• Tidak ada hasil yang ditemukan

in die Fisantekraalvleiland

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "in die Fisantekraalvleiland"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 131 Open Access Bladsy 1 van 2 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Vermorste Vleiland: Die teenwoordigheid en ruimtelike verspreiding van plas ekafval

in die Fisantekraalvleiland

Wasted Wetland: The presence and spatial distribution of plastic waste in the Fisantekraal Wetland: This research was conducted to determine the presence and spatial distribution of macro and meso plastics within a freshwater system. A valley-bottom wetland was used as the study site. Samples of waste were collected where they occurred within the wetland and results showed a widespread distribution of waste from ‘food packaging’ and ‘domestic waste’.

Hierdie navorsing fokus op die teenwoordigheid en ruimtelike verspreiding van plastiekafval in die Fisantekraalvleiland in Durbanville, Wes-Kaap. Die vleiland is in ’n stad en naby woongebiede en hoofpaaie geleë. In dieselfde gebied, langsaan die vleiland, is daar ’n koringplaas met plaasdiere.

Oor die afgelope paar jaar is daar ’n toename in die teenwoordigheid van plastiekafval in ons waterstelsels. Die meeste van die bestaande navorsing fokus egter op mikroplastiek in marienestelsels. Dus is daar ’n gebrek aan navorsing oor makroplastiek in varswaterstelsels.

Oor die algemeen bedreig plastiekbesoedeling diere, die omgewing en mense. In vleilande kan die funksies van hierdie stelsels deur plastiek ontwrig word. Dit het ook negatiewe impakte op die inwoners wat van hierdie stelsels afhanklik is. Die hoofdoelstelling van hierdie studie is om die ruimtelike verspreiding en die teenwoordigheid van plastiekafval in ’n vallei- bodemvleiland te ondersoek. Met hierdie doelstelling is dit belangrik om verder te gaan en die afval in verskillende soorte en groottes te sorteer. Die akkumulasiepatrone van die afval kan dan ondersoek word.

Die studie het afvalmonsters versamel waar dit voorkom. ’n Radius van 5m is rondom elke lokaliteit opgestel en al die afval wat in hierdie gebied voorgekom het, is versamel. Hierdie afval is in sakke geplaas, benoem en hul GPS-koördinate is aangeteken. Die koördinate is dan later in ArcGis gedigitaliseer.

Die resultate van die navorsing wys dat die afval verspreid oor die vleiland voorgekom het en hoofsaaklik in twee kategorieë geskei kan word, naamlik ‘Voedselverpakking’ en

‘Huishoudelike afval’. Tabelle 1 en 2 wys die verskillende tipes afval wat in die vleiland gevind is.

Outeur:

Nadine Vaarland Affi liasie:

Departement Geografi e, Omgewingstudies en Toerisme, Universiteit van Wes-Kaapland,

Privaatsak X17, Bellville, 7535, Suid-Afrika Korresponderende outeur:

Nadine Vaarland E-pos:

[email protected] Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Nadine Vaarland, Vermorste Vleiland: Die teenwoordigheid en ruimtelike verspreiding van plasƟ ekafval in die Fisantekraalvleiland, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.829 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Voedselver- Onplaasbaar/ Inkopiesakke Sjokolade- en Bo els Skyfi e- Melk- Brood- Totaal pakking Ander lekkergoed- pakkies pakkies pakkies

verpakking

Aantal 21 5 17 20 25 2 3 93

Persentasie 23% 5% 18% 22% 27% 2% 3% 100%

TABEL 1: Aantal voedselverpakkingsmonsters in hul onderskeie kategorieë gesorteer

Huishoudelike Plas ek Ander Polis reen- Swartsakke Plas ekhouers Totaal afval: emmers plas eksakke houers

Aantal 3 (5l elk) 21 5 2 8 39

Persentasie 7% 54% 13% 5% 21% 100%

TABEL 2: Aantal huishoudelike afvalitems gesorteer in hul onderskeie kategorieë

(2)

hƩ p://www.satnt.ac.za 132 Open Access Page i of ii Inhoudsopgawe Bladsy 2 van 2 Referaatopsomming

Uit Tabelle 1 en 2 is dit duidelik dat daar meer items vir voedselverpakking (70%) as vir huishoudelike afval (30%) is. Die bron van die afval wat in die vleiland voorkom kan moontlik die inwoners van die nabygeleë woonbuurt wees, afvoerpype vir stormwater, sowel as die gebruikers van die aangrensende pad.

Die resultate van die studie toon dat daar wel ’n behoefte bestaan vir navorsing oor makroplastiek en plastiek in

die algemeen in varswaterstelsels. Mikroplastiek word gevorm deur die afbreking van groter plastiekitems en varswaterstelsels kan hierdie afval na marienestelsels vervoer. Plastiekafval is ’n groot omgewingsprobleem en benodig deeglike navorsing en bestuurstrategieë om die probleem te verminder en dit te kan oplos.

Referensi

Dokumen terkait

'n \'ergelyking tussen die omvang en resultate van die toonaangewende opvoed- kundige teater in die wcreld, naamlik die in die VSA en die in die Republiek van Suid-Afrika, sal aantoon

61, 2021, i-ii doi: 10.5842/61-0-912 Oor Ilse Feinauer Rufus Gouws Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika E-pos: [email protected] Reeds sedert

263 ISBN: 9780864877437 Geresenseer deur Erna Oliver https://orcid.org/0000-0003-3606-1537 Universiteit van Suid-Afrika [email protected] Hierdie boek bevat die herinneringe van

Authors: Dina N Oosthuizen1,2, DE Motaung1 en HC Swart1 Affi lia ons: 1 Departement Fisika, Universiteit van die Vrystaat 2 NCNSM-Groep, Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad

4 ' I N DIE KONSTITUSIONELE HOF VAN SUID-AFRIKA I n d i e saak t u s s e n : SAAKNOMMER: CTT27/95 DIE UITVOERENDE RAAD VAN DIE WES-KAAPSE WETGEWER EERSTE APPLIKANT DIE PREMIER VAN

Slotsom Dit moet aanvaar word dat die prosesse van oorgang en van modemiserende ontwikkeling die volgende vir die universiteit binne Suid-Afrikaanse konteks inhou: * 'n Transformasie

Lion Cachet, en hierdie seun is self van enige belang vir Suid-Afrika in sover hy ’n deskundige was op die naturelle-reg en -bestuur van Indonesië.. Verder het die familie deur hiille

Die geskiedenis van hierdie Departement Geskiedenis is tot ’n groot mate verteenwoordigend van die Universiteit in geheel: ’n instelling van besondere herkoms, tradisie en statuur wat