• Tidak ada hasil yang ditemukan

Indusering van die fenielpropanoïd-weg in koringplante na begassing met SO

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Indusering van die fenielpropanoïd-weg in koringplante na begassing met SO"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.849 Referaatopsomming

Indusering van die fenielpropanoïd-weg in koringplante na begassing met SO 2 in open-top groeikamers (OTCs)

Authors:

L. Snyders1 J.M. Berner1 Affiliations:

1School of Environmental Sciences and Development, North-West University, South Africa

Correspondence to:

L. Snyders Email:

[email protected].

ac.za

Postal address:

Private Bag X6001, Noordbrug 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Snyders, L. & Berner, J.M., 2013, ‘Indusering van die fenielpropanoïd- weg in koringplante na begassing met SO2 in open- top groeikamers (OTCs)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#849, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.849 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

Induction of the phenylpropanoid pathway in wheat plants after fumigation with SO2 in open-top chambers (OTCs). Wheat plants were planted in open-top chambers and fumigated with 0 ppb, 50 ppb, 150 ppb en 300 ppb SO2. Increases in SO2 resulted in the increase of phenylalanine ammonia-lyase (PAL) activity and total phenolic acid content.

Natuurlike bronne van SO2 bestaan uit die gereduseerde vorms van swaelverbindings soos H2S, CS2 en COS. Die meeste van hierdie verbindings word geoksideer na SO2 of ander sulfaatgasse in die atmosfeer. As deel van suurreën veroorsaak SO2 dat riviere en damme versuur, vernietig plant- en dierelewe in riviere en damme, erodeer metale, en beskadig die oppervlaktes van geboue. SO2 is egter ’n ernstige lugbesoedelings probleem in Siud-Afrika, veral oor die Hoëveld.

Die verbranding van fossielbrandstowwe vir die opwekking van elektrisiteit is die vernaamste bron van SO2 oor die Hoëveld. Fisiologiese prosesse soos fotosintese, respirasie, koolstofdioksied regulering en stomatale funksie word veral deur hoë vlakke van SO2 nadelig beïnvloed. Die stomas van plante maak oop by lae konsentrasies van SO2 en sluit by hoë konsentrasies. SO2 -opname deur blare is kompleks omdat die blaaroppervlak groter hoeveelhede SO2 opneem as ander plant-organe. Die weg wat SO2 tot in die blaar volg is soortgelyk aan die weg van waterdamp wat uit die blaar beweeg, maar in die teenoorgestelde rigting. Binne die blaar los die SO2 baie vinnig op in die apoplastiese vloeistowwe om bisulfiete (HSO3-) en sulfiete (SO3-) te vorm. Die absorpsie van SO2 lei tot oksidasie-reaksies in die mesofilweefsel wat proteïne en DNA kan beskadig. SO2 -skade kan waargeneem word as die verbleiking van weefsel en in emstige gevalle kan dit tot die dood van die plant lei. SO2 is ’n kleurlose gas met ’n verstikkende reuk. Die toksiese effek van SO2 kan toegeskryf aan die hoogs vretende eienskappe van die gas veral as dit in aanraking kom met organiese materiaal. By mense veroorsaak dit ’n irritasie in die oë, neus en longe, Die generering van suurstofvrye radikale is ’n kenmerkende biochemiese reaksie van plante wat aan stres toestande blootgestel is. Plante reageer hierop deur ’n toename in aktiwiteite en vlakke van antioksidant-ensieme en -metaboliete. Fenielalanienamonialiase (PAL) aktiwiteit word in verskeie plante geïnduseer wat onder biotiese en abiotiese stres verkeer. PAL is die sleutel-ensiem wat die primêre metabolisme met sekondêre metabolisme verbind en is ook die tempobepalende ensiem in die weg wat lei tot die sintese van fenoliese sure. Behalwe dat fenoliese sure oor detoksifiseringseienskappe beskik is sommige fenoliese sure toksies vir patogene en insekte en maak dit blare onsmaaklik vir herbivore. Verhoogde fenoliese suur inhoud kan ook lei tot die afname in die kwaliteit graan. In hierdie proef is die invloed van SO2 -begassing op die aktiwiteit van PAL en totale fenoliese suur inhoud ondersoek. Koring, Triticum aestivum, kultivar PAN 3434, is geplant in open-top groeikamers. Die plante is begas met 0 dpb, 50 dpb, 150 dpb en 300 dpb. Blaarmateriaal is na 2, 7 en 28 dae na die begin van begassing versamel. Die blare is in vloeibare stikstof gevries en by -20 °C gestoor vir verdere analises. PAL aktiwiteit en die totale fenoliese suur inhoud was spektrofotometries bepaal. Die resultate toon aan dat PAL aktiwiteit en totale fenoliese suur inhoud toeneem namate die duur van SO2 begassing toeneem. Langdurige blootstelling van koringplante aan SO2 lei tot ’n verandering in die sekondêre metabolisme. So kan selwand-styfheid toeneem as gevolg van die toename in fenoliese sure en die gevolglike oksidasie van die fenoliese sure.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Die oorspronklike idee was om slegs 1 OOOvroue op te lei vir die taakom mans op aile gebiede van die Lugmag te vervang.32 Aan die einde van die oorlog het die getal vroue wat hulleself

AANBEVELINGS Aan die hand van die vraag wat ons aan die begin van die ondersoek gestel het, naamlik wat kan gedoen word om die kurrikulum moontlik te verbeter en die onderrig van

Burger kies die volgende vier bedieningsterreine vir ʼn gemeente as terreine waarbinne die totaliteit van gemeentelike aktiwiteite behoort te val om uitvoering aan die gemeente se missie

Die ontstaan van Die Gereformeerde Vaandel is moontlik gemaak deur ‘n groot skenking van Pieter de Waal Neethling, ‘n lidmaat van die gemeente Stellenbosch, wat 10 000 pond ter

Nadere inspeksie van die gemiddelde waardes toon verder dat die scenario’s se houdingswaardes almal laer is as die gedragswaardes; dit toon aan dat die gedrag meer aanvaarbaar geag word

Die lengte van ’n jaar en van die astronomiese eeu word beide gedefinieer aan die hand van die posisie van ’n bepaalde punt aan die hemel, wat bekend staan as die Eerste punt van

Die vergelyking van KSI-resultate binne-in die groep in Tabel 2 toon duidelik ’n aansienlike afname in die gemiddelde KSI- persentasie van die aktiewe populasie vanaf week 1 tot week

Indien die resultate van al die opnames oor die hele versamelperiode vir elke perseel afsonderlik saamgevoeg word, was die grondbiologiese aktiwiteit, soos met die aaslaminas gemeet,