• Tidak ada hasil yang ditemukan

Menslike mense: Gelowig nagedink, Deel 5

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Menslike mense: Gelowig nagedink, Deel 5"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Digitised by the University of Pretoria, Library Services Boekbesprekings / Book Reviews

God, aan mekaar en die w~reld is 'n sterk Bybels-gefundeerde uitgangspunt om die kerk te laat wees so os dit in die Bybel beskryf word.

Die enigste leemte in die boek is dat Nel die gemeente-analise proses van Callahan aan- vaar sonder dat die meriete daarvan in diepgang bespreek word.

Nel se Gemee"tebou behoort op elke predikant se rak te wees en sy inhoud behoort deel van aile kerke se denke ten opsigte van gemeentefunksionering te word.

Konig, Adrio 1993 - Menslike mense: Gelowig nagedink, Deel 5: Oor die mens en die sonde in die praktyk

Halfway House: Orion Uitgewers, Sagteband, 245 bladsye, Prys: R41,50.

Resensent: Prof I W evan Wyk

In Hervormde Teologiese Studies 49, 373-376 van Maart/Junie 1993 het ek 'n baie positiewe en waarderende resensie oor . Bondgenoot en Beeld: Gelowig nagedink, Deel 5' op ons rakke geplaas. Deel 5 handel oor die praktiese konsekwensies van Deel 4. Hierdie boek is heelwat makliker leesbaar as die vorige boek. Dit was ook s6 bedoel. Konig wou die konsekwensies van die Byhelse antropologie op so 'n wyse uitspel dat meer as ingewyde teoloe daarvan kan kennis neem. 'n Mens wil daarom die hoop uitspreek dat predikante hierdie boek aan lid mate en kerkraadslede sal bekendstel.

In hoofstuk 1 tree Konig met vier mensb6~kouings in Suid-Afrika in gesprek, naamlik die mensbeskouing van apartheid, die liberale mensbeskouing, die tradisionele mensbeskouing van Afrika en die mensbeskouing van die bevrydingsteologie. Hoofstuk 2 handel oor menseregte. Hy behandel die aard, geskiedenis, fundering van en teenstand teen mense- regte. Hoofstuk 3 handel oor die feminisme. Hy beantwoord die vrae: is God manlik en is feminisme geregverdig? Verder word daar na die vrou in die Bybel gekyk. Hoofstuk 4 handel oor evolusie. Die outeur tree onder andere in gesprek met die Darwinisme en gee sy siening van die verhouding tussen skepping en evolusie. Hoofstuk 5 gaan oor die ou vraag- stuk van siel en liggaam.

Ek is van mening dat hierdie boek 'n uitstekende basis vir verdere besinning en dis- kussie binne die Suid-Afrikaanse teologiese toneel bied. Konig het 'n gebalanseerde aan- bieding van sensitiewe en omstrede sake. Hy is versigtig en sensitief teenoor almal, maar skroom nie om kritiek vanuit 'n Bybelse perspektief te lewer nie. Aile teoloe - wit en swart, links en regs - kan daarom hierdie boek met vrug vir besinning en diskussie gebruik.

Gemeentepredikante sal hierdie boek ook met groot vrug vir besprekings in hulle gemeentes kan gebruik. 'n Magdom inligting word op 'n verstaanbare wyfJe aangebied vir gebruik.

Konig se eie perspektiewe kan ook met groot vrymoedigheid met lidmate gedeel word. Hier- die is die tipe boek wat 'n predikant 'n middag uit die verknorsing kan help wanneer hy

ISSN 0259-9422 ==

HTS

51/2 (1995) 569

(2)

Digitised by the University of Pretoria, Library Services Boekbesprekings / Book Review

byvoorbeeld die aand oor 'n saak soos evolusie by 'n Bybelstudiegroep moet gaan praat. Oft beteken. natuurlik nie dat ons hier met 'n populare boek te make het nie. Soos daar van iemand soos Konig verwag kan word, het hy deeglike navorsing oor al die sake gedoen. Oor sy belesenheid hoef niemand te'twyfel nie. Afgesien van die uitvoerige bibliografie, kom daar ook 'n teksregister, 'n onderwerpregister en outeursregister in die boek voor.

In die voorwoord spreek Konig die onsekerheid uit of Deel 6 wat oor die voorsienigheid gaan handel, wei in Afrikaans beskikbaar gestel kan word. Dit sal 'n baie groot jammerte wees indien hierdie reeks om finansiele redes in Afrikaans gestaak sal moet word. Ons spreek die vertroue uit dat Konig wei 'n uitgewer sal vind vir 'n boek livat beloof om groot belangstelling te 10k. Hiervan is die diskussies wat alreeds in die dagpers oor sy oortuigings gevoer is, 'n bewys. My oproep aan almal is die volgende: koop asseblief die boek!! Ons kan nie toelaat dat mense wat werk van internasionale gehalte in Afrikaans lewer, ont- moedig word om daarmee voort te gaan nie.

Van der Walt, B J 1989 - Oor gode en mense: 'n Christeli'ke Godsdiensfilosofie

Potchefstroom: Departement Sentrale Publikasies, PU vir CHO. iv + 349 bladsye.

R15,OO

Resensent: Prof P J van der Merwe

Volgens die skrywe is die bedoeling met hierdie boek om as leesboek te dien vir voorgraadse Bybelkundestudente en voornemende teologiese studente. Dit is afgestem op die behoeftes van 'n kursus in Godsdiensfilosofie wat as deel van Filosofie aangebied word.

570

Die inhoudsopgawe laat 'n wye en uiteenlopende spektrum van temas blyk:

Inleiding (6 pp).

Strominge in die Godsdiensfilosofie en wetenskappe wat religie bestudeer (5pp).

Funksionalistiese beskouinge oor die oorsprong van religie (6 pp).

Religie: die woord en basiese karaktertrekke (6 pp).

Enkele Bybels-Reformatoriese standpunte oor wat religie is (34 pp).

Halfhartige Christendom: die tweeterreineleer van natuur en bo-natuur (14 pp).

God se open baring (23 pp).

God se teenwoordigheid (6 pp).

Goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid (23 pp).

Om mens te wees: gawe en opgawe (30 pp).

Religie en samelewing (27 pp).

HTS 51/2 (1995)

Referensi

Dokumen terkait

TH le Roux het reeds in die veertigerjare bevind “wanneer die teenwoordige deelwoord in Afrikaans in werkwoordelike funksie gebruik word, gaan hy uit op -e”.2 Dit sluit aan by verskeie

In hierdie bundel word gewoonlik enkele gedigte van gevestigde digters opgeneem uit hulle bundels wat gaan verskyn om as lusmaker te dien, terwyl die leser ook bekend gestel word aan ’n

musiek te maak in jou klein warm hoek van hierdie bloedige en geweldige Ryk; as jy wil jammer wees, gaan uit, gaan kyk in die slawestalle waar ons saamgehok lê, dier vas aan dier,

Party spasies is baie groter as 20mm, maar as ons nog ‘n koekie daar probeer in sit gaan die spasies om die koekies minder as 20mm wees... Bertus werk elke Saterdag en Sondag, so hy

Toe die eerste deel vyf- tig jaar gelede in gebruik geneem is, het dit vir 102 inwoners voor- siening gemaak, wat as baie groot beskou moet word in ~ tyd toe die Universiteit as geheel

party-lede nie; 'n baie groot deel sal corder O.D.-Iedo wees." ,Dit mag wecs, maar bulle is tog in so ,ver cen dnt hulle vir eon beleid stem, en daar is op politieke gebied vrede

Daar is gesê jy moenie vergeet om vir die honde te gaan water gee nie, wat natuurlik groot, agterna vind jy uit dis 'n groot grap want die huskys weet nie rêrig wat water is nie, en dis

Net soos die vorige vier publikasies is bierdie '0 baie goeie bydrae in die besinniog oor gemeentebou en 'n goeie praktiese hulpmiddel om gemeentes te help om kerk te wees ooreenkomstig