RUSTENBURG HERALD
PAGE 10 24 DECEMBER 2020
Viewpoint by Waldie Volschenk, 13 Coetzer Street, Rustenburg.
‘n Mens sou nogal dink dat ‘n mooi “netjiese”
jaargetal soos 2020, en veral die hoogtepunte van so ‘n jaar, maklik sou wees om te onthou.
En inderdaad sal die ganse mensdom die jaar 2020 net eenvoudig nooit kan vergeet nie.
Wat kan ‘n mens sê van die jaar wat verby is? Diegene van ons wat op die vooraand van Kersfees 2020 nog hier is om die afgelope 12 maande in oënskou te neem, is inderwaarheid onder die gelukkiges. Of is ons?
Hoewel die sterftesyfer weens Covid-19 tot dusver nie skrikwekkend hoog was nie, is daar tog baie van ons wat geliefdes, familie en vriende aan die pandemie moes afstaan.
Ons moet egter ook onthou dat die pandemie blykbaar nog vir ‘n geruime tyd nie iets van die verlede sal wees nie en dat daar dalk nog baie offers gevra gaan word.
Nietemin, in hierdie tyd van oordadigheid (dalk is dit vanjaar nie heeltemal die geval nie?) moet ons veral dink aan die mense wat die swaarste deur die pandemie getref is, mense wie se besighede nie die mas kon opkom nie en wat baie hard moes veg of dringend ander planne moes beraam om nie
letterlik alles te verloor nie, hoe gebrekkig dit ook al mag gaan.
Ons eerste hoop is dus dat die pandemie wat nou al vir nagenoeg 14 maande dwarsoor die wêreld verwoesting saai, met die koms van sommer ‘n hele paar entstowwe die wind van voor gaan kry. Ons hoop dat die siekte in vroeg in die nuwe jaar gestuit - en vir altyd - oorwin sal word.
Ons hoop dat nuwe deure sal open vir só baie mense wie se lewens uiters negatief deur die pandemie geraak is en steeds geraak word. Mag dié mense in die nuwe jaar die geleenthede kry om voor te begin en die uitdagings van Covid-19 die hoof te bied.
Dalk net, het Covid-19 Suid-Afrikaners weer laat onthou van ons klompie mense hier aan voet van Afrika se besondere vermoë om hande te vat, saam te staan en ook hierdie grootste van alle uitdagings in menseheugenis, te oorwin!
Ons wens alle Suid-Afrikaners ‘n geseënde Kersfees saam met hul geliefdes toe en hoop van harte dat 2021 te midde van goeie reën wat landswyd begin uitsak het, ‘n jaar van ongekende seën en voorspoed sal wees!
Stuur aan: Die NuuSreDakteur - Faks/Fax: 014-592 1869 - e-pos/e-mail: [email protected]
One would have thought that a pretty “neat”
year such as 2020 would have been easy to remember? Unfortunately, this was indeed the case, although for all the wrong reasons.
What can be said of a year such as 2020?
For those of us who are still here on the eve of Christmas ‘20 to consider the events of the past 12 months - yes, indeed we are the lucky ones!
Many people have lost loved ones, family members and dear friends and though the death toll due to Covid-19 was not necessarily frightening, we must remember that the pandemic is still not contained and that many sacrifices may yet lie ahead.
Nonetheless, in these times of opulence (perhaps considerably less so?) in celebration of Christmas 2020, let us also think about the thousands of people still suffering from the effects of Covid-19 since the outbreak in South Africa earlier this year...
Those people of the business fraternity whose concerns simply couldn’t rise to the challenge of the pandemic and those who have
indeed battled fiercely not to lose everything, however bad things may still be.
With the roll-out of various vaccines to combat Covid-19 across the globe, we hope that the pandemic will be stopped in its tracks from destroying peoples lives and so many things as we have known previously.
May we also hope that the new year will bring new opportunities to all those who have worked tirelessly to put food on the table and have shelter over their heads.
May we in conclusion, remind South Africans of the particular ability of our people here at the foot of Africa to take hands, to stand together and to defeat this greatest challenge of them all. May the arrival of the long-awaited rainy season which has brought excellent showers over large parts of the country only be the beginning of great fortune and boundless success!
We wish all South Africans a merry and happy Christmas 2020 and in particular, an exceedingly prosperous and fortunate year 2021!
Kom ons hoop op beter tye
Let us hope for a better year
RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Nikita Schutte van Von Belkumstraat is die gelukkige wenner van ons blokkiesraaisel van 11 Desember 2020.
Kotie Nortje of Rustenburg Rusoord is the lucky winner of the Sudoku #592.
Baie geluk aan die wenners wat ‘n kontantprys van R250 elk losgeslaan het.
Winners are urged to come and collect their cash prize from our offices at 13 Coetzer Street before the following Tuesday.
Moet nie vergeet om
‘n afskrif van u ID te bring nie.
on your electronic device to complete the games on the interactive page and win!Tap