• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 18: Die politieke omwenteling

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Hoofstuk 18: Die politieke omwenteling"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Hoofstuk 18

Die politieke omwenteling

In Nederland het die politieke gebeure, soos in die res van Europa, ook weerklank gehad. Hoewel die land, mi sy goue eeu, geleidelik terugsak as wereldmoondheid en kultuurleier, was hy nogtans 'n faktor. Na 'n lang stadhouerlose tydperk, word Prins Willem IV in 1747 stadhouer van aldie provinsies van Nederland. Hy lei die land in 'n defensiewe oorlog teen Frankryk, wat in 1748 besluit word met die Vrede van Aken, wat vir die Nederlande gunstig is.

Willem IV slaag egter nie daarin om in die binnelandse toestande die nodige veranderings aan te bring nie. Hy versuim om aandag te gee aan die hervormings, waarop die arbeiders en middelklas gehoop het. Verder verander hy niks aan die regeringstelsel, wat in meeste provinsies die mag in die hande van enkelinge en klein groepies gekonsentreer het nie. Dit bring mee dat onder andere in Friesland en Holland daar groeiende onrus is vanwee administratiewe wanpraktyke en kor- rupte belastingstelsels. In 1751 sterf Willem IV en word hy deur sy seun, Willem V, as stadhouer opgevolg. Omdat Willem V nog onmondig is, regeer sy moeder, Anna van Hanover van 1751-1759 as regentes en die Hertog van Brunswijk van 1759-1766 wanneer Willem V selfstandig kan optree.

Stadhouer Willem V is egter nie 'n sterk Ieier nie. In die ingewikkelde Europe- se politiek waar Engeland en Nederland in bondgenootskap teen oorlogsugtige Frankryk staan, verander Nederland kort-kort sy verbintenisse en laat na om sy vloot en leer te versterk. In 1778 ontstaan daar 'n oorlog tussen Nederland en En- geland, hoofsaaklik omdat Engeland op die wyse Nederland as handelsmoondheid wil verslaan. In 1784 word die oorlog, wat rampspoedig vir Nederland verloop het, beeindig. Dit beteken die einde van Nederland as 'n invloedryke Europese moond- heid. Nederland word nou al meer op Frankryk as moontlike bondgenoot aangewys om sy posisie enigermate te kan behou.

In Nederland self ontstaan daar al meer binnelandse probleme. Daar is al meer spanning tussen die Oranjegesindes, die ondersteuners van Willem V, en die demo- kratiese groepe en die staatsparty. Die demokrate bestaan in hoofsaak uit die Ne-

HTs Supplementum 6 (1994) 175

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

(2)

Die politieke omwenteling

derlandse middelklas, wat al meer aandring op medeseggenskap in die landsbestuur.

Uit hierdie demokrate en die ou staatsparty ontstaan die Patriotparty wat die lands- bestuur in die hande van die volk wou plaas. Die Oranjegesindes word veral ge- vorm deur die Calvinistiese predikante, die leer en die laer arbeidersklasse.

Die Patriotte bevorder hulle saak met politieke pamflette en selfs koerante en dit blyk gou dat die Oranjegesindes nie opgewasse is teen die Patriotte nie. Die Pa- triotte gaan selfs so ver om hulle eie vrijcorpsen of kommandos op te rig. So ver gaan dit dat in Gelderland die stadjies Elsburg en Hattem in opstand teen die stad- houer kom. Hoewel die leer die verset platdruk, draai die open bare mening al meer teen die stadhouer. Allerlei woelinge volg en met die hulp van 'n Pruisiese leermag behou Stadhouer Willem V sy posisie. Die Patriotte vlug na Frankryk en voorlopig bly die ou Verenigde Provinsies nog bestaan.

Die situasie in Europa verander drama ties met die Franse rewolusie wat in 1789 losbars. In 1793 verklaar die nuwe republikeinse owerheid van Frankryk oorlog teen Nederland. Hoewel aanvanklik die Franse aanslae weerstaan word, verander dit en in 1794 verslaan 'n Franse leer 'n geallieerde leer van Oostenryk, Pruise, En- geland en Nederland. Dit bring mee dat Willem V in 1795 uit Nederland vlug en die Patriotte, met Franse hulp, beheer oor die land oorneem. Daarmee val die Ne- derlandse republiek wat in 1588 tot stand gekom het. 'n Nuwe republiek kom nou tot stand as opvolger van die ou Nederlandse staat. Die nuwe staat noem homself die Bataafse republiek, so genoem na die Batawe wat een van die oudste Germaan- se stamme in die Nederlande was. Dit was 'n totaal nuwe Nederland wat die negen- tiende eeu tegemoetgegaan het.

As bykomende literatuur kan vir hierdie hoofstuk ook gelet word op:

Allen, D 1985. Philosophy for understanding theology. London: SCM.

Barth, K 1952. Die protestantische Theologie im 19. Jahrhundert: Ihre Vorgeschichte und ihre Geschichte. Ziirich: Evangelischer Verlag.

Boer, D 1991. Protest tegen een verkeerde wereld. Voorburg: Publivorm.

Brumfitt, J H 1972. The French Enlightenment. London: MacMillan.

DeJong, M J G & Zaal, W 1960. Bilderdijk. Kampen: Kok.

Loonstra, B 1990. Verkiezing, versoening, verbond: Beschrijving en beoordeling van de leer van het pactum salutis in de gereformeerde theologie. 's-Gravenhage: Uitge- verij Boekencentrum.

Mabbott, J D 1973. John Locke. London: MacMillan.

Oliver, R P 1973. Christianity and the survival of the West. Cape Canaveral: Howard Allen. (Veral hfst 6, 55-74.)

176 HTS Supplementum 6 (1994)

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

Referensi

Dokumen terkait

Wat die wyse betref waarop Chrysostomus die herstelde verhouding tussen Filemon en Onesimus vir homself voorgestel het, is daar drie aspekte wat belangrik is:13 Eerstens wys hy daarop

12 13 In verband met die verskil tussen die doelstel- lings van die interindustrievloei-studies van die Harvard Economic Research Project en die Bureau of Labor Statistics kan daar

Wat ons geef is nie 'n geskiedenis van die Afrikaanse ta"al nie; o'er die ontstaan en vmwing van onse taal het ons wat angestip, in " Die Eerste Beginsels van die Afrikaanse /Taal"-mar

Daar kon geen betel titel vir hierdie hoek gekies word nie, omdat dit nie net 'n oorsig van die ontstaan en groei van die biblioteek bevat nie, maar tegelykertyd 'n beskrywing is van

Die tweede navorsingshipotese wat ondersoek word, is die volgende: H02: Daar is nie ’n verskil tussen die finale punt van studente wat tutoriale gehad het en die finale punt van

Daarom kan die vraag: o f artikel II wel nog uiting gee aan ons opvat­ ting van onder meer die verhouding wat daar moet bestaan tussen die verskillende rasse metname die gekleurde

Hier word dit dus duidelik dat die gang en koers van die kerk in die wereld deur God, die Heilige Gees en die Woord van God, bepaal word saam met die insig, opvattings en gerigtheid van

Hierdie mense word deur bulle teenstanders 'Sakramentariers' genoem omdat bulle veral die Rooms-Katolieke leer van die altaarsakrament afwys.. Die Sakramentariers se opvattings kan