• Tidak ada hasil yang ditemukan

menswaardigheid en menslike regte na aanleiding

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "menswaardigheid en menslike regte na aanleiding"

Copied!
8
0
0

Teks penuh

(1)

Thomasius: De origine Philosophiae et ecclesiasticae. Halle, 1699.

Thomasius: Introductio in Philosophiam aulicam. Berlyn, 1712.

Werderhagen, J. A. van: PsycKologia vera J. Boehmii Teutonici. Amsterdam 1632.

Freundethal, J . : Spinoza und die Scholastik. Gesammelte Aufsatze E. Zeiler gewidmet.

1887.

Bohatec, J. Die Cartesianische Scholastik in der Philosophie und reformierten Dogmatik des XVII. Jahrhunderts. D l.I. Leipzig 1912.

M EN SW A AR D IG H EID EN M EN SLIK E R EG TE N A A A N LEID IN G V A N DIE SK R IF.

A s ons op christelik'sedelike terrein vra na die waarde o f waardigheid van die mens, dan kom ons in die Skrif altyd weer uit by die skeppings- verhaal, soos wat ons dit weergegee vind in die eerste hoofstukke van Genesis.

Die outeur o f outeurs begin nie met enige onsekerheid nie oor die vraag o f die mens bestaan en o f hy nie bestaan nie. Hulle het nie van die onbetwyfelbare denkkrag van die mens uitgegaan nie om dan soos die Cartiaanse filosofie oo r te gaan tot die gevolgtrekking, dat die mens, om dat hy kan dink, daarom ook werklik moet bestaan. Nee, hulle was veel meer realisties as dit. D ie gelowige mens is die mees realistiese mens, wat daar is.

Daar was niks waar die antieke mens so seker van was nie, as van die feit dat hy as mens werklik bestaan.

M aar daar was nog ’n tweede stelling, waarvan hy uitgegaan het en dit was die stelling dat G od ook bestaan. Nie in die minste het hy ooit getwyfel aan hom self o f aan G od nie. D aarom begin hy ook nie met die soek na ’n antwoord op die vrae o f hy as mens bestaan en o f G od bestaan nie. Die enigste vraag waar hy hom mee besig hou is die vraag: wat is die verhouding van die mens tot G od ? H oe staan en bestaan die mens voor G o d ? D is hierdie vraag waar die hele Bybel hom mee besig hou, van Genesis tot Openbaring.

D at die Skrif begin met die skeppingsverhaal, was nie om die nuus- gierigheid van die nuusgieriges te bevredig nie, maar om die geloof van die gelowiges te versterk. D aarom begin die Sk rif om te verhaal, hoe dat G od alles in aansyn geroep het en ten laaste ook die eerste mense-paar geskep het. N iks en niemand is vrug van eeue-lange ontwikkeling nie, maar alles is die eiemagtige daad van die almagtige G od. En vir hom , wat nie kan uitgaan nie, van die grondstelling dat daar ’n almagtige, algoeie G od bestaan, wat alles deur die krag van sy wil daar gestel het, o f kon gestel het, vir hom kan die Sk rif geen boodskap bring nie. Hy sal die Bybel ook maar stilletjies opsy skuif en vervang met die mensewoord, die kerklike tradisie o f die ydel menslike filosofie.

V ir hom wat wel van hierdie geloof wil uitgaan, word dit in Genesis 83

(2)

baie duidelik gestel, dat G od die heelal daargestel het om vir Horn as ’n tempel diens te doen. Alles moes sy naam grootm aak en verheerlik en in daardie tempel sou die mens as priester van G od diens doen en om aan die diens van die wéreld tot verheerliking van G od leiding te gee. Die mens sou wees die begeleider by die magtige koor, wat gedurig sou sing: heilig, heilig, heilig is die Here van die Leërskare! Hy sou optree as skakel tussen G od en die res van die skepsels en die plaasvervanger van G od teenoor die medeskepsels. Dit is wat alles verstaan moet word onder die stelling dat die mens in o f na die Beeld van G od geskape is. Hy sou die W oord van G od hoor, as G od met hom spreek, m.a.w. hy sou in voortdurende woord­

verbinding met G od staan. Dit beteken dat sy waarde en waardigheid altyd sou afhang van hierdie verhouding tot G od. Hy het geleef en kon alleen leef van die guns van G od. M aar daar was ’n voorw aarde: hy moes ge- hoorsaam wees en bly aan G od. D ie bande met G od, die grond van sy menswaardigheid was dus die bande van gehoorsaamheid aan G od.

D aarop kom die sondeval, die verbreek van die bande met G od. Die verbond van G ods guns word verruil vir die slawe-verbond met Satan, met die ideaal om in die wéreld te kan leef sonder G od. Satan het dit so aan die mens gestel dat dit wel moontlik is en die mens het dit geglo. Die mens het die bande met G od verbreek, maar G od laat dit nie verbreek nie.

Hy stel ’n ander Verbond, die Verbond van die genade. Die mens het die Verbond met G od verbreek, maar ’n ander M ens sal kom om dit te herstel.

Hy sal die kop van die slang vermorsel d.w.s. al die werk van Satan omver­

gooi en die bande met G od volkom e herstel. D is die belofte aan Eva, wat maak dat die mens in die geloof die Verbond van G ods genade in Christus, aanvaar as redding, as verlossing, So kry die mens sy menswaar­

digheid terug, maar dit staan in die teken van die geloof in Christus in W ie en deur W ie die Verbond van genade tot stand kom. Nog meer as voorheen hang die mens se menswaardigheid nou af van sy verhouding tot G od, nou ’n geloofsverhouding deur Jesus Christus die M iddelaar „G o d s en der mensen” .

So het die wetgewer op Sinai dit ook gesien en na aanleiding daarvan die verhouding vasgestel tussen die mens en G od sy Skepper-Heer en tussen die mens en sy medemens, in die dekaloog, die tien gebooie.

Hierdie wetgewing met sy vasstelling van die menswaardigheid van die mens daarin, was nie in stryd met die V erbond van genade nie, maar staan in die diens daarvan. D it was vir die mens ’n tugmiddel, ’n leermeester tot op die tyd dat die genade-Verbond deur Christus werklikheid geword het.

Die grond van die wet was die moederbelofte aan Eva, maar sy taak was om die eiesinnige mens te tug, te vermaan en te leer tot op die tyd wat bekend sou wees as die volheid van die tyd, wanneer die verlossing werklikheid geword het en die mag van Satan, deur die betaalde losprys aan die kruis, verbreek sou wees. M aar die wet kon nooit oorbodig wees nie, want hy het altyd heengewys na die Verbond van genade en sal altyd daar heenwys.

Dat die wet sy betekenis nooit sou verloor nie, het Christus bevestig met Sy samevatting van die wet as die gebod van liefde tot G od en die naaste.

(3)

So het die grondlêers van die volksplanting aan die suidpunt van Afrika dit ook geglo, hulle wat bereid was om alles te verloor behalwe hul geloof in G od en hul geloof in Jeusus Christus, volgens die Skrif, onse Bybel, die W oord van G od. D is hierdie geloof wat ’n onbetwisbare stempel gedruk het op hul hele lewensopvatting en wat ook gemaak het dat hulle bereid was om alles tydeliks op te gee in die ou vaderland om hier ’n nuwe vaderland te kom soek. U it hierdie geloof het hulle ’n eie lewens- patroon ontwikkel en wat hulle altyd as ’n God-gegewe erfenis beskou het en so ook aan hul nageslagte oorgegee het. Dis hierdie lewenspatroon wat die nageslagte nie kan loslaat nie en wat vir die vreemdeling ’n oorsaak tot bittere ergernis is tot vandag nog.

Die vreemdeling het ’n ander agtergrond, ’n ander geloof en kom met

’n ander lewenspatroon. D ie diepste grond vir verskille t.o.v. die rasse- beleid in Suid-Afrika is daarom nog altyd gewees ’n verskil van geloof en godsdiens. V ir hom wat nog altyd agter goud en diamante aangetrek het, is dit haas onmoontlik om hom met die Afrikaner se sienswyse te vereen- selwig. Alleen namate die Afrikaner losgemaak kan word van sy oorge- erfde lewensopvatting, wat skriftuurlik gefondeer is, na die mate sal hy sy lewenspatroon ook t.o.v. die verskillende rasse in Suid-Afrika los kan laat en na die mate sal daar minder verskille oorbly tussen sy rassebeleid en die liberalistiese opvattings van die kultuurprotestantisme van die Anglikaanse religieuse filosofie, wat vandag sy stempel druk op die hele Wêreld-raad van Kerke en deur hierdie volslae liberalisties-etiese liggaam op die hele protestantse wéreld van vandag.

M aar ons mag nie negatief wees nie. Dit sal ons niks baat nie om tot ons grootste ergernis ons besig te hou met die kerklike strominge wat die klok van die christelike geloof wel hoor lui het, maar nie weet nie waar die belletjie hang. Daarom keer ons terug na die Suid-Afrikaanse Pionier, die Hollandse Watergeus en die Franse Hugenoot, wie se hele lewensuitsig as calvinis gegrond was in die liggewende krag van die W oord van G od in die Skrif. Die Bybel was vir hulle nie maar net ’n etiese referensieboek nie, wat m ooi en navolgenswaardige lesse en voorbeelde bevat, veral in so ver as wat sulke lesse in ooreenstemming is met die beste, wat die menslike gees tot sover tevoorskyn gebring het nie. M aar hierdie Boek was vir hom G ods W oord, ’n Lig op die pad en ’n Lamp vir die voet vir hierdie lewe en die lewe daarna. En hy het goed geweet dat as hy hierdie skriftuurlike gefondeerdheid van sy rassebeleid sou prys gee hy daarmee sy hele lewens- fondament onder sy voete sal laat uitskop. D is om hierdie rede dat hy en sy' nageslag en geestelike erfgename so dikwels nie verstaan word nie en daarom al vaak uitgemaak is vir „prim itive Calvinists” .

In die lewe van hierdie calvinistiese grondlêer van die fondamente van die Boerenasie, het die dekaloog, die tien gebooie, as staande in die diens van G ods Verbond van genade in Christus, ’n plek van haas onbeskryflike betekenis gehad. D it geld veral die twede deel van die tien gebooie, waar dit gaan oor die houding tot en sy verhouding teenoor die medemens.

(4)

Hier het hy lig gekry vir sy probleme en vrae hoe hy hom moet gedra teenoor die primitiewe rasse, met wie hy hier in aanraking kom. A an die een kant het gestaan die eis van liefde tot die naaste, al was dit nie juis terwille van hierdie naaste self nie, maar dan tog terwille van G od, van wie hierdie naaste ook ’n skepsel is. A an die ander kant het gestaan die toestand van primitiwiteit en besondere agterlikheid, so anders as wat maar ergens anders in die wéreld sprake van kan wees. Hierdie dilemma het veral bestaan t.o.v. die Boesmans, wat so agterlik en daarby so slu en agterbaks was, dat daar nouliks met hulle ’n verhouding aangeknoop kon word. T.o.v. die Hottentotte was dit ietwat beter gestel. Later het die Koloniste aan die Kaap ook in aanraking gekom met die Bantoes, met wie (hoewel onbeskaafd) daar wel ’n verhouding aangeknoop kon word.

Die onderhandelings tussen Piet Retief en Dingaan wys dat die Boere selfs gereken het, dat Dingaan ’n erewoord gehad het, waar hulle op kon reken. En die latere ervarings met die Boesm ans het uitgewys dat hulle, nadat hulle „m akgem aak” is, tog nie onvatbaar is nie vir die elementêre beginsels van die westerse beskawing. D ie feit dat al hierdie gekleurde rasse net in graad van beskawing van die Blankes verskil en dus as mede- skepsels na die Beeld van G od beskou moet word, het die calvinistiese christen gedwing om ’n ander houding teenoor die inboorlinge aan te neem as teenoor al die ander lewende wesens. Tog is dit waar dat daar Blankes was, wat dit met groot em s betwyfel het dat die primitiefste onder die primitiewes vatbaar kon wees vir die Evangelie en dat daar plek vir hulle in die Hemel kon wees. M aar dit geld die uitsonderings.

Uitgaande van die geloof dus dat hierdie mense ook medeskepsels is en daarom ook kinders van G od kan wees, het die blanke christen hoe langer hoe sterker tot die oortuiging gekom, dat hy ’n roeping van G od het teenoor die primitiewe inboorlinge van hierdie land, maar watter houding m oet hy aanneem teenoor hulle t.o.v. die maatskaplike lewe ? Hier is toe die begrip van geskeidenheid en apartheid gebore. Dit was in elk geval beslis onm oontlik gewees om te dink aan ’n gemeenskaplike eenheids- strewe met hierdie primitiewe groepe. V ir die Blanke christene sou dit beteken het die vernietiging van hul eie kuituur en volk en wat nog erger sou wees, die vernietiging van al wat christelik is. Die menswaardigheid van die mens is vrug van sy verbondenheid met G od die Skepper-Heer en hier by hierdie primitiewe volke was nie die minste sprake van ’n gods­

begrip nie en daarom is dit, dat die mens hier sy menswaardigheid verloor het, tot so ’n mate, dat daar som s twyfel bestaan het, o f hulle ooit weer ’n G odsbesef kon ontwikkel en ooit weer hulle menswaardigheid terug kon vind. Die Kaapse christene het hulle hierin laat lei deur die geskiedenis van Israël ná die ballingskap onder die bestuur van Esra en Nehemia.

En net so seker as wat Israël sy roeping sou verloor het, as hy hom sou laat verbrokkel en vernietig het kultureel, nasionaal en godsdienstig deur ’n vermenging met die Samaritane en die ander inwoners van Palestina, net so seker sou hierdie Blanke christene in Suid-Afrika hul roeping ook ver­

86

(5)

loor het teenoor die gekleurde rasse, as hulle nie met die uiterste krags- inspanning hulleself hier gehandhaaf het nie.

Dat dit hier nooit uitgeloop het nie op die uitdelging van die ander rasse, soos wat elders in die wéreld wel gebeur het, is alleen te danke aan die Blanke nedersetters se geloof aan G od as die Skepper-Heer van alle mense na Sy Beeld en Sy Gelykenis en hul geloof dat daar vir hulle ’n van G od gegewe roeping is teenoor hierdie minder bevoorregte kinders van G od. Dit is aan hierdie geloof te danke dat die Bantoes gegroei en gebloei het en dat die Hottentotte saam met die vrygelate slawre ontwikkel het tot die kleurlinggemeenskap van vandag. A s daar mense vandag in Suid-Afrika is, wat die Here G od moet lo o f en dank, daarvoor dat dit geloofshelde en geloofsheldinne was, wat hier die grondslag kom lê het van die westerse beskawing, met die christelike kerk in Suid-Afrika, dan is dit die Bantoes en die Kleurlinge. D it kon ook ander westerlinge gewees het. Dit kon dié gewees het, wat alleen soek na die stoflike voordele, sonder om te let op die m iddels, wat hulle vir hul doel gebruik. Selfs die geskiedenis van Suid-Afrika kan hiervan getuig. En dan kon die geskiede- nis van ons gekleurde rasse baie anders gewees het. Die geloof aan G od en die geloof aan die wet van G od en die christelike liefde tot die naaste, het hulle gered en hulle mag dit nie strafloos vergeet nie.

Die dekaloog: jy moet jou naaste lief hê soos jouself, het aan die Blanke christen sy besef van plig teenoor die gekleurde rasse in Suid- Afrika gegee en dit het daardie besef, selfs onder die moeilikste omstandig- hede ook wakker gehou. M aar een-en-dieselfde maatskaplike struktuur kon dit hier nooit word nie. D it sou selfm oord wees en sonde teen G od.

M aar dit was ook nie nodig nie en die teenoorgestelde n.l. die uitwissing van hierdie rasse was ook nie nodig nie. Die W oord van G od het weer die weg gewys. V ir Irsael was dit al die eeue deur nodig om sy identiteit te bewaar. W as dit onnodig diskriminasie van M oses toe hy Israël ernstig gewaarsku het om nie met die ander rasse te vermeng nie, al sou hulle ook die godsdiens van Israël aanvaar ? En Esra en Nehemia, wat die gemengde huwelike verbied het en selfs ongedaan gemaak het, terwille van die volk se roeping teenoor die res van die wéreld, was dit uit selfverheffing gewees o f het hulle dit gesien as die ontwyfelbare voorwaarde vir die vervulling van hul lewensroeping ? En moet ons die Here G od nie dank nie vir hierdie ligtende voorbeelde vir ons eie voorouers ? Voorwaar ’n kosbare erfenis, ’n geloofserfenis vir die geslagte van vandag. D is alleen die top­

punt van gebrek aan geloof op hierdie punt, wat hierin kan lei tot ’n ver­

oordeling van die geslagte wat verby is. D is verraad teenoor die geloofs­

helde en geloofsheldinne van weleer.

Vermenging van rasse en die ontkenning van die andersheid, wat deur G od daargestel is, sou selfm oord beteken het en daarom was die weg, wat deur G ods W oord aangewys word, die enigste moontlike weg, die enigste eerbare en die enigste christelike weg nl. die wreg van aparte ontwikkeling,

(6)

die weg van handhawing van die verskeidenheid en geskeidenheid van alle rasse en groepe. Dat die opgee van die geskeidenheid moet uitloop op bloedvermenigng, moet uitloop op die opheffing en vernietiging van die verskeidenheid, kan alleen deur ’n dwaas betwyfel word.

So het die patroon van apartheid o f segregasie, die vrye naasmekaar- bestaan van alle rasse en groepe in die Suid-Afrikaanse volkerelewe sy beslag gekry. D is ook nie iets nuuts nie, m aar so oud soos die menslike samelewing self. En dat G od self dit bewerk het met die spraakverwarring by die toring van Babel, was nie ’n G oddelike straf vár die hoogm oed van die aardbewoners nie, maar ’n openbaring van G ods genade. D ie sondige en van G od afgedwaalde mens bederf sy lewe keer op keer, maar G od herstel altyd weer. Hy gee genade op genade. Hierdie apartheid is skriftuurlik gegrond en daarom ook christelik, m aar dis ook natuurlik en regverdig. D is natuurlik dat elke mens en elke groep en elke ras alleen dan kan ontwikkel ook tot nut van sy medemens, wanneer hom gegun word om hom self te wees en sy verantwoordelikheidsbesef te ontwikkel.

En dit is die grootste misdaad teen die menslike geslag om die een o f ander ras o f volk o f groep o f indiwidu te hinder in hierdie ontwikkelingsproses en dit is waar elke vorm van verydeling van apartheid op neerkom. D is ook veral hier in die aparte, selfstandige gemeenskap met sy ontwikkelde verantwoordelikheidsbesef, waar daar ’n oor sal wees vir die Evangelie­

prediking. Enige nasionale ontwaking vereis ’n aparte selfstandige bestaan vir elke aparte volk, so gou hy instaat is om selfstandig te bestaan. Dit gee hom roepingsbesef en dit maak hom deemoedig wanneer hy begin glo dat hierdie roeping van G od kom. Nasionalism e verdiep die lewe, terwyl die intemasionalisme en liberalisme dit vervlak. D is hier waar die menswaardigheid van die mens onder die prediking van G ods W oord, om dat hy nou weer weet dat hy skepsel van G od is, langsaam weer kan kan herstel. Dis ook alleen hier waar ’n gesonde nasionale atmosfeer, wat christelik gefondeer is, waar die menseregte van elke indiwidu nog enige waarde het, want hier word die mens gedwing om hom self te sien as die hoeder van sy broeder. Die saamverbindende faktor is die besef van volksverbondenheid, wat deur die geloof geregverdig is en deur die geloof instand gehou word. By die materialistiese lewensbeskouings, waar die volksverbondenheid nie enige gewig kan dra nie, word die nasionale vervang met enigiets wat stoflik van oorsprong is. Hier kry mens ’n klasseverdeling, wat lynreg staan teenoor die nasionale godsdienstige, om dat die materialistiese altyd stryd voer teen alles wat geestelik is. Die christelik-nasionale klasseverdeling van die Afrikaner is die mees geestelike en tegelykertyd die mees werklike verdeling van klasse en groepe, wat bekend is. D is alleen moontlik by die volk wat gedra word en instand gehou word deur sy onverbreekbare besef van volksverbondenheid aan die een kant en sy geloof aan G od aan die ander kant. Die kapitalisme en die kommunisme staan altyd vir ’n materialistiese klasseverdeling en het assodanig nie alleen vir nasionalisme geen plek nie, maar vir die christelike geloof ook nie.

(7)

Die teenvoeter van die menswaardigheid van die mens deur sy ver­

bondenheid aan G od, is in ons tyd die W esterse Liberalisme en die O osterse Kommunisme, wat in hierdie tydsgewrig mekaar se hande vas- gegryp het. Die eerste verdedig kragtens sy humanistiese uitgangspunt die goddelikheid van hierdie menswaardigheid en deur die laaste word dit geloën. Die eerste lei op sy beste tot ’n verwarde idealisme en die laaste tot die verdierliking van die mens. D ie eerste sien die mens as doel in homself, die tweede beskou die mens alleen as middel tot ’n selfsugtige eiesinnige doelstelling. D ie menswaardigheid van die mens in sy relasie tot G od as dienskneg en diensmaag van die Allerhoogste, het by albei verlore gegaan, om dat die geloof in G od en die geloof in die Christus van G od verlore gegaan het. Die Liberalisme, soos wat dit sig uitleef in sommige kerklike groepe in Suid-Afrika, in die W êreldraad van Kerke, in die V .V .O . en in die raadsale van die meeste volke van die westerse wéreld, is die tekens van ’n verarmde mensdom, omdat sy Christendom verarm het. V ir hierdie Christendom wat meer die tekens van die Anti- Chris vertoon as die van die Christus van G od, is dit nie die moeite werd om voor te leef nie, nog minder om voor te sterf.

W at ’n toestand! D is die blindes en verblindes wat in ons tyd die weg wil aanwys, nie die wat nog kan sien nie. D is ’n kranksinnige wéreld waar ons in leef! Sal daar w e e r’n beter dag kom ? G od weet dit. Sal die kerke van die westerse wéreld dan nie weer ontnugter word nie ? Geluk­

kig, die ware gelowiges wat die menswaardigheid van die mens alleen sien in sy verhouding tot G od as kind van G od, die is daar nog. Alleen, hulle word nie gehoor nie. Hulle roep maar hul stemme word gesmoor. Die dwaasheid van die dwases word luid uitgebasuin, deur die radio en deur die pers en wantroue word gesaai teen alles wat nog christelik is. M aar die Here G od slaap nie ook nie.

Dit alles wil nog nie sê nie dat onder ons in die christelike kerk en in ons land, daar nie diesodaniges is nie, wat hierdie menswaardigheid alleen vir hom self opeis en vir sy eie groep. Die stryd teen die Liberalisme van die modem istiese groepe in ons land het meegebring, dat hierdie menswaardigheid so dikwels ontsê word aan mense van ander rasse en kleur en dit is ’n gruwel. Diskriminasie in die sin van veragting en ver- guising van ander minderbevoorregte skepsels van G od, is ’n skandvlek op die lewe van die nasaat van die Hollandse Watergeus en die Franse Hugenoot en die Vrystaatse o f Transvaalse V oortrekker en is voor G od en die christelike gewete nie te verantwoord nie. D is ’n euwel en openbare sonde wat uitgeroei behoort te word. Die onverantwoordelike optrede van onreform atoriese kerklike groepe en indiwidue, wat ver­

menging en die uitwissing van ’n natuurlike verskeidenheid voorstaan, kan en mag geen regverdiging word nie, vir ’n houding wat in stryd is met die Skrif en die christelike gewete in die algemeen. O m hierdie euwel te bestry, daarvoor is nodig ’n aparte ontwikkeling, in ’n aparte eie tuiste vir elke ras o f volk o f groep, om dat die verskille van ras o f kleur natuurlike

89

(8)

verskille is en om dat ’n huis, wat uit sulke verskillende elemente bestaan, teen hom self verdeel is en daarom ook nie kan bestaan nie. Om hierdie eu- wel van diskriminasie te bestry is absoluut noodsaaklik. Dit staan nie in die diens van die ideaal van afsonderlike naasbestaan nie, maar sal apartheid en alles waarvoor dit wil staan, laat misluk. Hierdie regverdige en natuur- like naasmekaarbestaan, is wat mens positiewe apartheid kan noem.

Negatiewe apartheid daarteenoor het twee vorm s. Dit bestaan aan die een kant in die onchristelike diskriminasie en verguising van wie met my verskil in ras o f volk o f kleur en op grond daarvan ’n absolute skeiding eis.

O f dit bestaan aan die ander kant in ’n meer verfynde vorm van diskrim i­

nasie onder die dekmantel van allerlei m ooi terms, so os integrasie, ven- nootskap, ens. om so die mens dan tog in dieselfde maatskaplike struk- tuur vir eie doeleindes te gebruik, maar hom self tog altyd as die beheer­

sende faktor te handhaaf. Die een is so onnatuurlik, so onregverdig en so onchristelike as die ander.

Die positiewe en christelike apartheid gaan uit van die deur G od daargestelde verskeidenheid, van die menswaardigheid van elke mens as skepsel van G od, wat hom ontplooi in die mens se verhouding tot G od, as sy Skepper-Heer en juis daarom gaan dit ook uit van die dekaloog. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

D at die Kommunisme hierdie positiewe apartheid verwerp, kom deur sy anti-godsdienstige en anti-christelike uitgangspunt. Die Kommunisme is immers gebore uit die haat teen die christelike geloof. Hy kan nie anders nie as om ’n stryd te voer van lewe op dood teen alles wat christelik van oorsprong is. En die Liberalisme van die westerse wéreld van vandag se stryd teen hierdie positiewe apartheid, kom om dat hy die inhoud van die christelike geloof verloor het en hom daarom ook nie kan skaam nie daarvoor dat hy met sy dwase stryd vir ’n dwase liberalisme die pad vir die Kommunisme baan. D it gebeur in Suid-Afrika, M idde Afrika, die hele Afrika. W at ’n tragedie!

H . P. W O LM A RA N S.

DIE O W ERH EID IN D IE N U W E T E ST A M E N T EN BY DIE REFOR- M A T O R E.

A s die kerk die vraag na die burgerlike owerheid vra, dan kan hy dit alleen doen deur biddend te luister — ook saam met die vaders en die broeders — na die W oord van G od en dan die lig van G od se W oord te laat val o o r hierdie probleem in die konkrete situasie. So word rekening gehou met die formele prinsiepe van die Reform asie nl. dat die Heilige Skrif die enigste en genoegsame m aatstaf vir geloof en lewe is. M aar die

Referensi

Dokumen terkait

Omdat Beza ʼn onderskeid tussen geloof en sekerheid maak, kan die gelowige nie meer soos volgens Calvyn die sekerheid van sy geloof direk aan Christus verbind nie.. Met die sogenaamde

Hoewel 'n mens begrip vir hierdie negativiteit kan h~ en hoewel jy elke -isme as onwetenskaplik moet verwerp, is dit die houding van die tradisionele volstruis as die historikus net met

Mense huiwer soms om hierdie gedagte te aanvaar en hulle voel ontredderd en losgesny van hulle godsdienstige ankers, want hulle is groot gemaak met die gedagte dat alles wat in hierdie

Hierdie duisternis het seker nie net betrekking op die kennis- en beskawings- en morele toe- stande van die volke wat hulle vaderland hier het nie maar net soveel of meer nog op die

Omdat dit vir Calvyn in sy ekumeniese strewe nie daarom gaan dat meer of minder mense saamgevoeg word nie, maar daarom dat mense deur gehoorsaamheid aan Gods Woord deur die geloof

Daarom kan Van Buren beweer dat die betekenis van die w oord „G o d ", taalanalities gesien, ondeursigtig is en vir die mens van ons dag, sonder werklike betekenis is." U itdruklik

Die Black Theology gaan egter nié na die Skrif om dáár Gods Woord te hoor oor God se bedoeling met die mens en die wéreld nie; dit wil nie luister na God se verlossing van die mens uit

Een van die fundam entele kenm erke van hierdie w esensaard van die mens in sy historisiteit: die mens is tydsgebonde w an t hy m oet sterw e en hy is bewus daarvan; d aar is ook geen