• Tidak ada hasil yang ditemukan

Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan " Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die "

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 124 Open Access Bladsy 1 van 1 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Invertebrate diversity of two endorheic pans in the Soetdoring Nature Reserve: This study aimed to determine the difference in aquatic invertebrate diversity between two pans in the Soetdoring Nature Reserve. Results indicated that diversity between and within the pans differed signifi cantly over fi ve months. It offers insight into aquatic invertebrate biodiversity in the pans of the Free State Province and provides baseline data for future research.

Panne is ’n algemene verskynsel in Suider-Afrika, veral in die Vrystaat waar pandigtheid besonder hoog in die Dealesville-Bultfontein gebied is. Van al die soorte waterliggame wat bekend is, word panne die minste bestudeer. Hierdie vlak waterliggame verdamp gewoonlik binne etlike weke of maande as gevolg van die hoë ariditeit van die gebiede waar hulle voorkom. Gevolglik is die biologiese aktiwiteit (groei van plante en diere) gekoppel aan nat toestande wat per geleentheid voorkom. Die invertebraatdiversiteit van hierdie panne is glad nie goed bestudeer nie en word dus ook nie goed verstaan nie. Die huidige studie is dus daarop gemik om die invertebraatdiversiteit in twee panne in die Soetdoringnatuurreservaat te bepaal, asook hoe hierdie diversiteit tussen en binne hierdie twee panne verskil.

Die Soetdoringnatuurreservaat is een van 13 natuurreservate in die Vrystaat en is ongeveer 36 km noordwes van Bloemfontein geleë. Die feit dat die reservaat ook deel van die Nama-Karoo ekotoon vorm, beklemtoon die impak van ariditeit, hoewel dit in ’n waterryke soetveldgebied geleë is. Twee panne kom aan weerskante van die Modderrivier in die reservaat voor. Een 250 ml planktonmonster is met ’n planktonnet versamel op drie afstande vanaf die oewerlyn.

Hierdie versameling is vir vyf maande op ’n maandelikse basis by beide panne gedoen.

Grondmonsters (250 ml) is met behulp van ’n klein tuingrafi e op die oewerlyn van elke pan versamel. By die laboratorium is die plankton met behulp van ’n disseksiemikroskoop geïdentifi seer deur verskeie identifi kasiegidse te gebruik. Nematode is vanuit die grond- monsters geëkstraheer, verwerk en op Cobb-preparate gemonteer vir ligmikroskopie deur standaardtegnieke te gebruik. Waterparameters is ook met elke versamelingsgeleentheid met behulp van ’n H19023 multiparameter-instrument gemeet.

Diversiteitsindekse en meerveranderlike statistiek is gebruik om die ooreenkomste sowel as verskille in akwatiese invertebrate en waterkwaliteit te bepaal. Die plankton wat tot dusver die algemeenste voorgekom het, sluit die volgende ordes in: Cladocera, Calanoida, Cyclopoida asook verteenwoordigers van die Diptera (Insecta). Tot op hede is 20 nematoodgenera geïdentifi seer. Waterkwaliteitlesings verskil heelwat tussen die twee panne en toon ook elke maand veranderinge. Die resultate toon verder hoe die diversiteit tussen die twee panne en oewerlynafstande betekenisvol oor vyf maande verskil. Hierdie studie poog om ’n beter begrip van die akwatiese invertebraat-biodiversiteit van panne in die Vrystaat te bied en om grondlynbevindings vir toekomstige navorsing daar te stel.

Outeurs:

Aneke X Kruger C Jansen van Rensburg Affi liasie:

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Privaatsak 339, Bloemfontein, 9300, Suid-Afrika

Korresponderende outeur:

Aneke Kruger E-pos:

[email protected] Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Aneke X Kruger, C Jansen van Rensburg, Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die Soetdoringnatuurreservaat, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.819 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die

Soetdoringnatuurreservaat

Referensi

Dokumen terkait

hierdie studie qaan dit om die vloei van kapitaal tussen.. Afrika en die res van

In die lig van die geo-politieke doelstellings wat in Suid-Afrika nagestreef word, kan die proses van ekono= miese ontwikkeling en die daaruit voortspYuitende geografiese

lord Methuen dus van die veronderstelling uitgegaan het dat, tydens 'n oorlog met sekere moondhede, met uitsondering van Duitsland, verowering en besetting van Suid-Afrika nie die

In die kritiese beskouing van die konteks van Suid-Afrika se polities-kulturele situasie sedert 1990 en die invloed daarvan op die NG Kerk, kom ’n historiese bewustheid na vore wat met

Binne Suid-Afrika vind ons ook hierdie ontologiese skuif in onder meer die filosofiese bepeinsing van die begrip van ubuntu deur iemand soos Ramose 2003; 2005 en geïllustreer deur die

Soos reeds genoem word deurgaans van die linlere metode in die primere skole· in Suid-Afrika in kunsopvoeding gebruik gemaak, maar in kombinasie met die chromatiese in die vorming van

263 ISBN: 9780864877437 Geresenseer deur Erna Oliver https://orcid.org/0000-0003-3606-1537 Universiteit van Suid-Afrika [email protected] Hierdie boek bevat die herinneringe van

Authors: Anna E de Jager, JJ Olivier en MD Nicolau Affi lia ons: Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika Corresponding author: Anna de Jager [email protected]