• Tidak ada hasil yang ditemukan

WAARDE EN GESKIEDENIS1)

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "WAARDE EN GESKIEDENIS1)"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

WAARDE EN GESKIEDENIS1)

PROF. DR. P. S. DREYER H ierdie vooordrag val in drie dele uiteen:

In die eerste gedeelte gee ek ’n skets van ’n feitelike to estan d soos dit ongeveer to t die begin van die E18 in die W este gegeid het, naam lik die situasie d at die W esterse m ens op grond van algemeen geldende en onbetw yfelbare w aardes ’n bepaalde sin van die gesiedenis aan v a ar het, w aard eu r ook die m enslike bestaan sinvol was.

In die tw eede gedeelte skets ek ewe-eens ’n feitelike situasie, naam lik die verloregaan van die vanselfsprekende w aardesisteem en die daarm ee gepaardgaande verlies aan sinvolheid van die geskiedenis en die m enslike bestaan.

In die derde gedeelte gaan ek u it van die w aarde-oordeel dat hierdie verlies ’n ongew ensde to estan d geskep h e t en gee ek ’n skets van som m ige tipiese pogings om die sinvolheid van die ge­

skiedenis te herw in.

1. WAARDE EN DIE HISTORISITEIT VAN DIE MENS:

W aar die G rieke prim êr in term e van die syn dink, dink die Joods-C hristelike godsdiens prim êr in term e van tyd. Die Ou T estam ent is vir die Joodse en die hele Bybel vir die Christelike godsdiens die absolute sine qua non, w aarso nd er die godsdiens nie sou kon b estaan nie, om dat die Bybel die openbaring van God is w aarin God Homself, sy wil en sy raadsplan bekend m aak sover dit vir die m ens nodig is om dit te ken. O m dat dit God is w at H om self openbaar, besit die openbaring absolute gesag.

In Ou T estam en t en Nuwe Testam ent b estaan die openbaring van God hoofsaaklik in die vorm van ’n h istoriese verhaal, dit wil sê die verhaal van w a t God gedoen het. H ierdie doen m oet ons ruim opvat: dit is w a t God self direk gedoen h et (bv. die skepping van hem el en aarde), w at Hy laat plaasvind h et (bv.

die sondvloed), w a t Hy deur middel van persone (bv. die profete) verrig h e t of w a t Hy toegelaat h et (bv. die teisterin g van Job deur Satan). D it is alles handelinge van God in ty d en ruim te en d it w ord gedoen m et ’n toekom sgerigtheid, d it wil sê ’n g erigtheid op ’n doel w at deur die verloop van ty d verw erklik sal w ord. Die handelinge van God is daarom nie n e t dade w at gedoen is nie, m aar die dade is tegelykertyd ook die openbaring van die wil van God, van die raadsplan van God w at Hy besig is

i) V oordrag gehou voor die Suid-Afrikaanse K ongres vir die B evordering van d ie W ysbegeerte, Kaapstad, Januarie 1971.

(2)

om te voltrek in en deur die gebeurtenisse in ruim te en tyd. Die kom s van Christus is vir die C hristen die singew ende m iddelpunt van die geskiedenis: dit is ’n historiese gebeurtenis, w at op ’n bepaalde plek en tyd gebeur het, m aar w at ’n universeel-historiese betekenis het. Hierdie universeel-historiese betekenis kom van die feit d at die C hristus-gebeure volgens Christelike geloof vir alle m ense van betekenis is, d at die ganse beweging van die geskiedenis voor Christus toegespits is op die koms van die Seun van God en dat die beweging van die ganse geskiedenis na C hristus heen beweeg na ’n finale einde, w anneer Christus w eer sal kom om sy heerskappy finaal te bevestig en die nuwe hemel en aarde te voorskyn te roep. — Die A postolicum, die geloofs- belydenis w at deur alle Christelike kerke bely word, bestaan byna geheel en al u it die opnoem van gebeurtenisse w at plaas- gevind h et of verw ag word.

Binne hierdie visie staan ook die mens. Die mens het ’n begin, naam lik by die skepping en sondeval w aardeur ook die uniekheid en spesifieke w esensaard van die mens aangedui word. Een van die fundam entele kenm erke van hierdie w esensaard van die mens in sy historisiteit: die mens is tydsgebonde w an t hy m oet sterw e en hy is bewus daarvan; d aar is ook geen deel van hom (soos by die Grieke) w at goddelik en dus ew ig is nie; daar is ook geen terugkeer in w elke vorm ook al nie; sy bestaan is eenm alig en uniek en in daardie bestaan m oet hy sy lewe lei voor God saam m et sy medemens in die w éreld; om sy lewe so te kan lei soos God dit van hom vereis, m oet hy sy erfenis verw erk

— die erfenis van sonde, pyn en die dorings en distels van die aarde, terw yl hy vrede m oet m aak m et sy toekom s w at eindig in die dood; vir hierdie toekom s kan elke gedagte, w oord en daad vir ewig beslissend wees.

Die mens se bestaan is daarom w esenlik ’n tydelike bestaan.

M aar die tyd w aarvan hier sprake is, is nie chronos nie m aar kairos. W anneer ons sê d a t die m enslike b estaan ’n tydelike k a ra k te r het, bedoel ons daarm ee d at dit form eel chronologies m ag verloop, m aar dit is nie die belangrike nie; die belangrike is d at dit ’n kairotiese k arak ter het. A ntropologiese tyd is altyd kairos, vol tyd, gelaaide tyd, tyd w at iew ers vandaan kom en iew ers heen gaan, w at stadig of vinnig kan beweeg, w at sy rig- ting en volheid kan verander; dit is ty d w aaraan ons deel h et en w aarm ee ons kan meewerk; dit is sinvolle tyd.

Die tyd is sinvol om dat dit w esenlik m et w aardes gemoeid is. Die mens, van wie se w esenlike tydelikheid hier sprake is, is self ’n hoogste w aarde, hoew el alty d relatief to t God. Hy is die hoogste w aarde om dat God hom (en n e t vir hom) na die

(3)

ew ebeeld van God geskape het, hom as heerser oor die skepping geplaas het, hom in sy sonde to t verantw oording roep en deur C hristus u it die sonde verlos. Die ty d self is w aardevol om dat dit geleentheid is w at eenm aal gegee w ord en nooit w eer herhaal word nie. As geleentheid kan dit gebruik w ord om in liefdes- gehoorsaam heid God te vereer of in sondige moedswilligheid teen Hom in o p stan d te kom. En om dat dit eenm alige geleentheid is, is elke hede van beslissende betekenis vir die toekom s. Omge­

keerd is die toekom s m oontlikheid w at as m oontlikheid w aarheen die mens hom self gedurig uitstrek, beslissend v ir die hede is.

Hierdie toekom s duur vir die individu to t aan sy dood, w at die eschaton, die finale einde van sy geskiedenis is, n et soos die w ederkom s van C hristus die eschaton van die ganse geskiedenis is. Die eschaton is ook telos, dit wil sê uiteindelike en hoogste doel in die sin d at die dood v ir die individu onlosm aaklik verbonde is aan die opstanding en die ewige lewe, n e t soos die w ederkom s van C hristus die finale en volm aakte oorw inning van die ko- ninkryk van God en die skepping van die nuw e hem el en aarde is.

Die geskiedenis van die mens is dus w aardevol en die w aardes h et opeisende krag. Dit spreek ons aan in die vorm van norme, w at die dubbele betekenis van m eetsnoer en rigsnoer het:

m eetsnoer w aaraan ons alles meet, dit wil sê beoordeel, en rigsnoer w aarm ee ons alles w a t gedoen w ord, stu u r en rigting gee.

In die visie van die Christelike geloof is die m ens dus w esenlik histories van aard. Dit geld vir die individu ewe goed as vir die m ensheid as geheel. Die historisiteit is eg ter nie ’n leë, betekenislose tydelikheid nie — dit is m et w aarde belaaide, deur w aarde geleide en op w aarde gerigte tydelikheid. En daarom is die m enslike bestaan ’n sinvolle bestaan, m aar dit is ’n sinvolheid w at nie in die mens gegrond is nie m aar in God, om dat die w aardes nie van God losgem aak kan w ord nie.

2. DIE VERLIES VAN WAARDE:

H ierdie visie van m ens en geskiedenis — natu u rlik m et aller­

lei variasies van form ulering en kleinere afw ykings — is die W esterse beskouing vanaf A ugustinus to t Vico. In so ’n m ate is dit die W esterse beskouing dat dit universeel en vanselfspre- kend geld. G root en fundam entele dele daarvan geld nou nog vanselfsprekend. Dit is veral die geval as ons n a die formele stru k tu u r van die historiese verloop kyk: die liniêre voortgang van die geskiedenis u it die verlede oor die hede na die toekom s, die eenm aligheid en uniekheid van die historiese gebeure die mens as d ra e r van verantw oordelikheid binne die historiese v er­

loop en so meer.

(4)

Inhoudelik kom daar egter ’n fundam entele en verreikende verandering m et Vico: D escartes soek na die sek er en onbetw yfel­

bare vertrek pu nt en eindig in die cognito ergo sum. Ons vind m et ander woorde die sekerheid in die denkende selfbewyssyn.

Vico kom hierteen in reaksie: nie die a b strak te denke nie, m aar die konkrete handeling, dit w at ons self handelend to t stand bring, is die enigste w aarvan onsself en alle ander onbetwyfel- b aar seker kan wees. Die verhaal van hierdie handelinge van die m ens is die geskiedenis. — In die filosofie van Vico kom dus liierdie groot verandering w at nie alleen staan nie m aar ’n deel is van die denkklim aat w at vanaf die einde van die Middel- eeue op die een terrein na die ander te voorskyn getree het:

sonder om God of die inw erking van God op die geskiedenis te verw erp m aak Vico die geskiedenis to t ’n geheel en al menslike aangeleentheid.

So bly dit vanaf Vico to t in ons tyd. Die A ufklarung van die E18 m et sy deïsme skuif God u it die sake van mense en bring die gedagte van w etm atigheid, w at reeds op die gebied van die n a tu u r oorheersend geword het, oor op alle terreine van menslike aktiw iteit, w at gesam entlik die m ateriaal van die geskiedenis uitm aak. Die formele stru k tu u r van die C hristelike geskiedsvisie w ord behou, m aar die inhoud is heeltem al ontkersten: Die skepping as beginpunt w ord voorlopig behou; die geskiedenis gaan liniêr voort na ’n salige hoogtepunt, w at baie vaag bly m aar gesien word in term e van die uitskakeling van alles w at die huidige bestaan onaangenaam en problem aties maak. (Gee ons genoeg tyd en ons sal selfs die dood uitskakel, sê Feuerbach teen die middel van die E19). Hierdie bew eging na die toekoms is ’n vooruitgang van die mens op elke vlak en terrein van sy bestaan. Dit word deur die mens self deur middel van sy redelike verm oëns, w at universeel m enslik en aangebore is, bew erkstellig, m aar dit gaan w etm atig onstuitbaar voort. — Die A ufklarer w eet presies w at die universele, aangebore w ese van die mens is en, ook w at die aard van die gang van die geskiedenis to t in die oneindige toekoms sal wees (naam lik vooruitgang), al kan hy nie die empiriese besonderhede van die historiese gebeure voor­

u it bepaal nie.

Hierdie siening w ord vir ’n k o rt rukkie aan die einde van die E18 en die begin van die E19 deur die Rom antiek onderbreek, m aar leef in die E19 w eer baie ste rk op o n d er invloed van die natu u rw eten sk ap en tegniek. Hoewel d aar ander stem me in die E19 opklink, byvoorbèeld Vollgraff, Lasaulx en Nietzsche, is dit die oorheersende siening van die geskiedenis to t m et die Eerste W êreldoorlog en bly reste daarvan oor to t in ons tyd. Hoewel dit heeltem al ontkersten is, het hierdie visie nog m et die Christelike

(5)

visie dit in gem een dat die vooruitgangsgeloof geen tw yfel h et aan die w ese van die mens en die gang van die geskiedenis nie.

Redelikheid is die wese van die mens en die rede is die volm aakte instrum ent vir die kenning van die w aarheid.

Daarom ken hulle die mens; hulle is seker van die w aardes w at vir hom belangrik is; hulle is ewe seker van sy bestem m ing in die tyd en daarom is die geskiedenis en die m enslike b estaan heelte- mal sinvol.

A nders is dit m et die Rom antiek en die H istorism e. Die R om antiek w eet nie w at die begin van die geskiedenis is nie en ook nie die einde nie; hy w eet nie w at die w aarheid is nie en ook nie die w ese van die mens of die sinvolheid van sy bestaan nie. Die m ensdom toon ’n wonderlike, heerlike verskeidenheid w at van k u itu u r to t kuituur, van volk to t volk, van stam to t stam , ja selfs van familie to t familie verskil. Elke gem eenskap het sy eie tydsgees. U it die onpeilbare, irrasionele dieptes van die onuitputlike gees van die mens is hy gedurig besig om te skep, gedurig variërend, gedurig anders, hoewel in die gees van die bepaalde volk en tyd. D aarom is daar geen finale w aarheid, w erklikheid o f sin van die lewe nie en die w ese van die mens kan nie vasgepen of finaal bepaal word nie. Elke ty d en elke gem eenskap, ook die eie w aarin die denker self toevallig staan, h et iets van die w aarheid w at vir hulle geld; hulle sien die w erklikheid, die mens, die w aardes w at geldig is en die sinvol­

heid van m enslike bestaan op hulle eie wyse; hulle aanvaar dit en stel d it m iskien selfs as absoluut, m aar die R om antikus w eet d a t dit nooit absoluut kan wees nie, slegs relatief, tyd- en plekgebonde.

Ons eie tyd is nader aan die Romantiek as aan die A ufklárung.

S edert die E erste W êreldoorlog h et ons die gedagte van voooruit- gang prysgegee, behalwe in een opsig: die tegniek— so glo ons—

is besig om op rasende tem po vooruit te gaan, m aar dit m aak ons benoud, om dat ons nie w eet w aarheen dit gaan of w at dit beteken nie, terw yl ons dit as ’n bedreiging aanvoel. Ook vir die hedendaagse mens is daar geen begin of einde aan die geskiedenis nie, geen absolute en algemeen geldende w aarheid of w aardes nie, geen sin w at ons aan die geskiedenis, dit wil sê aan menslike bestaan kan gee nie. M aar daar is ’n diepgaande verskil tussen ons en die Romantiek: w aar die Rom antiek die verskeidenheid en relativ iteit bew onder en toejuig, soos ’n kind in ’n speelgoed­

winkel van die een pragtige ding na die ander hardloop en elke keer m et vreugde en verrassing by al die w onderlike dinge in die w éreld vassteek, d aar voel ons ons benoud en bedreig. Elke individu afsonderlik mag sy eie idee van w aarheid hê, mag hom self gehoorsaam stel aan bepaalde w aardes en m ag ’n b e­

(6)

paalde sin vir sy eie lew e aanvaar. M aar hoe oortuig die individu ookal daarvan mag wees en hoe fanaties hy ook al daaraan m ag vasklou, het dit tog ’n hol klank en is hy dikwels innerlik vervul m et vrees en bewing, w an t die oortuiging van ons ty d is dat sulke w aarhede, w aardes en singew inge ’n privaat aange- leentheid is w at geen geldigheid in sigself besit nie en nie vir ander m ense of ander tye kan geld nie. V erder kan die lewe van die individu alleen w erklik sinvol w ees w anneer hy oortuig daarvan is dat sy doen en late, sy vreugde en lyding, sy oor- winning en nederlaag deel vorm van ’n g ro ter geheel en dat hy sé saam m ét die g ro ter geheel m eew erk aan ’n w aardevolle to e­

koms, sodat nie n et sy eie lewe vir hom self sinvol is nie, m aar die geskiedenis self sinvol is. Eers in die sinvolheid van die geskiedenis kan ’n mens w erklik en ten volle die sinvolheid van jou eie bestaan vind.

Ons eie tyd toon vir my die sw aarm oedige beeld van die W este w aar ons geen w aardes m et algem ene en blywende geldig­

heid aan v aar nie en daarom ook geen sin in die geskiedenis kan sien nie. Hierdie beeld tree op elke m oontlike vlak en op talie w yses te voorskyn: ek sien dit in die filosofie van die revolusie te r wille van die rew olusie soos ons d it by H erbert M arcuse vind; in die huidige W esterse bew ondering vir Mao tse Tung en die kulturele revolusie, w at ’n perm anente revolusie is en w at vyande m oet gaan soek as hy sy vyande gelikw ideer het; en in die hippie w at nie omgee w at hy doen en w at w ord nie, solank hy kan voel d at hy buite die raam w erk en teen die „establish­

m ent” is en dit ook kan dem onstreer. Ons is die mens sonder toekom s, daarom die mens van die oomblik en die mens sonder geskiedenis. Daarom kan ons ook alleen op k o rt term yn bestaan:

daar is geen ideaal w aarm ee die politieke leier ’n volk kan oproep to t arbeid en offer nie; hy kan alleen die nasie (hulle w at onder die staatsgesag ressorteer) sus m et m ateriële heerlikheid vir die oomblik (die nuwe opium van die volk) en m et propaganda en gew eld die spul probeer aan die gang hou. O mgekeerd aanvaar die m assa (ek p ra at van m assa en nie van volk nie, om dat die m assa n et in en vir die oomblik bestaan, terw yl ’n volk geskiede­

nis en dus ook toekom s het) niks van die owerheid behalwe w a t hy v ir die oomblik wil aan v aar nie en beantw ooord hy die propaganda van die ow erheid m et sy eie propaganda en geweld (o.a. betogings en relletjies). Hierdie situasie herhaal hom self m u tatis m utandis of ons na die grote of na die kleine kyk: die gebrek aan singewende oriëntering aan w aardes en norme, die verloëning van die verlede en die onsekerheid oor die toekoms w at ons in die groot geheel van die W esterse w éreld opmerk,

(7)

vind ons ook teru g by die ouer w at sy kind m oet opvoed. Die W esterse m ens het die m ens sonder w aardes en daarom die mens sonder toekom s en daarom die mens sonder geskiedenis geword.

3. DIE HERWINNING VAN DIE SINVOLHEID:

W anneer d a a r w aardes is w at a priori vir ’n m ens absolute geldigheid besit, is d aar ’n raam w erk w aarbinne jy in die hede bestaan en is jy oortuig daarvan d a t hierdie w aardes ook in die toekom s sal b estaan en verder gerealiseer sal w ord. Die toekom s is daarom nie heeltem al onbekend nie, nie ’n niks w aarvoor jy staan nie. W at die toekom s ook al as em piriese w erklikheid mag oplew er, h et jy ’n raam w erk w at jou in s ta a t stel om hierdie w erklikheid sinvol te interpreteer. Die raam w erk is tegelykertyd rigsnoer w aarvolgens jy die w erklikheid kan probeer dwing om te w ees soos dit behoort te wees. En al sou die em piriese w erk­

likheid volledig in stry d wees m et jou geldende w aardesisteem , aan v aar jy d a t dit m aar n et v ir die huidige is — uiteindelik m oet die skone, die w are, die goeie, die heilige triom feer en sal die geskiedenis uitw erk soos hy behoort uit te w erk.

W anneer ’n mens jou w aardes verloor, staan jy in die niks en het lewe en geskiedenis hulle sinvolheid verloor. Hoe herw in jy dan die sinvolheid van die geskiedenis, w aarin jou eie lewe sy sinvolheid vind? In verlede en hede is baie pogings aangewend.

Ek noem enkele tipes van pogings:

3.1. Die teru g k eer is ’n welbekende poging. Ons vind d it in die filosofie in die talie neo-bewegings — N eo-Platonism e, Neo- Thomisme, die Neo- K antianism e en talie ander. In die politiek h et ons die oproep van die terugkeer na die w eë van die vadere.

In die k erk h e t ons die oproep van die teru gk eer na die beproefde weë van die k erk en die godsdiens.

In die gedagte van die terugkeer sit ’n w esenlike en belangrike elem ent w aarvan ons erns m oet maak. Dit is die gedagte dat daar in die verlede w aarheid en w aarde gegeid h et en d at w erklike w aarheid en w aarde nooit hulle geldigheid kan verloor nie, hoe om standighede ookal mag verander. In die terugkeer- gedagte sit d aar dus iets groots en eerbiedw aardigs w a t ’n m ens aantrek. N ogtans lyk dit asof daar in die oortuiging van elke ty d ’n elem ent van paradyslike onskuld lê en w anneer die sondeval eenm aal plaasgevind het, w ord die paradys bew aak sodat d aar nie m eer ’n teru gk eer daarheen is nie. As ek hierdie beeld van die verlore onskuld moet deurtrek, kom ek by die beeld van ons eie ty d u it van die „dirty old m an” w at elke sonde beproef h et en nou sinies, verveeld en im potent nog n et na fotos

(8)

kan sit en kyk of hoogstens m et ’n verkyker na die bikinis op die stran d kan loer, sonder om verder as die w hisky op die tafel langs hom te kan kom. Hoe mooi, goed en edel iets in die verlede m og gew ees het, dit het besoedel geraak en jy kan of wil nie m eer daarheen terugkeer nie.

Die teendeel daarvan h et egter ook nog niks opgelewer nie.

Die teendeel is alteveel ’n filosofie en ’n teologie w at „with it”

probeer wees. Dit is ’n filosofie w at verander soos die modes van die vroue, sonder om interessant, vitaal en openbarend soos die modes te wees. M aar om dat die kerk en die teologie vir my na aan die h art lê, is die teologie, veral die P rotestantse teologie, vir my die pynlikste en die mees beskam ende: as die filosofie sê vooruitgang of sekularisasie o f evolusie of revolusie, is d aar altyd ’n koor van teoloë w at wil aantoon dat die Bybel eintlik die Boek van vooruitgang of sekularisasie of evolusie o f revolusie is — soos die lelike ou vrou w at ,elke veertien dae probeer lyk soos die mielie- of w ater- of patatkoningin van die oomblik.

3.2. As ’n mens dan die geldigheid van die w aardes laat vaar h e t en nie m eer met die oë van geloof en oortuiging na die toekom s kan kyk nie, is ’n ander uitw eg die empirfese aantoon van die geskiedenis.

Hegel h et dit probeer doen en die gro otste van alle geskieds- filosofiese sistem e geskep. Hegel h et van die Christendom en die vooruitgangsgeloof van die A ufklarung basiese gedagtes oor- geneem: die geskiedenis het ’n begin, ’n vooruitgang en ’n vol­

einding in ’n volm aakte toestand. Die eis van rasionele bewys en die relativism e van die Rom antiek m aak eg ter dat hy homself nie aan die begin of in die middel van die geskiedenis kan plaas en vooruit kan kyk na ’n sin van die geskiedenis w at nog voltrek m oet w ord nie. Daarom plaas Hegel hom self aan die einde van die geskiedenis: sy eie tyd, die Pruisiese sta a t van sy dae, m aar veral sy filosofie is die kulm inasiepunt van die ganse geskiedenis.

Die geskiedenis is die beweging van die A bsolute Gees in die rigting van die terugkeer to t sigself, dit wil sê selfbew uswording w a t dieselfde is as vryheid. Die filosofie van Hegel is die punt van die volledige selfbew usw ording van die Absolute Gees.

D aarom kom alle sinvolle geskiedenis m et Hegel to t ’n einde.

Na Hegel kom slegs die sinlose voortgang van die tyd, die

„schlechte U nendlichkeit” soos hy dit self noem.

Nou is die geskiedsfilosofiese sisteem van Hegel ’n pragtige en im posante sisteem. M aar ons, die m ense van 1971, leef in die sinlose „schlechte U nendlichkeit” en dis juis ons nood. Hoe langer ons in die sinloosheid leef, hoe m eer lyk Hegel se filosofie vir ons na ’n intellektuele k rag to er en niks m eer nie.

(9)

Die situasie van M arx is baie analoog aan die van Hegel.

M arx sien wel nie die kulm inasiepunt van die geskiedenis — die w êreldw ye revolusie van die p ro letariaat — in sy eie tyd nie, m aar in die toekoms. Hy m een egter d at hy in die em piriese geskiedenis en in die w erklike to estande van sy tyd ’n nood­

w endigheid opmerk, so d at hy m et absolute sekerheid oor die toekom s kan praat. Hierdie toekom s van M arx is egter ons hede:

die revolusie w at M arx vooruitsien, h et in groot dele van die w éreld plaasgevind. Dit h e t nie plaasgevind soos M arx dit vooruitgesien h et nie, m aar die belangrike is dat hoe m eer jare verbygaan, hoe duideliker w ord dit d at M arx nog een van die w éreld se politieke sistem e in die lewe geroep het, m aar geen oplossing vir die probleem van die sin van die geskiedenis aanbied nie.

Die laaste voorbeeld van hierdie tipe w at ek wil noem, is Arnold J. Toynbee. Hy m aak aanspraak daarop d at sy visie van di,e geskiedenis in die geskiedenis self getoon word, dat hy dit langs die w eg van ’n em piriese studie van die geskiedenis bekom h et en d a t enigiemand dit in die geskiedenis kan vind. Wie oë het om te sien, laat hom sien, sê Toynbee. — Nou is d aar niem and w at tw yfel aan die verstom m ende, kolossale kennis van die geskiedenis w at Toynbee openbaar nie. N et so min as Toynbee wil ons graag aanvaar d at die geskiedenis n et ODTAA (Toynbee se afkorting vir „One Damned Thing A fter A nother”) is nie.

M aar w anneer hy sy verw agting van die toekom s uiteensit, is dit die profeet w at p ra a t en nie die em piriese historikus nie.

Dit kan ’n mens uit sy eie basiese begripps gem aklik aantoon. Hoe mooi en inspirerend sy visie ook al mag wees, dit h et vir ’n rukkie aandag getrek en ’n klom pie geleerdes besig gehou, m aar dit kon die W este nie to t regenerasie inspireer nie.

3.3. W at ek hier m aar n e t in die verbygaan wil noem, is die natuurw etenskaplike m odel w at op die geskiedenis toegepas word. Na die ineenstorting van die Hegelianisme is daar ’n vakuum in die geskiedsfilosofiese denke w at m et natuu rw eten ­ skaplike denkpatrone gevul word. Ons kry dit in allerhande variasies, by voorbeeld Comte, Buckle, Taine, Spengler en Lam p­

rechts. Gem eenskaplik aan alm al is dat ’n meganiese w etm atig­

heid w at veral op fisiese, biologiese en psigologiese gebied aan ­ v aar w ord, op die geskiedenis oorgedra word. Op grond van hierdie w etm atigheid kan dan nie alleen die verlede in terpreteer w ord nie, m aar ook oor die toekom s gep raat word.

Ek wil hierby nie stilstaan nie. Ek wil alleen ko nstateer dat hierdie benadering van die geskiedenis misluk, om dat die gedagte van die meganiese w etm atigheid volledig in stryd is m et die w esensaard van die mens en geskiedenis geheel en al die verhaal

(10)

van die doen en late van die mens is. Buitendien al sou ons ’n m eganiese w etm atigheid kon aantoon, is dit bloot formeel van aard w at niks sê oor die sin van die geskiedenis nie. D it kan die sinvol­

heid van die geskiedenis alleen aantoon as ons die formele w etm atigheid m et ’n w aardesisteem laai en die w aardesisteem kan ons nie langs natuurw etenskaplike w eg bekom nie.

3.4. W aarby ons ook n e t kortliks kan stilstaan, is by die verskynsel van ideologië. Dit is ’n verskynsel van die W esterse w éreld gedurende die afgelope tw ee eeue en h et in ons tyd ’n w êreldverskynsel geword. Die w esenskenm erk van die ideologie is dat van ’n paar basiese stellinge uitgegaan w ord w at voorop- gestel en aanvaar m oet word. Hierop w ord dan ’n sisteem van eties-politieke aard gebou w at die bedoeling het om die lewe van die individu en die gem eenskap om vattend te bepaal. Juis daarom is die ideologie geskiedsfilosofies belangrik: om dat dit w esenlik prakties van aard is en op die bepaling van die lewe van die gem eenskap gerig is, m oet dit w aardes aanbied w at die mens norm atief lei en rig, m oet dit ’n toekom sideaal aanbied, m et ander woorde ’n hoogste v/aarde w aarheen beweeg moet w ord. Elke ideologie bied daarom ’n bepaalde interpretasie van die sin van die geskiedenis aan.

Die basiese probleem van elke ideologie is die relativism e van ons tyd w at meebring dat die fundam entele w aardesisteem van die ideoolgie nie algemeen geldig is of universeel aanvaar w ord nie. Ons kan dit ook om gekeerd stel: om dat ons in ’n ret'ativisme verval het, om dat daar niks is w at as universeel geldig aanvaar word nie, is die enigste m oontlikheid w at oorbly die verabsolutering van partikuliere begrippe en w aardes, w at in die ideologie dan ook geskied. Die enigste hoop op sukses vir die ideologie is dan dat die partikulier aanvaarde w aarde­

sisteem universeel gem aak m oet word. Die m etode om dit reg te kry, is propaganda en geweld, w at deur middel van die moderne tegniek m et steeds groeiende m ate van sukses aangew end word.

As dit m oontlik was om ideologie in lew ensopvatting te laat oorgaan, m et ander woorde as dit m oontlik sou wees om die ideologiese w aardesisteem te om skep in die diepste en finale oor- tuigings van individu en gem eenskap, is dit teoreties denkbaar dat die ideologie ’n uitw eg uit die im passe van die moderne sinloosheid van die menslike bestaan sou kon wees. M aar dit is juis die probleem: die sin van die geskiedenis en die sin van die lewe is nie ’n teoretiese aangeleentheid nie; dit is ook nie iets w at deur iemand anders aan ’n mens voorgeskryf kan word nie;

dit is jou eie diepste ooortuiging, in so ’n m ate dat die patroon van jou lewe vanselfsprekend daardeur bepaal word.

(11)

3.5. Die laaste w at ek onder u aandag wil bring, is die filo­

sofie van M artin H eidegger, w a t m iskien m eer as enigiemand anders die naam van filosoof van die huidige dag verdien.

Volgens Heidegger is „D asein” „G ew orfenheit”, w at geen gegewe sinvolheid im pliseer nie. A1 w a t seker is in die „D asein”, is die faktisiteit, die naakte feit d at die mens bestaan en d at die bestaan in die volslae sinloosheid — die dood — eindig. Dit m oet die mens aanvaar, m aar kan nie daarin bly vassteek nie, om dat dit die volledige n aak theid en ongeborgenheid beteken.

Die mens m oet hom self ontw erp en só sy eie bestaan moontlik maak. Die mens m oet eksisteer, w at beteken dat die mens sy

„G ew orfenheit” aanv aar m aar ook to t m oontlikheid ontwerp.

„Existenz” sluit die „G ew orfenheit” m aar ook die „E ntw urf” in.

Op die w yse skep die m ens sy eie lewe. Die ontw erp beteken nie noodw endig dat iets to taal nuuts as ontw erp gevind moet w ord nie; hoewel elke sigselfskepping as skepping iets nuuts en unieks is, kan die ontw erp ook herhaling wees. In my eie w oorde sou ek dit só stel: elke mens w ord as blote toevalligheid gebore, dit wil sê sonder d at d aar enige w aardesisteem of sin­

volheid gegewe is w aarin hy pas en w at vir hom vanselfsprekend geld nie. Al w at seker is, is d at jy daar is en d at jy gaan sterw e, w at volledig sinloos is. D it m oet ’n mens aanvaar, m aar jy kan in die aanvaarding nie bly vassteek nie, om dat jy daarm ee as’t w are in ’n leegheid hang. Om te k an bestaan, m oet jy sin aan jou lewe gee deur van jou lewe iets te maak. Hoewel elke mens iets nuuts en unieks is, hoef die sin w at jy aan jou lewe gee, nie noodw endig ’n oorspronklike skepping te wees nie. Jy kan jou m et w aardesistem e en ’n sinvolheid w at vroeër bestaan h et of nog steeds bestaan (bv. die C hristelike godsdiens), vereenselwig en daarin jou eie sinvolheid vind.

Die aantreklikheid van H eidegger se filosofie lê daarin d at hy soos niem and anders nie em s m et die gedagte van vryheid m aak en d at hy nie die m oderne w aardeloosheid en sinloosheid probeer ontduik nie, m aar d it to t sy uiterste konsekw ensies voer en daardeur heen ’n m oontlikheid to t geborgenheid en sinvolle m ensw ees probeer oopmaak. D aarom sal ons altyd m et Heidegger erns m oet maak. H eidegger is eg ter nie ’n herw inning van die sinvolheid van menslike bestaan nie en w el hoofsaaklik om tw ee redes:

3.5.1. Kan ’n mens ooit w erklik geborge wees, w aarlik die sinvolheid van die lewe en die geskiedenis aanvaar, solank daar geen objektiew e geldigheid en sinvolheid bestaan nie? As w aardes alleen geld om dat jy dit as geldig aanvaar, as lewe en geskiedenis alleen sinvol is om dat jy sin daarin lê, kan jy ooit w erklik tevrede wees? Jy kan alleen tevrede en geborge wees, woning vind

(12)

w anneer jy seker is dat die w aardes w at jy aanvaar, in sigself w aardes is. Jy wil w eet d at jy, die sin van die lewe en die godsdiens gevind het, m et ander w oorde dit is wel so d at elke m ens sy lewe m oet ontw erp, m aar daardie ontw erp kan alleen die sinvolheid van jou lewe verseker w anneer jy w eet dat daardie ontw erp jou deel m aak van ’n sinvolheid w a t w erklik is. Hoe bew ys ’n mens die geldigheid van ’n w aardesisteem of die sinvolheid van die geskiedenis objektief? Is dit nie w aarom H eidegger sedert Sein und Zeit al m eer in die rigting van die m etafisika beweeg, hoe onortodoks sy benadering van die meta- fisika ook al mag wees nie?

3.5.2. „Dasein” is ook w esenlik „M itsein” . In die verband van m y probleem stelling kan die „M itsein” alleen w erklike betekenis hê as ’n mens kan voel dat jy lotgenote in die sin van die lewe, m edegangers in die reis na die toekom s het. Is d aar w erklik lotgenootskap en m edegangerskap w anneer elkeen op sy eie ontw erp m oet vind en dit dus in die grond van die saak bloot toevallig is as ons bym ekaar uitkom?

4. SLOTOPMERKINGS:

Tot ’n oplossing van die probleem het ek nie gekom nie.

Van ’n oplossing in die filosofie w eet ek nie en ek w eet ook nie van iem and w at van so ’n oplossing w eet nie. Ek sal bly wees as ek m et hierdie voordrag bereik h et

4.1. d at u die probleem w at ek bespreek het, helder sien; en 4.2. dat u raaksien dat ons h ier te doen h et m et die aktueelste filosofiese problem atiek w at denkbaar is; dat ons as’t w are met die vuur aan die skene filosofeer — in so ’n m ate soos geen tyd in die verlede nie.

Referensi

Dokumen terkait

Die hoop op die ewige lewe hierna en die ervaring van ’n wederkoms is die enigste red- ding vir hierdie mens en seker ook baie an- der vir wie die lewe so gereeld en sonder uitsondering

Een van die foutiewe gebruike wat ’n mens nogal dikwels in die werkwoordelike gebruik teëkom, is *blyk asof, soos in die volgende sin: “Hy het verduidelik dat die kragnetwerk begin

By die lees van die boek word mens ook herinner hoe lank en met hoeveel literatuurteoreties begronde bydraes Hein Willemse hom sedert die sewentigerjare daarvoor bly beywer om inligting

In die hiervolgende uiteensetting aan g aan d e Die Goddelike Wetsorde en die Beoefening van die W etenskap trag ons in alle beskeidenheid ’n aan- duiding te bied van die fundam entele

Die primêre bevinding van die studie is dat hoewel skoolhoofde bewus is van riglyne en praktyke vir die implementering van die NSVP wat deur die Departement van Basiese Onderwys

Vir die doel van hierdie artikel is die belangrik- ste konsekwensie van hierdie model dus dat daar geen W esterse of Alexandrynse teks in die lokale sin van die woord in die tweede eeu

Soos reeds gesê, laat Paulus in hierdie twee hoofstukke geen twyfel daaroor dat hy as apostel die gesag en verantwoordelikheid het om hom met die tughandeling besig te hou nie, m aar

Pastoraat is die ver­ kondiging van die W oord in die vorm van 'n gesprek aan die mens midde in die konkrete situasie waarin hy hom bevind." Primêr beoog die pastoraat die geloof in