• Tidak ada hasil yang ditemukan

Janus

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Janus"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

867

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 4: Desember 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n4a14

Taalrubriek

Janus

Die Romeinse god Janus word meestal voorgestel met ’n gesig aan weerskante van sy kop.

Hy kan dus gelyktydig in twee rigtings kyk, en dit was die inspirasie vir hierdie “speletjie” of

“oefeninkie”.

Ek het verskeie kere al gesê dat ’n mens binnekort Engels sal moet ken om Afrikaans te kan verstaan. Lesers kan gerus kyk hoeveel (meestal gekamoefleerde) Engels hulle in die eerste stukkie opmerk voordat hulle dit met die meer tradisioneel idiomatiese tweede stukkie vergelyk.

Kyk een kant toe

So staan ons klomp toe die Saterdagmiddag by die vuur en praatjies maak toe die ref die game begin doodblaas. Dis veral oor die goed wat ons nie meer mee kan deel nie dat ons so staan en praat. Jan sê siende dat daar geen meer kundiges is wat al die probleme in die stelsel kan aanvat nie, dit is geen wonder dat die regering nie die ekonomie kan groei nie. Hy sê ons kan doen met ’n sterk leier wat met al die loodswaaiers kan wegdoen.

Toe Koos sê hy moet dan maar self inspring en mense oplei, laat hoor Jan: “Ek doen, ek doen, maar op die einde van die dag kan ek myself dit nie alleen aftrek as die regering dit vir my so moeilik maak om my onderneming suksesvol te hardloop nie. Ek gaan eventueel in die skuldhof opeindig,” kla hy, “en dit wil ek ten alle koste vermy.”

Piet kla weer dat sy seunskinders smôrens wil inlê en kom hulle nie met die melkery help nie. Hy wil hê hulle moet die alarm stel, maar hulle druk glo net die ding dood en slaap verder.

Hy dink dis vandat Kleinpiet en Klaas met hulle nooiens opgebreek het. Piet sê hy dink daar kan ’n brutale moord onder hulle neuse gepleeg word sonder dat hulle wakker word. Hy het al uit planne gehardloop, sê hy, en met dié dat hulle so inslaap, gaan hulle nog op baie dinge in die lewe uitmis, reken hy.

Toe my vrou uitkom en sê dis amazing ons is net 5 punte kort van ’n oorwinning, besluit ons ons kan tog nie al die land se probleme aanspreek nie en by verre die beste plan is om in te gaan en onsself te geniet. Ons kan ’n dop steek en kyk of die ouens se wedstrydplan afkom.

Dit sal awesome wees.

Kyk ander kant toe

So staan ons klomp toe die Saterdagmiddag by die vuur en praatjies maak toe die skeidsregter die wedstryd begin doodblaas. Dis veral oor die goed wat ons nie meer kan hanteer nie dat ons so staan en praat. Jan sê aangesien daar geen kundiges meer is wat al die probleme in die stelsel kan aanpak/takel nie, is dit geen wonder dat die regering nie die ekonomie kan laat groei nie. Hy sê ons kan baat vind by ’n sterk leier wat van al die loodswaaiers ontslae kan raak.

Toe Koos sê hy moet dan maar self inspring en mense oplei, laat hoor Jan: “Ek maak so / ek doen dit, maar op die ou end / ten slotte kan ek dit nie alleen regkry/vermag as die regering dit vir my so moeilik maak om my onderneming suksesvol te bedryf / bestuur nie. Ek gaan uiteindelik in die skuldhof beland / eindig,” kla hy, “en dit wil ek tot elke prys vermy.”

(2)

868

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 4: Desember 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n4a14

Piet kla weer dat sy seunskinders smôrens laat wil / laat wil slaap en dat hulle nie met die melkery kom help nie. Hy wil hê hulle moet die wekker stel, maar hulle druk glo net die ding dood en slaap verder. Hy dink dis vandat Kleinpiet en Klaas met hulle nooiens uitgemaak het. Piet sê hy dink daar kan ’n wrede / wreedaardige moord onder hulle neuse gepleeg word sonder dat hulle wakker word. Hy het nie meer planne nie / is al raadop, sê hy, en met dié dat hulle so laat slaap, gaan hulle nog baie dinge in die lewe mis / misloop, reken hy.

Toe my vrou uitkom en sê dis ongelooflik want ons kort net 5 punte vir ’n oorwinning / om te wen, besluit ons ons kan tog nie al die land se probleme oplos nie en verreweg die beste plan is om in te gaan en dit / die wedstryd te geniet. Ons kan ’n dop steek en kyk of die ouens se wedstrydplan slaag. Dit sal wonderlik / skitterend wees!

JD (Tom) mcLachLan

E-pos: [email protected]

Referensi

Dokumen terkait

Dit was ook te zien aan de sprekers en de deelnemers, die niet alleen van de gemeentelijke belastingwereld afkomstig waren, maar ook van het ministerie van Binnenlandse Zaken

Hoeveel kennis hy van die politick moet he vir · sy tuinparty-toesprake is nie genoem nie, maar sovcr dit die aanleer van Afrikaans betref, kan ·verwag word dat dit maar die gewone

Ek dink amper nog dat hy ’n gedeelte van die film van Fuchs-hulle vertoon het en dit het gemaak dat ek nou baie opgewonde was in verband met Antarktika en ek het die onderwerp maar so

Met die beantwoording van die vraag sal daar getoon word dat dit in die hele saak nie maar net moet gaan om ’n geskiedkundige klasbespreking nie, maar dat dit moet gaan om die aanbied

Gewoonlik steur ek my nie veel aan hoe ’n boek lyk nie, maar die foto van ’n aggressiewe hond op die voorblad is meer gepas vir ’n riller as ’n roman wat te doen het met die verhouding

In detail word beskryf hoe Tosh Rosh die renoster “sag soos ’n baba in ’n wieg” op ’n matras laat sak.. Die einde van die verhaal is aangrypend: Tosh Rosh was die vlieënier wat die

Alleen al om die reden, maar ook omdat ik zo kort in dit dorp kan verblijven, zal ik slechts opper- vlakkig kunnen kennisnemen van wat zich in deze gemeenschap afspeelt.. Het is de

Indien dit die geval is, is dit ’n verdere illustrasie van die karaktertrek “hou nie van ‘die Jode’ nie.” Aan die einde van hierdie toneel lyk die lysie van karaktertrekke wat die