• Tidak ada hasil yang ditemukan

Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier, Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier, Suid-Afrika"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.344 Referaatopsomming

Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier,

Suid-Afrika

Authors:

Wihan Pheiffer1 Rialet Pieters1 Affiliations:

1School of Environmental Sciences and Development, North-West University, South Africa

Correspondence to:

Wihan Pheiffer Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Pheiffer, W. & Pieters, R., 2012,

‘Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier, Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art.

#344, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v31i1.344 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Health Assessment of fish communities exposed to pig slurry in the Vaal River, South Africa. This study evaluated the effects of untreated pig slurry on the general health of the fish communities in the lower Vaal area by using the Fish Health Assessment Index (FHAI) together with morphological biomarkers such as Gonad Mass Index (GMI), Hepato-Somatic Index (HSI), the Condition factor (Cf) and microbial activity.

Die studie evalueer die moontlike effekte wat vrygestelde onbehandelde afloopsel van ‘n varkboerdery op die walle van die Vaalrivier op die algehele gesondheid van visgemeenskappe stroom-af van die besoedelingspunt kan hê. Alhoewel voerkrale ‘n effektiewe praktyk is om vee vet te voer voor hul geslag word, is hul soms die bron van akwatiese besoedeling. Groot volumes mis en urine word in die omgewing vanuit voerkrale vrygelaat deur middel van afloop of direkte storting. Mis is ‘n waardevolle hulpbron wat ‘n groot aantal bemestingstowwe kan vervang, maar dit hou ‘n groot gevaar in vir die omgewing as dit nie reg bestuur word nie.

Mis verhoog die organiese en anorganiese nutriënte. Die verhoging verander die waterkwaliteit deur onder andere die troebelheid te verhoog en suurstofkonsentrasies te verlaag en kan lei tot eutrofikasie. Veeartseny-medikasie wat in voerkrale gebruik word, word soms halfpad gemetaboliseer in urine en mis vrygestel. Die medikasie, sowel as hul metaboliete kan nie- teiken organismes nadelig beïnvloed, ondermeer om as endokrieneversteurders op te tree.

Die visgesondheidsassesseringsindeks (VGAI) is saam met ander biomerkers gebruik om die algemene gesondheid van die Oranje-Vaal moddervis (Labeo capensis) en die skerptandbaber (Clarias gariepinus) te bepaal. Die ander biomerkers het die gonade-massa-indeks (GMI), hepato- somatiese-indeks (HSI) en die kondisiefaktor (Kf) ingesluit. Monsterneming het tydens die hoog- en laagvloei-periodes van 2010 plaasgevind. Mikrobiese aktiwiteitstoetse sowel as die fekale koliforme en fekale streptococci-verhouding (FK/FS) is gebruik om die oorsprong van die fekale besoedeling vas te stel. Beide die inwendige en uitwendige afdelings van die VGAI het gewys dat die bevolking stroom-op van die besoedelingspunt, gesonder as dié stroom-af was. Die GMI in die visse stroom-af was groter as dié in die visse stroom-op, wat vergroting van die gonades en op moontlike endokrieneversteuring dui. Die kondisiefaktor was egter kleiner stroom-op van die besoedelingspunt, wat aandui dat daar beter lewenstoestande stroom-af van die varkplaas is as gevolg van meer voedingstowwe in die water. Daar was ‘n beduidende verskil in die mikrobiese aktiwiteit in die water stroom-af van die varkplaas, met ‘n verhoging in die totale koliforme, fekale koliforme en fekale streptococci. Die FK/FS het gewys dat die mikrobes in die water van veeboederye oorsprong het. Dit is ‘n aanduiding dat die varkplaas bygedra het tot die verhoogde mikrobiese aktiwiteit in die Vaalrivier, wat die algemene gesondheid van die visgemeenskappe in die area kon beïnvloed.

Referensi

Dokumen terkait

Tradisionele metafisiese taal oor Jesus se dood aan die kruis in terme van ’n God wat van daar buite af ingegryp het om die wêreld met Homself te versoen sal vertaal moet word in ’n

2.4.4 Die elektroniese koppelhord as deel van 'n interaktiewe video werkstasie Die mikrorekenaar wat in 'n interaktiewe video-werkstasie gebruik word, moet met 'n elektroniese

Die ontstaan van Die Gereformeerde Vaandel is moontlik gemaak deur ‘n groot skenking van Pieter de Waal Neethling, ‘n lidmaat van die gemeente Stellenbosch, wat 10 000 pond ter

Die tweede navorsingshipotese wat ondersoek word, is die volgende: H02: Daar is nie ’n verskil tussen die finale punt van studente wat tutoriale gehad het en die finale punt van

Die invertebraatbevolking van die rivier is gehalveer in die laaste 20 jaar en in sommige dele, soos die Olifantspoort het die vloei van die rivier so afgeneem dat dit nou ’n

Die doelwitte vir hierdie studie is om boere se aanpassing by en hulle hantering van droogtes oor die algemeen te heroorweeg, om hierdie strategieë met die omgewings- en

Indien ’n waarde in die orde van 0.5 vir ’n bepaalde spesie, byvoorbeeld vir waterliggame, bereken sou word, sou die implikasie daarvan wees dat waterliggame as sodanig ’n belangrike

Met die groter fosfi enligande, PCy3 en Po-Tol3, speel die grootte van die naftielgroep ’n meer beduidende rol in die ruimtelike vereiste sodat oksidatiewe addisie vertraag word in