• Tidak ada hasil yang ditemukan

’n Historiese oorsig van die verspreiding van perdesiekte in Namibië

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "’n Historiese oorsig van die verspreiding van perdesiekte in Namibië"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1242 Referaatsopsomming

’n Historiese oorsig van die verspreiding van perdesiekte in Namibië

Authors:

D. Liebenberg1 T. de Klerk1 H. van Hamburg1 Affiliations:

1Department of Environmental Sciences and Management, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

D. Liebenberg Email:

danica.liebenbergweyers@

nwu.ac.za Postal address:

Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa How to cite this article:

Liebenberg, D., De Klerk, T.

& Van Hamburg, H., 2014,

‘’n Historiese oorsig van die verspreiding van perdesiekte in Namibië’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art.

#1242, 1 page. http://

dx.doi.org/10.4102/satnt.

v33i1.1242 Note:

This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright:

© 2014. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

A historical overview of the distribution of African horse sickness in Namibia. African horse sickness (AHS) is a noncontagious, vector borne viral disease, mainly affecting Equids and transmitted by Culicoides midges. Data on the occurrence of AHS in arid environments is limited, especially in Namibia where it is underestimated and underreported. In this study the historical profile of AHS and patterns in the distribution thereof is illustrated.

Perdesiekte het sy oorsprong in Afrika en is ’n nie-aansteeklike, vektoroorgedraagde virus wat hoofsaaklik die familie Equidae affekteer. Culicoides imicola en Culicoides bolitinos is geïdentifiseer as die vernaamste vektore in Suidelike Afrika. Perdesiekte kom seisoenaal voor en is veral ’n probleem gedurende gunstige klimaat- en omgewingstoestande wat lei tot die opbou van die Culicoides-muggiebevolkings. Data oor die verspreiding van perdesiekte in droë omgewings is beperk, soos in Namibië. Perdesiektes word in die algemeen onderskat en nie goed gerapporteer nie.

Die volhoubare voorkoms van perdesiekte in Namibië is moontlik weens die teenwoordigheid van Sebras wat waarskynlik as permanente virus-reservoirs dien.

Met die stigting van die Kaap van Goeie Hoop in die laat 18de eeu is die effek van die siekte vir die eerste keer waargeneem toe groot getalle vrektes plaasgevind het van ingevoerde perde.

Perdesiekte was die eerste keer genoteer in Namibië in 1842, en in 1890 het dit epidemiese afmetings bereik toe 1000 perde, (±50% van die perdebevolking), van die siekte gevrek het. Perdesiekte het ’n direkte invloed gehad op burgeroorloë, militêre operasies asook die kolonisering van Namibië, en areas vry van perdesiekte was alreeds deur Hoofman Jonker Afrikaner in 1843 ondersoek. Militêre operasies was ook gekortwiek deur perdesiekte omdat geen berede eenhede kon patrolleer gedurende die perdesiekte-seisoen nie.

Die doel van hierdie studie is om die historiese verspreiding van Afrika perdesiekte in Namibië te illustreer en patrone van verspreiding te identifiseer.

Data is versamel vanuit die Jaarverslae van die Direktoraat van Veeartseny-dienste van Namibië asook die Nasionale argief van Namibië. ’n Literatuurstudie van die geskiedenis van Namibië is ook onderneem. Twee tydperke van die verspreiding van perdesiekte word geïllustreer vanaf 1916 tot 1934 en 1990 tot 2011 met die gebruik van GIS-gebaseerdekaarte tesame met klimaatdata van die afgelope 30 jaar.

Die kaart van 1916 tot 1934 dui die teenwoordigheid aan van perdesiekte in die noordelike dele van Namibië wat ooreenstem met ’n relatief hoër reënvalstreek. In die suidelike dele van Namibië is die voorkoms van perdesiekte gerapporteer en stem dit grootliks ooreen met die handelsroetes tussen Suid-Afrika en Namibië. Die kaart van 1990 tot 2011 illustreer die huidige stand van die verspreiding van perdesiekte asook van die perdebevolking. Beide kaarte kan vergelyk word met die voorstelling van die klimaatdata vir die afgelope 30 jaar van Namibië.

Die verspreiding van perdesiekte is moeilik om te kwantifiseer weens die Culicoides-vektor se wye verspreiding regoor Suidelike Afrika en die evaluering daarvan kan nie net met een omgewingsparameter gekorreleer word nie. Tydens die 2011 perdesiekte-seisoen het Namibië 1000 perde verloor weens die siekte, wat ’n hernude belangstelling in die siekte, vektore en die beheermaatreëls daarvan tot gevolg gehad het. Dit is van kardinale belang om bewus te wees van die verspreiding van Culicoides-vektore vir die implementering van geïntegreerde beheermaatreëls, siekte-risikoanalise en -bestuur. Navorsing moet dus gefokus wees op ’n meer geïntegreerde benadering wat alle omgewings- en biologiese interaksies in ag neem.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Jan Romein het byvoorbeeld meer as net terloopse aandag gekry.75 Romein het ‘n belangrike invloed op Van Jaarsveld se denke oor die geskiedenis gehad, veral in sy pleidooie dat veel

Stel ʼn mens dus die vraag oor die invloed van sy Bezwaren mag dit nie geïsoleerd beskou word nie van die bydraes van veral sy tydgenoot, van Prinsterer, en sy latere geesgenootlike

Die naamgewingstaak is, ooreenkomstig die militere naamgewingsbeleid, deur die destydse Militer- Historiese en Argivale Dienste MHAD, in op- drag van DGP, afgehandel.1 Genl sir Pierre

In die kritiese beskouing van die konteks van Suid-Afrika se polities-kulturele situasie sedert 1990 en die invloed daarvan op die NG Kerk, kom ’n historiese bewustheid na vore wat met

’n Aanvaarding wat in sy formulering deur die Algemene Sinode van 1998 van die NGK opnuut omskryf en bevestig is NGKO 1964:2; NGKO 2015:1; NGK 1998:414-415.2 KERK EN STAAT IN DIE

Gegewe egter die fokus van hierdie boek op Afrikaans as sodanig, en die vraag wat die outeurs self stel, naamlik “Deur watter prosesse en fases het die besondere taal in hierdie geval

'n Sub-komitee van die Committee of Imperial Defence het op 5 Augustus aanbeveel dat offensiewe operasies deur die plaaslike magte teen die Duitse kolonies in Afrika en in die Stille

323, is ’n meer plooibare begrip van wat met gehalte in die konteks van hoër onderwys bedoel word, asook ’n benadering tot die ontwikkeling en implementering van beleid wat: -