• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die genus Helicotylenchus in die grasveld bioom van Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die genus Helicotylenchus in die grasveld bioom van Suid-Afrika"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.843 Referaatopsomming

Die genus Helicotylenchus in die grasveld bioom van Suid-Afrika

Authors:

M. Marais1 A. Swart1 A.S. Schoeman2 L.R. Tiedt3 Affiliations:

1Biosystematics: Nematology, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa

2Department of Zoology and Entomology, University of Pretoria, South Africa

3Laboratory for Electron Microscopy, North-West University, South Africa Correspondence to:

M. Marais Email:

[email protected] Postal address:

ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa How to cite this abstract:

Marais, M., Swart, A., Schoeman, A.S. & Tiedt, L.R., 2013, ‘Die genus Helicotylenchus in die grasveld bioom van Suid- Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#843, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.843 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Page 1 of 1

The genus Helicotylenchus in the grassland biome of South Africa. The genus Helicotylenchus is widespread in South Africa with 25 of the 33 Helicotylenchus species in the grassland biome.

With 23 species reported from uncultivated areas, 14 species from crop plants and 10 species from the grasses grown on sports fields, Helicotylenchus is ideally suited for a study on the impact of cultivation on nematode diversity.

Die grasveld bioom is een van die sewe biome waarin Suid-Afrika verdeel word en word op die sentraal Suid-Afrikaanse plato en ook die binnelandse gebiede van Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap Provinsie aangetref. Die grasveld bioom word verder in 15 veldtipes verdeel en word, behalwe vir die gras-spesies, deur ’n amper totale afwesigheid van bome gekenmerk. Met die uitsondering van gelokaliseerde areas in die droë sanderige Hoëveld Grasveld van die Wes-Vrystaat en die nat koel Hoëveld Grasveld van die Drakensberge waar bome wel geredelik aanwesig is, word hierdie bioom ook deur ’n rykdom aan bolplante gekenmerk. Die Suid-Afrikaanse grasveld bioom word ongelukkig uit ’n hele aantal oorde bedreig. Dit is onder andere in die grasveld bioom waar Suid-Afrika se beesvleis-, melk- en mielie produksie ge-anker word. Verstedeliking plaas ook geweldig druk op die glasveld bioom. So word meer as 77% van Gauteng se oppervlakte as grasveld geklassifiseer en slegs 5% hiervan word formeel bewaar. Mynbou bedreig die grasveld van Mpumalanga en ontwikkeling van vakansie-oorde en ook mynbou, die gras-veldtipes van die Oos-Kaapse kus. Om die invloed van versteuring van grasveld te ondersoek, is besluit om te kyk of daar ’n verskil is tussen die aantal Helicotylenchus spesies en the morfologiese groepe wat in die onverboude areas (veld), die areas wat alreeds onder gewasverbouing staan en dan verskillende grasse van sportvelde voorkom. Daarvoor het ons, ons gewend na die inligting wat in die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematode Opname (SAPPNO) databasis opgeneem is.

Ons het die sportvelde gebruik as gebiede wat verstedeliking verteenwoordig. Die nematode genus Helicotylenchus is ’n genus in die familie Hoplolaimidae. Hierdie genus kom wêreldwyd in ’n groot verskeideinheid van habitatte voor. So is Helicotylenchus stycercus gekry op die takke van bome in inheemse woude van Costa Rica, en die eerste tylenchid wat vanaf kontinentale Antarktika aangemeld was, ook ’n Helicotylenchus spesie. Soos sy naam aandui is Helicotylenchus hydrophilus altyd geassosieer met klam nat toestande, maar inteenstelling hiermee kom ’n hele aantal Helicotylenchus spesies in Suid-Afrika voor in areas met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van minder as 100 mm. Tans word 33 Helicotylenchus spesies vanaf Suid-Afrika aangemeld en volgens die SAPPNO databasis kom daar 25 Helicotylenchus spesies in die grasveld biome voor.

Die mees algemene van hierdie spesies is Helicotylenchus digonicus en H. dihystera wat beide in 13 van die 15 veldtipes van die grasveld bioom voorkom. Volgens die inligting vervat in die SAPPNO databasis is daar ’n afname in die verskeidenheid van Helicotylenchus spesies soos die habitat van grasveld na gewasverbouing en verstedeliking verander. Daar is ’n verskil in die aantal Helicotylenchus spesies wat by die verskillende gasheertipes voorkom met 23 spesies wat by die grasveld lokaliteite, 14 spesies by die gewasse en 10 spesies by die sportvelde aangemeld is. Die spesies Helicotylenchus delanus en Helicotylenchus marethae wat albei vanuit die grasveld bioom beskryf is, kom net in hierdie bioom voor.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Copyright: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Referensi

Dokumen terkait

Kinders wat ly aan •n gebrek en wat deur die Minister9 in oorleg met die Administrateurs 9 aangevcys word as gestremde kinders vir wie voorsiening kragtens die Wet op

John Vorster en sekere Afrika leiers.5 Dit was egter die staatsgreep in Portugal in 1974 en die gevolglike onafhanklikheidswarding van Mosambiek en Angola wat die magsbalans in Suider

Die regering wou graag meer besonderhede oor die aantal oorlede krygsge- vangenes en die koste van elkeen van die beoogde gedenktekens bekom.9 Met betrekking tot die ge'interneerdes

12 13 In verband met die verskil tussen die doelstel- lings van die interindustrievloei-studies van die Harvard Economic Research Project en die Bureau of Labor Statistics kan daar

’n Geïntegreerde besluitnemingsboom wat uit die data saamgestel is, het aangetoon dat hoogte bo seevlak, temperatuur en waterliggame die belangrikste van die ondersoekte faktore is

Die eiendomsreg op alle openbare strate en openbare plekke oor of op grond as sodanig aangedui by die toestaan van ʼn aansoek om onderverdeling kragtens artikel 25, berus na die

Digitised by the University of Pretoria, Library Services Die roeping van die kerk daarom slegs die belangrikste aan: Sending en kerk; sending as Missio Dei; sending en verlossing;

Dffi IDENTIFIKASffi VAN V ARIASffi-EENHEDE Nadat alle bronne versamel en gekollasioneer is om te bepaal waar en watter verskille daar in die teks van die verskillende bronne voorkom,