• Tidak ada hasil yang ditemukan

Boekbespreking

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Boekbespreking"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

BOEKBESPREKING

C. H. LINDIJER, IN LEVENDEN LIJVE, EEN BOEK OVER LEKEN- HUISBEZOEK, 'S-GRAVENHAGE STICHTING LUTHERSE UITGE­

VERIJ EN BOEKHANDEL, AMSTERDAM, 1974, 144 BLS.

Die skryw er w il met „In Levende Lijve" in 'n besondere be­

hoefte voorsien. Die lidmaat van die kerk wil graag deel wees van 'n lewende kommunikerende gemeente. Hierdie begeerte kan verwe- senlik word deur „h e t huisbezoekwerk". Dié boek skryf hy om die gewone gemeentelid en die kerkraadslid te help met die voer van allerlei gesprekke op pastorale vlak.

Die huisbesoek deur „le k e " verantwoord hy prinsipieel deur te verwys na Genesis 2:18 „D it is nie goed dat die mens alleen is nie".

Die geloof kan nie deur die mens self verwerf w ord nie. Om te glo het jy iemand anders nodig. Hierdie iemand anders hoef nie nood­

wendig 'n predikant te wees nie, dit kan ook 'n gewone gemeentelid wees. Prakties hou die huisbesoek deur die gewone gemeentelid ook groot voordeel in. Dit help die predikant, dit lewer besondere diens aan die naaste en help jou persoonlik met die ontwikkeling van jou persoonlikheid.

Of die pastoraat deur die gewone gemeentelid beoefen moet word, word bevraagteken. Die reformatore het die verkondiging van die kerk verstaan as opdrag aan die ampsdraers van die kerk in die besonder. Pastoraat deur die gewone gemeentelid sou daarom 'n breër prinsipieële verantwoording eis. Pastoraat deur die gewone gemeentelid, los van die ampte, soos ons dit aantref by die skrywer, sal afgewys moet word as 'n tendens in stryd met die reformatoriese beginsels. Die skryw er kan die huisbesoek as taak van die gewone gemeentelid beskryf, omdat hy in gebreke bly om 'n definisie te gee van die pastoraat. V ir die beoordeling van „In Levende Lijve" sal ons eers 'n definisie van pastoraat moet gee, en dan gaan kyk of die boek werklik 'n bydrae lewer op dié gebied. Pastoraat is die ver­

kondiging van die W oord in die vorm van 'n gesprek aan die mens midde in die konkrete situasie waarin hy hom bevind." Primêr beoog die pastoraat die geloof in Christus, sekondêr die binding aan die W oord en die verkondiging daarvan, die middels waarmee God self met sy Gees mense w il roep en mense w il bewaar in die geloof.

Uit hoofstuk III en die volgende hoofstukke word dit duidelik dat die skryw er iets geheel anders onder pastoraat verstaan as ons.

Die gedagte w ord afgewys dat die pastoraat altyd 'n geestelik ge­

sprek moet wees, 'n gesprek t.w .v. die geloof en die kerk. „Ik geloof dat het een frusterende uitgangspunt is dat een huisbezoek altijd naar diepere lagen en godsdeinstige gebieden moet doorstoten''

90

(2)

(bl. 21). Die huisbesoek is nie meer 'n verkondigingsgestalte waar God in die middelpunt van die gesprek staan nie, maar die mens.

,,Het bezochte gemeentelid staat in het centrum, hij bepaalt w a t er w il en niet aan de orde zal komen. Niet w at w ij willen zeggen, ver­

kondigen, vermanen, advizeren enz. is primair belangrijk, maar w a t die bezoekte wil, denkt, zocht, vraagt." (bl. 23.) Die gesprek w ord nie beskou as geslaagd, as daar breed, w yd en omvattend gepraat is vanuit die Skrif nie, maar as daar goeie kontak tussen jou en die ander gemaak is. Die geslaagde pastorale gesprek is nie die gesprek:

W aar die ander sy sonde opnuut besef, opnuut glo dat Jesus Christus die enigste verlosser uit sonde en dood is nie, en opnuut begeer om in geloof en blye dankbaarheid ooreenkomstig God se gebooie te w il gaan leef nie. Die gesprek is eers geslaag as die ander homself ontdek het, en van uit sy eie selfontdekking weer alles in sy lewe in die regte perspektief gaan stel. 'n Groot deel van die boek word gewy aan verskillende persone en groepe w at besoek moet word. Dit is waar dat alle mense en alle groepe nie dieselfde is nie. Die sterk afbakening w a t die skryw er handhaaf skep die indruk asof elke groep 'n aparte evangelie nodig het. Hierdie skerp afbakening handhaaf hy omdat dit vir hom nie soseer gaan om ver­

kondiging nie, maar om die ken van die situasie.

Die skryw er lewer, nieteenstaande die negatiewe, tog ook 'n positiewe bydrae to t die vakgebied van die poimeniek. Opnuut het hy die vraag laat ontstaan of ons gewone gemeentelede nie te veel die spel van toeskouers speel nie. Die pastorale gesprek word dui­

delik om skryf as 'n gesprek waarin twee persone betrokke is. Dit is nie alleenspraak waar die pastor bombasties, veroordelend, afw y- send staan teenoor die ander sonder om hom in sy werklike situasie te begryp nie. In die pastoraat sal die klem steeds moet val op die verkondiging, dit beteken nie dat daar nie na die ander geluister moet w ord nie. As die pastor begeer dat die W oord die mens in sy kon- krete situasie moet aanspreek, sal hy juis moet luister en ken om te w eet w atter „s tu k van die evangelie" hier ter sprake gebring moet word.

M. J. BEUKES

91

Referensi

Dokumen terkait

Ná ’n traumatiese ervaring in Kaapstad, waarin Olivia Bailey bykans verkrag word, bevind sy haar vir die eerste keer in haar lewe op Oudtshoorn en in die pluimpaleis van haar ouma,

Hier is eerstens die mens se geworpenheid in ’n situasie; die man met die swaar been, dood- gewone toeskouer soos die res, word buite eie wil en sin ’n ’n situasie gedring waarin sy

V ir so baie van ons volk w at op die helling van libe­ ralism e en m aterialism e aan die afgly is, sou d it die oë kon oopm aak as hulle so ’n boek soos h ierdie lees... Ligh tfo o

'0 Eietydse verstaan van die belydenisskrifte hulle geloof in Jesus Christus met verloop van tyd in terme van ander verstaans- vooronderstellings uit~espreek moet word as waarin dit

As die mens vanaf die eerste woord wat in die prediking val, besef dat hierdie Woord hom aanspreek, as die mens ontdek dat hy by hierdie woordgebeure eksistensieel betrokke is, as

Afgesien van die feit dat die bydraes se kwaliteit onderling van wisselende aard is en dat kritiese vrae in enkele gevalle gestel kan word, soos byvoorbeeld ten opsigte van

Tog is die u iteensetting van Malan oor die vraag of die N adere R eform asie 'n afw yking van Calvyn se denke is, 'n n etjiese tipering en kan daar saam gestem word met sy stelling dat

Hoe word dit verder hermeneuties ver- diskonteer dat die oorwegings by die finale vasstelling van 'n — reeds tot stand gekome — kanon uit die einde van die eerste eeu ná Christus,