Jesus, die geroepe heiliges”, m aar hulle tog oor allerhande ergelike sondes streng m oet teregwys. Hulle is heilige gem eente, m aar tog ge
m eente van sondaars. In hulleself besit hulle geen heiligheid nie.
Hulle is heiliges as geheiligdes, deur w at God in Sy genade aan hulle gedoen het, en hulle heiliging m oet daagliks deur die Heilige Gees verw erklik en voleindig word.
d) M aar juis op hierdie stadium m oet dan ook die dwaling van geloof squietism e afgewys word. Dit is die opvatting d at om dat God deur die offer van Christus die heiliging van die gemeente en van die gelowiges, volbring het, en dit op ’n onbedrieglike fondam ent vasstaan, en om dat God hierdie volbragte heiliging ook deur die Heilige Gees vir die gelowiges verw erklik en vol
eindig — d at daar dan vir ons niks anders te doen oorbly as om passief en m et gevoue hande op die heerlike voleinding te wag nie. Hierdie heiliging w at aan die gelowiges geskied, beteken juis die grootste aktiw iteit; w an t ons is deur God afgesonder, geheilig, nie alleen vir die heerlikheid nie, m aar ook vir die diens van Horn w at ons vir sy diens geheilig het. Die Heilige Gees w at in die kerk en in die gelowiges woon en w erk en die heiliging in hierdie lewe verw erklik en w at dit ook sal voleindig, is lewend aanw esig en aktief soos n ’ dinamiese krag. Hy w erk die geloof, die gehoorsaam heid en die dankbaarheid, die lofprysing van God.
Die diens w aartoe die gemeente geheilig is, is dank vir ervare genade. En dit beteken d at ons sal glo d a t ons deur God afge
sonder is, geheilig is as sy eiendom en vir sy diens, en to t die volkome heiliging op die dag van ons Here Jesus Christus, 1 Thess. 5:23. Dit beteken d at ons gehoorsaam sal wees aan dit w aartoe ons geheilig is, en dat ons dankbaar sal wees vir hierdie onbegryplike barm hartigheid.
D aar is wel ’n aantal skrifplase in die Nuwe Testam ent waarin d aar nadruk gelê word op die doen van die mens, m aar dan word tegelyk beklem toon dat die najaag van die heiliging rus op, en alleen moontlik is deur die volbragte w erk van God in Christus.
Die doen van die gelowige is sy geloof, sy gehoorsaam heid en sy 27
dankbaarheid vir die genadew erk van die goddelike heiliging7).
Hierdie diens as dank dra dus nie die stem pel van verdienstelike w erk en w erkheiligheid nie, m aar dit is die vrugte van die Gees w at opgroei u it die geheiligde gem eente en gelowiges, die v rugte van dankbaarheid, vgl. Gal. 5:22; Rom. 6:22.
10. Ten slotte ’n opm erking oor die verhouding van die heiliging to t die sedelike lewe van die geheiligdes. M eerm ale w ord die heiliging in die teologie en die verkondiging gem aak to t ’n m oralistise begrip en gesien as taak en ideaal van die vroom mens. D aardeur w ord die heiliging, w at ’n suiw er reli- gieuse voorstelling is, m oralisties vervlak en gerasionaliseer, sodat dit nie to t sy reg kan kom nie. Daarom is die vraag belang- rik: W at is die verhouding tussen die heiliging en die sedelike lewe van die geheiligdes? W ord die mens geheilig deur sy sedelike strew e? Ons antw oord is: Die heiliging is die w erk w at God aan die kerk verrig h et deur Jesus Christus en voortgaande verrig d eur die Heilige Gees. Hierdie heiliging as afsondering u it die sonde, afsondering vir God en sy diens, raak die hele lewe van die mens. D it dra vrugte, ook sedelike vrugte van reinheid, self- beheersing, geduld, ens., in die lewe van die geheiligdes. Die heiliging w ord herken aan die gestalte w at dit aan die lewe van die geheiligdes gee; dit w ord herken aan die vrugte w at dit in die lewe van die gelowiges dra, vgl. Rom. 6:22; Gal. 5:22. Die w erk van goddelike heiliging gaan vooraf aan die sedelike vrugte;
dit raak die sedelike lewe en vorm dit; m aar die heiliging as godsdaad m ag nie m et hierdie lewensvorm en sedelike vrugte vereenselw ig w ord nie, of daarvan afhanklik gem aak w ord nie.
A. de Quervain sê m et reg in sy w erk „Die Heiligung” op bis. 10: „Die Heiligung ist in der heiligen S chrift nie etw as w as der A usführung durch M enschen überlassen w ird”. En E. G augler sê in sy w erkie „Die Heiligung im Zeugnis der S chrift” op bis.
76: „Es m üsste doch wohl nicht n ur für den gesetzlich ange- strengten Einzelganger irgendeiner Heiligungsbewegung, sondem auch für den M enschen der nichts anderes sein will als ein Glied der Kirche, eine un erh örte Befreiung bedeuten, w enn ihm das Erkenntnis geschenkt w ürde, dass die Heiligung dies ist, nicht seine kram pfhafte F o rtschritte in der eigenen Heiligung, — dass sie nichts anderes sein kann als die Verwirklichung seines Kirche
— Seins”.
*) Vgl. Ef. 2:8-10: „U it genade is ju lle gered . . . geskape tot goeie werke, Filip. 2:12, 13: W erk ju lle eie saligheid u it . . . want dit is God wat in ju lle werk . . . ; F ilip. 3:12: N ie dat ek dit al verkry h et nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp — omdat ek ook deur Christus Jesu s gegryp is. T elkens rus die Imperatief van God, aan die mens gerig, op d ie Indikatief van wat God reeds gedoen het.