• Tidak ada hasil yang ditemukan

‘n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta, Botswana

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "‘n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta, Botswana"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.323 Referaatopsomming

‘n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta,

Botswana

Authors:

M.L. Mokae1 G.M. Wagenaar2 Nico J. Smit2 Affiliations:

1Centre for Aquatic Research, Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa

2School for Environmental Sciences and Development, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

M.L. Mokae Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa How to cite this abstract:

Mokae, M.L., Wagenaar, G.M. & Smit, N.J., 2012, ‘‘n Vergelykende histomorfologiese assessering van die testis van twee Clarias spesies van die Okavango Delta, Botswana’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art.

#323, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v31i1.323 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Die testis van twee Clarias species wat in die Okavango Delta voorkom, is histomorfologies geassesseer om die verskil in struktuur te beskryf, omdat die twee spesies se testiskleur verskil met die Clarias ngamensis ‘n swart testis en die Clarias gariepinus ‘n roomkleurige testis. Min navorsingsprojekte in die omgewing fokus op die normale histomorfologie van organe in visspesies. ‘n Gedetaileerde histologiese beskrywing van die normale testis van C. gariepinus is reeds gedoen op vis wat onder gekontroleerde toestande in ‘n laboratoium uitgebroei is, in water wat geen toksiese stowwe bevat nie. Dit is belangrik om die normale histomorfologie te beskryf van die testis van vis wat nie aan besoedeling blootgestel is nie. Hierdie inligting kan dan in toekomstige toksisiteitstudies as ‘n biomoniteringsmeganisme gebruik word in die histologiese en histomorfologiese assessering van die testis beide in die veld asook in die laboratorium.

In Augustus 2006 en Augustus 2007 is C. ngamensis (n = 15) en C. garipienus (n = 15) versamel in die Shakawe Pypsteel in die Okavango Delta. Die vis is in ‘n veldlaboratoium aangehou wat in ‘n akwarium wat belug is totdat die vis ondersoek kon word in die veldlaboratorium. Testis monsters is in 10% gebufferde formalien gefikseer en na die Universiteit van Johannesburg vervoer waar die weefsel verder geproseseer is deur gebruik te maak van standaard histologiese tegnieke.

Ligmikroskopie is gebruik om die testikulêre morfologie en ontwikkelingstadia van die testis te beskryf. Hematoksilien en Eosien (H&E), ‘Periodic Acid Schiff’ (PAS), ‘Perl’s Prussian Blue’ en ‘n

‘Silver Stain Solution’ kleurmetodes is gebruik om die fyner sellulêre detail in die testis van die skerptand- en stomptandbaber waar te neem. Strukture in die testis soos die lobules, verskillende seltipes (spermatogonia, spermatosiete, myoid grensselle, fibroblaste, Leydig- en Sertoliselle) is waargeneem en beskryf.

Resulte uit die studie (1) vorm ‘n histomorfologiese basislyndata van vis wat in ‘n ongerepte vleiland voorkom en wat vergelyk kan word met die veranderinge wat in babers wat in besoedelde sisteme voorkom, (2) dra by tot die beperkte databasis van die normale histomorfologie van die testis van Suider-Afrikaanse varswater visspesies en (3) verbreed die akademiese kennis en vaardighede wat benodig word om die vleiland ekosisteme in Suider-Afrika te bewaar.

Comparative histomorphological assessment of the testes of two Clarias species from the Okavango Delta, Botswana. The testes of two Clarias species from the Okavango Delta were assessed because of their colour differences. Three histological stains were used to enhance the cellular detail in the testes. The lobules and different cell types were detected and described and used for the determination of sexual maturity.

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie teologiese karakter kom veral na vore in Moltmann se verstaan van die Triniteitsleer en sy trinitariese teologie, wat beskryf kan word as ’n ‘Trinitariese teologie van

Daar is met 256 teen 192 stemme 57% die volgende besluit geneem: Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika verklaar dat die politieke beleid van apartheid wat toegepas is in die

Die doel van die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, was drieledig, naamlik: • om navorsingsbevindinge wat op die uitwerking van ekstrinsieke motivering betrekking het op die

Die akademiese faset is die wetenskap wat vanuit ’n Christelike perspektief aan die [U]niversiteit beoefen word, terwyl die nie-akademiese faset verwys na ’n ingesteldheid om nie die

Hy meen egter dat die verhouding tussen staat en moraliteit, wette en morele verantwoordelikheid, sentreer om dít wat mense verwag hulle gemeenskap moet wees en waarom, asook hoe hulle

’n Aanvaarding wat in sy formulering deur die Algemene Sinode van 1998 van die NGK opnuut omskryf en bevestig is NGKO 1964:2; NGKO 2015:1; NGK 1998:414-415.2 KERK EN STAAT IN DIE

Van Wyk Louw, ’n teenstander van sensuur en iemand wat die jonger skrywers wou aanmoedig om ook die “verborge” aspekte van die mens in hul werke te verken, word só in Draer van n Droom

Na aanleiding van ’n aanklag wat deur die NSPCA ingedien is, het die direkteur van openbare vervolging geweier om te vervolg en ook geweier om ’n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik