H ERD EN K IN G V A N D IE H E R V O R M IN G 1)
O p 31 O ktober 1517 het die Augustynermonnik Martin Luther
’n beslissende stap geneem. Hoewel die vasspyker van sy 95 stellings aan die deur van die slotkapel te W ittenberg op dáárdie oom blik nie deur hom self as die begin van ’n kerkhervormingsprogram bedoel is nie, het 31 O ktober 1517 tog ’n datum van beslissende betekenis geword.
W ant in dié 95 stellings is van die grondliggende stellings van die kerk
hervorming geformuleer en die beginsels wat d áár die lig sien het in die volgende eeue ’n altyd-belangrike rol bly speel. Hierdie sestiende Eeuse her-vorming van die Kerk was ’n magtige geestelike beweging wat die kerklike, maatskaplike en persoonlike lewe van ’n groot deel van Europa vernuwe én verander het. A s nasate van die Europese volke wat deur dié beweging beslissend beïnvloed is en wie se geestesinhoud deur die Kerkhervorming mede bepaal is, wil ons vanaand in dankbaarheid die groot manne van die sestiende Eeu gedenk. Die vrugte van die boom wat deur Luther, Calvyn en hulle medewerkers geplant is, word ook deur ons, hier in Suid-Afrika, vandag nog gepluk.
W aar ons vanaand as Afrikaners die kerkhervorming gedenk, kan ons dit doen omdat on belangrikste stamland Nederland van wie ons die seëninge van die hervorming ontvang het, self so geweldig veel aan die kerkhervorming te danke het. W ant die eeu van die hervorming is ook die eeu van Nederland se nasionale wording. En ten opsigte van die hervorming van die Nederlandse kerk was Luther oo k daar die groot profetiese gestalte wat die woord gespreek het wat aan dié beweging geboorte gegee het. Tog het op die duur geblyk dat Luther nie die belangrikste invloed in die Nederlandse kerkhervorming sou wees nie.
Sy denke, sy geskrifte het wel die eerste stoot daartoe gegee want sy stigtelike boeke is baie in Nederland gelees en sy Bybelvertaling wat in D uitsland so ’n geweldige invloed gehad bet, is daar ook bestudeer.
M aar in Nederland het Luther tog in hoofsaak alleen maar suggererend gewerk maar hy is nié nagevolg nie.2).
Aanvanklik het die gedagtes van die kerkhervorming in Nederland alleen in die kringe van die gegoede burgery wat o f met Erasmus o f met die prediking van die Augustynermonikke in aanraking was, invloed uitgeoefen. M aar vanaf die vyftigerjare van die sestiende Eeu ontvang die hervormingsbeweging in Nederland, wat dan reeds die Anabaptistiese en Sakramentariese strominge ken, die invloed van die grootste van die kerkhervormers, Johannes Calvyn. Eers onder die invloed van die calvinistiese hervormingsbeweging, wat al die ander kerkhervormende bewegings in Nederland oorskadu, kry die kerkhervorming in Nederland omvang en betekenis. M ét die opkom s van die calvinisme in Nederland
*) Lesing geh ou vir ’n kongres van die R ing van Johannesburg te C ottesloe, 31 O k tober 1960.
2) J. W . P o n t, Qeschiedenis van het Lutheranisme in de Nederlanden tot 1618, Haarlem 1911, blz. 285-287.
314
gaan die oplewing op nasionale gebied gepaard en nie net die her-vorming van die Kerk nie, maar ook die vryheidstryd teen die Spaanse owerheid kry ’n belangrike stimulus en rigting vanweë die calvinisme. Die invloed van Calvyn, Bullinger en Zwingli is dus nie net beperk tot die Kerk nie, maar dit het die hele volkslewe en die geestesinhoud van die protestantse volksdeel mede bepaal3).
A s ons nou die Hervorming gedenk doen ons dit as calviniste, want uit die Nederlandse hervormde Kerk het ons Afrikaanse kerke gegroei en aan die spesifiek Nederlandse kerkhervorming dank ons ons kerklike Belydenisskrifte en ons kerklike formuliere. Ons gedenk egter die Hervorming nié sonder inagneming van manne soos Luther en Zwingli en hulle arbeid nie. W ant hoewel ons nie altyd uiterlik-sigbaar as Kerk die kentekens dra van die kerklik-organisatoriese beginsels soos hulle dit uiteengesit het nie, weet ons tog as mede-erfgename van die sestiende Eeuse hervorming van ’n eenheid in die geloof wat selfs die sigbaar- organisatoriese geskeidenheid en die konfessionele verskille kan trans
cendeer4). A s daar dus sprake is van die sestiende Eeuse kerkhervorming dan waardeer ons dit inderdaad in die eerste plek as calviniste maar nie sonder die besef dat die belangrike beginsels van die Hervorming nie aan die Lutheranisme o f die Calvinisme alléén toegeskryf kan word nie m aar dat dit die gevolg is van ’n gemeenskaplike nuwe verstaan en ’n nuwe gehoorsaamheid aan die W oord van G od alleen soos dit aan Martin Luther en Johannes Calvyn en hulle medewerkers in die sestiende Eeu gegee is.
Die kerkhervorming van die sestiende Eeu is in die eerste plek ’n geestelike ommekeer en ’n godsdienstige vernuwing. Die hervorming kan ook eerder as ’n godsdienstig-geestelike beweging waardeer word as
’n puur binne-kerklike beweging. D ie Hervorming het immer ’n bly- wende en steeds voortgaande invloed op W es-Europa en die afstammelinge van W es-Europese protestantse christendom in ander wêrelddele nie net ten opsigte van hulle kerklik-teologiese opvattings nie maar ook ten opsigte van die beginsels wat op die maatskaplike, politieke, opvoed
kundige en alle ander terreine van die lewe van toepassing is. Die kerkhervorming kan dus nie net as ’n puur-kerklike beweging waardeer word nie. Immers die godsdiens om vat die hele mens en daarom is ’n verandering o f ’n hervorming van die teologie o f van die godsdiens nooit beperkbaar tot binne die Kerk alleen nie, dit moet die ander lewenster- reine óók beroer, verander o f hervorm.
D aarom is dit wel interessant om ’n oom blik vlugtig te probeer nagaan wat die nuwe is wat deur die sestiende Eeuse kerkhervorming na vore gebring is. W ant hierdie nuwe in die teologie het alle ter
reine van die mens se lewe geraak en het aan die protestantisme ’n
3) J. R eitsm a en J. L ind eboom , Qeschiedenis van de Hervorming en de Hervormde Kerk der Nederlanden, D en H aag 1949, blz. 62 vg.
4) V gl. W . N ijenhuis, Calvinus Oecumenicus, D en H aag 1959, bl. 234.
heel eie karakter en inhoud gegee. T og sal dit nié m oontlik wees om die deurwerking van dié nuwe op die lewensterreine buite die kerklike hier in oënskou te neem nie. Dit sou ons vir hierdie geleentheid ook te ver voer.
In die poging om die nuwe aan te dui wat die kerkhervorming in die sestiende Eeu gebring het, sal ons vir ’n groot deel by M artin Luther, die D uitse kerkhervormer, stilstaan. D it gebeur hoofsaaklik omdat Luther die nuwe van die hervorming die eerste geformuleer het en omdat Johannes Calvyn ten opsigte van die belangrike beginsels van die hervor
ming slegs in ’n mate en deels glad nie van Luther verskil het nie5).
Eenvoudig is dit seker nié om die nuwe wat in die sestiende Eeu na vore gebring is, aan te dui nie. W ant die Hervormers was self ook mense van hulle eie tyd wat baie van die M iddeleeuse geestelike erfgoed saamgebring het in die nuwe beweging wat deur hulle optrede begin is.
D aarom kan dit so maklik gebeur dat as één element uit die hervorming as dié nuwe beklemtoon word, daar later tog weer besef word dat dit nie die enigste was nie. Som s gebeur dit ook dat wat as dié nuwe van die hervorming aangedui word, reeds as beginsel deur andere vóór die her
vorming geformuleer is. In die vorige Eeu is byvoorbeeld gestel dat die nuwe wat deur die Hervorming na vore gebring is hierdie twee beginsels was: die regverdiging van die sondaar deur die geloof alleen en ten tweede dat die Heilige Skrif die enigste kenbron vir die geloof en die lewe van die Kerk is6). M aar hierdie beginsels assodanig was nie nuut in dié sin dat M artin Luther dit die eerste maal in die sestiende Eeu geformuleer het nie.
W ant die beginsel dat die sondaar deur die geloof alleen geregverdig word, is reeds in 1512, vier jaar voordat Luther se geskrifte oor die regverdiging verskyn, so geformuleer deur die Bybelse humanis Lefèvre d ’Etaples in sy Kommentaar op die Briewe van Paulus7). Die tweede beginsel dat die Heilige Sk rif die enigste kenbron vir die geloof en lewe van die Kerk is, is reeds voor Luther geformuleer deur verskillende van die sogenaamde
„vo orlo pers” van die hervorming8).
D it is dus duidelik dat nie alles wat M artin Luther as reformatoriese beginsels geformuleer het, som m erso as die nuwe van die hervorming aangemerk kan word nie. D aarby mag o o k nie vergeet word nie dat Luther ’n deur en deur kerklike mens was wat met sy optrede in die eerste plek die Kerk wou dien en die geloof wou bevorder. Hier lê terloops, o o k die groot verskil tussen Luther en baie van sy latere naboot- sers wat merendeels hulle eie eer en belangrikheid gedien het en nié die geloof en die Kerk nie! Die feit dat Luther ’n behoudende teoloog was, het meegebring dat hy nie sy hele M iddeleeuse erfenis oorboord gegooi het nie. Inteendeel in vele opsigte het Luther nog gebonde gebly aan die
6) V ir Calvyn se w aardering van Luth er vergelyk sy b rief van Jan . 1945 so o s gesiteer by W . F. D ankbaar, Calvijn, zijn weg en werk, N ijk erk z.j., bl. 64.
*) W . K oehler, Dcgmengeschichte, Zürich 1951, B d. I, S . 357.
7) J . C h am bon , Qeschiedenis ener Martelaarskerk, G o e s 1951, bl. 22.
8) J. L oserth , Huss und Wiclif, M ünchen 1925, S . 187.
M iddeleeuse teologiese denke9). M aar daardie M iddeleeuse erfenis was seker nie die bepalende in sy teologie nie want vanuit daardie M iddeleeuse teologie het Luther ’n besondere en ’n standhoudende vernuwing van die Kerk gebring. T og moet ons daarmee rekening hou dat Luther in vele opsigte meer by die Middeleeue as by die moderne tyd tuishoort. Teolo- gies, histories en oo k kultuurhistories het die sogenaamde moderne tyd eerder met die agtiende Eeuse Verligting begin as met die sestiende Eeuse kerkhervorming.
Die vraag na die nuwe van die hervorming wil ek so stel: W aar is M artin Luther in sy teologiese denke anders as die teoloë van sy tyd wat binne die kring van die room se Kerk gebly het ? W at was dit wat Luther só neerbuig, wat beroer sy lewe só dat hy in die room se Kerk geen rus meer ken nie, m aar soek en worstel vir die oplossing van sy problem e ? Later sk ryf Luther self hieroor en sê dan10):
„E k wou ’n heilige en vroom monnik wees en ek het myself met groot vroomheid vir die mis en die gebed voorberei, maar wanneer ek die vroom ste was, het ek tog as twyfelaar na die altaar gegaan en as twyfelaar het ek vandaar teruggekeer. A l het ek my boetegebed opgesê, het ek nog getwyfel en as ek my boetegebed nié uitgespreek het nie, het ek andermaal getwyfel.
W ant ons was volkom e in die waan dat ons nie kan bid en dat ons nie verhoor kan word nie as ons nie heeltemal rein en sonder sonde, soos die heiliges in die hemel, was nie.
Gedeeltelik kan Luther se geestelike stryd toegeskrywe word aan sy teologiese opleiding, want Luther het as Augustynermonnik sy belang- rikste skoling in die sistematiese teologie aan die hand van die geskrifte van die M iddeleeuer W illem van O ccam gekry. In hierdie teologie is die onmeetlike afstand tussen die Almagtige G od in die hemel en die mens op die aarde baie sterk beklemtoon. En Luther wat erns met sy sondige mens-wees gemaak het, was oorweldig deur die gedagte dat hy voor G od m oet lewe11). Hier lê die kiem van die werklik-nuwe wat Luther vanuit die Occam istiese teologie en deur sy bestudering van die Heilige Skrif na vore bring naamlik dat die lewe van die mens nié iets is wat naas G od o f weg van G od plaasvind nie, maar dit is altyd ’n lewe vóór G ods aangesig.
Hiermee het Luther nie alleen die M iddeleeuse dualisme oorwin nie, maar die vir die sestiende Eeu besonder-nuwe gestel dat die mens in ’n verband met G od staan, dat hy voor G od s aangesig staan en dáár moet lew e12). So dikwels word gestel dat die sentrale probleem waarmee
») W . K oehler, a .a .O ., S . 357.
10) Weimarer Ausgabe (hierna gesiteer as W .A .), 22, 305, 35 f. V gl. W .A ., T R ., 5, 6017.
“ ) R o lan d H . B ainton, The Reformation o f the Sixteenth Century, L o n d o n 1957, p. 28:
Luth er w as all the m ore panic-stricken b ecause he entertained so exalted and so vivid a concept o f G o d , the m ajestic, the all-holy, . . . w ithout w hom there can be no security and w ith w hom so lang as m an is evil there can be no peace. A ttracted and repelled, exalted and devastated, Luth er w restled with the M o st High.
1 !) V gl. Luth er se skerp kritiek o p die sk olastieke teologie van sy ty d : W .A ., 20, 2, 327, 2 0 ; 40, 2, 327, 3 7 ; 40, 2, 458, 27; 42, 294, 18.
Luther worstel i s : Hoe kry ek ’n genadige G od ? en dan word daaruit die konklusie getrek dat Luther se hele teologiese denke die mens as middel
punt het, dat dit vir hom gaan om sy eie siel en lewe13). M aar by Luther is die worsteling met hierdie vraag: H oe kry ek ’n genadige G o d ? juis dié weg waarlangs Luther van die mens a f weggevoer word na G od toe.
W ant Luther se oplossing vir die probleem is dat die mens alleen ’n genadige G o d ,,kry” as die mens die genade ontvang om hom geheel aan G od oo r te gee, G ods oordele te erken en te aanvaar en in sy menslike armoede voor G od, G ods genade te aanvaar as die wonder van die tweede skepping. D ie basis van die verhouding G od tot mens is nou nie meer die verdienste van die mens nie, maar dit is nou die sola gratia, die sola fidz wat die mens suiwer en alleen as geskenk van G od ,,besit” .
Juis om dat Luther dit so geweldig sterk beklem toon dat die mens voor die aangesig van G od moet lewe, daarom kan ons ook sê dat die groot verskil tussen Luther en sy room se tydgenote dit is dat die geloofswaar- hede van die Heilige Skrif vir Luther sekere werklikheid is en nie ’n reeks abstrakte, swewende, filosofiese begrippe nie. In hierdie opvatting is daar dan o o k geen verskil tussen Luther en Calvyn nie. Noltensmeier stel dit as v o lg14):
,,Die Offenbarung G ottes in seinem W ort und die Ueberordnung dieser Offenbarung über die Kirche und alle Tradition, das war das Grundanliegen, dem sich beide Reform atoren verpflichtet sahen und dem sie mit ganzer Hingabe dienten.”
D eur die optrede van Luther, deur sy geskrifte kom daar ’n ont
waking van die bewussyn van die werklikheid van G od, van die grootheid en die genade van G od, van die werklikheid daarvan dat die Heilige Gees ,,tot ons eiendom (wil) maak wat ons in Christus besit15.) D ie groot wins van Luther se optrede is dat G od die Almagtige weer geglo word nié as ’n gedagte o f ’n leer o f as die eindresultaat van die mens se denke nie, maar as die lewende G od, die Waaragtige wat is en tot in ewigheid sal wees.
Hierdie gedagte dat die mens met sy lewe-in-die-totaliteit-daarvan voor G ods aangesig staan, is die agtergrond van Luther se hele teologie16) en hierdie werklikheid is die agtergrond van die kerkhervormerde werk van die sestiende Eeuse protestante. G o d het hulle gevind deur sy W oord en Gees en hulle het G od gevind, hulle is aangegryp deur die één, Almagtige wat die gelowige dra, vrede en krag gee, wat die sekerheid van die vergewing van die sonde vanweë die Kruis van Jesus Christus gee, wat die gelowige tot ’n nuwe lewe roep en tot ’n lewe van diens besiel.
Nieteenstaande die feit dat die verskillende leidinggéwende hervormers
13) H ierdie m isverstand kan veral by die room se beoord elaars van L u th er opgem erk w ord Vgl. hier K. A . M eissinger, Der Katholische Luther, Leipzig 1952, S .9 2 f.
14) H. N oltensm eier, Reformatorische Einheit, G raz-K öln 1953, S . 95. V gl. Joh n Calvin, Tracts and. Treatises on the Reformation o f the Church, trans. H . Beveridge, Edinburgh 1958, V o l. I, p. 61 f.
15) D oop form u lier.
16) J. T . B akker, Coram Deo, Kam pen 1956, p. 195-196.
elk op sy eie manier werk en skrywe, kom ons by hulle almal, in die getuienisse van die martelare en in die belydenisse van die eenvoudige vrom es hierdie sentrale tema teë: In Christus Jesus is die werklikheid van G od weer aan hulle geopenbaar, deur die W oord van G od het die werk- likheid van Christus Jesus en sy Kruis vir die sondaar-mens wat voor G ods aangesig m oet lewe, weer ’n allesbeheersende werklikheid geword. Van
uit hierdie gedagte kry die kerkhervorming sy stukrag. Nie vanuit die denke o f woord van ’n mens nie, maar vanuit die openbaring van G od in sy W oord. D áárom ontwaak daar ’n vernuwende besef, daarom kom die kerk-her-vorming tot stand.
M iskien kan ons dit ook só stel: Die hervorming is ’n her-nude ontdekking van die Evangelie. M aar nié die ontdekking van ’n nuwe Evangelie nie! W ant die sestiende Eeuse hervorming staan op die bodem van die historiese christendom— en die christendom kan alleen lewe vanuit die Evangelie van die Kruis en die O pstanding van Jesus Christus. W ant as dit nie die middelpunt is nie, is dit nie meer christendom nie. Johannes Calvyn stel dit in sy brief A an Koning Frans I van Frankryk, ’n begeleidende skrywe by sy Institusie van 1536 as volg:
„In die eerste plek, wanneer hulle (die teenstanders van die Hervorming) dit ’n nuwe leer noem, is hulle besig om G od swaar te beledig, want sy Heilige W oord verdien dit nie om van nuwigheid beskuldig te word nie. D at dit egter vir hulle nuut is, vir wie ook Christus en die Evangelie nuut is, dit betwyfel ek allermins. M aar hulle wat weet dat die prediking van Paulus, dat Jesus Christus terwille van ons sonde gesterwe het en ter- wille van ons regverdigmaking opgewek is (Rom. 4:25) oud is, sal by ons niks nuuts aantref nie.”
D it is werklik ’n misvatting om te dink, so os som s wel gebeur, dat die hervorming in die sestiende Eeu ’n paar leerstukke, sommige instellings en die ergste dwalings van die room se Kerk verwyder het en in die plek daarvan beter leerstukke en instellings gegee het. D it het die room se Kerk immers self by die konsilie van Trente gedoen. Só oppervlakkig was die werk van die hervormers beslis nie17). M artin Luther het ’n nuwe be
ginsel na vore gebring, ’n beginsel wat ontleen is aan ’n nuwe, ’n beter verstaan van die Evangelie, dié Evangelie wat ’n inhoud het wat nooit oud word nie om dat dit die lewende W oord van G od is. En laat ons goed onthou, Luther en sy hervormende tydgenote het hulle nié van die verlede losgeruk nie, hulle werk was nie rewolusionêr nie maar hervormend.
Dié vernuwende gedagte wat M artin Luther as gevolg van sy nuwe verstaan van die ou Evangelie na vore bring word in die leerstuk van die algemene priesterskap van die gelouiiges saamgevat. D it is ’n leerstuk wat hy in 1519 die eerste maal in sy dispuut met Johannes Eck te Leipzig, stel.
Interessant is dit om daarop te let dat die negentiende Eeuse teoloog
17) H. Fausel, D . M artin Luther, Stuttgart 1955, S . 178-179.
F.E.D . Schleiermacher êrens in ’n poging om die verskil tussen die protestantism e en die rooms-katolicisme te definieer, gestel het:
„D ie protestantisme m aak die verhouding van die enkeling tot die Kerk afhanklik van sy verhouding tot C hristus. Die (rooms-) katholicisme omgekeerd maak die verhouding van die enkeling tot Christus afhanklik van sy verhouding tot die K erk.”
O p hierdie punt kan ek volkom e saamstem. W ant die enkeling, die
„gewone gelowige” is in die M iddeleeuse, room se Kerk heeltemal op die agtergrond gedruk. Op die voorgrond staan die gewyde organisasie wat nie alleen die Koninkryk van G od verteenwoordig nie, maar ook preten
deer om dit te wees. O m tot daardie sigbare organisasie te behoort, dit is die enigste wat van die „gewone gelowige” verwag word want daardie uiterlik-sigbare organisasie van die room se Kerk is nie alleen, volgens hulle opvatting, die draer van die lewe nie, maar ook van die waarheid, die bemiddelaar van die ewige heil van die mensekind.
Teenoor hierdie room se opvatting stel Luther die leer van die alge
mene priesterskap van die gelowige, ’n leer wat hy in die jare 1519— 1520 ontwikkel. O m dat Luther so diep bewus is van sy persoonlike staan voor G od, om dat hy besef dat hy as sondaar-mens wat self vir sy sonde verantwoordelik is voor die almagtige G od staan, dáárom kan Luther geen rus, geen vrede in die room se Kerk vind nie. Terselfdertyd is Luther se geestelike worfcteling vir sy kloostergenote oo k onverstaanbaar. W ant juis die lidm aatskap van die room se Kerk, dié Kerk wat pretendeer om die saligheid van sy lidmate wat stiptelik volgens die aanwysing van die Kerk handel, te waarborg, is vir Luther se tydgenote die oplossing van sy pro
bleem. Eers nadat Luther deur sy sorgvuldige, aanhoudende bestudering van die Heilige Sk rif die werklike oplossing vind, kry hy ook werklik vrede. W ant dan word dit vir Luther duidelik dat hy as sondaar-mens voor die aangesig van die regverdige G od staan m aar dat in Jesus Christus die regverdig-oordelende G od die sondaar-mens genadig is. M aar hierdie verhouding van G od tot mens kan nié deur die K erk o f die priester be
middel word nie omdat dit ’n intens-persoonlike verhouding is. D aarom stel Luther dit ook pertinent18).
„Bedink tog dat G od met u bemoeienis m aak en dat u saligheid rus op wat G od in u werk. Niemand m oet hom op die werk van ander verlaat nie, maar aandagtig op hom self let én op G od, aso f hy en G od alleen in die hemel en op aarde is, asof God met niemand anders as net met hom te make het nie.”
D áárom gaan dit vir Luther, want baat die skoonste en beste hom as hy geen vrede met G od het nie? O m hierdie rede vertaal Luther Psalm
l s ) V gl. o o k W .A ., T R ., 2, 1652: G laube ist nicht eine Q u alitas, Geschicklichkeit, d as ist ein m enschlicher G edanke nach der V e m u ft, derselbige taug an ihm selbs nich tes;
son dern d as ist der G laube, der christum , im W o rt fürgetragen und verw ickelt, ergreift durch W irkung des heiligen G eistes, der das Herz, so durchs G esetz erschreckt ist u n d G o ttes Zorn w ider die Sünde recht fühlet, m it dem Evangelio w iderum aufrich tet und tröstet.
73:25 o o k : ,As ek U maar het, dan vra ek nie na hemel o f aarde nie” 19) Hierdie sterk beklemtoning van die persoonlike geloof wat as ’n gawe van G od aanvaar word, hierdie persoonlike betrokkenheid op die Kruis van Jesus Christus, is die agtergrond en inhoud van Luther se leer van die algemene priesterskap van die gelowiges. D aarom verwerp Luther ook die room se priesterkerk waar die priester as bemiddelende tussenpersoon tussen die gelowige en G od, die Almagtige staan. N óg die priester wat pretendeer om ten behoewe van die mens voor G od in te tree, nog die Kerk wat pretendeer om die mens tot G o d te bring, nog die sakrament wat as genademiddel in die Kerk gebruik word, kan die sondaar-mens in die persoonlike verhouding met G od bring nie. Alleen as die sondige mens die genadegawe van die geloof uit G od s hand ontvang het, alleen dan is daar ’n direkte verhouding met G o d deur die geloof in Jesus Christus.
Alleen dan is daar ook sekerheid van die vergewing van die sonde en die krag tot oorwinning deur Jesus Christus. Alleen dan kan die mens lewe uit die vreugde van kind-van-God te wees, dan weet die mens ook van dit wat verbeur was, maar wat in Christus weer as genadegawe geskenk word, van die genadegawe van G od wat dan oo k „b esit” van die mens genoem kan word. In hierdie persoonlike geloof is alm al gelyk voor G od omdat almal gelyk sondaar is. D aarom sê Luther dat die gelowiges ook almal gelykelik priesters is 20). En die genadegawe van die geloof in Jesus Christus ontvang die sondaar-mens alléén en direk van G od self, en nié deur die bemiddeling van enigiemand nie.
Hierdie leerstuk van die algemene priesterskap van die gelowige het vir Luther verreikende gevolge. In sy verskillende geskrifte van die jare 1519— 1520 trek Luther die konsekwensies van hierdie waarheid en die een pilaar na die ander, waarop die room se Kerk rus, word deur hom omgewerp. D ie aanspraak van die pous om die sigbare h o of van die room se Kerk te wees (Von Papsttum zu Rom wider den hochberiihmten Romanisten zu Leipzig), die aanspraak van die hiërargie om die christen- gemeente te lei en hulle lewe te reël (An den christlichen Adel deutscher N ation), die aanspraak van die priesterkerk om deur m iddel van kerklike instellings die mens se lewe welgevallig voor G od te maak (de captivitate Babylonica ecclesiae), word almal deur Luther afgewys. O ok die reg van die Kerk verloor sy krag vir Luther en daarom verbrand hy die pouslike banbul en die Corpus Iuris Canonici en te W orm s verklaar hy dat hy geen ander w oord sal gehoorsaam as net die W oord van G od wat hy in die Sk rif beluister nie.
Teenoor die room se Kerk met sy menseheerskappy getuig Luther van die ware Kerk waar Christus alléén regeer, waar geen heerskappy gevoer word nie maar waar in liefde teenoor G od en die naaste alleen die begrip diens gebruik word. Hierdie Kerk wat Luther op die leer van die
” ) Vg. ook W .A ., T R „ 2, 2763 b.
80) W .A ., 6,566, 27 f:omnes nos aequaliter esse sacerdotes, hoc est, eandem in verbo et Sacram ento quo cu n que habere potestatem , veru m non licere quenquam hac ipsa uti insi consensu com m unitatis aut vocatione m aioris.
algemene priesterskap van die gelowiges bou, is na sy wese nie in die eerste plek ’n sigbare organisasie in die wéreld nie. W ant terwyl die enigste h o o f van die Kerk, Jesus Christus, nou nog in die hemele is en om dat die besit van die Kerk suiwer geestelik is, daarom kan diegene wat tot die ware Kerk behoort nié in die eerste plek sigbaar-georganiseerde versameling wees nie21).
O ok Johannes Calvyn wat ten opsigte van die leer van die algemene priesterskap van die gelowiges heeltemal met Luther saamstem, weet dat die ware Kerk ook onsigbaar is. In sy reeds genoemde brief aan koning Frans I sê Calvyn byvoorbeeld:
„O n s voer op die oom blik ook geen stryd teen die Kerk nie, terwyl ons immers die een G od en Christus die Heer in een
stemmigheid, met die ganse volk van gelowiges eer en aanbid, so os Hy altyd deur alle vromes aanbid is. M aar ons teenstan
ders dwaal nie weinig van die waarheid af nie as hulle niks anders as Kerk erken as dit wat hulle met hulle liggaamlike oë aanskou en as hulle probeer om die Kerk met grense te om sluit waarin die Kerk geensins ingesluit is nie, D it is die hoofpunte waaroor ons verskil gaan: dat hulle in die eerste plek beweer dat die Kerk altyd hom self vertoon en sigbaar is in ’n uiterlike gestalte en ten tweede dat hulle hierdie gestalte vasstel in die room se stoel en in die hiërargie van sy biskoppe. O ns daarteenoor stel dat die Kerk kan bestaan ook sonder ’n sigbare gestalte en dat sy gestalte nie deur die uiterlike glans nie, wat hulle so dwaaslik be
wonder, maar deur iets heeltemal anders gekenmerk word, naamlik deur die suiwere prediking van G ods W oord en die wettige bediening van die sakramente. Hulle (die teenstanders) brom wanneer die Kerk nie altyd met die vinger aangewys kan word nie.”
Hoewel die ware Kerk volgens Luther en Calvyn onsigbaar is, hoef mens egter nie daaraan te twyfel o f die Kerk werklik bestaan nie. W ant hoe kan Christus koning wees as Hy nie ’n koninkryk het waaroor Hy regeer n ie?22). Daarom , waar G ods W oord verkondig word, daar moet, om dat dit Qods W oord is, ’n steeds groeiende skare van gelowiges wees23).
Hoewel die Kerk dus nie in die eerste plek vir die vleeslike oog sigbaar is nie, met die geestelike oog, met ander woorde deur die geloof, kan dit wél gesien w ord24). W ant die geloof sien die uitbreidende mag van Christus, hoewel dit in die nederigheid vir die ongelowige verborge bly, die geloof
21) A s die belangrikste bew ysplase dat L uth er inderdaad van ’n onsigbare Kerk spreek, kan genoem w o rd : W .A ., 3, 183, 24 f ; 3, 203, 2 2 ; 4, 81, 12; 4, 107, 12; 4, 450, 39 f.
D it is w el w aar dat Luther die w oord unsichtbar o f die w o o rd unsichtlich nie baie van die K erk gebruik nie. M aar vir Luther bekken die w o o rd geestelik dieselfde as o n sigbaar, en geestelik het Luther die K erk baie genoem .
22) W .A ., 3, 259, 20; 3, 578, 29; 4, 85, 5.
2#) W .A ., 4, 183, 18.
-*) W .A ., 4, 189, 17 f.
sien hoe die Kerk wat deur Christus regeer word, hoewel dit hier nog ’n stryd voer, reeds triom feer25).
Hierdie Kerk is egter nie net onsigbaar nie, maar dit is ook ’n werklike en sigbare gemeenskap, ja die enigste ware gemeenskap vanweë die inner
like gemeenskap in die geloof. W ant daar is geen uiterlike dwang wat die lidm ate bymekaar hou nie26). Hoewel die gelowiges dikwels van me
kaar geskei is na tyd en ruimte en nie eers almal van mekaar weet nie, bly hulle ’n eenheid. W ant die eenheid vind die gelowiges in die één H oof, Jesus Christus met wie hulle deur die geloof almal persoonlik verbonde is, en die eenheid beoefen hulle deur die voorbede vir mekaar wat die christen se plig is. Hierdie eenheid wat onsigbaar is, maar daarom nog nie on- werklik is nie, plant hom van geslag tot geslag voort in die successio fide- lium27).
So werk Luther se nuwe beginsel deur in die teologie want die in die geskiedenis werksame W oord van G od is die basis van sy ekklesiologie, en deur die W oord van G od word die onsigbare, ware Kerk verbind met die Kerk soos hy op aarde onder die mense as ’n liggaamlike versameling tog oo k weer sigbaar is. Tog is dit nie twee Kerke nie maar twee maniere waarop die Heilige Sk rif van die Kerk spreek.
D eur die beklemtoning van die persoonlike geloof word die kerke van die hervorming totaal anders as die room se Kerk. W ant by die hervor
ming sien ons gemeentes wat rondom die Kruis van Jesus Christus vergader is, rondom die Heilige Sk rif wat hulle verstaan. D ie gelowiges verstaan die Bybel egter nié in die eerste plek om dat hulle Hebreeus en Grieks, die grondtale van die Sk rif verstaan nie, m aar om dat hulle die grondtaal van die Kerk, die lewende W oord van G od deur die Heilige Gees hoor en verstaan28).
D eur die beklemtoning van die persoonlike geloof gebeur dit nou oo k dat ons in die kerke van die Hervorming hoor hoe die gemeentes hulle geloofsbelydenis uitspreek— persoonlik en gemeenskaplik. ’n Belydenis wat hulle kán uitspreek om dat hulle die werklikheid kan aan- aanvaar en kan glo wat deur die eenvoudige woorde van die Belydenis uitgedruk word.
D eur die beklemtoning van die persoonlike geloof leef die kerke- van die hervorming ook vanuit die leerstuk van die algemene priesterskap van die gelowiges, van dié gelowiges wat die ootm oed beoefen by die sekerheid van hulle geloofsoortuiging, wat die liefde tot die naaste werklik beoefen en wat oo k rekening hou met die moontlikheid dat die getuienis van hulle geloof in Jesus Christus die rede vir ’n martelaarskap kán word.
“ ) W .A ., 3, 85, 26; 3, 120, 12.
8«) W .A ., 3, 385, 12 f .; 3, 391, 3 1 ; 4, 233, 21; 4, 413, 26.
" ) W .A ., 4, 165, 16; 4, 169, 30.
58) W a t natuurlik nié beteken dat die hervorm ing nie w aardering vir die studie van die tale H ebreeus, G riek s en Latyn het nie. V gl. h iervoor B. G em ser, M aarten Luther oor hoe noodsaaklik dit is om Latyn, Qrieks en Hebreeus te leer, artikel in Hervormde Teologiese Studies, Pretoria 1943/4, bis. 173 vg.
Luther en Calvyn se beklemtoning van die persoonlike geloof en daaruit voortvloeiend die gerigtheid op die soli Deo gloria is die krag van die hervorming. A l het hierdie beklemtoning van die persoonlike geloof ’n sekere gedeeldheid tussen die kerke van die hervorming tot gevolg gehad, hinder dit in werklik nie, W ant mét die hervormers weet ons en glo ons ’n eenheid-met-alle-gelowiges in Jesus Christus wat bo die sigbare uitstyg en daarom ook veel sterker kan wees as die sigbare uniformiteit van ’n room se wereldkerk. Hoewel toegegee moet word dat laasgenoemde vir vele in die protestantisme ’n versoeking kan word.
V oortvloeiend uit die beginsel van die algemene priesterskap van die gelowiges kom die ander groot beginsel van die hervorming naamlik die leer van die regverdiging van die sondaar uit genade deur die geloof alleen.
D it is volgens Luther dié geloofsartikel wat vir die ware Kerk van grond
liggende betekenis is. W ant die geloof is nie net ’n saak van die enkeling nie en kan dit ook nooit wees nie. Luther is met sy beklemtoning van die persoonlike geloof seker nié ’n religieuse egoïs nie. Inteendeel, die prediking van die regverdiging van die sondaar deur die geloof alleen, kan deur die gelowiges alleen in ’n gemeenskap-van-gelowiges beleef w ord29). Hierdie prediking van die regverdiging deur die geloof alleen het in die sestiende Eeu byna wonders gewerk!
Ju is hier gaan dit oo k weer om die sentrale vasstelling dat die mens voor G ods aangesig moet lewe en dat die mens alleen voor G ods aangesig kan lewe om dat die, in die verhouding van G od tot mens, wesenlik- belangrike beweging dié van G od na die mens toe is, ja, daar is eintlik géén ander beweging nie. Alles is uit G o d ! G od is die heilige, onkreuk
baar in sy reg voor wie die sondige mens nie kan bestaan nie . . . maar die oom blik wanneer die oordeel wat in hierdie belydenis lê oo r die mens heengaan, dan word dit ook die begin van ’n nuwe lewe. W ant G od buig H om in Christus tot die sondaar en G od is dit wat om Jesus Christus ontwil die sondaar vergewe én red. Soos Calvyn dit so duidelik stel30):
„want ons (wat anders voor G od stink) word, daar ons met C hris
tus se heiligheid oorgiet is, om dat Hy ons met H om self aan die Vader gewy het, welbehaaglik aso f ons suiwer en rein, ja selfs ook heilig was.”
O m op G od alleen te vertrou, om te bou op G ods genade wat in Jesus Christus die mans tegemoettree, sonder enige verdienste van die kant van die mens, dit is die geloof waarin die hervormers staan. Mártin Luther is so deur die genadige G od wat hy gesoek het, gevind en daarom vertaal Luther oo k Rom. 3 :2 8 31):
„O n s neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof alleen, sonder die werke van die wet.”
29) V gl. J. C alvyn, Institutio, II, 15, 6.
30) J. Calvyn, 1.1., II, 15, 6.
31) Luth er S2 regverdiging vir hierdie vertaling vind ons uitvoerig in W .A ., 30, 2, 636 f., 640 f.
Hier voeg Luther die woordjie alleen in die teks in om sodoende te be
klem toon dat dit nié die mens en sy voortreflikhede is wat die heil veriverf nie, maar G ods skenkende genade in Jesus Christus wat aan die mens gee wat hy vir sy behoud nodig het.
Hierdie waarheid het op die godsdienstige lewe van die sestiende Eeu ’n groot invloed uitgeoefen. W ant nou verdwyn die betekenis van al die uiterlik-godsdienstige, die aflaat en die bedevaart, die kramp- agtige strewe na goeie werke. Alles verdwyn wat nie gebore is uit die diep-persoonlike verhouding van G od die Almagtige met die geregver- digde sondaar-mens deur Jesus Christus nie. D it bring ’n geweldige omwenteling mee om dat nou weggedoen word met die Middeleeuse dualsim e wat die wéreld aan die sonde en die duiwel uitlewer en slegs die sigbaar-organisatoriese grootheid van die Kerk aan G od toesê. Heel die lewe word nou geheilig omdat die mens met sy hele lewe voor G ods aangesig moet lewe en ook sy daaglikse werk en spel word nou deel van sy diens-van-God. W ant geen arbeid is heiliger as die gewone arbeid nie en geen lewe is heiliger as die lewe van die gelowige wat in hierdie wereld besef dat hy aan G od behoort nie. D aarom is daar in die kerke van die hervorming geen heilige persone en geen heilige beroepe en geen heilige dae nie want al die sondige is in Christus Jesus geheilig, behoort aan G o d om dat G od in Jesus Christus sy eienaarskap andermaal oor alles geproklameer het. Soos Johannes Calvyn dit so duidelik stel32):
„W ant ons, wat in onsself bevlek is, maar in Christus priesters is, offer onsself en alles wat aan ons behoort aan G od en ons tree die hemelse heiligdom vry in . . .”
M et hierdie Bybelse leer het die hervormde vadere nie net die kerklike lewe hervorm nie, maar ook die maatskaplike lewe. W ant nie alleen is die verhouding van G od tot die mens weer na die Bybelse waarheid terug- gebring nie, maar ook die verhouding van die mens tot sy medemens.
D ie feit dat G od mens geword het, is die groot Bybelse waarheid, dié Evangelie waarvandaan alle verhoundinge op hierdie aarde gekersten m oet word. D it gaan daarom dat ons nié Jesus die hervormer van die wéreld m oet bely nie, maar Jesus die Seun van G od wat vir die sonde van die mens gesterwe het. W ant die sonde is die diepe oorsaak van al on s sonde en ellende en alleen deur die geloof in Jesus Christus kan ons daarvan verlos word om in vryheid én in die hoogste verantwoordelik- heid vo or G od en langs ons medemens te lewe. Alleen vanuit Jesus Christus die V erlosser wat mens geword het, kan ons sonder sentimentali
teit, nugter en eerlik en gedra deur die geloof alleen die verhoudinge van mens tot mens kersten. D it mag alleen só gedoen word en van hieruit m oet ons elke ander weg, maar veral die weg van rewolusie o f sedisie, afwys.
” ) J . Calvyn, 1.1., II, 15, 6.
Die derde belangrike winspunt van die sestiende Eeu wat hier genoem kan word, is die geloofsversekerdheid van die hervorm ers33). Hierdie begin
sel is aan die room se Kerk onbekend, maar by die hervormers van die sestiende Eeu vind ons hierdie sekerheid oral. D ie Heidelbergse Kategis- mus vra heeltemal aan die begin hierdie vraag: „W at is u enigste troos so wel in lewe as in sterwe?” en antw oord dan daarop:
„D a t ek met liggaam en siel, sowel in lewe as in sterwe nie aan m yself nie, maar aan my getroue Saligmaker Jesus Christus toebe- hoort . . .”
O f m ens kan die Klein Kategismns van M artin Luther naslaan waar op- geteken staan:
„e k glo dat Jesus Christus my Heer is, dat dia Heilige Gees my daagliks alle sonde vergewe, . .
Die manne van die hervorming ken die vaste grond, die sekere fondament waarop hulle bou. Juis hierdie versekerdheid is een van die besondere karaktertrekke en erfenisse van die sestiende Eeuse hervorming van die Kerk. Hierdie geloofsversekerdheid is besonder belangrik en in sy geskrif De Servo Arbitrio stel Luther:
,,. . . om nié te weet nie, om onseker te wees oo r die plek van die vrye wil as die eie saligheid daarmee gemoeid is, is goddeloos.
D it is die kernvraag van die hele Evangelie. D ie koning wat onvoorbereid ten stryde trek, is dwaas. Dwaas is ook die christen wat nie weet hoe hy voor G od staan nie. Hier help geen vermoedens nie, hier baat alleen onwrikbare sekerheid.”
Luther getuig hier van die vastheid en sekerheid van die geloof wat in G od veranker is deur Jesus Christus, daardie G od wat H om geopenbaar het en wat ons alleen deur Jesus Christus kan ken. En Luther bely, met al die ander hervormers, al wat ek is en het, is en het ek deur en uit en in G od.
A s daar één belydenis is waar die hervormers éénstemmig is, dan is dit die belydenis van die Goddelike verkiesing so os ons dit uit die Nuwe Testam ent leer ken. W ant daar word voortdurend die klem daarop gelê dat dit nié gaan om die mens en sy dade nie, maar alleen om G od wat handelende besig is. Die geloof is nie menslike „b esit” nie, maar ’n gawe van G od, die saligheid is nie ’n menslike verdienste nie, maar ’n geskenk van G od— en in Christus Jesus gee G od aan die mens wat hy nodig het.
Hierdie sekerheid, hierdie onwrikbare vertroue op G o d die Heer is seker dié groot rede waarom die hervorming van die sestiende Eeu kon seëvier nieteenstaande die wrede en onmenslike vervolginge wat die room se Kerk teen die hervorming ontketen het.
33) V gl. J. Calvyn, 1.1. Ill, 2, 39.
A s ons vanaand die sestiende Eeuse kerkhervorming gedenk, dan is dit seker nie onvanpas dat daarvoor gepleit w ord dat ons dan vandag wéér sal gaan besin op die drie sentrale reform atoriese temas wat vanaand beklem toon is nl. die leer van die algemene priesterskap van die gelowiges, die regverdiging van die sondaar deur die geloof alleen en die reformato- riese geloofsversekerdheid.
Terselfdertyd sal dit ook goed wees as ons vanaand nie net in eerbied en dankbaarheid die reformatoriese vadere van die sestiende Eeu gedenk nie. Laat ons tog ook dié vadere gedenk wat ons daarna in geloof en lewe voorgegaan het deur wie se geloof en lewe die reformatoriese waar
heid ook aan ons van vandag oorgedra is. D ie calvinistiese erfenis het nie net die vadere se kerklike opvattings nie maar ook hulle maatskaplike opvattings beslissend be-invloed. Veral is dit waar van dié vadere in ons geskiedenis wat huis en haard in die engelse Kaapkolonie verlaat het om hier in die binnelande van Suid-Afrika ’n eie kerklike en maatskaplik- politieke patroon neer te lê en te bestendig. Hoewel hulle opvattings en van ons wat daardie opvattings vandag nog verder dra al as ’n vorm van p rim itiv e C alvin ism afgewys is, is hierdie opvattings geformuleer onder die beslissende invloed van die sestiende Eeuse hervorming. Hierdie her
vorm ing het die W oord van G od as die enigste bron van die waarheid vir die leer en die lewe aanvaar en nié die filosofie o f een o f ander menslik- redelike denkrigting nie. Sou ons van vandag ly aan prim itive Calvi
nism om dat ons ook die W oord van G o d alleen wil beluister ?
D eurdat die vadere in die vorige Eeu hier in die binneland van Suid- A frika, omring van ’n woeste heidendom, vasgehou het aan die leer van die algemene priesterskap van die gelowige, is dit, na die mens gesproke, aan hulle te danke dat hier vandag ’n Afrikaanssprekende kerk is. W ant hoewel hulle hierdie leerstuk miskien nie in soveel w oorde geken het nie, het hulle tog daaruit geleef en die lig van die christelike geloof en die christelike beskawing en samelewingspatroon hier in heidense Afrika brandende gehou. V ir sestien jaar sonder die verkondiging van die W oord deur ’n eie, vaste predikant, m et slegs die mees elementêre sigbare kerklike organisasie, sonder skole en die ander hulpmiddels van ’n ge- reëlde maatskappy, het die vadere tog nié weggedwaal van die christelike geloof nie. W ant die persoonlike geloof in G o d deur Jesus Christus die Heer, die persoonlike kennis van die W oord van G od, soos hulle dit gehoor het uit die ou groot Statebybels, het hulle daarvoor bewaar en daartoe bymekaargehou. M et die W oord van G od as die enigste lig op hulle pad, het die vadere die gevare, ontberinge en die pionierslewe in die Suid-Afrikaanse binneland getrotseer— seker in hulle geloof, vas in hulle vertroue dat hulle deur G od die Heer nie verlaat is nie.
D ie rigtinggéwende beginsels wat hulle gesteun en gedra het word besonder m ooi in die beroemd^ namifes van Piet Retief, uitgereik net voor sy vertrek uit die Kaapkolonie saam gevat34):
3‘ ) Qrahamstoum Journal, 22.1.1837. V gl. o o k die b eso nd er m ooi opm erkings o o r R etief by B. G em ser, Vragen rondom de Patriarchenreligie, G roningen 1958, bl. 17 en 21.
„O n s verlaat nou ons vrugbare geboorteland waar ons groot verliese gely het en gedurig ergerlike kwellings ondervind het en ons gaan ’n woeste en gevaarlike gebied in ; maar ons gaan met ’n vaste vertroue o p ’n alsiende, regverdige en genadige Opperwese en om Hom te vrees en nederig gehoorsaam te wees, sal steeds ons strewe wees.”
En miskien is die tyd daarvoor ryp dat ons m et steeds meer en meer klem sal stel dat die vadere aan hierdie beginsels nooit ontrou was nie en dat dit ons, wat ons as hulle erfgename beskou, oo k nie gegee is om daaraan ontrou te wees nie.
A an die geestelike erfgename van die reform atoriese vadere, aan die erfgename van die Voortrekkervadere se baanbrekerswerk word in hierdie era, in hierdie land groot uitdagings gestel. D ie strewe om die erwe van die vadere ook aan ons kinders as ’n erfenis oor te dra, word deur ’n merkwaardige tydsgees, ook in ons eie Kerk, skerp veroordeel. Die antwoord op die uitdaging lê enersyds daarin dat ons helderder sal besef wat die hervorming van die Kerk in die sestiende Eeu beoog en bereik het. D it lê in die ootmoedige, vashoudende en volhardende geloof in en vertroue o p die Here G od, onse V ader in Jesus Christus. Andersyds lê dit in ’n openlike getuienis van ons geloof in die herskeppende, genadige krag van die W oord van G od wat ons nie alleen die weerbaarheid sal skenk nie maar ook die vaste vertroue op die almagtige G od wat ons nié sal verlaat nie.
Persoonlike geloof, die lewe uit die genade, geloofsversekerdheid.
D it is drie van die ingrypende beginsels wat in die sestiende Eeu én daarna so ’n magtige invloed uitgeoefen het. Deur hierdie beginsels is die Kerk en die lewe van die mens na die W oord van G od her-vorm. ’n V oort
durende, voortgaande besinning op hierdie hervorm de en hervormende beginsels sal vir ons alleen maar vrugbaar wees.
D aarby moet bedink word dat ’n verdere beginsel óók waar bly nl.
reformatus quia reformandus. D it wil sê die hervorming van die sestiende Eeu is nié ’n afgeslote saak nie, maar ’n beginsel. Immers die verleiding waarvoor die room se Kerk beswyk het en waarteen die hervorming so kragtig getuig het, bestaan nóg! O ok vir ons bestaan die verleiding om G ods W oord te verwater o f te verdun met ons filosofieë en gedagtes.
O ok vir ons bestaan die versoeking om Jesus Christus die Verlosser van die sonde te vervang met ’n versuikerde, mensgemaakte „Jesus, die her
vorm er van die wéreld” . O ok vir ons bestaan die versoeking om te dink dat óns die Koninkryk van God met mensehande m oet gaan verwerklik o f gaan vasvang binne die grense van ’n sigbare, kerklike organisasie. Dié versoekings bly wesenlik bestaan want ook ons is mense, verlore in die sonde.
Daarom , by die herinnering aan die hervorming, by die herdenking van die heldefigure van die hervorming—Johannes Calvyn, M artin Luther en ál die ander— kom ook die o p ro ep :
A s geestelike erfgename van die hervorming, as die besitters van die erfgoed van die Voortrekkervadere word ons hier en nou opgeroep om belyders van die Evangelie van Jesus Christus te wees, dié Evangelie van die genade van G o d !
En hierdie taak lê voor ons! A . D . Pont.
D IE B O N D SB O E K EN DIE R EG V A N G O SE N
Die hedendaagse geskiedskrywer ondervind moeilikhede by sy pogings om ’n duidelike beeld van M oses as wetgewer te kry. D ie tradisie sk ryf al die wetgewende bepalings wat ons in die boeke Exodus, Levitikus, N um eri en D euteronom ium vind, aan sy bemiddeling toe; die geskied- kundige ondersoek het egter in hierdie bepalings heelwat ontdek, wat m oeilik met die tydsomstandighede van M oses in ooreenstemming ge- bring kan word. Gewoonlik neem die geskiedkundiges dan aan dat hierdie bepalings uit later tyd as M oses dateer, en deur die skrywers daar
van toegevoeg is aan ’n ouere wetboek, die kern van die hele Bybelse wetgewing, wat tot op M oses se dae sou teruggaan. Hierdie kern is deur party geleerdes in die sogenaamde Bondsboek, die versameling van gebooie en verbooie, regskundige beslissings en godsdientige aanwysings in Ex.
20:22 tot 23:33, aangewys. Die tradisie om trent M oses as wetgewer is so sterk, nie maar net in die eerste vyf Bybelboeke nie, maar ook by die profete en later geskrifte van die Kanon, dat dit onmoontlik is om geheel en al af te sien van sy gestalte as wetgewer, so os tot ons verbasing en leed- wese deur Noth in sy Qeschichte Israels gedoen is. ,,Ihn als den Organisator und Gesetzgeber Israels zu bezeichnen, ist danach geschichtlich nicht haltbar” skrywe Noth op bl. 118 van die eerste druk van sy werk. Die gevolg is dan ook dat die D uitse geleerde daarin geslaag het om ’n boek oor die geskiedenis van o u Israel te skrywe, wat slegs op vier van sy vier
honderd bladsye die naam van M oses noem.
Noth se argumente, wat hoofsaaklik van ,, iifcerl ieferungsgeschicht- liche” aard is, kon ons nie oortuig dat M oses prakties geen rol in die ge
skiedenis van die ou bondsvolk gespeel het nie. O ns m oet eerlik erken dat al die geleerdheid oor „überlieferungsgeschichtliche M ethode” op ons heelwat minder indruk maak as een Bybelteks, en dit nie maar net op teologiese gronde, maar ook om die eenvoudige en onweerspreeklike feit dat Bybeltekste ’n paar duisend jaar digter by die feite staan as selfs die geleerdste historikus van ons dae. D it beteken egter nie, dat daar vir ons by die aanvaarding van M oses as die groot wetgewer van Israel geen