• Tidak ada hasil yang ditemukan

"important" of "importantly"?

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan ""important" of "importantly"?"

Copied!
15
0
0

Teks penuh

(1)

OOR DIE TAALWETENSKAPLIKE GRONDE VAN TAALGEBRUIKSNORME:

"important" of "importantly"?*

W.K. Winckler

1 Die a d j e k t i e f n o r m

Die Tak Engels van die Staatstaaldiens huldig 'n norm wat ek hier "die adjektiefnorm" gaan noem. Volgens die adjektiefnorm is 'n sin soos die volgende onaanvaarbaar in die opsig dat dit 'n adverbium bevat, hier inportantly/ in stede van die ooreenstemmende adjektief, hier important:'

(1) 0£ course, 1 thought it would help ffle, but, MORE IM- PORTANTLT, I thought it would help users and readers of English everywhere.

Hierdie sin is, interessant genoeg, van die hand van 'n adviseur oor Engelse taalgebruik, naamlik Theodore Bernstein. En, let wel, hy gee dit nie aan as 'n voorbeeld van 'n taalfout nie. Hy besig dit as 'n eie uiting in die voorwoord tot sy taalgebruikshandleiding Dos, Don'ts and Maybes of English Osage.'

Die bestaan van die adjektiefnorm, en die verdeeldheid daaroor binne die geledere van Engelse taalgebruiksadviseurs, is twee van die punte wat ook uit die volgende "usage note" van die Heritage Illustrated Dictionary of the English Language blyk:

(2) "Important, rather than the adverb Importantly, is pre- scribed by most grammarians in the following typical construction: His research has helped to verify several medical theories; more important, it suggests a whole new field of inquiry. More important is thus construed as an

(2)

Hinckler 109 elliptical rendering o£ what I s a o r e I n p o r t a n t , with i m p o r t a n t (adjective) modifying i s . Though i m p o r t a n t l y is not defensible grammatically, it often appears i n such sentences. It is an acceptable alternative to i a p o r t a n t in the preceding example, according to 50 per cent of the Usage Panel."'

Wat sou 'n mens vanuit taalwetenskaplike oogpunt kan se oor die meriete van die ad jekt iefnorm en oor Bernstein se versuim om die adjekt iefnorm toe te pas? In vat volg, wil ek graag vanuit so 'n oogpunt vyC oorwegings skets wat, na dit my lyk, 'n bietjie 1ig op hierdie saak werp.

2 Twee eerste oorwegings

Kom ons begin deur te kyk na 'n stukkie potensiele teks, bestaande uit twee sinne:

(3) Nobody had t o p e r s u a d e me to w r i t e t h i s c o l u m n . Of c o u r s e , I thought i t would h e l p me, but 1 thought i t would h e l p u s e r s and r e a d e r s o f E n g l i s h e v e r y w h e r e , AND T H I S WAS MORE IMPORTANT.

Die tweede sin bestaan uit drie newegeskikte hoofsinne, wat deur but en and aan mekaar geskakel word. Kom ons noem hulle onderskeidelik "die o f c o u r s e - klous", "die but-klous" en "die and-klous". Met verwysing na sy sintaktiese status sou ek van die and-klous by geleentheid ook wil praat as "die a n d - neweskikking". Maar nou, wat dra die and-klous by tot die geheelbetekenis van die tweede sin? En breer gestel, wat is die aard van hierdie bydrae?

Dit wil se, wat is die semant iese funksie van die and-klous? Ek vermoed dat I'esers sou kan verskil in hul detai 1 interpretasie van die geheelbetekenis van die tweede sin; in ieder geval, die volgende "lesing" v a n die

"boodskap" van die and-klous lyk vir my redelik.

Met sy onderwerp, this, verwys die and-klous terug na die proposisie wat uitgedruk is in die but-klous, naamlik ongeveer dat die skrywer gedink het dat die kolom nut sou he vir gebruikers en lesers van Engels oraloor.

Hierdie proposisie dien as eerste term van die vergelyking wat met die gesegde van die and-klous, naamlik was more important, aangedui word. Ek se die vergelyking word "aangedui", nie "uitgedruk" nie, want op hierdie punt in die teks word die tweede term van die vergelyking verswyg. Die tweede

(3)

Winckler lio term is die proposisie wat uitgedruk is in die o£ course-klous, naamlik ongeveer dat die skrywer gedink het dat die kolom vir hom nut sou he. Dit alles in ag genome, het die boodskap van die and-klous myns insiens die volgende strekking:

(4) Die feit dat die skrywer gedink het dat die kolom vir ander mense. nut sou he, was van groter belang as die feit dat hy natuurlik gedink het dat die kolom vir horaself nut sou he.

Werp hierdie opmerkings nou lig hoegenaamd op die aard van die bydrae wat die and-klous maak tot die geheelbetekenis van die tweede sin in (3)? Na dit my lyk, word die predikaat "more important" via this toegeken aan 'n hele proposisie {die proposisie in die but-klous). Die and-klous dien met ander woorde as 'n uitspraak oor 'n voorafgaande proposisie/klous. Dit het, ten opsigte van laasgenoemde, 'n modifiserende of bepalende funksie. 'n Uitdrukking modifiseer of bepaal immers 'n ander uitdrukking, soos dit in Hebster's Third International Dictionary gestel word, deurdat hy die betekenis daarvan begrens of beperk-' Voorts: die and-klous "skou terug"

op die voorafgaande proposisie/klous, en dit skou terug "oor" 'n neweskikkende voegwoord "heen" (and). Kortom, die semantiese funksie van die and-klous is om 'n voorafgaande, newegeskikte klous te modifiseer. 'n Moontlikc naam vir hierdie semantiese funksie is "(die funksie van) neweskikkende terugskouende klousbepaling". Dienooreenkomstig kan ons van die and-klous praat as "'n neweskikkende klousbepaler".

Die tweede sin van (3) hierbo toon groot ooreenkoms na sowel vorm as betekenis met die sinne hieronder, waar ek name gee aan die gedeeltes wat

in hoofletters staan:

(5) (a) what-bystelling:

Of course, I thought it would help He, but I thought it would help users and readers of English everywhere, W H A T WAS MORE IMPORTANT.

(b) and-inlas:

Of course, I thought it would help ne, b u t , AND THIS WAS MORS IKPOHTANT, 1 thought it would help users and readers of English everywhere.

(c) what-inlas:

(4)

Hinckler 111 O f c o u r s e , I thought it would help n e , b u t , W H A T W A S M O R E I M P O R T A N T , I thought it would h e l p u s e r s and readers o f English everywhere.

(d) verkorte what-inlas:

O f c o u r s e , I thought it would h e l p B e , b u t . M O R E I M P O R T A H T , I thought it would help u s e r s and readers of E n g l i s h e v e r y w h e r e .

T r o u e n s , d i e v e r s k i l l e tussen die sinne van (3) en (5) is beperk tot d i e g e d e e l t e s wat hierbo in hoofletters staan. S e l f s h i e r d i e g e d e e l t e s t o o n egter b e l a n g r i k e vormlike ooreenkomste: almal het die a d j e k t i e f f r a s e o o r e important g e m e e n met mekaar; almal behalwe een bevat 'n vorm van d i e w e r k w o o r d be; almal behalwe een het 'n voornaamwoord as o n d e r w e r p . Wat d i e b e t e k e n i s b e t r e f , is die semantiese funksie van h i e r d i e g e d e e l t e s t e l k e n s om die p r o p o s i s i e wat in 'n klous uitgedruk word, te m o d i f i s e e r of b e p a a l . By (5a) v e r l o o p die bepaling terugskouend via w h a t ; by (5b) is d i t voorui tskouend via this; by (5c) is dit vooruitskouend via w h a t ; by (5d) Is dit e w e n e e n s vooruitskouend, alhoewel in hierdie g e v a l die bepaling n i e v e r l o o p via 'n uitdruklike item as tussenganger n i e . (Die p o s i s i e of g l e u f w a a r i n die hooflettergedeeltes by (5b; tot (d)- o p t r e e , n o e m ek "die s i n s b e g i n p o s is ie". ) Vir die doel van hierdie stuk sal ek a a n n e e m dat al vyf b o s t a a n d e hooflettergedeeltes dieselfde s e m a n t i e s e funksie v e r v u l , naamlik n e w e s k i k k e n d e klousbepaling.

V o o r t s meet ek nog die een en ander se oor twee van die b e p a l e n d e of m o d i f i s e r e n d e funksies van die uitdrukkinga wat in die t r a d i s i o n e l e g r a m m a t i k a as adverbiaal beskou word.' Enersyds: a d v e r b i a kan e n k e l e w o o r d e of s i n s d e l e m o d i f i s e e r , soos in onderstaande v o o r b e e l d e (waar die a d v e r b i u m in h o o f l e t t e r s staan en die gemodifiseerde sinsdeel tussen v i e r k a n t h a k i e a ) :

(6) (a) T h e y (camel TESTERDAY.

(b) She is RATHER [shyl.

(c) He (broke the c o d e ) IMMEDIATEL?.

(d) H e b r o k e the code A L M O S T ( i ™ e d l a t e l y ] .

In die eerste voorbeeld modifiseer of b e p a a l die b e t e k e n i s van y e s t e r d a y die van came; bondiger gestel, yesterday b e p a a l c a n e . Net so kan ons van die ander v o o r b e e l d e , in volgorde, se: rather b e p a a l shy, i m t e d i a t e l y bepaal broke the code almost bepaal immediately. A n d e r a y d s : adverbis kan

(5)

Hinckler 1 1 2 hele klouse of sinne (nie net enkele sinsdele n i e ) modifiseer, soos in die volgende:

(7) (a) P E R H A P S [they came y e s t e r d a y ) .

(b) D N F O R T U M A T E L Y [she is rather shy and her mistress s e e m s q u i t e u n a p p r o a c h a b l e ] .

(c) T H A T EVENING (he finally broke the c o d e ] .

Hierdie twee funksies van adverbia noem ek onderskeidelik "(die funksie van) s i n s d e e l b e p a l e r " en "(die funksie v a n ) s i n s b e p a l e r " .

0ns is nou toegerus met d i e nodige a g t e r g r o n d s b e g r i p p e om vlugtig te kyk na die eerste twee taalwetenskaplike oorwegings. In Bernstein se sin word in eerste instansie twee semantiese funksies met mekaar verwar. Die afgekorte what-inlas word naamlik per abuis aangewend in die funksie van sinsbepaler, nie van n e w e s k i k k e n d e klousbepaler nie. In tweede instansie gaan hierdie verwarring van semantiese funksies gepaard met *n verwarring van sintaktiese k a t e g o r i e e . Die kategorie adverbium word naamlik per abuis gestel in die plek van die kategorie adjektief. En hierdie kategorieverwarr ing impliseer nou dat/ indien B e r n s t e i n se iiaportantly-sin korrek sou wees* sinne soos die volgende eweneens korrek sou wees:

(8) (a) "Of course, I thought that it would h e l p me, but, A N D T H I S W A S M O R E IMPORTANTL?, I thought it would help u s e r s and

readers of English everywhere.

(b) "Of c o u r s e , I thought it would h e l p me, but, W H A T W A S M O R E I M P O R T A N T L Y , I thought it could help users and readers of E n g l i s h everywhere.

(c) "Of c o u r s e , I thought it would h e l p m e , but I thought it w o u l d help u s e r s and readers of E n g l i s h everywhere, A N D T H I S W A S M O R E IMPORTANTLY.

So 'n implikasie is ooglopend onjuis. Die grammatikale fout sowel by Bernstein se eie sin as by die verwante sinne in (8) is die o n - E n g e l s e kombinasie van be plus adverbium as predikaat. Hier is nog voorbeelde van dieselfde fout:

(9) (a) "To these p e o p l e , nothing was m o r e importantly than personal happiness.

(6)

Hinckler 113 (b) •Telling the truth is importantly.

(c) "It will be importantly not to e x a g g e r a t e these d a n g e r s in the public mind.,

Om saaiti te vat: dit blyk uit iJie bostaande dat die o n a a n v a a r b a a r h e i d van Bernstein se sin te wyte is aan die verwarring van twee semantiese f u n k s i e s met mekaar en aan die verwarring van twee sintaktiese k a t e g o r i e e m e t mekaar. Hierdie dubbele verwarring bring mee dat die sin 'n a l g e m e n e

"verbod" van die grammatika van Engels o o r t r e e , naamlik die verbod op d i e kombinasie van be plus adverbium as predikaat.

3 'n D e r d e o o r w e g i n g

Beskou voorts hierdie voorbeelde:

(10) (a) They CERTAINLY tried.

(b) CERTAINLY they tried.

(c) CERTAINLy, they tried.

(d) They tried, CERTAINLT.

C e r t a i n l y vervul in al vier hierdie gevalle die funksie van s i n s b e p a l e r , ongeag sy posisie. Dieselfde geld as die werkwoord van 'n g r a m m a t i e s e v o o r w e r p vergesel gaan;

(11) (a) T h e y CERTAINLT tried the new drug.

(b) CERTAINLT they tried the new d r u g . (c) CERTAINLY, they tried the new d r u g . (d) They tried the new drug, C E R T A I N L T .

Q u i c k l y vervul in al vier gevalle eweneens die funksie van s i n s d e e l b e p a l e r , ongeag sy posisie:

(12) (a) H e QUICKLY turned.

(b) QUICKLT he turned.

(c) QUICKLT, he turned.

(d) He turned QDICKLT.

(7)

Hinckler 114 (13) (a) He QUICKLY turned it o v e r . ^

(b) QOICKLy he turned It over.

(c) QDICKLY, he turned it over.

(d) He turned it over QDICKL?.

Die belangrike hier is, sees Perrin dit stel, dat "... the position of adverbial modifiers in a sentence is variable."" Let in die besonder daarop dat die sinsbeginposisie ingeneem kan word deur of 'n sinsbepaler of

'n s insdeelbepaler. Dit volg ook dat die posisie van adverbiale uitdrukkings in 'n sin nie kan dien as die enigste en afdoende indeks om hul semantiese funksie te identifiseer nie.' Anders gestel, (formele) gleuf en (semantiese) rol staan nie in 'n een-tot-een-verhouding nie.

Maar om terug te kom by die Bernstein-sin. 0ns het gesien dat die sinsbeginposisie vrylik adverbiale uitdrukkings "ontvang"; ook het ons gesien dat die sinsbeginposisie vrylik adverbiale uitdrukkings ontvang wat uiteenlopende semantiese Cunksies vervul. Hierdie twee Ceite,

"herbergsaamheid" en "semantiese verskeidenheid", verklaar moontlik in 'n mate waarom Bernstein horn laat mislei tot die gebruik van 'n adverbiumkonstruksie vir 'n idee wat oorgedra behoort te word deur middel van 'n adjektiefkonstruksie (die verkorte what-inlas). 'n Derde taalwetenskaplik tersaaklike oorweglng is dus, lyk dit my, dat hierdie twee feite 'n soort druk ultoefen teen die korrekte toepassing van die ad jekt iefnorm. Die bestaan van so 'n druk sou aangebied kan word as 'n

"versagtende omstandigheid" by Bernstein (en ander mense) se "oortreding"

van die adjektiefnorm.

4 'n V i e r d e o o r w e g i n g

In die vierde plek lyk dit of daar 'n interessante verskil is tussen adverbia soos significantly en adverbia soos importantly. Hierdie verskil is, benaderd gesteL, dat importantly maar nie significantly nie 'n beperkter betekenis het as die adjektief waaraan dit verwant is.

Maar kom ons kyU nou eers na die volgende voorbeelde:

(14) (a) REGHETTABLY, [they failed to do so].

(b) POSSIBLY, Iwe nay have to consider that].

(8)

Hinckler 115 (c) I N E V I T A B L Y , (the PM tendered his r e s i g n a t i o n ) .

Die s i n s b e p a l e r s staan hier in hoofletters en d i e b e p a a l d e klouse t u s s e n v i e r k a n t h a k i e s . Soortgelyk in betekenis (maar nie identies n i e ) is s i n n e soos die v o l g e n d e , waar die hoofsinne die semantiese funksie het wat ek sal noem " o n d e r s k I k k e n d e vooruitskouende klousbepaling":

(15) (a) IT IS REGRETTABIiE (that they tailed to d o so).

(b) I T IS POSSIBLE (that we may have to c o n s i d e r that].

(c) IT W A S IREVITABLE (that the PM should tender his re- s i g n a t i o n ].

Die o o r e e n k o m s b e h e l s twee punte. Ten eerste: die that-klouse in ( 1 5 ) korrespondeer met die bepaalde klouse in (14). Ten tweede: d i e h o o E k l o u s e in (15) k o r r e s p o n d e e r (naastenby) met die s i n s b e p a l e r s in (14). In aansluiting by h i e r d i e tweede punt noem ek sulke h o o E k l o u s e " t h a t - k l o u s b e p a l e r s " ; dienooreenkomstig noem ek die s e m a n t i e s e funksie van die adjektiewe in sulke hoofklouse ook " t h a t - k l o u s b e p a l e r " . In hierdie lig gesien, kan 'n m e n s e se, korrespondeer die s e m a n t i e s e funksie van sinsbepaler wat deur adverbia soos regrettably, p o s s i b l y en i n e v i t a b l y vervul w o r d , (naastenby) met die semantiese funksie van t h a t - k l o u s b e p a l e r wat deur a d j e k t i e w e soos regrettable, possible en inevitable vervul w o r d .

Dit bring ons terug by die verskil tussen s i g n i f i c a n t l y en laportantly waarvan daar vroeer sprake was. S i g n i f i c a n t l y kan d i e funksie van sinsdeelbepaler vervul; n a a s sinne soos (a) h i e r o n d e r is daar o o r e e n s t e m m e n d e sinne soos (b):

(16) (a) T h e y looked at each other in a s i g n i f i c a n t m a n n e r , (b) T h e y looked at each other significantly.

S i g n i f i c a n t l y kan ook die funksie van sinsbepaler vervul; naas sinne soos (a) hieronder (met significant as t h a t - k l o u s b e p a l e r ) is daar o o r e e n s t e m m e n d e sinne soos (b):

(17) (a) It w a s significant that he consulted all the o e n b e r s . (b) S i g n i f i c a n t l y , he consulted all the m e n b e r s .

(9)

Hinckler 116 Met ander woorde, significantly kan 'n betekenis he wat (naastenby) ooreenstem met it is significant that . Importantly, daarteenoor, kan nie as sinsbepaler optree nie; dit is waarom sin (b) hieronder ongrammaties is met die interpretasie wat met sin (a) s'n klop:

(18) (a) It was important that he always consulted all the members, (b) Importantly he always consulted all the members.

Importantly kan net as sinsdeelbepaler optree; daarom dat sin (c) hieronder grammaties is met die interpretasie wat met sinne (a) en (b) van onderstaande voorbeelde klop:

(19) (a) He consulted all the members in his important manner.

(b) He importantly consulted all the members.

(c) Importantly he consulted all the members.

Met ander woorde, importantly bied geen betekenis wat korrespondeer met it is important that.... nie; inteendeel, die betekenis daarvan in bostaande voorbeelde is "op grootdoenerige wyse". Juis hierdie betekenis dring horn uiteraard in Bernstein se sin op die voorgrond. Maar binne die raamwerk van Bernstein se voorwoord is die idee van grootdoenerigheid tog volledig misplaas.

Om saam te vat: 'n vierde taalwetenskaplike oorweging in verband met Bernstein se importantly-uiting is die feit dat importantly, anders as die meeste afgeleide adverbia op -ly, 'n enger betekenis het as sy verwante adjektief naamlik net "grootdoenerig" en nie ook "beduidend" nie.

Bernstein verontagsaam hierdie idiosinkratiese feit oor importantly as leksikale item.

5 'n V y f d e o o r w e g i n g

In die voorwoord waarvan daar hierbo sprake was, laat Bernstein hom onder meer soos volg uit oor sy wyd gelese taaladvieskolom:'

(20) "Dos Don'ts and Maybes of English Usage draws its material almost entirely from the column and a good deal of the column consists of answers to readers' questions. Inevitably some of the answers embrace material that I wrote about in The Careful

(10)

Hinckler 117 W r i t e r , but most do not. The column, by the w a y , is a thrice-

w e e k l y , nationally syndicated production called 'Bernstein on Words'. That title wasn't my idea; to me it sounds immodest ...

"Nobody had to persuade ;me to write the c o l u m n . Of c o u r s e , I thought it would help me, but more importantly, I thought it would help users and readers o£ English e v e r y w h e r e . And w i t h o u t doubt many of them too many of them need h e l p . Just read your average newspaper, listen to interviews and talk shows on television or study your daily mail and you w i l l find that English u s a g e is becoming English loosage: bad g r a m m a r , an excess of slang, too many words to e x p r e s s s o m e t h i n g simple, pomposity and pretentiousness and lack of c l a r i t y . "

Bernstein raak hier etlike soorte punte aan wat instemming sou kan uitlok by taalpraktisyns wat, soos ek, hul brood v e r d i e n m e t vertaalwerk en redigeerwerk. Byvoorbeeld, baie skrywers en s p r e k e r s van E n g e l s , maar ook van Afrikaans, b e g a a n inderdaad foute en het dus t a a l a d v i e s nodig; baie begaan inderdaad o n g e l u k k i g h e d e soos die gebruik van o n h e l d e r s t e l w y s e s , of die gebruik van 'n oormaat woorde, en het dus s t y l a d v i e s n o d i g .

Maar vir my doel in hierdie stuk gaan dit nie soseer om die d i a g n o s e , hoe akkuraat ook al, wat Bernstein van die Engelse t a a l g e b r u i k s t o n e e l gee nie.

Ek wil eerder die vraag stel of die betekenis van laportantly, riaamlik "op grootdoenerige w y s e " , binne die konteks van h i e r d i e v o o r w o o r d v a n p a s is.

Let spesifiek op twee items in hierdie konteks (my o n d e r s t r e p i n g ) :

(21) (a) "That title wasn't my idea: to me it sounds immodest."

(b) ".... English usage is becoming E n g l i s h l o o s a g e : bad grammar, an excess of slang, too many w o r d s to e x p r e s s something s i m p l e , pomposity and pretent iousnesa and lack of c l a r i t y . "

Die inhoud van hierdie twee items w e e r s p i e e l 'n b e l a n g r i k e welle- w e n d h e i d s b e g i n s e l , wat geld vir skrywers en ander m e n s e :

(22) Moet liefs nie grootdoenerig w e e s nie.

Die meeste m e n s e onderskryf ongetwyfeld hierdie b e g i n s e l as een van hul norme vir sosiale gedrag, met inbegrip van t a a l g e d r a g . Vir my lyk dit dus dodelik o n v a n p a s dat Bernstein juis in h i e r d i e k o n t e k s , waar hy onbeskaamdheid en grootdoenerigheid o n d u b b e l s I n n i g a f k e u r , van homself se

(11)

Hinckler 118

"more importantly, I thought...". Immers^i^met hierdie uiting oortree hy ook 'n tweede, verwante, wellewendheidsbeginsel:

(23) As jy dan tog grootdoener ig is, moet liefs die feit nie by die naam noem nie.

My hoofpunt hier is nou dit: 'n vy£de taalwetenskaplike oorweging in verband met Bernstein se important ly-u i t ing is dat dit strydig is met ten minste twee wellewendheidsbeginsels betreffende taalgedrag as sosiale gedrag.

6 Die bespreking o p g e s o m en die (trie vlakke daarvan b e n o e m

My indruk is dus dat daar ten minste vier onderskeie redes is waarom Bernstein se importantly-uiting, in (1) hierbo gegee, onaanvaarbaar is. In die uiting word, ten eerste, twee semantiese funksies met mekaar verwar en tegelykertyd, ten tweede, twee sintaktiese kategoriee met mekaar verwar. In die derde plek hou Bernstein in sy taalgedrag nie daarmee rekening nie dat inpoctantly, anders as byvoorbeeld significantly, 'n enger betekenis het as die van die verwante adjektieC. Hierdie drie redes le almal op die vlak van die gcammatika van die taal. Die eerste rede le op die subvlak van die semantiese struktuur van sinne. Die tweede rede le op die subvlak van die sintaktiese struktuur van sinne. Die derde rede le op die subvlak van die semantiese inhoud van leksikale items.

Ten vierde: om op te tree, byvoorbeeld om 'n mening te huldig, "op grootdoenerige wyse" (die enigste betekenis van importantly), en om te se dat jy "op grootdoenerige wyse" optree, is albei handelinge wat op die vlak van taalgebruik as sosiale gedrag as onvanpas beoordeel moet word, want albei hierdie handelinge is strydig met 'n wellewendheidsbeginsel. Hier het ons te make met oorwegings nie op 'n grammatiese vlak nie maar op 'n pragmatiese vlak.

Daarby het ek die indruk dat die "herbergsaamheid" van die sinsbeginposisie vir adverbiale uitdrukkings, en die semantiese verskeidenheid van die adverbiale uitdrukkings wat daar "geherberg" kan word, versagtende omstandighede uitmaak in die lig waarvan 'n taalgedragsfout soos die oortreding van die adjektiefnorm makliker te verstaan en te verskoon is.

Hier lyk dit my, het ons te make mel. 'n oorweging op 'n psigologiese vlak -

(12)

Hinckler 119

— 'n oorweging betreffende prosesseringskompleksiteit wat ek, heel losweg, so sou kan aandui:

(24) Veelheid van nogal eenderse Eaktore help vergissing aan.

7 Oie bespreking in breer verband Ingebed

Ten slotte stel ek graag enkele algemene opmerkings. Ek meen dat bostaande bespreking, wat toegespits was op 'n spesifieke gebruiksnorm vir 'n enkele taal, Engels, ook in breer verband gesien moet word. Ek bedoel: in die verband van algemene vrae oor die meriete van taalgebruiksnorme. Bloot tentatief wil ek graag twee sulke vrae hier aandui. Ek dink aan 'n vraag soos die, wat 'n vraag na gronde is:

(25) Op watter soorte van oorweginge behoort taalgebruiksnorme gegrond te word?

Ek dink ook aan 'n vraag soos die, wat 'n vraag na argumentasie is:

(26) Deur middel van watter soorte argumente behoort taal- gebruiksnorme op die oorweginge gegrond te word?

Sulke vrae behoort tot 'n hele klas van vrae op die terrein van taalgebruiksnormering as 'n terrein van die toegepaste taalwetenskap.

Bostaande bespreking van die adjektiefnorm het niks uitdrukliks te se gehad in verband met die vraag na redenasiepatrone in die toegepaste taalwetenskap nie; wel sluit dit uitdruklik aan by die vraag na die gronde vir taalgebruiksnorme. Uit die bespreking het immers geblyk dat die adjektiefnorm deur ten minste drie taalwetenskap!ike feite oor Engels gesteun word naamlik feite in verband met die onderskeid tussen twee sintaktiese kategoriee, en die verskil in betekenisbestek tussen inportant en importantly en deur taalwetenskaplike feite oor wellewendheid by taalgedrag.

Die bespreking illustreer dus, op 'n weliswaar beperkte manier, hoe taaladviseurs te werk kan gaan om taalgebruiksnorme te baseer op feite oor die struktuur en betekenisse van die betrokke taal of tale en oor die

(13)

Hinckler 120 status van taalhandelinqe as minder o f ^ e e r gewaardeerde s o s i a l e g e d r a g . Die strewe om taalgebruiksnorme te grond op taalwetenskaplike feite kan m y n s insiens maar net aanbeveel word in die lig van 'n kriterium w a a r t e e n p r a k t i s y n s met professionele trots seker geen beswaar sou wil uitbring nie.

Ek bedoel h i e r : die k r i t e r i u m van so objektief moontlike b e r e d e n e r i n g van p r o f e s s i o n e l e oordele en b e s l u i t e . Immers, vrae soos die "gronde"-vraag en die "argumentasie"-vraag vooronderstel die aanvaarding van 'n algemene intellektuele waardeoordeel wat ek so sou wil aandui:

(27) Ekspiisiete, self-kritiese en konsekwente b e r e d e n e r i n g ge- rugsteun deur toepaslike feite is 'n n i e - o n d e r h a n d e l b a r e bate.

(14)

Hinckler 121

NOTE

* Hartlike dank aan Johan Kruger, hoof van die Tak Engels van die Staatstaaldiens, wat; my aandag op die adjek11 efnorm en op d i e B e r n s t e i n - s i n gevestig het en my ruimhartig g e h e l p het toe ek na groter helderheid op soek was, aan Tom M c L a c h l a n , wat op kort kennisgewing indringende redaksionele a d v i e s verskaf het#

en aan Rudie Botha, wat vrugbare kommentaar op die inhoud gelewer het. Die blaara vir alle g e b r e k e eis ek vit myselE o p .

G e r i e E s h a l w e onderskei ek in hierdie stuk opsetiik nie tussen u i t i n g s en die talige uitdrukkings, byvoorbeeld sinne, wat aan u i t i n g s onderliggend is.nie.

Vergelyk (Bernstein 1977:v). Terloops: s t i l i s t i e s of r e t o r i e s g e s p r o k e , sou die w o o t d e I thought in die laaste g e d e e l t e van die i » p o r t a n t l y - s i n myns insien beter ingepas het in die rol van 'n interpolas ie. As taalpraktisyn sou ek hierdie sin dus tot byvoorbeeld die v o l g e n d e wil redigeer: "0£ course, I thought it would help me, b u t , more i m p o r t a n t , it would (I t h o u g h t ) help users and readers of English e v e r y w h e r e " . Vergelyk (Morris (red.) 1969:661).

Vergelyk (Gove (red.) 1976:1452).

Vergelyk (Perrin 1965:481).

Vergelyk (Perrin 1965:482).

Vergelyk {Perrin 1965:482).

Vergelyk (Bernstein 1977:v-vi).

(15)

Hinckler 122

BIBLIOGRAFIE

Bernstein, T h e o d o r e M. (1977) Dos, D o n ' t s and M a y b e s of English U s a g e . New Vork: T i m e s Books.

Gove, Babcock ( r e d . ) (1976) W e b s t e r ' s Third International Dictionary o£ the English L a n g u a g e . S p r i n g f i e l d , Massachusetts: G. and C. M e r r i a m C o m p a n y , P u b l i s h e r s .

Morris, William ( r e d . ) (1969) The H e r i t a g e Illustrated Dictionary of the English L a n g u a g e . B o s t o n : American Heritage Publishing C o m p a n y , Inc.

Perrin, Porter G . (1965) W r i t e r ' s G u i d e and Index to English. C h i c a g o : Scott, F o r e s m a n and C o m p a n y .

Referensi

Dokumen terkait